Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Johannes Kerkorrel

Toast Coetzer

Die aanwysings na die huis net buite Eersterivier is presies. Op ’n ou perdeplaas wat intussen in ’n spul ruim plotte verdeel is, woon Ralph Rabie nou al die afgelope drie jaar. Dis half weggesteek hier, en dis hoe hy dit verkies — ’n private ruimte waar hy op 42-jarige ouderdom op sy werk kan konsentreer. En Ralph se werk is om musiek te maak: as Johannes Kerkorrel is hy een van die land se mees dinamiese sangers en liedjieskrywers. Daar’s nie ’n nommer op die huis nie, maar ek herken dit aan die wit muur en groot silwer voetplaathek, wat hy aan my beskryf het. Wanneer hy die hek oopmaak, lÍ die dubbelverdiepinghuis volstruispaleisagtig in die middel van ’n groot grasperk. Nou nie dat hierdie ’n moerse herehuis is nie, maar mens kry die indruk.

Al is dit al amper middagete, is ek nog half aan die slaap en hy merk my hangover (blameer dit maar op bier, Dorpstraat en Kobus!) en bied koffie aan. Ons stap agter om die huis, vanwaar hy my die perde wys. Iemand gebruik sy agterplaas om perdryklasse aan te bied — daar’s so tannie wat ’n groep dogtertjies alles oor goeie postuur op die saal aanleer. Die perde baklei nes mense, sÍ hy, daar’s ’n pecking order, almal ken hul plek na ’n ruk. Maar hy’s nie regtig ’n perdemens nie, hy hou hulle bloot aan omdat almal op die plotte — op voorskrif van die oorspronklike eienaar — perde moet hÍ. Een het hom al geskop ook — uit jaloesie, nadat hy ’n ander perd ’n handvol aarbeie aangebied het.

So gaan dit blykbaar maar met mense ook — moeilik om mekaar te vertrou, selfs al hardloop hulle al van jongs af saam.

Buite die kalmte van die herfswarm Saterdagmiddag en die veraf geruis van mense en diere en karre, is Kerkorrel betrokke by ’n virtuele inkgooiery soos min. Wat in druk begin het tussen hom en Dagga-Dirk Uys, het binne dae oorgespoel tot SÍNet, waar enigiemand hul mening oor die “geskil” kon lug. Natuurlik is hierdie internet-gemeenskap nie verteenwoordigend van die Afrikaanse publiek nie, maar Dirk en Ralph is swaargewigte, so dit het die geskil nogals laat uitstaan bo die gewone oor-en-weer-toutrekkery van ander mense met nom de plumes.

Koos Kombuis het sy bydrae gemaak, ander het heimlik maar gehoop alles waai vinnig oor. Aan die einde van die dag gaan die geskil in elk geval rustig verby die besige oor van die breŽ publiek. En soos die media nou maar werk, is die oordrag van informasie ’n vae wetenskap vol misverstande, lang sinne en tien-minuut attention spans. En hierdie koppestamp kom al ’n lang pad — dis meer as ’n dekade oud — so dis dalk ver beter om dit op ’n persoonlike vlak te voer. So ek’s nie vandag hier om vir Kerkorrel te veel te pols oor die geskil nie. Ek wil eintlik sommer net weet waar sy kop deesdae is, waaraan hy werk ensovoorts. Maar hy praat tog daaroor. Mens kry die definitiewe idee dat hy wens die hele woordewisseling het nooit begin nie. Hoe minder van hier af gebeur, hoe beter.

“Ek voel so kak oor hierdie hele storie met Dirk Uys,” sÍ hy, agterstevoor keps op sy kop, “Dit het darem nou regtig tasteless geraak. Ek sien daar’s weer ’n brief in vandag se Burger (Saterdag 4 Mei) wat sÍ, ‘Cool it boys, moenie die vuil wasgoed so in die openbaar was nie’ — and that’s right.”

