Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

PG du Plessis: Man van Legio

Johan Pienaar

PG (dr Pieter Georg du Plessis 1934— ) bly op ’n plaas naby Potchefstroom waar sy vrou boer.

“Jy sien mos,” sÍ hy nŠ sy vrou, Marie, hom kom inlig dat daar nog ’n skaap in die nag gevrek het. “Sy is die een wat boer; as die skape vrek, sny sy hulle oop, kry die bankrotwurm, stuur diť weg vir analise en ‘dope’ dan die skape. Ten spyte van die een vrekte lyk die ander skape darem beter.”

Die plaas — wat geen sigbare naam het nie — is op diamantgrond gevestig, ’n paar kilometer verby die padteken wat na Thyszijndoorn wys. Deesdae delf hulle nie meer op die plaas nie, nie vir diamante ůf vir Thys se dorings nie, maar vroeŽr jare is daar so drie duisend karaat se diamante hier uitgehaal.

Op die plaas is duidelike arbeidsverdeling in plek: Marie hanteer die boerdery en die huis, PG behartig die kwekery en die bouwerk.

Ek vra hom oor die interessante fenomeen dat mense wat buite die dorp bly, altyd besig is met aanbouings.

“Dis oor daar nie bou-inspekteurs is nie,” kap hy terug. “Dis nie verniet dat Van in ’n Seder val in Waterkloof ’n bou-inspekteur is nie.”

VAN: Wes-Rand met die beterweterige domheid van ’n bou-inspekteur.

Op 69 is PG nog net so gevat soos altyd, reguit, en iemand wat enige vorm van pretensie uitruik en met ’n kort rughandklap uit die pad vee. Om vandag met hom te praat is om met iemand te praat wat met dieselfde vuur lewe as toe hy in 1975 met ’n Seder val in Waterkloof die Akademie aangeval het.

JACOBUS-DANIňL (die koppelteken is maar van onlangs) VAN VUUREN: ’n Kolos in die Akademie. Akademies tweederangs, maar daarom met ’n A++ akademiese fasade. Hy’s professor omdat hy na buite “lewe en optree”, nie omdat sy drie artikels en ’n halwe boek goed was nie. Hy besit baie toe boeke waarvan hy die skutblaaie kan aanhaal en die skrywer se volle naam kan bynoem. Die twee boeke waaruit sy lesings kom ken hy baie goed. Hy dra ’n volk en vyftien voorsitterskappe op die hart. Hy streef en vorder en noem drie ministers Piet. ’n Pilaar, ’n seder, ’n bekende, geborge in sy nasie, sy volk, sy kultuur, sy persoonlike integriteit waarvan hy dikwels getuig, sy vak die opvoedkunde wat amper sy vak is en dalk sy vak sou wees as dit ’n vak was.

PROFF LATEGAN EN VREDENBURG: Akademieraadslede — sÍ mens meer?

Daar is nog dieselfde vonkel in sy oŽ, en sy entoesiasme is nog so aansteeklik soos altyd. Ek vra hom of hy dink dat die leeskultuur in Suid-Afrika sterwend is. Sy antwoord is beslis en deurdink: “Nee,” sÍ hy, “die Harry Potter-boek het dit verkeerd bewys. Al my kleinkinders het die boek gelees, of hulle nou lesers is of nie. Dit wys jou net die krag van ’n goeie skoolverhaal. Boeke soos Keurboslaan en Trompie het ’n hele generasie se lesers lief gemaak vir lees.” Onlangs het PG iewers gelees dat ’n uitgewer gesÍ het dat minder mense deesdae boeke koop, maar dat diť wat wel koop, meer boeke koop.

“Boeke, soos vroue, kan op die verkeerde tyd van jou lewe na jou toe kom, en soos vroue kan hulle meer as een keer op die verkeerde tye na jou toe kom.”

Hy vertel van hoe Dostojewsky vir hom oopgegaan het jare na hy dit die eerste keer gelees het, en van sy kleindogter wat op 14 die Complete Works of Shakespeare kafgedraf het. Hy het na die tyd met haar gepraat oor Shakespeare en besef dat diť kleinkind van hom op 14 ’n “orgaan vir Shakespeare” het wat hy vandag nog nie het nie.

Hy vertel my hoe hy as kind in die middae saam met sy pa gaan stap het. Dan sou sy pa opmerkings maak oor Snodgrass of Pickwick uit Dickens. Naderhand sou hy so nuuskierig wees oor die karakters dat hy die boek gaan soek het om te lees. Hy sÍ dat hy op universiteit ’n vrot student was, maar dat dit beteken het dat hy baie tyd gehad het om te lees.

