Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet se Afrikaanse skrywersberaad word op 12 Julie deur Breyten Breytenbach geopen. Een van die skrywers wat aan die beraad gaan deelneem, is EKM Dido. Marguerite Black het met haar gaan gesels.

MosaÔek van kultuur: die vele fasette van EKM Dido

Marguerite Black

Die storie van Monica Peters
Koop nou!

Rugdraai en stilbly
Koop nou!

Ek wag vir EKM Dido in die restaurant in die Tuine, waar alles nog presies dieselfde lyk sedert ek twaalf jaar gelede op ’n skooluitstappie in standerd twee die eekhorings gevoer en gekyk het na die gemengde voŽls in die hok langs Cecil John Rhodes wat vinger wys na die diamantvelde in die Noorde.

Ek kyk na ’n paar uitgestalde poskaarte met uittand-blommeverkopers en Kaapse Klopse daarop en gaan sit op ’n tuinstoel direk uit die jare sestig met die romantiese klanke van Francoise Hardy in die agtergrond.

Dido maak haar verskyning, gekamoefleerd in ’n heldergroen hemp teen die lowergroen sub-tropiese tuin om die restaurant. Sy groet my met haar breŽ, wit glimlag: ’n advertensie van haar warmte.

Sy het tot onlangs in die verplegingskollege in Athlone gewerk en in ’n stadium ook deurnag gesit en skryf na lang dae by die hospitaal. Die Storie van Monica Peters het sy begin skryf as ’n brief aan haarself toe berigte in koerante haar gepla het en sy niemand gehad het met wie sy daaroor kon debatteer nie. Maar hierdie brief wou nie end kry nie en sy het haarself volkome oorgegee aan die magies-kreatiewe kragte wat haar deur die laataand en vroeŽ oggendure gedryf het. Die eindproduk was hierdie debuutroman, en toe het sy voortgegaan en Rugdraai en Stilbly geskryf.

Sy is nou besig om ’n volgende roman te skryf wat gaan oor die rassisme van bruin teenoor swart, ’n probeem wat na aan haar hart lÍ. Sy sÍ haar mense voel bedreig omdat hulle nou al weer “die jÍm tussen die twee snye brood” is.

Maar sy het lank daaroor getob of sy oor die kwessie sal skryf. Dido se grootste worsteling is met haar eie identiteit en sy kan nie besluit wie nou eintlik “haar mense” is nie.

In die Afrikaanse literatuurmilieu word u geŽtiketteer as ’n swart, Afrikaanse vroueskrywer. U het ’n renons daarin. Waarom?

    “Voor 1997 was ek baie ontsteld as mense my swart genoem het. Ek het gedink: ‘Heerlikheid, kan mense dan nie die verskil sien nie!?’ Dit kom seker uit die apartheidsdae waar ek ’n verhewe gevoel gehad het dat ek die paspoort het van bruin wees, terwyl hy die dompas het van swart wees. Maar toe ek begin anders praat het, het mense my kop van my afgeskeer as ek sÍ ek is swart, San of Khoi. Dit maak my hart eintlik seer, want hulle strem hulself. Maar nou is ek eintlik bly as mense sÍ dat ek swart is. Met die Taalunie se affÍre het ons na ’n poppespel en perkament- uitstalling gegaan in Amsterdam. Hier het ek toe ’n tipe ‘spiritual awakening’ gehad. Wat dit met die poppe en ou goete te doen het, weet nugter alleen. Maar ek besef toe net skielik dat niemand ooit weer hierdie ou goed sal kan maak nie en, net so, maak nie saak wat mense oor jou sÍ nie, jy is jy. Hier het ek toe oor my identiteitskrisis gekom. Kyk, ek praat vlot Xhosa en niemand is oortuig daarvan dat ek nie swart is nie. Bruin mense het eintlik ’n voordeel, want hulle is die enigstes wat kan sÍ: ‘Hey, djy kannie op my neersien nie, want ek het ’n bietjie van djou ook!’

    “Daar is eintlik net twee definitiewe kleurgroepe — dit is swart en wit. Ek weet nie of ek moet praat van Kleurling of bruin nie en nie-blanke roep nou al weer daai stoeletjies en labels van apartheid op.”

U het in die Ou Transkei grootgeword. Waarom skryf u in Afrikaans?