Tog keer die entiteit, die idee van VoŽlvry telkens terug. Mense wil weet waar alles begin het, hoekom die geskil venynig begin raak het. Dis natuurlik ook in die lig van Dirk se Vloek Van Die Kitaar-CD, waarop Kerkorrel famously nie verskyn nie. Daarby word die VoŽlvry Live CD heruitgereik tesame met ander klassieke Tic Tic Bang-plate. Beide Dirk en Kerkorrel het reeds in briewe op SÍNet verduidelik hoe hulle die skryf van nommers soos “BMW” onthou. Vir Ralph is een van die groot misverstande dat almal nie besef dat hy glad nie eers die publishing regte van al die songs uit daardie era besit het nie. Die publisering was destyds deur Shifty Records se Lloyd Ross behartig en Ralph het dit eers in 2001 bekom.

“Lloyd Ross van Shifty het vir Dirk gesÍ, ‘Listen, just because you came up with the idea for a song doesn’t mean you’ve written that song.’ En hy kan dit nie accept nie. Sien, Lloyd was die publisher, en om een of ander rede is what he says more important at SAMRO (South African Musicians’ Rights Organization). See, you have a lyric royalty, a music royalty, composer’s royalty and then you have the publisher’s royalty. So I fixed it up at SAMRO to make him happy, because I understand that he feels it was his idea. And that’s OK, but I also don’t think a song is worth much without the music. When we came up with the music, the band developed this thing into such an amazing song, I think Dirk just suddenly thought, ‘My fok, wat het ek hier gedoen — I’ve written this.’ But it’s not like that, so ek hoop hy’s tevrede met 33 persent van die royalties en I hope it’s over. Dirk is baie paranoid hieroor. Ek sien in daai een brief hy vra waarom ek die royalties ‘terugverander’ het. Ek’t dit nooit ‘terugverander’ nie. Dis hoekom ek vir hom sÍ, just register yourself as a songwriter, there might be a surprise for you. That is one thing, and I hope I’ve done it absolutely correctly. En ek’t vir Koos ook gevra, dink jy dis nou fine, en Koos stel nie eers belang om daarvoor gecredit te word nie.”

Dis ’n klassieke geval van botsende persoonlikhede. Twee groot figure uit die vroeŽ dae van Afrikaanse rockmusiek. Die wrywing kom dus al ’n lang pad; Kerkorrel gaan haal dit ver:

“Ek was nog ’n joernalis toe gaan sien ek vir Koos in Seepunt, toe sÍ ek vir hom, ek hoor jy doen hierdie goed. En toe sÍ ek vir hom, I’ve done a number of things — these radical political cabarets wat ek gedoen het — wil jy nie saam met my kom sing nie? Hy’t gesÍ ja, so we started playing together. En toe’s dit hierdie enormous hit, everybody was mad for it. And I think it was because we were such diverse characters, we were like Laurel and Hardy. And so we got a gig in Bloemfontein and then Dirk came and introduced himself to us, and the next thing he appointed himself as our manager. And the next thing he’s walking around with this idea that he invented it all. En jy weet, dan freak dit my so bietjie uit, want who the fuck invented what? Waar kom jy vandaan? Jy attach jouself as ’n student aan ons and then you tell the whole world that you’re the brain.”

Kerkorrel erken dat Dirk ontsettend baie beteken vir die Afrikaanse rock-scene en beskou hom as die beste promotor van nuwe talent in die land. Niemand sal hiermee stry nie — Dirk se werk oor die afgelope jare by verskillende feeste en ander projekte, soos die opneem van CD’s vir nuwe kunstenaars, is legendaries. Trippy Grape Records, die Wingerdrock CD’s, Tassenberg Stalteater, Kaktus Op Die Vlaktes Ö dis ’n lang en imponerende lys. Vir Kerkorrel was dit egter van die begin af “a personality clash or an ego clash, simple as that”.

