Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Kalahari.net onderhoud

JACK KRIEKETBAT

Antonia Steyn

Jaco Botha se tweede bundel, Sweisbril, verskyn een van die dae. Hy woon deesdae weer op sy studentedorp, Stellenbosch, en dis daar waar ANTONIA STEYN met hom gaan gesels het ...

Jaco Botha    Jaco Botha    Jaco Botha

Koop by Kalahari.net
Sweisbril
In drie riviere
Hy is ’n man van vele fasette, of eerder, ’n all-rounder. Diť skrywer, wat met In Drie Riviere gedebuteer het, speel nie net met woorde nie. Hy is ’n ook ’n kranige lid van die Suid-Afrikaanse Krieketspan vir Blindes.

“Daar is min werklik noemenswaardige goed in Afrikaans geskryf, ” sÍ Jaco Botha wat meen dat sy skryfwerk nie soseer beÔnvloed is deur die Afrikaanse literÍre tradisie nie. Afrikaans het, glo hż, net Etienne Leroux as werklike groot prosaskrywer. Meer so, voel hy hom beÔnvloed deur musiek en flieks: Koos du Plessis, Tom Waits, Leonard Cohen, Quentin Tarantino en Raymond Carver.

Jaco staan apaties teenoor huidige gebeure in die Afrikaanse literatuur en lees selde die boeke van sy Afrikaanse peers. “Eerder diť wat die toets van die tyd weerstaan het,” sÍ hy. Ek hoor die ou Castle advertensie in my ore sing en wonder of dit dalk die rede is waarom Jaco so lief is vir bier!

Soos die karakters in sy verhale, is Jaco ’n man van vele fasette. Die image wat hy projekteer, is die skrywer as gewone mens ó nie ’n verhewe, untouchable figuur nie. “Die belangrikste is die skrywer as waarnemer. Die oomblik as jy jouself nie kan uithaal waar jy is en op ’n ander plek kan insit nie, verloor jy jou plek as skrywer.

“As ’n skrywer nie gelyktydig die verkragter en die verkragte is nie, dan ly een van die karakters skade. Om legimiteit aan jou werk te gee, is dit belangrik om te sÍ: Ek het ’n deel hiervan geleef ó dis nie alles uit die duim gesuig nie.”

Oor sy skrywery sÍ hy: “Dis ’n persoonlikheidseienskap; soos sommige mense, as hulle ’n bal sien wil hulle hom slaan en sommige mense, as hulle ’n boom sien wil hulle ’n storie skryf.”

Jaco se boom is mense, daar sit ’n karakter op elke tak. Diť boom staan diepgewortel in, wat hy na aanleiding van Koos Prinsloo, “’n slagplaas van familieverhoudinge,” noem. As fatalis glo hy in die sinloosheid van dinge. Hy skryf, want: “Op ’n manier moet ’n mens jouself bullshit. Vir jouself sÍ jy’t een of ander mission in die lewe, jy’t iets wat dit die moeite werd maak.” Jaco skryf dus om homself gelukkig te hou, al gebeur dit nie so maklik nie. ’n Makliker alternatief is ’n yskoue Windhoek en hy bestel twee.

As ‘jong skrywer’ skram hy weg van kategorieŽ, ideologieŽ en literÍre teorieŽ. Hoewel hy die inhoud van sy skryfwerk in Koos Prinsloo se woorde beskryf, beskou hy homself nie as ’n doelbewuste historiograaf, soos Prinsloo was, nie. Jaco staan afsydig teenoor literatuur waarin teorie ’n groot rol speel, selfs al vertoon sy werk sekere elemente van historiografiese metafiksie. “Historiografie, soos ťk dit verstaan, lewer ’n soort tydsdokument, ’n bestekopname van hoe jy die lewe ervaar op ’n sekere stadium.

“Dit waaroor ek skryf het toevallige elemente van sekere diskoerse, soos Historiografie. In Drie Riviere was ’n spel. My oom (soos in die storie ‘Niefiksie’) was ’n karakter soos hierdie karakters, maar dis meer fiksie as wat dit biografie is.” Jaco staar na Írens op die tafel en krap ingedagte aan sy bosbaard. Dis net nŠ twaalf en ’n mens wonder of sy nat hare ’n doelbewuste wetlook, of ’n laataand op Stellenbosch, beteken.

“Ons skrywers is regtig ’n bietjie stereotiep ó drink te veel, is jags, skryf om die depressie te bestry. Dit gaan al hoe meer om ’n ontbloting van die self, om te sÍ: This is who I am ... ”

Wat is die bindende faktor van die jong Afrikaanse skrywers wat angstig en neuroties weier om hulle aan enige iets te bind? Volgens Jaco is die gemene deler ’n gebrek aan ideologie. Hy gryp nie na die geskiedenis of die politiek om ’n ideologie in die wasteland van die laat negentigs te vind nie. Hy staan ook nie vir die idee dat die skrywer, juis omdat hy skrywer is, sosiaal of polities betrokke moet wees nie.

“Die ware literÍre skrywer is geen aktivis nie. Dat daar enige iets aktueel in sy werk verskyn, is bloot toevallig,” quote Jaco uit sy M-tesis.

“Projekteer jy jouself as ’n blinde skrywer, soos sommige skrywers hulleself projekteer as swart-, gay- of vroueskrywers?” vra ek versigtig.