    “Op die dorpie Tsolo, waar ek grootgeword het, was swart, wit en bruin deurmekaar, maar Afrikaans was die hooftaal regdeur en dit was my moedertaal. Dit was ’n klein dorpie en as gevolg van armoede was ons interafhanklik en gedwing om verby kleur te kyk. Slegs in die poskantoor was daar bankies vir nie-blankes. Die kerk en winkels was vir almal. In die skool op die dorp het die Katolieke nonne nooit na ons kleur verwys nie. Hulle het altyd gepraat van jou as ’n mens. Die wrede ontnugtering het eintlik eers gekom toe ek gaan verpleging doen het in Kimberley.”

In Die Storie van Monica Peters voel Monica ’n mate van displacement wanneer sy weer terugkeer na Suid-Afrika na die afskaffing van apartheid; sy pas nÍrens in nie. Is Monica ook verteenwoordigend van die bruin persoon se dilemma in ’n kontemporÍre Suid-Afrika: dit wil sÍ van ’n groep mense wat nie werklik in enige politieke bedeling inpas nie?

    “Monica verteenwoordig die oorgrote meerderheid bruin mense. Bruin mense het gedink dat hulle ’n plek in die nuwe Suid-Afrika het, maar die realiteit is: my mense word ontken. Dit was ’n ontnugtering. Hulle was nie wit genoeg vir die ou bedeling nie. Nou is hulle nie swart genoeg nie. Vandaar die negatiewe houding teenoor swart mense.”

Het die swart Afrikaanssprekende ’n behoefte daaraan om ’n integrale deel te wees van die Afrikaanssprekende gemeenskap? Sal dit hul identiteit in die gedrang bring?

    “Nou is ek weer swart! Watter swart praat jy van? Xhosa, Zoeloe of die . . . umhh . . . bruin? Afrikaans is onse taal en ons eien dit, net soos die wit man dit eien. As dit nie vir die wit man was nie, sou Afrikaans nie wees wat dit vandag is nie. As ons nou teruggaan na Jan van Riebeeck en al daardie ouens wat van Nederland af gekom het, praat hulle Hollands wat die motjie op die hoek nie kon praat nie. Daarom het hulle hom gemix. Dit behoort nie aan ’n spesifieke rassegroep nie, maar aan almal. Ek is baie trots daarop nou, maar in die verlede het dit die veertjie geword wat in die lug gehang het of die wortel wat voor die donkie of perd geswaai is. Dit kan net vorentoe gaan en sal nie stagneer nie. In Kimberley is daar volbloed Tswanas wat Afrikaans praat. Jong, daai Afrikaans is baie mooi. Hulle praat beter as ek. Hy trek amper hier na PŰ en MŰ toe.”

Hoe voel u oor Hein Willemse se opmerking in sy LitNet-artikel van 16 Maart 2000, nl. “As ons nie daarin slaag om Afrikaans ’n gesprek oor veeltaligheid en fundamentele nie-rassigheid te maak nie, bly ons vassteek in die verlede.”

    “Taal is nie ’n rasse-ding nie. As ons so baie stry en baklei oor Afrikaans en vergeet om dit normaalweg te praat sodat ander mense ook daarin kan belangstel, spontaan kan belangstel, dan gaan ons ons eie taal versmoor. Daar moenie weer so ’n ding wees soos daar in nineteen seventy six was nie, waar die kinders besluit: ‘Hey, nou gooi ons Dido se kop stukkend.’ Die ander elf tale sukkel ook maar om aan die gang te bly. Ek glo nie Afrikaans sal ooit uitsterf nie — solank ons dit nie ’n rassekwessie maak nie. Want, boeta, as ons dit ’n rassekwessie maak, gaan mense saamstaan om dit te laat uitsterf. As ek by ’n plek instap en ek praat Afrikaans en die persoon sÍ: ‘Excuse me, I don’t understand your language’, sÍ ek sommer: ‘Excuse me, I don’t understand your language.’ Dis nie nodig om pro-aktief te wees nie. Ek het niks teen ’n march nie. As daar een is, sal ek saam toi-toi, maar solank dit vir al elf tale is en nie net vir ’n spesifieke taal nie.”

Daar is toenemend meer belangstelling in Afrikaans by UWK en Unitra. Is daar binne die swart Afrikaanse gemeenskap ’n eie identiteit te vinde vir die swart Afrikaanssprekende sonder om alewig te moet voldoen aan beklemmende stereotipes?

    “Ek dink ons beweeg weg van stereotipes. Jy kan nou maar kom met jou djy en djou wat vir Dido so maagsere gee, maar baie van ons het nog nie ons eie identiteit binne hierdie taal gevind nie. Toe ek op ’n trein gesit het langs ’n bruin vrou, het sy vir my gesÍ sy wil my geluk wens met my taal sonder die gebruik van djy en djou.”

Hoe haat sy mense wat dink dat sy ook daar inpas? Sy kan dit nie vat nie.