Hy voel dat dit juis die samewerking tussen verskillende kunstenaars was wat die populÍre protes-beweging van die laat 80’s so suksesvol gemaak het. Hy’t uit die leftie-cabaret scene gekom waar almal mekaar so bygestaan het — dit was ’n netwerk wat kragte saamgesnoer het, ’n spanpoging op alle vlakke, want almal het ’n gemeenskaplike doel gehad. Dit het dus met sy werkswyse gebots toe hy die indruk begin kry het dat Dirk die leisels wil oorneem.

“But jirre, when we started sitting around the Potato Kitchen in Hillbrow — me and Koos and Dirk — en dan begin hierdie topic van wie het dit gedoen, who came up with this idea, who said that en who said this. I just thought, you want to crown yourself king, when it’s so much more important to be a part of the protest movement in general, and that there’s a voice for Afrikaans in the protest movement. Dat mense ons daarvoor accept, instead of prematurely trying to crown yourself as the inventor of it all. Dit het my so afgepis dat ek kind of moved away from the whole scene. And Koos, ek moet vir jou sÍ, ek adore hom, because when we split up, he went his own way and did such amazing things. Hy’t so ’n stem van sy eie ontwikkel. And I’m very happy with what I’ve done too. I had enough rock and roll om my ’n leeftyd te hou.”

Die hele rock and roll ding was net ’n fase vir Kerkorrel. Hy wou ontsnap van al die etikette wat om sy nek gehang is deur die VoŽlvry-toer en Gereformeerde Blues Band-jare. Soveel so dat hy later selfs sy kunstenaarsnaam na Johnny Karoo wou verander, net om nie meer “daai Kerkorrel” te wees nie. Dit was ook vir hom later makliker om sonder ’n hele band te toer — dit was nie meer nodig om vyf verskillende mense se lewens te probeer koŲrdineer nie. Natuurlik is dit ook meer winsgewend om sonder ’n band te toer. Hy was ook moeg vir politiek.

“In 1994, after we had the democratic elections and we officially became a democracy — for many people in the protest movement, that was the end. And we had to regroup, reconsider, realign and start building a free democratic society, start getting a more Ö vermensliking van die hele ding. Ek was so gatvol vir protest, en een ding waarvoor ek regtig gatvol was, was om ’n ghoeroe of ’n protest singer of ’n prophet genoem te word. It wore me down. When people throw a coat like that over you — that weight, when people call you a ‘prophet’ — o my god, wat moet ek nou doen? Now I must just solve the whole magical riddle of life. It wasn’t easy.”

Die maak van die album Getransformeer was vir hom baie bevrydend. Vir die eerste keer kon hy net skryf en sing oor wat hy wou — ’n treinrit deur Europa, mense, vriende. ’n Hoogtepunt was “Al LÍ Die Berge Nog So Blou”, ’n skitterende song wat baie mense geraak het, selfs al het dit niks met politiek te doen gehad nie. Hy’t ook besef dat politiek net nog ’n magspel was, en ’n ietwat belaglike een daarby — iets wat Thabo Mbeki vir hom bevestig het.

“Dit was net so teleurstellend toe iemand weer kom lewe blaas in die racial ghosts van ‘there are whites, and there are blacks’ en so aan. Dit was nauseating. I did write songs about it, but I decided not to bring it out. I felt, just give these guys a break. Don’t break them down, it’s a new broom finding its feet. And I felt enormous relief when they made this u-turn on AIDS.”

Kerkorrel is tans besig om die laaste skaafwerk aan demo’s vir sy volgende album te maak. Hy’t ’n studio in die huis — werk met Cubase op sy rekenaar. In een vertrek staan sy groot swart klavier die helfte van die kamer vol — dis hier waar hy die musiek sit en skryf. Hy betaal nog die klavier af — daar’s ’n bottel sjampanje in ’n laai Írens vir wanneer die dag aanbreek.

Dis die “vermensliking” waarvan hy voorheen gepraat het waaruit die inspirasie spruit vir sy post-Beefcake-musiekdae. Hy wil ’n meer algemene, maar dieper geestelike impak op luisteraars hÍ as blote politieke draakstekery.