Pa,

Die drama [Plaston: DNS-kind] is vir Pa. Of dit goed is en of dit sleg is en of dit Pa waardig kan wees, weet ek nie. Maar hier’s hy, goed of sleg, vir Pa, omdat Pa soms in die middag met my wou saamloop toe ek maer, bekkig en seun was. Pa onthou dalk: In Oom Kootjie se veld in. Of met die Ascentpad langs. Of regs in die Dorpsveld in.

Oor Pa dan met my, toe ek saam was, kon praat oor vierslagenjins of Dickens; oor mense en die mens; oor gode en God en oor al die Calviniste wat Calvyn nog nie gelees het nie.

Daarom

Pieter

Ek vra hom of daar verwydering gekom het tussen skrywers en hul lesers.

“Die verwydering was nog altyd deur die geskiedenis van die literatuur ’n verskynsel gewees wat kom en gaan. Vandag se verwydering is mŰre se toenadering. Wat jy eintlik wil weet, is of die middelmootliteratuur ’n verarming ondergaan het. Dis ’n debat wat al in die vyftigs begin het.”

PG du PlessisWat middelmootliteratuur betref voel PG dat ons baie werk het om te doen. ’n LiterÍre werk soos Die Swye van Mario Salviati is volgens PG die beste boek wat hy in die laaste vyf jaar gelees het, maar dit is volgens hom nie middelmootliteratuur nie. Daarvoor is daar te veel ingewikkelde tydspronge.

Die Swye van daai italianer is geskryf vir slim mense,” sÍ PG. “Kyk, as jy nou na Steinbeck kyk, dan sou Cannery Row ’n voorbeeld wees van middelmootliteratuur, en East of Eden nie. Of Mice and Men is middelmootliteratuur, maar Grapes of Wrath is nie. Nie Cannery Row ůf Of Mice and Men is swak boeke nie, maar dit is toeganklik vir lesers wat nie kenners van die literatuur is nie, en dis die boeke waarop jy ’n taal bou.”

En wat van die Afrikaanse poŽsie?

PG is hier minder vleiend. Hy meen wel die feit dat minder digbundels uitgegee word, ’n goeie teken is, omdat dit van hoŽr kwaliteit is.

“In die vorige era van uitgee het uitgewers staatgemaak op akademiese, dorps- en skoolbiblioteke om hul bundels te koop en sodoende te sorg dat die bundels gelykbreek sonder dat dit regtig ooit deur die publiek gekoop is. Vandag word daar met omsigtigheid gepubliseer. Die probleem met die Afrikaanse poŽsie vandag is dat te veel toondowe donders dig. Hulle het doof geraak vir die musiek in die poŽsie en het toe verval in die gewoonte om stukkies prosa vir mekaar te skryf.”

Hy raak geÔnspireerd en gaan haal ’n boek van sy rak in sy indrukwekkende boekery. “Diť,” sÍ hy en wys na Dylan Thomas se Under Milkwood, “is die boek wat ek graag wou geskryf het,” en hy begin terstond daaruit voorlees:

It is Spring, moonless night in the small town, starless and bible-black, the cobblestreets silent and the hunched, courter’s-and-rabbits’ wood limping invisible down to the sloeblack, slow, black, crowblack, fishingboat-bobbing sea. The houses are blind as moles (though moles see fine tonight in the snouting, velvet dingles) or blind as Captain Cat there in the muffled middle by the pump and the town clock, the shops in mourning, the Welfare Hall in widows’ weeds. And all the people of the lulled and dumbfound town are sleeping now.

Hush, the babies are sleeping, the farmers, the fishers, the tradesmen and pensioners, cobbler, schoolteacher, postman and publican, the undertaker and the fancy woman, drunkard, dressmaker, preacher, policeman, the webfoot cocklewomen and the tidy wives. Young girls lie bedded soft or glide in their dreams, with rings and trousseaux, bridesmaided by glow-worms down the aisles of the organplaying wood. The boys are dreaming wicked of the bucking ranches of the night and the jollyrodgered sea. And the anthracite statues of the horses sleep in the fields, and the cows in the byres, and the dogs in the wet-nosed yard; and the cats nap in the slant corners or lope sly, streaking and needling, on the one cloud of the roofs.

You can hear the dew falling, and the hushed town breathing.

Only your eyes are unclosed to see the black and folded town fast, and slow, asleep.

And you alone can hear the invisible starfall, the darkest-before-dawn minutely dewgrazed stir of the black, dab-filled sea where the Arethusa, the Curlew and the Skylark, Zanzibar, Rhiannon, the Rover, the Cormorant, and the Star of Wales tilt and ride.

Listen. It is night in the chill, squat chapel, hymning in bonnet and brooch and bombazine black, butterfly choker and bootlace bow, coughing like nannygoats, sucking mintoes, fortywinking hallelujah; night in the four-ale, quiet as a domino; in Ocky Milkman’s lofts like a mouse with gloves; in Dai Bread’s bakery flying like black flour. It is tonight in Donkey Street, trotting silent, with seaweed on its hooves, along the cockled cobbles, past curtained fernpot, text and trinket, harmonium, holy dresser, watercolours done by hand, china dog and rosy tin teacaddy. It is night neddying among the snuggeries of babies.