Jaco glo nie in die praktyk van die skep van kategorieŽ nie. Vies vertel hy van ’n webblad waarin hy as visueelgestremde skrywer bemark is: “Ek is ’n skrywer, punt. In In Drie Riviere het ek doelbewus weggeskryf van ’n dergelike kategorisering.”

Sy nuwe bundel kortverhale, Sweisbril, werk egter meer met die sienkode. Vyf karakters in die boek is blind. Dit is vir hom belangrik om nie fasette van die self te ontken nie. Tog is daar iets in sy werk wat hom onderskei van sy peers. Jaco se stories word met Šl die sintuie gevoel en stilisties is sy taalgebruik buitengewoon. Hy skryf soos mens sweis, ’n helder vlam gekonsentreer op ’n klein area. ’n Beheptheid met fyn detail.

Sy stories wemel ook van geweld. Vir Jaco spruit diť gewelddadigheid uit sy omgewing en die media. Dit is terselfdertyd ’n manier om uiting te gee aan die geweld wat binne homself woed.

“Om te skryf is sosiaal-aanvaarbare patologie. Dis ’n manier om die geweld in jouself deur karakters te laat lewe en so die geweld beter te verstaan.”

Hy ontken dat selfs die ‘politieke stories’ doelbewus polities geskryf is. Die stories wat hy skryf, gaan bloot oor die mens.

“Die sosio-politieke stelsel leen homself daartoe dat sekere mense seerkry. Uiteindelik gaan dit oor daardie individu, nie oor wat met ’n groep gebeur het nie.”

Sy stories skiet wortel in sy gemeenskap ó nalatenskappe van die bosoorlog, ’n slegte verhouding, ’n besoek aan sy ouma in sy kleintyd. Vir Jaco is betrokkenheid by die literÍre diskoers, of by politieke of sosiale debatte, gelyk aan betrokkenheid by sport of ’n liefdesverhouding. Dis alles takke van dieselfde boom.

“Vir my is die grensoorlog passť.” Die storie ‘Grensdraad’ uit Sweisbril, wat handel oor ’n grenssoldaat, skryf hy vanuit ’n heeltemal ander hoek. “Die bysaak is die issue, nie die issue self nie.”

In sy eie familiegeskiedenis is die vroue dominant en op ’n subtiele manier manipulerend.

“Almal skryf vanuit hulle eie issues, hulle eie ervaringsvlak. Die vrou wat opgedonder word, is in twintig of dertig ander Afrikaanse verhale van die afgelope tien jaar te vinde. In baie van my verhale kyk ek vanuit ’n manlike perspektief, miskien omdat ek self ’n man is, mens skryf maar wat jy weet.

“Ek probeer in myself uitfigure waar dit vandaan kom, want dis vir my te maklik gestel binne die werk van vroulike Afrikaanse skrywers. Dis nie so maklik dat vrouens altyd die victims is en mans die slagters nie. Ek dink dis ’n klap in die gesig van ’n vrou, of ’n swart man, ’n gay of ’n lesbian, om te sÍ jy is net ’n slagoffer. Dis vir my belangrik om die flipside te wys.”

En ook die flipside van sy eie sogenaamde wegskramming van kategorieŽ en vies dink dis niks nuuts of moerse anders nie? wonder ek. Delila en Eva is al holruggery. Ek draai terug na hom, hy trek diep aan sy sigaret.

“Mens skryf om meer oor jouself uit te vind. Ek gaan sit en ek skryf ’n storie en what happens happens. Ek weet nie of my kop net fucked up is nie en of ek net ’n produk van ’n sekere ideologie is nie. Ek kan nie anders skryf as hoe ek skryf nie.”

En so raak die ‘klein’ stroompies ideologieŽ, of die navloei daarvan, sigbaar in Jaco se skryfwerk.

Jaco was slegs geÔnteresseer in die draai van die eeu omdat “dit in die gewone mens se kop ’n landmerk is. Niks is absoluut nie, alles is relatief. Ons is vasgevang in die nadraai van ’n postmodernistiese sommerso. Na alle waarskynlikheid gaan ons teruggaan na goed wat ons veilig en romanties vind. Om jouself op die mees interessante manier te bullshit. Survival is iets wat nog by die westerse wÍreld moet uitkom ... ”

Ek laat dŪe laaste draai maar staan, want die Windhoek begin reeds sterk waai.

Sweisbril verskyn eersdaags. Hy meen dat dit met meer gelatenheid geskryf is as wat die geval was met sy debuutbundel, en ook sonder die romantiek. Hierdie klemverskuiwing in sy werk, vloei voort uit “’n eie gevoel van gatvolgeit, en die uitbou van ’n oerstem waaroor ek min beheer het.”

Hierna beplan Jaco ’n heerlike dekadente verhaal wat baie geld sal maak: “iets soos The Great Gatsby meets Sewe Dae By die Silbersteins.” Terselfdertyd werk Jaco en sy goeie vriend en medeskrywer, Tom Dreyer, aan ’n musical oor die Russiese Revolusie.

Ek sien in my geestesoog vir Jaco wat soms vir kort rukkies in sy boom se skaduwee rus, of sommer net krieketballe rondslaan. Tot die lorrie weer verbykom en die fyn patroon van skadukolle op die grasperk deurmekaar jaag.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.