Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Johan Degenaar — meer as net Rooikappie se oupa

Tydens my opleiding as filosoof is dit ons gedurig op die hart gedruk om oorspronklike bronne te gaan nalees, en nie bloot dit wat ander r ’n betrokke filosoof ges het nie. Ek was ’n soet student en het probeer. Wittgenstein het ek geniet, Marx het ek voorbeeldig deurgewerk, Sartre was ’n bron van inspirasie, maar daar was ander ... die inskrywing onder Kant in die Encyclopedia Britanica was al klaar te veel om baas te raak. Helaas. Die Afrika filosowe was nie baie dik gesaai in ons biblioteek nie — ek het eers veel later ontdek waar ek hulle tekste kon uitkrap.

Ek was nog altyd spyt dat filosofie so deeglik aan die agterspeen moes suig in Suid-Afrika.

Tydens die Tweede Wreldoorlog het die eksistensile filosowe baie hard baklei teen die Nazi-oorheersing. Filosofie was hip in die nadraai van die oorlog en ek dink dis veilig om te beweer dat die eksistensialisme die vonkie was wat die kruitvat van die hippie-era aan die brand gesteek het.

In Suid-Afrika was daar nie veel mense wat bekend was as filosowe nie. Jan Smuts was een, die vader van holisme — iets wat ’n vroe voorloper van die postmodernisme was, maar daarna was daar nie veel grotes op die gebied van die filosofie nie. Jaap Steyn het NP van Wyk Louw weer uit die skadu’s gehaal, maar hy sal altyd meer onthou word vir sy bydrae tot die posie.

In die dae toe sekurokrate en stywe vingers die land regeer het, was daar nie baie mense wat hulself filosowe genoem het nie. Di wat daar was, het films ontleed en die mites van Rooikappie ondersoek — of so het dit gelyk. Die waarheid was natuurlik veel anders, maar die koerante en die TV het nie eintlik uit hul pad gegaan om die denkendes en andersdenkendes aan te haal nie. Rooikappie was veilig, maar as die filosowe begin politiek praat ...

Vandag borrel daar orals filosowe uit. In die Afrikaanssprekende kampe, en in die swart bewussynsbewegings, is daar ewe skielik vele mense wat “filosoof” agter hulle name skryf.

* * *

Daar is egter een filosoof wat nou al baie jare lank bekend is. Johan Degenaar ht Rooikappie gelees, hy het films gekyk, maar hy het ook die regering baie fel gekritiseer in die dae toe vele ander dit nie gewaag het nie. Baie onlangs duik sy naam toe ook op in die notules van die Groep van 63.

Ek bel — die idee is om die filosoof slf te vra wat gaan aan in die wreld om ons. Wat is die teks wat tans geskryf word? Hoe moet ons dit interpreteer?

Sonder huiwering word ek verwelkom.

* * *

Toe ek stilhou, kom hy uitgestap.

“Johan,” s hy en hou sy hand. “Jy gaan my nie professor noem nie.”

Die tuin is ruig, ’n volparadys.

“Koffie, of tee?” bied hy onmiddellik aan. “Dis g’n moeite nie.”

Ek word saamgenooi. “Dis so lekker gesellig hier in die kombuis,” s hy. “My vrou is vanmre in die hospitaal. Niks ernstigs nie. Ek gaan haar netnou haal, jy kan saamry.”

Ons sit pas, toe kom ’n vriend kuier. Alec Heyns — natuurwetenskaplike en wysgeer.

Johan nooi hom onmiddellik om saam te gesels. Met die nodige drinkgoed in die hand om die Kaapse koue te verdryf, maak Johan die eerste skuif:

* * *

    Johan: Waaroor wil jy nou eintlik praat?

    Izak: Wel, ek is aanges om oor die Groep van 63 uit te vra. Ek sou dus graag wou weet: Hoe versoen jy die postmodernisme met die partikuliere, die taal in hierdie geval? Die postmodernisme is tog juis eklekties?

