Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fourie oorheers eerste Nagtegaal-kompetisie met boeiende magiese realisme

Jean Meiring in gesprek met beoordelaar Salomi Louw


Prof Salomi Louw, dramakundige by die Universiteit van die Noorde, was een van die beoordelaars van die eerste Nagtegaal KKNK-Kompetisie vir Nuutgeskrewe Verhoogtekste, wat onlangs ’n klimaks bereik het. Sy gee LitNetters ’n kykie agter hierdie nuwe verhooggordyn.


JM: Gee vir ons asseblief — ek neologiseer — die sensus-besonderhede van die onlangs afgehandelde eerste Nagtegaal KKNK-Kompetisie vir Nuutgeskrewe Verhoogtekste. Hoeveel tekste is ingeskryf, hoeveel daarvan was goed, hoeveel enigsins opvoerbaar, en hoeveel het jou toiletpapier-rekening in die helfte gesny?

SL: Net meer as 90 dramatekste is ingeskryf, waarvan net sowat 10 enigsins in oorweging gekom het. Die res is aangestuur vir herwinning (die harde papier is nie vir my of vir my toilet geskik nie). Die 10 kabarettekste was darem leesbaar.

JM: Vertel vir ons van Pieter Fourie se wenstuk Koggelmanderman.

SL: Magiese realisme wat die leser-toeskouer reeds vanaf die openingstoneel betrek. Die opvoering word visueel baie sterk voor die gees geroep; ’n verskeidenheid tegnieke van aanbieding sal vir hoogs aanskoulike teater sorg. Dit bevat sterk intratekstuele binding en is semioties ’n uitdaging — heel intellektueel. Tog sal die gewone teaterganger dit kan verstaan en geniet.

JM: As jy nou brandend eerlik mt wees, was dit nie eintlik maar ’n bietjie teleurstellend om so ’n ou ingesetene te bekroon nie?

SL: Eerstens het die beoordelaars geen benul gehad wie die dramaturge is nie. Tekste is anoniem, slegs op sig, aan ons besorg. Tweedens bewys dit dat ’n goeie skrywer — wat in hierdie geval ook ’n teaterkundige is — telkens met nuwe verhale en tegnieke na vore kan kom en sodoende ons verwagtingshorisonne verbreed en verskuif. Dit is dan seker ook die rede waarom die beoordelaars — wat, terloops, geen kontak met mekaar gehad het of met mekaar in gesprek getree het nie — almal hierdie teks, Koggelmanderman, as wenner aangewys het.

JM: En ietsie meer oor van die ander meer opwindende inskrywings? (Ek neem aan, straks verkeerdelik, dat daar tekste is onder di wat ingeskryf is, wat ’n mens se enjin behoorlik aan die rev kan kry.)

SL: Alhoewel nie perfek nie, het die wenstuk so ’n impak gehad dat daar ’n verbleking is (bykans ’n totale eklips!) van herinnering aan die oorskadude tekste, wat hoofsaaklik twee style verteenwoordig: die naturalistiese styl (die “volksteater”-resep), of die episodiese styl sonder noodwendigheid, stukrag of ordentlike sluiting. Interessante moontlikhede het wel na vore gekom. So was daar ’n tweestuksteks (two-hander) waar die karakters dialogies in dichotomie verkeer. Maar die gentegreerde interaksie het ontbreek. By feitlik elke teks was daar die versoeking om in te gryp en voor te skryf, maar dit kon uiteraard nie gebeur nie. (Beste stuurman  ?)

JM: Ek hoop darem van hierdie tekste gaan — soos die tradisie ook is by seker die grootste voortstuwer van nuwe tekste in die wreld, die Royal Court-teater in Londen — by die KKNK en elders by wyse van rehearsed readings blootstelling geniet? Wat is jou gevoel hieroor?

SL: ’n Uitmuntende idee. (Vergelyk die voorlesing van Ampie van Straten se radiodrama Pendoring by die KKNK vroer vanjaar.) Miskien met ’n besprekingsessie na die tyd vir voorstelle (opbouende kritiek) waardeur die gehoor insette kan lewer en dramaturge so ’n idee kan gee van verwagtinge waaraan voldoen kan word of moontlikhede wat hulle dalk misgekyk het. Oor ’n teks met moontlikhede is daar altyd baie te s; oor swakkes, niks.

JM: Waarom is so min kabarettekste ingeskryf, dink jy? Het dit iets daarmee te make dat by ’n fees soos die KKNK ’n mens sien dat Afrikaanssprekendes geen benul het van wat kabaret werklik is nie? Enige aaneenflansing van lekker, le oempa word “kabaret” gedoop  Of is hierdie stelling onbillik?

SL: Die aard van kabaret kan nie in ’n fles gevang word nie. Daarom dan ook dat die KKNK en Aardklop kabaret en musiekteater saamskaar. Kyk ’n mens na die klassieke Duitse kabaret, Hennie Aucamp se tekste en Herman Potgieter se tesis, sit jy met ’n redelik duidelik-omlynde verwysingsraamwerk. Die meeste tekste wat vir beoordeling aangebied is, is heeltemal hibridies: ’n storie wat nie ’n drama kon word nie en dan met musiek en liriek aangevul is; of musiek en liriek wat met dialoog aaneengestrengel word — in beide gevalle meestal heel lukraak. Dan kom jy boonop telkens onder die indruk dat die kabarettis liedjies gekies het (Afrikaans, Engels, oud of nuut) wat hulle ken of kan sing. Nuwe, treffende lirieke is skaars.

JM: Was dit ’n lekker baantjie om te verrig — die beoordeel van hierdie wedstryd — of s jy nou “nooit weer nie”?

SL: Vervulling voldoen selde aan die afwagting, maar dis altyd die moeite werd om op speurtogte te gaan, want as een enkele teks impak het, gee dit genoegdoening. Baie keer gee jy raad voor bladsy 3, aanwysing teen bladsy 4, sug op bladsy 5, maar volhard om te sien of daar verbetering of ’n ommekeer gaan wees. ’n Mens bly immer soekend na iets wat bo die alledaagse uitstyg. So gereeld as wat ek gevra word, sal ek aanhou tekste lees.

JM: Was daar van die tekste waarin ’n mens maar ’n bladsy diep hoef te waad voor jy besef “dis nonsens”, of moet jy as beoordelaar enduit lees, vir die moontlike prels van wysheid en skoonheid wat dieper weggesteek mag wees?

SL: Soos hier bo genoem: jy sug meestal vroeg reeds, omdat ’n teks swak of onteatermatig is; of omdat gulde geleenthede nie benut word nie. Maar lees, lees jy.

JM: Hoe behoort die wedstryd se pad vorentoe, na jou mening, te lyk? Slypskole? ’n Databank van tekste? Beter bemarking van die wedstryd?

SL: Miskien ’n databank later; ook rehearsed readings, soos hier bo bespreek; blootstelling en opbouende kritiek, maar dan van die tekste in byvoorbeeld rangorde 2 tot 6.

JM: Wat het jy uit die kompetisie geleer?

SL: Vir beide tekstipes: ’n goeie, onderhoudende en onvoorspelbare verhaal, inter- en intratekstualiteit, en teaterkundigheid sal altyd die botoon voer. En: daar is nog altyd nuwe dinge om te s, nuwe skakels om te l, en innoverende maniere om ou dinge te hanteer.

JM: Baie dankie, Salomi.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.