Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet se skrywersberaad gee ook aan nuwe stemme die geleentheid om hul sÍ te sÍ. Een van die “virtuele sprekers” waarna beraadgangers kan uitsien, is Jaco Botha. Marguerite Black het hom solank gaan opsoek.

Jaco Botha onder die loep

Marguerite Black

Sweisbril
Nou te koop
Ek gesels met Jaco Botha oor sy nuwe en omstrede boek, Sweisbril, in die studentedorp Stellenbosch, bastion van die Afrikanerkultuur. Die karakters in die boek is net so triestig soos die koue, reŽnerige dag buite. Jaco het sy bekende visvangboots aan en ons praat kopstukke oor lewens sonder visie en sonder hoop in die suburbias van ons land. Dit lyk asof al wat ’n IndiŽr, swart en bruin persoon is, deur die wit karakters oor dieselfde kam geskeer word en die rol moet inneem van gemarginaliseerdes en minderwaardiges. Dadelik konfronteer ek Jaco met die kwessie van rassisme, ’n domein wat nie maklik betree word in die literÍre wÍreld so kort nŠ apartheid nie.

“Wat is rassisme? Hoekom is dit ’n karaktertrek van party mense?” begin hy op ’n filosofiese noot. “Met hierdie boek wou ek bietjie dieper delf in hierdie mense se lewe om te kan verstaan waar hierdie rassisme vandaan kom nie? Ek wil ook verstaan hoekom daar iets soos apartheid en die struggle was. Daar is ’n Sinead o’ Connor song wat sÍ: ‘Before there can be forgiving there must be knowledge and understanding.’

“Die karakters in my boek is ’n weerspieŽling van daardie mense wat in Parow en Benoni hul lewe om braaivleisvure deurbring en geneig is tot die raspejoratiewe wat die heeltyd in my boek voorkom. Ons het hier te doen met ’n groep mense wat geweldig bedreig voel op die oomblik; as jy bedreig voel, then you lash out om kop bo water te hou en jou bestaan op ’n manier meer draaglik te maak. Die karakters wat hier uitgebeeld word, is wit, middeljarige Afrikaners wat uit die middelklas kom. Ek wou ’n groep mense uitbeeld wat down and out is en politieke, asook, in baie gevalle, ekonomiese regte verloor het, maar vasklou aan ’n identiteit wat nie meer geldig is nie. Hierdie mense strewe nog steeds na ’n Afrikanermitologie wat vergelyk kan word met die Israeliete se trek deur die woestyn, die gevoel van suiwer bly van al die ander volke, bla-bla-bla. Nou het hulle nie meer daai mitologie nie, want almal het gesÍ dis bullshit. Waaraan klou hulle nou vas?”

Indien daar lesers sou wees wat sou voel dat Jaco miskien sy eie rassisme op die karakters projekteer, sou sy respons wees dat hulle nie ordentlik gelees het nie.

“Ek dink nie ek hemel hierdie karakters op nie. Inteendeel, ek skets hulle as baie swak en gevoelloos. Dit is belangrik dat ’n skrywer intimiteit met sy karakters het, maar terselfdertyd ook afstand behou. Op dieselfde manier trek ek ook die leser in, maar verwag dat die leser onttrek. Want ek lewer deurentyd subtiele kommentaar op die wit karakters se banaliteit. In die verhaal ‘Bankroof’ is daar ’n bruin vrou wat ’n outsider-figuur is. Maar juis omdat sy op die periferie is, en die uitbeelding daarvan sensitief en simpatiekgesind is, behoort die leser baie empatie met haar te hÍ. Daar is geen twyfel daaroor dat hierdie karakters bad guy-Afrikaners is nie en ek sou baie jammer wees as die boek gapings tussen mense vergroot.”

Daar is niks oor Jaco wat ’n mens hoegenaamd sal herinner aan die Eugene Terre’Blanche-op-sy-perd-tipe nie.

Om die waarheid te sÍ, Jaco beskou homself as iemand wat hopelik nie as deel van enige groepering, generasie of gemeenskap gesien sal word nie. “Indien enigiets, hoop ek om as ’n skrywer gesien te word, want ek kan my vereenselwig met die rol van die skrywer wat een is van analiseer en kommentaar lewer. Die skrywer behoort nie ingesuig te word by ’n hype van apartheid of African Renaissance nie. Die skrywer se opinie moenie bepaal word deur politieke strominge nie. Indien enigiemand my sou vra wie ek is, sou ek hopelik kan sÍ ek is ’n human being. Indien jy iemand iets noem wat haar / hom beperk of kategoriseer, raak dit ’n skeldnaam.”