    Johan: Daar is ’n gevaar dat ons kennis kompartementaliseer. En dis die oulike ding van die postmodernisme Dis nie bloot die geykte ding nie. Hulle probeer juis daarvan loskom. Ook al het jy ’n geykte ding, dan gebruik jy hom, omdat hy assosiasies losmaak deur die gebruik daarvan en die kontekstualisering van die argument.

    Die idee ook dat die woord god net een ding kan beteken — jy moet loskom daarvan. En daai is ook ’n oulike ding van die mistiek. Ek dink op ’n manier is Zen Boeddhisme die “groep” wat die naaste daaraan kom. Jy gebruik juis ’n woord om homself op te hef.

    Kyk na Breytenbach. Hoe die gedig homself ophef. Hy toon hoe hy nie verder kan gaan, by wyse van spreke, nie. Heidegger s ook dat taal ’n potiese lading begin kry. Dis hoe ons dit losgemaak het van die modernisme. Die postmodernisme steun natuurlik op die modernisme. Dis ’n regop lyn. Maar postmodernisme het ons losgemaak van die imperialisme van die brein.

    Alec: Ja. Ek wou nog altyd navorsing doen oor die Talmoed. En ek kry ook die ander dag toe ’n pragtige boek. En werklik, ek sal dit vir jou vers en kapittel kan bewys. Niks nuuts staan in die Vier Evangelies geskryf nie.

    Johan: Hy moes dit iewers gekry het.

    Alec: Juis.

    Johan: (laggend) Ek s altyd: hoe verder jy wil wegbeweeg van iets, hoe deegliker stap jy daarin! En dis hoekom, as ons nou terugkom na die Zen Boeddhisme, hulle in sekere goed wat hulle s die postmodernisme ver voor is.

    Die digter gebruik die taal op nuwe maniere. Die tl praat ns, the language speaks us. ’n Simbool is ’n teken wat hom as ‘t ware vasgeloop het binne ’n bepaalde tradisie. Ek wil hom nog lewendig hou dat hy ’n teken kan wees wat oneindiglik oopstaan. Die teken, as jy hom nie gaan vaspen nie, het alreeds die funksie dat jy na die konteks moet kyk en vra wat doen hy daar.

    Alec: ’n Simbool is ’n fiksasie. Hy raak later vas.

    Johan: Juis. Hy raak later vas en dit is j taak om hom los te maak. ’n Teken is ’n ding wat jy gebruik vir die gewone mense om hulle nie te verwar nie. Maar ’n simbool, dit staan oop vir die verskillende interpretasies.

    Izak: Derrida negeer natuurlik die woord sign wanneer hy sy bekende sinnetjie s: The sign is that ill-named thing.

    Johan: Jy sien, dis interessant daai. Jy skryf die woord sign, maar dan trek jy hom eintlik deur. Maar jy gebrik hom.

    Alec: Ek sit met die probleem dat verskillende tale en kulture dit anders gebruik. Ook in die onderbewussyn. Die goed kom ook uit jou onderbewussyn uit. So, as jy sekere goed gebruik buite hulle konteks, dan verstaan mense glad nie wat jy s nie.

    Johan: Dis juis: vir daai bepaalde kultuur sluit hy net oop binne daai struktuur. Hy kan nie uitbeweeg buite daai grens nie.

    Alec: Dis soos Jung. Hy het ges jy moenie gaan dabble in die Oosterse godsdienste nie. Dis te gevaarlik. Jy verstaan daar niks van nie. Jy moet eers stadig inbeweeg. Dit staan in sy boek! En dis die probleem. Daar is baie mense wat gewoon nie weet wat aangaan nie. En dis dan dat jy terugkeer na die fundamentalisme.

    Izak: Kan die postmodernisme nie weer op sy eie ’n fundamentalisme word nie?

