Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In gesprek met Danie Goosen

Jansie Kotzť

Danie Goosen glo dat ons samelewing mense te veel en te gou in wil toestop. “Ons aanvaar eenvoudig nie meer mense op gesigswaarde nie. Ons wil eerder agter die masker uitkom om hulle sogenaamde psiges bloot te lÍ. Daarmee verloor ons die fantasie en die drama wat in die masker self aanwesig is,” sÍ hy.

Soos u uit diť uitspraak kan aflei, bemoeilik dit my taak om die man agter die masker aan u voor te stel. Want vir hom is die openbare en veral die politieke drama wat tussen maskers afspeel alles, terwyl dit wat daaragter skuil ’n private wÍreld verteenwoordig waaroor eintlik nie gesels behoort te word nie. Maar soos ’n dapper soldaat marsjeer ek egter voort, en seker met net soveel finesse, alles om u onthalwe sensasie, swakhede of selfs net gemeensaamhede uit Danie Goosen te forseer.

Die masker wat hy tydens die onderhoud my kant toe draai, is diť van ’n sexy half-verstrooide professor. Hy lyk by tye ongemaklik as ek na emosionele indrukke soek. Herwin dan sy ewewig, gee bietjie van ’n akademiese lesing, lok uit, verskil van my en (probeer) my dan verkeerd bewys.

Danie Goosen doseer by UNISA in godsdienswetenskap, wat nie met teologie verwar moet word nie. Godsdienswetenskap kyk vergelykend na religieŽ — hoe beÔnvloed hulle mekaar oor tyd, watter raakpunte is daar tussen hulle? Nog meer: watter psigologiese kragte is aan die werk in die religie? Watter sosiale en politieke kragte? En hoe kan ’n mens filosofies nadink oor dinge soos die finale werklikheid, gode, ’n God, ens.? Hy beskryf dit as ’n “lewensavontuur”.

Sy eie akademiese geskiedenis lyk asof dit vir heelwat avontuur gesorg het. Hy skop as ’n B Com-student af, besluit daarna om predikant te word en studeer teologie, maar met die afloop van sy studie ontdek hy Nietzsche en die “radikaliteit van die kontemporÍre filosofie”, ’n geboortegewende moment — om in sy idioom te praat.

Hy ervaar die verandering van lewensrigting as traumaties, want dit “breek die raamwerk rondom jou, dit het ’n revolusie in my wÍreld veroorsaak. Ek het besef dat religieŽ en filosofiese denkraamwerke kulturele konstrukte is wat ontwikkel en voortdurend verander, en dat die pretensie van religieŽ om ’n absolute te verteenwoordig ’n wyse is waarop hulle legitimiteit aan hulle eie magsaansprake verleen.” So, hy doen toe uiteindelik ’n PhD in godsdienswetenskap oor die filosofie van Nietzsche, begin tussen klasse deur self te doseer, sodat hy nou nog doseer.

Na sy ontnugtering deur die teologie en die tradisionele Westerse filosofie, blyk hy versigtig om enigiets as ’n absolute te aanvaar. “As ons onsself beroep op dinge wat buite die aardse, die liggaamlike, die politieke en die wÍreld van taal lÍ, beroep ons onsself op norme waarmee ons juis die dinge — die aardse, die politieke, ens. — tot ’n sekondÍre werklikheid reduseer. Die uitdaging is om juis filosofies die aardse, die lyflike en die politieke in beskerming te neem.” Hy reken alhoewel die formele religieŽ ’n al kleiner rol in ons samelewing speel, het ons nou vir onsself ander substituut-gode opgerig, “soos geld, ’n privatistiese lewe en die napraat van die kodes van globalisering” — wat ewe beperkend op ons denke inwerk.

Maar net sodra ’n mens begin dink al sy idees het hy van stowwerige universiteitsbiblioteekrakke afgehaal, verras die professor jou met ’n aweregse “onakademiese” stelling. Soos dat ons hopeloos te min erkenning aan ons onmiddellike fisiese wÍreld en aan die alledaagse gee, soos die huise, strate en stede waarin ons bly. Mense ontken die rol wat hulle onmiddellike fisiese omstandighede speel wanneer dit kom by psigiese toestande soos depressies, ens. Mense is te veel op hulleself en hulle sogenaamde innerlike gerig. Mense vergeet te maklik die rol wat die onmiddellike wÍreld waarin hulle hulleself bevind speel in die skep van negatiewe stemminge. Soos ek hom verstaan, is dit deel van die rede hoekom hy ’n openlike afkeur in psigo-analise het. Iets in die lyn van: as jy depressief is, moet jy liewer jou stoele verander, jou mure ’n ander kleur verf en jou straat skoonmaak as om by ’n sielkundige jou tyd te gaan mors.