Look. It is night, dumbly, royally winding through the Coronation cherry trees; going through the graveyard of Bethesda with winds gloved and folded, and dew doffed; tumbling by the Sailors Arms.

Time passes. Listen. Time passes.

Come closer now.

En dis průsa, nie eers poŽsie nie. Ek was stomgeslaan, en het skielik verstaan. Ek verstaan wat poŽsie moet wees. Soveel jare in Afrikaans-klasse, en PG kom verduidelik dit in vyf minute. Miskien is dit wat NP van Wyk Louw — onder wie PG later sy proefskrif sou doen oor die Verwysing in die Afrikaanse Literatuur — raakgesien het toe hy hom in 1962 by Wits as dosent aangestel het: hierdie belangstelling in alle mense, en sy vermoŽ om konsepte aan hulle oor te dra.

PG du PlessisDosent wees was maar een van PG se baie nerings. In sy loopbaan was hy ook ’n onderwyser, koerantredakteur, betrokke by NALN as stigterslid, en TV-persoonlikheid, maar tog kan ’n CV PG nooit volkome vasvat nie. Hoe beskryf jy ’n man wat, wanneer hy oor Siener in die Suburbs praat, terloops opmerk dat hy vir Tiemie geken het, dat sy in sy klas was?

Hy vertel van die hewige kritiek na die destydse opening van Siener in die Suburbs. Kritiek wat vandag steeds voortduur. Onlangs het iemand in Die Burger gekla oor Tjokkie se Afrikaans so goed is. PG steur hom nie daaraan nie. Hy was daar, sÍ hy, hy het die mense geken en gesien hoe hulle gestreef het om bo hulle omstandighede te styg. “Hoe harder hulle gestreef het, hoe beter was hulle Engels en Afrikaans.”

Op die openingsaand van Siener het die destydse voorsitter van drama by die Akademie nŠ die vertoning aan PG in die verbyloop gesÍ, “Dis ’n mis.” Daardie nag het die voorsitter probeer om die toneelstuk stop te sit. Die volgende oggend het Siener in die Suburbs alle loketrekords laat spat en oorleef dit — bo al PG se verwagtings in — al meer as 30 jaar lank.

PG het by geleentheid aan Chris Barnard erken dat hy kritiek op sy skryfwerk swak hanteer, en dat hy weet dat hulle vir hom daaroor lag. ’n Paar jaar later sou hy met ’n Seder val in Waterkloof die draak steek met die Akademie om hulle terug te betaal vir die kritiek teen hom.

Prof Jacobus-Daniel van Vuuren:  ... ek herhaal dus omonwonde, meneer die voorsitter en geagte Akademielede, dat die Akademie hom sal verset teen die riool-literatuur waarteen AM van Schoor van Die Vaderland reeds gewaarsku het in die werk van PG du Plessis. Die Akademie moet hom verset teen die uitbeelding van mense — soos die veragtelikes in Siener van die Suburbs — wat nie in my volk bestaan nie. Mense wat nie deel het aan die aard en inbors van die volk waaraan ek my deel voel nie  ...

Dis natuurlik as dramaturg dat PG hom by uitstek onderskei het. Tog het sy loopbaan vreemd begin. Hy en NP van Wyk Louw het op ’n keer oor ’n sekere kritikus gesels. Van Wyk Louw sÍ toe vir hom: “Moet jou tog nie aan die man steur nie, hy is ’n kween.” Daardie aand het PG begin om aan ’n drama te skryf, want ’n “kween” wou hy nie wees nie. Dit was Nag van Legio. Nag van Legio word tans by die KKNK opgevoer. Nie die oorspronklike weergawe nie, maar die weergawe wat PG in 1986 vir Sukovs herskryf het met vrouekarakters.

Die herskrywing met die vrouekarakters het gekom nadat PG een aand aan iemand beloof het om dit vir hulle oor te skryf met vrouekarakters. Hy het gedink hy gaan net die karakters se name verander en effentjies aan die teks skaaf. Toe hy die volgende oggend daaraan begin werk, kom hy agter hy sou byna die hele teks moes oorskryf, “want ’n vroueduiwel werk anders as ’n mansduiwel”. Dis hierdie teks wat vanjaar by die KKNK opgevoer word. ’n Mens kan net hoop dit word sonder snitte aan die oorspronklike teks opgevoer, anders as die afgewaterde weergawe van Siener in die Suburbs wat twee jaar terug by Aardklop op die planke was. Oor diť Siener sÍ PG: “Hulle het ’n goeie play in ’n nice show verander.”

