Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Marguerite Black het, met die oog op LitNet se dinkberaad, ’n ouer skrywer gaan opsoek — Audrey Blignault. Oor hierdie interessante gesprek oor generasiegapings heen word hier onder berig ...

Onblusbare lewenskrag

Marguerite Black

Om die son te aanskou
Plesierboom
Nou te koop
Kierkegaard het gesÍ: “You live life forwards, but understand it backwards.” As ek so na Audrey Blignault luister, dan kan ek hoor dat sy in die verstaan-fase is. As sy retrospektiewelik na haar lewe kyk, sÍ sy, het sy ’n panoramiese blik daaroor en glimlag sy tevrede wanneer sy sÍ dat sy bly is dat sy ’n kreatiewe lewe kon lei. Haar goed versorgde voorkoms word vir my die simbool van haar liefde vir die lewe. Ek voer die onderhoud met haar in ’n aftree-oord in die Tuine in Kaapstad. Hier voel sy veilig en kan sy terugdink aan die verlede, want sy is nie midde-in die kruisvuur van die Nuwe Suid-Afrika nie. Haar sieninge oor ras en identiteit is daarom uit ’n ouer tydvak. Sy is nostalgies oor ’n vergange tyd. Ek is bly om saam met haar die verlede in te wandel, want so ’n kans kry mens nie elke dag nie.

“My ras-identiteit is hoegenaamd nie deur ’n bewustheid van ’n post-apartheidskonteks beÔnvloed nie. Ek is nog steeds ’n Afrikaanse mens met ’n sterk taalbewustheid. Afrikaans is my taal en sal altyd my taal bly.

“Ek het tweetalig grootgeword: my ma was Engelssprekend en my pa Afrikaanssprekend. My ouma aan my ma se kant was Afrikaans, maar my oupa was Engels. Die opvoedingstaal in daardie tyd was Engels. My ma kon nietemin idiomatiese, egte Afrikaans praat. My pa, Johan Swart, was in ’n private skool in Hermanus, waar die voertaal Engels was. Die skoolkinders moes ’n bord om die nek dra wat sÍ: ‘I must not speak Dutch.’ Dan was hulle verplig om Engels te praat. Die een voordeel daarvan was dat my pa uitstekend Engels kon praat en jare lank die burgemeester van die dorp was. Hy het egter altyd met ons kinders Afrikaans gepraat, en in Afrikaans gebid by die huisgodsdiens. Ek het op Bredasdorp grootgeword waar die taal van die omgewing kern-Afrikaans was. Die bruin mense op die dorp het ook deur die bank Afrikaans gepraat het.

“In my studiejare op Stellenbosch het ek die opwindende en verrykende vernuwing van die Afrikaanse poŽsie beleef, veral deur die digbundels van NP van Wyk Louw, WEG Louw en Elisabeth Eybers en Hettie Smit se dagboekroman, Sy Kom met die Sekelmaan. Die bewuswording van die Afrikaanse letterkunde het vir my die deurslag gegee dat my taal Afrikaans is. Toe ek self begin skryf, het ek in Afrikaans geskryf omdat dit vir my die natuurlike uiting was.

“My besef van ras-identiteit is hoegenaamd nie beÔnvloed deur die politieke situasie in Suid-Afrika nie. Ek dink nie ’n mens se besef van ras-identiteit kan wesenlik beÔnvloed word deur die verandering van landsbewind nie. Post-apartheid beÔnvloed nie werklik ’n mens se rasbewustheid nie. Ek het begrip daarvoor dat Afrikaans as taal verset uitgelok het as gevolg van ’n tydperk in die land se geskiedenis, naamlik 1948-1994. Daar is foute gemaak met die toepassing van die taal. Dit is egter ’n ingrypende denkfout om die apartheidsfase gelyk te stel met die uitwissende Nazi-beleid. Behalwe vir Vlakplaas en dergelike uitsonderlike gevalle, was dit meestal denk- en administrasiefoute wat gemaak is. Afrikaans sal nie uitgewis word deur ’n twis oor ras-identiteit nie, want dit het ’n onblusbare lewenskrag.

“’n Mens hoef maar net na die bloeiende Afrikaanse letterkunde te kyk om jou van die lewenskrag te verseker. Geen argument oor ras-identiteit is bestand teen ’n bloeiende, onstuitbare letterkunde nie. Post-apartheid of te not, die letterkunde gaan voort. Die nuwe digbundel van Wilma StockenstrŲm, Spesmase, is poŽsie van die hoogste gehalte en kan te enige tyd gelyk gestel word aan die poŽsie van Ted Hughes en Philip Larkin. Ons het poŽsie wat gelykstaan aan die bestes. En dit kan nie uitgewis word nie. Ons het digters en skrywers wat gelykstaan aan die beste in die wÍreld. Dis ’n onweerlegbare feit.

“Wat my wťl pla, is die traak-my-nie-agtigheid van mense wat reken dat hulle Afrikaans kan praat, maar Engelse woorde tussen-in gooi. Dis ’n soort luiheid en onverskilligheid wat ek ten sterkste afkeur. Maar al word daar so gemors met die taal, die taal leef voort, post-apartheid ten spyt.