Nog ’n onverwagse siening steek sy kop uit. Volgens Danie Goosen het die politieke arena laf geword. Die publiek neem nie meer politici se woorde ernstig op nie. Nee, ons doen a la die Amerikaners ’n ontleding van die politikus se psigiese agtergrond en voorkoms en dan eers besluit ons wat hy of sy nou eintlik gesÍ het. “Ons moet iets van die politieke lewe rehabiliteer. Wat is die politieke lewe? Ek wil ’n verband lÍ tussen die politieke lewe en die dramatiese teater. In die Renaissance is daar tydens die ontstaan van die demokratiese republieke soos Florence en VenesiŽ nooit ’n skerp onderskeid tussen die straatlewe en die teater getref nie. Die straat was ’n plek waar mense van die gemeenskap en vreemdelinge mekaar ontmoet het — daar speel die politieke hom af. Dieselfde gebeur in die teater-lewe. Die politieke lÍ nie in administrasie nie, dit lÍ in die drama wat hom tussen mense op die stadspleine afspeel. Ons politieke lewe het die skeppende naÔwiteit van die teater afgesterf.”

As iemand wat lyk asof hy afgetrokke tot die wÍreld staan, vind ek sy betrokkenheid by Groep 63 vreemd. Hy sien homself nie noodwendig “geroepe” tot die groep nie, maar voel dat daar ’n leemte in ons samelewing is waar dit die regte van minderhede aangaan. “Ons (G63) wil ’n nuwe woordeskat of taal ontwikkel waarmee die gedagte van die kleine, die minderheid en die veelstemmige teen die tirannie van die grote en die eenstemmige in beskerming geneem kan word. Alle minderhede moet in staat gestel word om die kragte en moontlikhede wat in hulle tale skuil, kreatief te kan ontwikkel. Die dwang tot eentonige eenstemmigheid wat in die konsep van die reŽnboognasie opgesluit lÍ, moet afgegooi word. Die idee van die reŽnboognasie is wesenlik onverdraagsaam jeens die veelheid van tale, aksente, kleure en skakerings. Die Afrikaanse wÍreld moet sy kultuur-politieke bewussyn herwin, sodat die veelheid uitgebou kan word.”

Op die oomblik is die Afrikaanse wÍreld nog “spekulatief en politiek gestremd” en klaarblyklik nie in staat om uit die uitgediende woordeskat van die verlede te breek nie. Dit geld veral vir teenstanders van die sogenaamde nuwe minderheidspolitiek, wat — nogal in naam van linkserige denkbeelde — juis uit voeling met die nuwe linkse minderheidspolitiek elders in die wÍreld is. “Die eis op ons is om ’n nuwe taal vir ’n nuwe kultuur-politieke dinamika te ontwikkel,” sÍ hy.

Deur sy huidige woordeskat is die feminis in my vreeslik beÔndruk — nooit word daar na ’n persoon as hy of sy verwys nie. Dis altyd “jy”, “jou” of “’n mens”, want in die styl van die tipiese negentigersman, is Danie Goosen ’n feminis. En in die tipiese media-stereotiep van die woord, is hy nie bang om aanstoot te gee nie. “Aanstoot gee kleur aan die lewe. Ons kan nie altyd handjies vat nie.” Wat nie beteken hy het nie respek vir samewerking nie. Om die waarheid te sÍ, die eis op minderhede is om nou saam te werk.

Maar Danie het ook ’n teorie oor verhoudings. Volgens hom roep elke verhouding sy eie gode of argetipes op en word elke verhouding gestempel deur die meestal geheimsinnige of spookagtige aanwesigheid van hierdie kragte of energieŽ. Elke verhouding skep altyd weer ’n rituele ruimte waarbinne ander gode hulle nes kan kom skrop. “Miskien lÍ dit ten grondslag van ons verhoudingskrisisse, naamlik dat ons te min rituele ruimtes skep waarbinne die gode hulleself kan aankondig. In plaas daarvan om voor die TV te sit en eet, moet ons liewer rondom die tafel eet, gesels en kuier. Want dan sorg die tafel-godin, Hera, vir die huis. Die geraas van die TV verskrik haar. Daarom neem sy wraak op ons verhoudingslewe.” ’n Mooi gedagte.

Danie Goosen verknoei homself nie te erg oor kritiek op die Groep van 63 nie. Volgens hom is dit kritiek wat meestal uit onkunde spruit of vanuit uitgediende denkpatrone uitgespreek word. Of, is hy dalk te besig om sy studente te traumatiseer met die groter vraagstukke in die lewe, soos: is daar ’n absolute, wat gebeur na die dood, en die omruil van sy tweejarige seuntjie se doeke?

Hy probeer hard om homself nie in ’n “vader” te omskep wat al die merke van die ou patriargie saamdra nie. ’n Mens moet ’n skeptisisme teenoor absolute vaders handhaaf. Die opstel-teen-vaders is ’n noodsaaklike deel van die lewe, maar die trick is natuurlik om nie self weer ’n absolute vader te word nie. Die truuk is hoe om ’n andersoortige idee van vaderskap vastrapplek te gee. Wat daarvan om die pa nie as ’n absolute patriarg te sien nie, maar as ’n mede-avonturier?”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.