    Alec: As jy deur die hele geskiedenis kyk, na enige iets, dan gaan hy op ’n stadium kom waar hy begin stagneer. Dieselfde goed kry jy in die natuur. Dan word nuwe insekte gebore, nuwe diere. Dis essensieel. Selfs ook in jou eie lewe. Dit gebeur gereeld. Dis ongelooflik die verandering wat jy sien. Die nuwe insigte. Dit kom deur die stagnering. En nuwe uitdaging. Met elke vraag wat ek vra, skep ek weer twee nuwe vrae, en weer twee nuwe vrae, en so gaan ek aan.

    Johan: Dis die verskil tussen Plato en Sokrates. As jy Plato ’n vraag vra, dan antwoord hy. En dis briljant. Dis genialiteit wat in daardie dae daardie wrelde kon uitdink. Maar Sokrates, as jy hom ’n vraag vra, dan vra hy jou ’n vraag. En hoekom? Dis omdat hy jou vraag respekteer.

    So, wat is die filosofie? Dis om die kennis lief te h. Philo — liefh. Sophia — kennis. Liefde, nie die besit nie, dis aanvaarding. Dis omgang.

    Kyk, dis taal wat jou bind, maar ook oopsluit binne perke. En dan die wonderwerk van posie. Alec, sy groot liefde is die mistiek, jong, hy lees daardie skrywers van ’n kant af. Ek weet nie of jy Gerhard Reeve ken nie, die Nederlandse skrywer. Hy het ’n sterk homoseksuele, ’n homofiele benadering. En ek het daaroor gewonder. Iemand het gepraat van die mistieke taalgebruik, daai omgang met god. Die taalgebruik van die mistiek, en wat daai omgang is, wat ook ’n seksuele dimensie het, is dit ’n heteroseksuele, of ’n homoseksuele? Omdat ek die aanvoeling vir die taal het, is elke woordjie belangrik. Watter nuanse bring jy in wat iemand anders nie kan inbring nie?

    Daar l oulike dinge hier. Die ontdekking van pluraliteit. Ek glo nie die politiek kan losstaan hiervan nie. Ons het nou die dag juis die neiging om politiek korrek te wil wees bespreek, en die kritiek van Jakes Gerwel op JM Coetzee — in ’n sekere sin omdat hy [Coetzee] nie politiek korrek is nie, en hy s nie politiek korrek nie.

    Dit is die laaste ding wat jy van ’n kunstenaar moet vra, want dit is sy raison d’ etre, dat hy dinge aan die orde gaan stel en eksploreer. En dan nie in terme van sy eie naam nie, maar in terme van sy karakters en die dramatiese situasies wat hy oproep. Ek sou so graag weer wou gesels met Jakes, en wou vra hoekom hy dit doen. Want ons het iets hier van politiek en mag, dat hy wil h dat Coetzee moet help om die nasie te bou, of soos hy s, ’n toekoms te skilder vir ons mense. Dt, terwyl dit nie die taak is van JM Coetzee nie. Wel, hy kan dit indirek help bou, soos die Groep van 63 dit ook doen.

    Mbeki s: kom, ons bou ’n nuwe nasie en ons sorg dat ons die verskillende kulture respekteer. Dis presies wat die Groep van 63 wil doen. Hy wil met daardie pluraliteit van kulture, wat Mbeki voor pleit, die toekoms ingaan. Hy wil saam met Mbeki gaan, by wyse van spreke.

    Maar as daar nou ’n politieke korrektheid is, as jy dit net op sekere maniere moet doen, onder andere as Engels prioriteit gaan wees

    Kyk na Omotoso. Hy vind dit ontsettend dat Afrika verneder word deur te moet verengels as hy iewers wil kom, in plaas daarvan dat die eie tale ontgin word, die moontlikhede wat daar in die eie tale l.