“I just want to write a song that speaks to somebody, it doesn’t matter who. Just touch something there. En ja, ek’t al baie kak songs geskryf, daar was al supremely embarrassing moments gewees. But luckily, there are more moments where I feel, there I came through. I mean you write it and you don’t know. You work on the song, you sing it, and eventually you can say, hierdie songs werk, hierdie’s werk nie. En jy moet bereid wees om ’n gat van jouself te maak. So ek is moerse verlig, I don’t have to be a guru anymore, that expectation is gone. I just want to give myself out as a singer and songwriter, nothing else. I’m only happy when I’ve written a good song, but you have to write about ten kak ones before you come up with a good one.”

Sy volgende album, voorlopig getiteld Die Hart Is ’n Eensame Jagter (na die titel van die Lorca-gedig) is sy agtste album in totaal, en sy laaste op sy huidige kontrak met Gallo. Hy voel dus dat hy iets baie spesiaals met hierdie album wil doen, om sodoende ’n hernuwing van sy kontrak te verseker. Hy sal die album weer in Johannesburg gaan opneem, maar mik vir ’n ander klank as die vorige paar albums. Hy wil wegbeweeg van die super-hip layering van ritmes en synthesisers wat, alhoewel dit ’n baie professionele klank is, volgens sy mening nie regtig aanklank vind by die Afrikaanse publiek nie. Die gesofistikeerde pop-musiek wat hy poog om te maak, het steeds gesukkel om baie radiotyd te kry, en dis iets wat hom duidelik grief.

“I think not even the critics realised that I wanted to make a pop record with Getransformeer. And last year when we did the Geraas Awards, toe kry ek hierdie award vir die beste pop album, toe was ek so pleased dat iemand besef het dat ek besig is om pop albums te maak. But then, in the best pop song category, ‘Die Ander Kant’ was up against ‘Skarumba’ and the audience had to vote, so ‘Skarumba’ won. Then you start to realise that, if you want to make a big Afrikaans hit song, consider maar somehow dat jy die boeremusiek paradigm daarby sal moet inwerk op een of ander manier, musically speaking. Wat ek om die dood nie kan doen nie.”

Ondanks sy ontevredenheid met hoe radiostasies Afrikaanse musiek benader (en hier veral 5fm, wat die enigste landswye pop-stasie is), is hy ekstaties oor die gehore wat hy teŽkom: “They’re so open-minded. Ook in die Karoo onlangs, ek was uitgeboul, I shat myself.”

Hy gaan haal die demo van sy nuwe materiaal en sit dit in die CD-speler in die vertrek langsaan. Ons sit lank en praat oor verskillende aspekte van gemeenskapsradiostasies, die kommersialisering daarvan, nuwe talent op die toneel ensovoorts. Ek vertel hom van Riku Lštti en Jean Marais se nuwe projek, 12Hz, waarmee hulle ook gesofistikeerde pop-musiek ’n kickstart wil gee. Dinge gebeur altyd Írens. Die nuwe songs klink lekker, definitief meer gestroop (dit moet natuurlik ook nog in ’n ateljee opgeneem word) as sy vorige goed, nou en dan weer sterk R&B klanke. Hier kom dalk net ’n album soos min.

Ons groet en hy skuif die swaar hek weer toe, sodat die huis agter die wit muur verdwyn. Ons klim in die kar en slaan mettertyd die N2. Ek rol deur die dial op die radio. Nie ’n enkele Suid-Afrikaanse song nie. Vir almal wat betrokke is, is daar altyd ’n gevegsfront, al is dit hoe klein.

(Nota aan leser: Baie van Kerkorrel se antwoorde is half in Engels, weens die feit dat ’n Engelssprekende persoon meegeluister het aan die gesprek. Dit is dus nie ’n doelbewuste poging om al die bewakers van Suiwer Afrikaans wakker te raas nie. Daarvoor het ons julle te lief. — Toast)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.