    “So, byvoorbeeld, praat die Manenbergse mense daai hoge Afrikaans. Veral die jeug het ’n weersin in stereotipes.”

Sal u oeuvre altyd ’n politieke kleur hÍ en is die struggle ’n onwrikbare deel van u menswees en dus u skryfwerk?

    “Ek was nie eintlik bewus daarvan dat ek politieke goed skryf nie. Ek kan nie wegkom uit die verlede nie. In ’n mens se lewe verbeter of versleg jy. Jy leer uit wat in die verlede gebeur het. Onthou bietjie wat in die verlede gebeur het, dat ons nie weer daarin trap nie. Ons het ’n baie ryk geskiedenis. Een van die goeie dinge wat daaruit gekom het, is dat ons regtig vir Suid-Afrika saam wil opbou. ’n Mens sien die persoonlikheid en menswees eerste, die velkleur eers agterna.”

U rubrieke in Brief van Dido op Litnet openbaar ’n loslit-Afrikaans wat duidelik die weg baan vir swart variasies op Afrikaans en wat ’n onttroning is van standaard-Afrikaans. Is dit ’n doelbewuste poging om die rol van die swart Afrikaanssprekende te eien?

    “Ek weet nie wat standaard-Afrikaans eintlik is nie. Ek weet net dat ek dit nie praat nie. Daarom het ek die jaar ingeskryf by Unisa om te sien hoe is die standaard-Afrikaans nou eintlik. Maar hy’s vir my so hoog dat hy my eintlik afskrik. Ek kan nie op enige ander manier skryf nie.”

U stories op LitNet is dikwels staaltjies en “suburban legends” van swart Afrikaanse gemeenskappe. Beskou u dit as u taak om die stories uit die volksmond te verwoord om te verhoed dat dit verlore sou gaan? En is dit ’n poging om die identiteit stewiger te vestig?

    “Nie almal is stories uit swart of bruin gemeenskappe nie. Beskou ek dit as my taak? Man, jy laat my nou goed voel! Jy weet, daar is so baie dinge wat gebeur in onse gemeenskappe. Ons is so ryk aan stories wat ek wil deel met ander mense. Ek doen dit nie vir my eie bevordering nie. Ek het ’n sterk drang in my om my bruin, Xhosa, Zoeloe en Tswana-mense ’n kans te gee om hul sÍ te sÍ. Soms kan ek lekker tjank wanneer sommige van my mense vir my lekker sÍ omdat ek goed wat onder die kombers moes bly, die lig laat sien. Die dae van onder die kombers bly, is oor, solank ’n mens nie vergeet van diskresie en respek nie.”

Is daar ’n groeiende bewustheid van ’n eie identiteit binne die swart Afrikaanse gemeenskap in ’n post-apartheidskonteks en verskil dit van hoe dit voor die afskaffing daarvan was?

    “Wat bedoel jy nou met ’n eie identiteit? Bedoel jy nou wat watsenaam gedoen het met die volk? Daar is mense wat baie swaar gekry het met apartheid en hulself nou onttrek en hul eie eilandjies skep. Maar iewers moet jy jou met jou eie identiteit in ’n groter konteks inpas.”

Is u opgewonde oor die toekoms van Afrikaans binne swart gemeenskappe?

    “Ja, beide in my bruin swart en swart swart gemeenskappe. Ek het die fout gemaak om my eie dogter Engels groot te maak, maar al hoe meer mense praat deesdae Afrikaans met hul kinders. Jy sal nie Engels hoor in die trein nie, jy hoor hom net nie. Swart mense leer nie Afrikaans onder dwang nie, want hulle eien hom pertinent. Kyk, in Afrikaans kan jy jou sÍ sÍ.”

En terwyl die gemengde voŽls in die hok langs die restaurant te kere gaan, sÍ Dido weer hoe regstellende aksie haar bruin gemeenskap skade aangedoen het en dat sy beslis nie in 1994 gestem het vir diť onregverdigheid nie.

Ek wil Dido se vrolikheid en warmte vasvang op kamera, maar elke keer as ek die kamera oplig, dan skram sy skaam weg. Dus vra ek vir haar waar haar sin vir humor vandaan kom, sodat sy iets amusants kan sÍ en ek haar miskien op die kritieke oomblik onverhoeds kan betrap. Sy sÍ dat sy as gevolg van armoede en swaarkry van kleins af geleer het om vir haarself te lag. Dan kyk sy na Cecil John Rhodes en sÍ dat hy maar al sy diamante na haar kant toe kan skuif, gooi haar hande in die lug en skater van die lag.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.