    Die Groep van 63 wil Mbeki help. Ek noem maar net altyd ons moet ’n demokratiese kultuur skep. Maar dis ’n hengse moeilike ding. Dit beteken juis jy moet die kulture nie laat verdor nie, jy wil die kulture laat lewe, want dis wat demokrasie beteken. Jy maak dit dus in ’n sekere sin vir jou moeiliker, jy maak dit nie vir jou makliker nie.

    Die mense wat byvoorbeeld ook teen die postmodernisme is, wat praat van die nuwe meesterkode. Die punt is net: dit kan nie strook nie, want jou meesterkode beteken daar is een manier van praat en die postmodernisme laat ’n verskeidenheid van maniere toe, hy laat ook modernisme toe. Hy wil net vir die modernisme s daar is geen waarborg vir jou manier van dink nie.

    Maar goed, die punt wat jy maak van die gevaar van ’n nuwe meesterkode. Wil jy nou l die tale as ’n nuwe meesterkode sien, of net die feit dat jy nou die pluraliteit toelaat?

    Izak: Nee, glad nie. Maar mense s: Johan Degenaar was nog altyd links van die politiek, en nou meng hy hom in in die taaldebat.

    Johan: Die antwoord is presies dit, kan die mense nie sien dis links nie? Want dit gaan teen die politieke korrektheid van die staat in. Ek was teen die politieke korrektheid van die vorige staat. As jy weer kom met politieke korrektheid, soos Jakes Gerwel wat praat van die rassisme van JM Coetzee, dan voel ek dis ’n politiek korrekte stelling en dan moet ek s nee. Dan kom ek op vir die partikuliere, in hierdie geval die meertaligheid waarvoor Omotoso en Neville Alexander ook staan. Hulle s nie dat jy spesifiek Afrikaans moet verkoop nie, maar dat jy die politiek korrekte meesterkode van Engels, dat jy links daarvan sal staan.

    Izak: By ’n konferensie wat in Bloemfontein gehou is oor veeltaligheid was daar ’n skeptisisme jeens die Groep van 63. Ook oor minderheidsbelange. Minderheidsbelange is ook hoekom Dan Roodt uitgestap het.

    Johan: Dis presies wat ek bedoel met taal. Dat ek wil aansluit by die filosofiese beginsels wat met die postmodernisme na vore kom. Maar jy hoef jou nie daarby aan te sluit nie. Jy kan s te hel met postmodernisme en te hel met die idee van regte. Die idee van ’n reg is dat ’n taal ten opsigte van die staat, die politieke mag, eis dat die staat aan hom aandag gee. Ons het elf, voorlopig, en hulle hoef nie hulle bekke te hou nie.

    Daar was manne wat ges het jy kan praat van minderheidsbelange. Hulle het lank gestry, want elke woord is bevlek. Jy kan nie daarvan loskom nie. Die woord taal, soos jy s, gaan ons nou werklik die woord taal gaan staan en beklemtoon? In die globaliseringsproses is Engels en die informasietegnologie besig om die wreld te verower. Hoekom wil jy so regs wees, so agterlik, so premodern, dat jy gewoon jou terugtrek in ’n taal? ’n Mens kan al sulke stories verkoop. Maar ek meen jy kyk na die argumente en jy sien taal is nie so ’n slegte woord om te gebruik nie. Hy het sy afsluitings, maar vir daai mense, binne daai afsluitings, sluit hy geweldig baie dinge oop.

    Maar nou kom jy net en nm die woord reg, en die staat Kyk, die staat het ’n verpligting teenoor die taalgebruiker. Die Xhosas wil graag Xhosa praat.

    Jy kn s: ek wil nie die staat opponeer nie, ek wil nie links wees nie. Ek s: nee, jy mt links wees. Jy moet vir die staat s hy kan nie vir jou voorskryf nie.

    Dis afskuwelik dat hulle praat van regs, dat as jy vir ’n reg opkom, jy regs is. Dis tog juis, jy is links, en jy maak beswaar. Om regs te wees is gewoon om te s: “Ja, baas.” Dis tog snaaks dat mense so dink. Dis hoekom Van Zyl Slabbert ook s: “Om te s ek is ’n Afrikaner, dis die begin van ’n gesprek.”