Hy sal gebelg voel as iemand hom ’n Afrikaner noem, en dieselfde afkeur koester hy vir terme soos Bantoe en Kleurling.

Hy stem nie heeltemal saam met die jonger geslag se tendens teenoor die politiek nie, een van: “There is no possible way we can understand it, so we just negate it.” Maar dis ’n tendens van jong mense wÍreldwyd, byvoorbeeld in Rusland en Duitsland, waar hulle ’n algemene disillusionment het met die politiek, wil wegkom van ’n massa-identiteit en strewe daarna om alles rondom die individu te sentreer.

“In ’n post-apartheidskonteks is daar nie ’n gemene deler onder die wit Afrikaanssprekende nie. Daar is so ’n verskeidenheid van identiteite en agendas. Die apartheidsmitologie van one destiny, een geloof en een doelstelling is besig om te verdwyn, want mense besef dat they tried to force it for forty years, it didn’t work and it never will work.” Sy advies aan “die relatief konserwatiewe Afrikaanssprekende, alias Afrikaner” sal wees: “LÍ net laag. You had your share. Die wiel het gedraai.”

Jaco vind dit moeilik om die rol van die bruin Afrikaanssprekende te definieer nŠ apartheid: “Weer eens is daar so baie komponente en ’n diversiteit. Daar is jou gewone middelklas wat met hul Toyota Corollas rondry, onderwysers, jou rekenaarprogrammeerders en jy het jou hoŽr klas wat sakemanne is. ’n Mens kan nie regtig ’n groepsidentiteit vasstel nie.”

Jaco stem saam dat mense ’n stryd oor klas en status verwar met ’n rassestryd: “Dis ’n wÍreldtendens. Veral in Afrika. As jy ZambiŽ toe gaan, sal jy sien dat mense wat dit kan bekostig, huise agter hoŽ mure het. Jy het jou Indian couple, jou Bangladesh couple, jou black couple by die social club. All very influential and affluent people. Die superryk klas buit die laerklas uit. Ras is dus oorwegend nie ’n faktor nie, klas is.”

Breyten Breytenbach het onlangs gesÍ hy kry die idee dat daar ’n wedywering is vir victimhood in Suid-Afrika. Jaco sÍ dit is ’n natuurlike menslike reaksie om so op te tree nŠ die dramatiese effekte van apartheid:

“Almal glo dat hulle die verste skool toe gestap, die langste spit afgebyt en die rawste deal gestrike het. Baie mense wat ekonomies sukkel, gaan noodwendig die bad guy of scapegoat soek. Mense het ’n baie groot ‘kakhuis’-komponent in hulself en wanneer jy in ’n magsposisie is, is die kanse baie groot dat daardie magsposisie uitgebou, uitgebuit en gefortifiseer sal word.”

Jaco steek ’n sigaret aan en sÍ heel sinies: “Whoever has the power, will misuse it.”

Jaco het verdeelde gevoelens oor stereotipering: “As ek oorsee gaan en mense dink ek is ’n rassis omdat hulle ’n klomp AWB-ouens op TV gesien het, verstaan ek dit. Maar ek kry skaam oor baie goed wat met my taalgemeenskap geassosieer word: basaars en koeksisters en wat de hel ever. Ek kan verstaan dat dit veral vir bruin mense pla dat die bruin gemeenskap miskien met die Kaapse Klopse geassosieer word, maar aan die ander kant is dit so ’n klein deel van die kultuur. Omtrent die 530ste ding waaraan ek sal dink, is die Kaapse Klopse. As mense wat daaroor kla net eers in Suid-Amerika was en die karnaval in Rio gesien het, sal hulle miskien anders daaroor begin dink omdat hulle dit in perspektief sal beskou.”

Alhoewel Jaco ’n aanhanger is van Oscar Wilde se filosofie “There is no such thing as a moral or immoral book. A book is either well or badly written”, voel hy dat Sweisbril ’n moraliteit en integriteit van sy eie het. “Maar moraliteit is ’n geweldige veranderlike en word dikwels aan politiek gekoppel. Maar vandag se politiek word mŰre weer vergeet. Moraliteit van ’n honderd jaar terug is miskien vandag easy peasy stuff.”

En met diť gedagte durf ons die stormagtige reŽn en wind daar buite aan, slaan ons ons onderskeie weŽ in en hoop dat daar weer mŰre sprake van sonskyn sal wees.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.