Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Antonia Steyn praat met Izak de Vries oor sy stories

Izak de Vries het onlangs na Kaapstad verhuis vir ’n werk by LitNet. Hy debuteer in 1998 met die kortverhaalbundel Kom slag ’n bees. ANTONIA STEYN het met hom gaan gesels.

Izak de Vries / i-sakkie@i-africa
“Ek is volledig, midde-in die stoet.”

ID: Ek s dit hard. Ek s dit bie hard. Ek s dit ook vir my swart vriende - besef julle hoe damn naby julle aan die Boere is?
    Ek sien ontsettende groot parallelle tussen die Afrikaner, met ’n hoofletter, die Volk, met nog ’n groter hoofletter, en sogenaamde tradisionele Afrika - die kerk, die anti-gay sentiment, nie trou met iemand buite die clan nie. Ek s dit openlik. I’ve got no hang-ups about that ... Ek probeer nie mense kwaad maak nie, maar terselfdertyd weier ek om PC te wees ten koste van die waarheid.

Izak, wat sopas van Venda na Kaapstad verhuis het, is ’n storieverteller van Afrika. ’n Ou wat die een dag blue jeans en tie-dyed African hemde dra, die volgende dag ’n groen blokkieshemp, ’n swart broek en ’n swart, ovaal sonbril. Iemand vir wie die voorvadergeeste en oupagrootjies uit dieselfde stamboom kom. “Te lank het ons gedink ons is nie van Afrika nie,” s Izak.

Hy meen dat die Afrikaanse literre tradisie nog baie Westers is. “Ek probeer in ’n sekere sin di ding ’n bietjie afbreek. Terselfdertyd wil ek nie gelabel word as ’n nuwe Afrikaan nie. Ek kan nie namens Afrika praat nie. Ek wil nie die nuwe stem van Afrika word nie. Maar, ek kan en wil nie ontken dat ek bewus is van Afrika nie.”

“Ons is besig om weg te beweeg van die eksentrieke verhale na iets wat eerder die leser nader trek.”

AS: Jy glo in die skrywer as storieverteller en oorverteller, in die motto van Kom slag ’n bees stel jy dit duidelik: “Ek skryf graag ander mense se stories oor. Maar ek is ’n skrywer ... ” Sluit jou stories s aan by Afrika, die orale tradisie? Is dit ’n terugkeer na die wortels van Afrika?
ID: Ek dink so. Een van die stories wat ek sopas afgehandel het, waaroor ek nogal heel opgewonde is, is ’n storie wat in die volksmond opgeteken is. Ek het dit gemoderniseer en aangepas vir ’n Westerse oor. Dis ’n storie wat handel
Kom slag 'n bees
Koop by Kalahari.net

oor ’n swart meisie in Afrika. Ek het ook die tyd verskuif - dit geplaas in die n. Enige leser wat sy / haar sout werd is, sal agterkom dat my metafoor, hierdie klein village, net sowel die Afrikaanse bestel kon gewees het.
    Dis ’n klein dorpie, wat nie van buite af benvloed wil word nie. Daar is nog van daardie gemeenskappies in Venda, so ek plaas dit daar. Ek vertel dit oor, ek maak dit nuut, ek maak dit my eie en aan die einde van die verhaal is daar ’n baie duidelike erkenning dat die konsep van hierdie verhaal uit ’n groter tradisie kom.
    Waaraan ek op die oomblik mr werk, is om die Venda invloed wat dl van my is, te verwoord. En die hele white boy meets Africa-idee. Terselfdertyd is daar die nuwe issues - geweld, armoede, AIDS.
    Belangrik is ook die rol van die vrou in die Afrika bestel - die idee dat die vrou daar is om gebruik te word ...
    Aan die een kant is ons baie Europees, maar aan die ander kant sit ons in Afrika. Hier sit ek en jy en praat oor gays asof dit normaal is.
    (Hy vertel die staaltjie van Tamboerskloof se NG gemeente wat onlangs in ’n krisis gedompel was omdat die vorige dominee juis die gays probeer betrek het, maar toe weg is. Sommige gemeentelede wou toe die positiewe gevoelens wat geskep is, ongedaan maak, omdat hulle sou voel dit is onchristelik.)
    Gaan kyk ook wat gebeur in die res van Afrika, Uganda en daai plekke, waar gays vervolg word. Hier in Suid-Afrika is daar nog die ouens wat s “ag sies”, maar die gays word nie meer in die tronk gegooi nie.
    Dis ’n wacko samelewing waarin ons leef. Aan die een kant het jy die dekadensie ... my nuwe boek het heelwat meer seksualiteit in as die vorige een. Aan die anderkant het jy die totale uh ... ek bedoel, waar ek vandaan kom is dit okay vir ’n man om rond te slaap. Om die waarheid te s, dit word van jou verwag. As jy nie ’n paar lovers het nie, dan is jy nie ’n man nie.
    Mr, as hy net sy vrou verdnk daarvan, dan skiet hy haar.
    Iets soos dry sex wat in die tyd van AIDS verskriklik is ... Die mans dink dat ’n vrou wat nat is en seksuele plesier kry en die wit afskeiding maak, is ontrou ... Die vrou is nt daar vir gratifikasie. Daar is geen idee dat wanneer twee mense saam is, ’n man en vrou in di geval, dat die vrou ook seksuele plesier mag kry nie. Dit is nie belangrik nie. Dit is ’n wacko ding! Dis die goed waarmee ek letterlik elke dag kennis gemaak het, daar waar ek gebly het.