Ten spyte van die probleme meen PG dat dit tog beter is dat daar kunstefeeste is as dat hulle nie daar is nie.

Al is PG waarskynlik die grootste dramaturg wat Afrikaans nog opgelewer het, sal hy deur die meeste Afrikaanse mense onthou word vir sy bydrae tot televisie.

Dit het begin met PG gesels. In diť program het PG met bekendes gesels oor hulle lewens, by skrywers uitgevis oor hulle skrywerk en in kort een van ons eerste televisiepersoonlikhede geword.

Daarna het Ollie Viljoen PG en Jan Spies saamgevoeg op Spies en Plessis, waarin die twee se doel sou wees om die storievertelkuns — van Šlle soorte stories — te laat herleef. Aanvanklik het PG nee gesÍ om so ’n program aan te bied, oor hy gevoel het dat sy gesig te bekend geraak het. Ollie het toe vir Jan Spies gevra of hy sou belangstel om so ’n program aan te bied. Jan was ook nie lus nie. Ollie gaan toe terug na PG en vra hom of hy so ’n program saam met Jan Spies sou aanbied en vra natuurlik die teenoorgestelde van Jan. Die res is geskiedenis. Spies en Plessis sou reusetalente soos Koos Meyer en Tolla van der Merwe in die opvolgende jare vir die eerste keer aan die breŽ publiek bekendstel.

Tog is PG ambivalent as hy praat oor die nalatenskap van Spies en Plessis. By geleentheid het hy opgemerk dat hy en Jan die storievertelkultuur wou laat herleef. Nie net die snaakse stories nie, maar alle stories. “Self”, sÍ PG, “verkies ek my lag met ’n traan.” Die stories soos PG dit wil vertel, is deesdae die ruggraat van sy vertonings met Alexa Strachan. Mens lag baie in die stories, maar dis half of sy stories jou altyd half wees laat teen die einde.

KoŲperasiestories was volgende aan die beurt. Geskryf deur PG en byna woord vir woord opgevoer en verfilm van sy oorspronklike teks, het KoŲperasiestories in sy tyd kultusstatus verwerf. Met al die mensekennis wat PG reeds in sy dramas openbaar het, skryf hy ’n televisiereeks wat die Afrikaner en sy aard vasvang sonder om enigsins neerhalend te wees of waarde-oordele te vel. Hy gryp die essensie van wie ons is — met al ons pretensies en edelheid — vas en dis die kwessies van mens wees in ’n wÍreldbeskouing op.

In diť tyd skryf PG ook dokumentÍre programme, reekse en ’n draaiboek soos Nag van die 19de, en neem eintlik in sy geheel deel aan die bloeitydperk van die vroeŽ jare van Suid-Afrikaanse televisie.

Met film en TV is PG gelukkig nog lank nie klaar nie. Hy het onlangs ’n teks voltooi vir ’n filmweergawe van die reeks Kalahari-oase. In diť filmweergawe ontdek die drie protagoniste van die Caltex-advertensies-reeks ’n nuwe soort dwelm nadat hulle gesien het wat gebeur met ’n bobbejaan as hy sjampoe drink wat gemaak is van die magoriegoriebossie. Binne ’n kort tydjie is die dorp in rep en roer, want almal gebruik die bossie. Die mafia wil natuurlik ook hķlle deel hÍ. Die feit dat die newe-effek van die bossie erge depressie is, verbeter nie die saak nie en van daar af dans die poppe behoorlik!

PG het die teks geskryf van Nagkantoor, die huldeblyk aan Koos du Plessis wat by die KKNK opgevoer word. Koos du Plessis het in die sewentigs as subredakteur vir PG gewerk. PG beskryf hom as ’n kennis en onthou hom veral vir die spoed waarteen hy koerantopskrifte kon uitdink. “Maar ek het altyd geweet Koos het ’n stem gehad.”

Hy praat oor die Musiek en Liriek-beweging en sÍ dat dit ’n rewolusie was in Afrikaanse musiek. Hy sÍ dat as mens nou, na net oor die twintig jaar, daarop terugkyk, dit amper ongelooflik is dat hy en ander voor die beweging gedink het dat Afrikaans nie eintlik ’n taal is wat mens kan sing nie.

Verder skryf hy aan sy nuwe roman oor die Boereoorlog, Fees van die ongenooides. Hy het reeds ’n uitgewer, die eerste helfte is klaar geskryf en die tafel is gedek vir die ontrafeling. Oor die res is PG geheimsinnig en wil nie meer uitwei oor die manuskrip nie.

Op die plaas waar sy vrou boer, is PG baie besig. Al wat ek met die wegry weet, is dat PG van gewťťt is.



LitNet-argief: Lees ook Izak de Vries se onderhoud met PG du Plessis.

LitNet: 7 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.