    So, ek het nie ’n finale antwoord daarop nie. Maar wat van die bstards wat jou kritiseer asof hulle ’n finale antwoord het? Van Zyl Slabbert s: “Kom, ons neem aan die gesprek deel.”

    Dis hoekom ek bly is jy vra die vraag. ’n Mens hoor die gerugte. En dis die oulikheid van Van Zyl Slabbert: “Aluta continua,” die stryd gaan aan. Dis die postmoderne inslag.

    Nou die partikuliere. As jy die demokrasie ernstig opneem, is daar die drie-eenheid: liberaal, pluraal en sosiaal. Maar die liberales doen nie dit nie — van die plurale en die sosiale hou hulle niks nie. Liberaal is die individuele reg, pluraal is die taal en sosiaal is die staat se verantwoordelikheid.

    Maar ek het nie gesoek om daar te wees nie. Ek hrt nie by groepe nie. Maar ek behoort nog aan die NG Kerk — ek wil nie bedank nie. Ek vind die kerk belangrik — dis waarin ek grootgeword het, maar ek kan dwarsdeur dit sien, by wyse van spreke. So hierdie vrae wat jy vra, maak jou nie regs nie, dit maak jou links. Dis juis die politiek niekorrekte ding om nee te s. Maar goed, dis ook nie my geaardheid as persoon nie. En as die Groep van 63 wil h ek moet sekere dinge s, dan s ek: “Dit spyt my!”

    Maar hierdie jong groepie van Fragmente, hulle wil tog juis s die filosofie berus by vraagstelling. Dis die spiritualiteit waarvan ons vroer gepraat het, die awareness As die baas, dis nou die staat, die kerk, die universiteit, wil s s, dan s jy nee!

    Dis Nietsche se idee van nee s. Dis Nietsche se idee van “nee” s vir God ook. Nie omdat hy God is nie, maar omdat die godsbegrip, die baasskap, so sterk is. Die baasskap kan agter die wolke l, maar dit kan in die Kerk ook wees. Dit kan in die staat l, dit kan in die huisgesin l — die man wat patriargaal is — sodat die vroue in opstand moet kom. Of dat seksualiteit net op een manier uitgeleef mag word. Dis ’n hele klomp dinge daar wat by Nietsche teenwoordig is as hy s: “Ek moet nee s vir God, vir die godsbegrip.” Dis ’n fantastiese insig daai. Maar goed, die Christendom weerl dit natuurlik as dit vir die mens s “ja!” Maar nou het ons dit weer gaan vergeestelik. Die partikuliere is nou heilig. Ons het dit nou gewerp op Jesus en dan word dit weer ver weg, dan kan ons weer aangaan met ons geneukery hier onder.

* * *

Die sirkel is voltooi. Ons het begin by die godsdiens, en eindig weer daar. Ek moet gaan, maar die gesprek draai na die hof se beslissing dat die Rastafarirs nie dagga wettig mag besit nie. Johan is ontsteld daaroor: “Dis soos die wyn, kyk hoe versuip die Stellenbosse studente hulle, maar nou gaan jy nie s ons moet wyn verbied nie!”

Op pad terug sit ek en dink: Dis waaroor filosofie oorspronklik gegaan het — gaan sit langs ’n slim man, vra hom ’n vraag en luister aandagtig.

Die opsomming, dus? Ek druk Kerkorrel in die kassetspeler toe ek op die N1 klim:

    “Ek s nee dis ’n mors
    ’n mors van energie”

En verder:

    “Ons is moeg vir apatie
    Ons probeer anargie
    Soek ’n nuwe energie”

Die postmodernisme, as ek dit reg verstaan, is dm na aan die anargie. Aluta philosophia!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.