“Die woord ras, wat oorsprong beteken, het in die veertiende eeu al bestaan. ‘Ras’ dui vandag op ’n groep mense of diere wat gemeenskaplike kenmerke en vaste erflike eienskappe het. ’n Mens kan natuurlik jou ras-identiteit negeer, maar dit gebeur as gevolg van sterk motivering. Dit het gebeur met Afrikaanse mense in die negentiende en vroeg twintigste eeu, toe hulle as gevolg van Engelse opvoeding geglo het dat Engels die taal van die beskawing was. Afrikaans was eintlik ’n praattaal — nie ’n opvoedingstaal nie. Met die ontstaan en opkoms van die Afrikaanse taalbeweging, was daar ’n verandering in mense se opvatting van Afrikaans en het hulle dit as ’n volwaardige taal begin sien. Ek glo dat dit ’n volwaardige taal sal bly ten spyte van politieke druk.”

Die dinamika van rolverdeling

Audrey Blignault voel dat dit nie ’n juiste siening is dat die wit Afrikaanssprekende ’n belangriker rol as die bruin Afrikaanssprekende vervul in die Afrikaanse milieu nie. Daar was nog altyd ’n groot liefde tussen bruin en wit Afrikaanssprekendes.

“Ek het as kind baie geleer van bruin Afrikaanssprekendes: daar was allerhande herinneringe soos sprokies, sÍgoed en liedjies wat ’n onafskeidbare deel is van my Afrikaanswees. Alhoewel bruin en wit miskien nie saam geŽet het nie, was my ervaring van hierdie verhouding altyd ’n goeie een. Ons het eenkeer ook ’n wit diensmeisie gehad. Dit het dus nie werklik oor ras gegaan nie, maar miskien liewer oor klas en sosiale status.

“Na apartheid is daar net ’n sosiale verandering en kan wit en bruin om dieselfde teetafel sit. Ek dink daar is ’n baie goeie verhouding tussen die Afikaner aan die een kant, en swart of bruin. Daar was tog nooit ’n stelselmatige beleid om bruin mense agter te hou of uit te roei nie. Die feit dat daar nog nie regtig magsverskuiwings plaasgevind het nie, is tog te verwagte. Dit sou prakties onmoontlik wees om onmiddellik die hande-arbeiders te promoveer tot beter werke. Maar daar is alreeds baie werk geskep.”

Daai episodetjie van apartheid

“Wat presies is die skuld van die Afrikaner? Wat was so onmenslik?” Audrey skud haar kop en slaan duidelik ’n aweregse paadjie in. Sy praat van “daai episodetjie van apartheid” en voel dat mense wat die Afrikaner as agterlik beskou, kinderagtig is en nog sal ryp word tot groter volwassenheid. Ek herinner haar aan die onetiese apartheidswetgewing en gebeure soos die Soweto-opstand. Sy ontken nie dat dit gebeur het en dat mense swaargekry het nie, maar klou aan haar standpunt vas:

“Maar wie het toe uiteindelik die hele ommekeer teweeggebring? FW de Klerk. Die Afrikaners. Nie die Engelse nie. Die Engelse dra ook skuld. Ek het as kind dikwels met Engelse, die sogenaamde liberales, omgegaan. Maar dit was in der waarheid ’n tipe pseudo-liberalisme. Dit het my opgeval dat Afrikaners baie meer begaan was oor waar bruin mense slaap en of hulle genoeg kos het om te eet.”

Literatuur: te broos vir politiek

“’n Mens moet sensitief wees as dit by politieke korrektheid kom, maar ek kan nie sÍ dat ek bewus is van politieke korrektheid in my eie ervaring en bestaan nie. Regstellende aksie is die mees belaglike vorm van politieke korrektheid, want dit is maar net weer eens rassisme, hoewel dit in ’n ander konteks of situasie is. Dit sou jammer en afbrekend wees as politieke korrektheid sou insyfer by die literatuur, omdat die literatuur onafhanklik staan van die politiek.”

Generasiegapings

Na ’n kort bespreking waarin rasterminologieŽ voorkom, wil Audrey Blignault graag by my weet wat die verskil tussen die “wit” en “Blank” is. Op my beurt wil ek weet of die terme Kleurling, Blanke en Bantoe nie taboe is in haar woordeskat nie. Sy antwoord verras dat sy nog nooit bewus was van negatiewe assosiasies verbonde aan hierdie terme nie. Daar is ’n duidelike generasieverskil tussen ons twee en ons probeer nie eens by mekaar uitkom nie, maar glimlag net verleŽ vir mekaar.

Ek en Audrey Blignault verskil grootliks ten opsigte van ouderdom, ervarings en kontekste, maar praat lekker saam oor literatuur en die lewe se onverwagse kronkels en draaie. Ek is bly vir die kans om vir ’n tydjie lank met diť geliefde en saggeaarde skrywer te praat. En ek dink daaraan dat Suid-Afrika se leuse, Eenheid in verskeidenheid, selfs van toepassing kan wees op mense van dieselfde taal en ras.

Iewers in haar woonstel lÍ ’n boek, The Art of Growing Older, en ek kan aanvoel dat sy besig is om die laaste kwashale te verf op die meesterwerk van haar lewe, wat vir my so sag lyk soos’n Monet-skildery.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.