Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

KKNK 2001

Program 7 tot 14 April 2001

Soos elke jaar, bied die Boekeparadys ’n keur van topgehalte-boeke — van alle genres — asook die geleentheid om van ons voorste Afrikaanse skrywers te ontmoet. Daar sal vanjaar ook gefokus word op kinderboeke, en spesiale aanbiedinge sal aangekondig word. Kom deel ook in die pret op “Harry Potter-dag”, Saterdag 7 April in die Boekeparadys.

SATERDAG 7 APRIL

12h00     Piet Grobler

Dié bekende kunstenaar en kinderboekillustreerder praat oor sy nuwe kinderboek, Dokter Me Di Syn en die keiser se seun wat nie alleen in Afrikaans nie, maar wêreldwyd ook in Engels, Italiaans en Nederlands verskyn. Die teks is geskryf deur die bekende Italiaanse skrywer Roberto Piumini.

SONDAG 8 APRIL

12h00     Breyten Breytenbach

Waar die hart van vol is  … Mondmusiek is ’n werklik opwindende projek: digitale opnames van 16 van die digter se verse, met homself as stemkunstenaar en talentvolle plaaslike kunstenaars soos Benguela, Paul Riekert, Jean Marais en Laurinda Hofmeyr wat die musiek verskaf. Die CD word in aantreklike boekvorm uitgegee en bevat die tekste wat musikaal verwerk is. Kom ontmoet vir Breytenbach in die Boekeparadys om 12:00 op Sondag 8 April.

14:30     Annelie Botes

Van die skrywer van Klawervier — ’n nuwe roman wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Raaiselkind sal nou vir die eerste keer beskikbaar wees op die 2001-KKNK. Om 12:00 op Sondag 8 April sal Annelie Botes self in die Boekeparadys wees om te vertel van haar nuwe boek en sal graag lesers se vrae beantwoord.

MAANDAG 9 APRIL

10:00     Elize Parker Kom ontmoet vir Elize Parker in die Boekeparadys met die bekendstelling van haar nuwe boek vir tieners, Moenie vir Ma’le sê nie. Elize sal self vertel hoe sy te werk gegaan het om die nodige navorsing vir die boek te doen en om lesers (ouers én tieners) se vrae te beantwoord.

12:00     André P Brink

André P. Brink het lesers oorrompel met sy bloemlesing, Groot Verseboek 2000, wat hy as ’n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie aangebied het. Hierby hoort Verswêreld, ’n elektroniese weergawe van dié bundel met foto’s, voorlesings en toonsettings. Kom luister vandag om 12:00 in die Boekeparadys wat André P. Brink te sê het oor al dié opwinding.

14:30     Joan Hambidge

Dit is met trots dat ContentLot en Nasboek Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het as die eerste volkome elektroniese publikasie in Afrikaans bekendstel. Dié boek, die derde alternatiewe hygroman in Afrikaans uit die pen van Joan Hambidge, sal beskikbaar wees in e-Boek-formaat en CD-ROM, en ’n beperkte oplaag sal spesiaal gedruk word vir bekendstelling by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2001. Joan Hambidge sal om 14:30 in die Boekeparadys wees om meer te vertel oor dié publikasie en om vrae te beantwoord.

DINSDAG 10 APRIL

10:00     Braam Hanekom

Die skrywer sal op Dinsdag 10 April om 10:00 in die Boekeparadys wees om te vertel oor sy boek, Hoe leer ons kinders glo? Hierin gee hy ’n uiteensetting van die verskillende rolspelers wat invloed het op die geloofsvorming van die kind. Hy lê egter klem daarop dat dit in die eerste instansie die ouers is op wie se skouers die taak rus.

12:00     Chris Louw

Boetman is steeds die bliksem in. In sy boek, Boetman en die swanesang van die verligtes, vertel hy hoekom. Skreiende ware vertellings en Louw se eie lewensverhaal maak dit grafies duidelik hoe die Boetman-geslag gemanipuleer en geknou is. Hiernaas bied die boek ook ’n ontleding van die proses wat tot die grondwetonderhandelings en die huidige bestel gelei het. Klappe word links en regs uitgedeel. Kom ontmoet dié bekende joernalis en radioman op 10 April om 12:00 in die Boekeparadys.

14:30     Terblanche Jordaan

Bekende dominee, dramaturg, kabaretkunstenaar en openbare spreker, Terblanche Jordaan, se derde keur, Metronoom III, uit sy gewilde JB-rubriek verskyn vandag.Terblanche is self in die Boekeparadys om te gesels oor sy boek, bepeinsinge en bedinkinge.

WOENSDAG 11 APRIL

10:00     Philip de Vos

Philip de Vos is bekend as fotograaf, as operasanger en ook vir sy maandelikse strokiesprent saam met Piet Grobler wat eers in De Kat en nou in Insig verskyn. Philip is egter veral bekend as skrywer van stories en lawwe verse vir kinders van 8 tot 88. Twaalf plaaslike komponiste het alreeds sy verse getoonset en Albie Louw se toonsettings van De Vos se O togga! ’n Gogga en van Brommer in die Sop is reeds deur De Vos en Louw met groot sukses by meer as 250 skole uitgevoer. Moenie hierdie geleentheid misloop om vir Philip de Vos en Albie Louw saam in aksie in die Boekeparadys te sien nie!

12:00     Riana Scheepers

Van dié gewilde en geliefde skrywer, ’n boek vir kinders getiteld Blinde sambok, oor die grootwordjare van ’n dogtertjie wat ten spyte van teëspoed en rampe besluit sy WIL LEWE. Kom ontmoet vir Riana vandag in die Boekeparadys om 12:00 en vind meer uit oor haar betowerende nuwe boek.

14:30     Eleanor Baker

Kom ontmoet hierdie bekende en geliefde skrywer vandag om 14:30 in die Boekeparadys vir die bekendstelling van haar nuwe roman, ’n Ou begin.

19:00     Pieter-Dirk Uys

Pieter-Dirk Uys se nuwe roman, Trekking to Teema, verlede jaar se internet-lees, is nou in boekformaat beskikbaar. Dit gaan oor David Clayton wat in 1993, na ’n leeftyd in Amerika, terugkom na Suid-Afrika op soek na sy identiteit en die Dawid de Lange wat hy destyds was. Teema was hulle bediende. Sy sal onthou. Die trek is op soek na haar, en deur haar na die optimisme, die passie en die realiteit van ’n nuwe Suid-Afrika. Kom ontmoet vir Pieter-Dirk Uys wat by dié geleentheid ook sy twee teatertekste wat nou in boekformaat beskikbaar is — No space on Long Street en Marshrose (die Engelse weergawe van Die Vleiroos) sal bekendstel.

DONDERDAG 12 APRIL

12:00     Jeanne Goosen

Om 12:00 vandag sal die skrywer self in die Boekeparadys wees vir die bekendstelling van haar langverwagte nuwe roman Wie is Jan Hoender? Moenie die geleenthied misloop om die skrywer van die onvergeetlike Ons is nie almal so nie (wat in ’n splinternuwe heruitgawe beskikbaar is) te ontmoet en te hoor van haar nuwe boek nie — nou vir die eerste keer te kry by die 2001-KKNK.

VRYDAG 13 APRIL

12:00     Eben Venter

Uit Australië is die skrywer self hier om voor te lees uit sy nuwe kortverhaalbundel, Twaalf. Hy deel graag sy ervarings en beantwoord lesers se vrae. ’n Unieke geleentheid om dié bekroonde skrywer te ontmoet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.