AS: Jou werk vertoon, aan die een kant, sekere kenmerke van literre teorie soos historiografiese metafiksie en die postmodernisme. Aan die ander kant beklemtoon jy telkens die terugkeer na die blote storie. Waar plaas jy jouself ten opsigte van teorie versus die blote storie?
ID: Ek dink nie dat die een noodwendig die ander een hoef uit te sluit nie. Ons is besig om weg te beweeg van eksentrieke verhale na iets wat eerder die leser nader trek. Mense het altyd gedink dat ’n storie wat net ’n professor in Afrikaans sal verstaan, ’n goeie storie is. As jy egter ’n storie skryf wat tannie Koekie van die plaas verstaan, dan moet dit maar vrot wees. Ek s dis rubbish ...
    Ek kan nie ontken dat ek literr-teoreties goed onderl is nie. Ek het pas ’n teoretiese meestersgraad geskryf oor historiografiese metafiksie. Maar ek dink wat ook belangrik is, is dat enige kunstenaar f die moderne tendens kan volg, f van die tendens bewus kan wees, en dan jou eie stempel daarop afdruk. Vir my is die storie baie belangrik. Daar was redes waarom mense in ’n stadium op die literre bandwagon geklim het. Ek dink van daardie redes het verval.
    Ek is ook ’n bietjie van ’n rebel in daai opsig en ek hou daarvan om stories te vertel. Ek wil baie graag dat normale mense my boeke lees. Ek skryf nie nt vir akademici nie. Maar terselfdertyd skryf ek nie Mills & Boons nie - alhoewel daar ’n plek daarvoor is. My stories sal ook vir iemand wat gaan krap, iets oopmaak. Ek probeer ’n balans handhaaf. Of ek dit regkry is nie vir my om te s nie.

AS: Is die terugskrywing na die grensliteratuur ’n voortsetting van, of kommentaar op, di tradisie?
ID: Ek wil hoop dat ’n beswering is. Dis hoekom my storie “Ons Kubaan” vir my ’n belangrike teks is. Van Heerden se “My Kubaan” is waarskynlik een van die bekendste grensoorlog-tekste. En waaragtigwaar, hier sit ek, in die jaar ’95 en daar’s ’n Kubaanse dokter langs my, my brman, en die blerrie man se musiek maak my mal. Maar ek mag hom nie meer gaan skiet nie, want hy’s nou ons vriend ... Dis net die wacko idee van die hele geskiedenis. Die geskiedenis wat soos ’n wieletjie al op sy assie draai. Hoe kan ek gaan skryf oor dit wat nou gebeur, sonder om die geskiedenis in ag te neem? Sonder om die kuns in ag te neem?
    Ek kon nie “Ons Kubaan” skryf sonder “My Kubaan” nie - dit sou ’n le teks gewees het. En tog, terselfdertyd, deur dit te doen, het ek vir Etienne en sy generasie ges: “There, I’ve given you recognition, maar prrruuuut ... Dis nou my katarsis.” Dis dieselfde as wat ek probeer doen het met “Ons moet vir jou ’n bees slag”. Daar is die grensoorlog nou, maar dis verby. Ons moet ’n manier kry om daaruit te kom. Die nuwe millennium l voor ...

AS: Watter skrywer(s) het ’n groot invloed op jou skryfwerk gehad?
ID: Die knon! Ek lees op die oomblik geweldig baie Afrikaans. Dis moeilik om uit te sonder. Etienne van Heerden het teoreties baie vir my beteken en ek is ook baie lief vir sy werk. Ek het op ’n stadium ’n vreeslike Karel Schoeman craze gehad, maar hy raak vir my nou ’n bietjie moeilik ... net stukkies op ’n slag - ek erken dis my fout.
    Ek is mal oor Marita van der Vyver se werk, mdat sy populre literatuur so goed aanbied. Dis moeilik, jy kan begin by Dolf van Niekerk se Die Son Struikel ...
    CM van den Heever se Somer het my benvloed, Leroux, ja, par excellance. Elsa Joubert se Die Reise van Isobelle was vir my ’n aangrypende boek. Ek het Brink se oeuvre ontsettend goed bestudeer omdat ek oor hom my meestersgraad gedoen het.
    Ek is volledig, midde-in die stoet.

AS: Glo jy dat letterkunde ’n doel moet h, byvoorbeeld ’n helende funksie, soos Hennie Aucamp merk oor jou werk: “die letterkunde word ’n alternatiewe Waarheid- en Versoeningskommissie”?
ID: Kom ons begin met ’n “ja” en dan ondergrawe ek my eie antwoord. Ja, dus, maar ek is versigtig vir prekerige goed. Ek hou nie van propaganda nie, want propaganda verval so maklik in ’n eie diskoers wat juis ni meer kennis neem van die “dinge” nie. Ek s altyd: die kuns is ’n baie jaloerse meesteres. Sy duld gewoon nie ander invloede nie. Jy naai nie rond as jy die kuns beoefen nie. Vir my gaan dit daaroor dat ek graag ’n goeie storie wil vertel. Ek wil dit literr-tegnies goed doen, mr, dan kom die engag daarby.

AS: Het jy as skrywer ’n sosiale verantwoordelikheid?
ID: Vir my is dit belangrik, maar ek kan nie s dit moet vir ander ook so wees nie ... Ek is in my hart ’n sendeling vir die Afrikaanse boek. Ek bekeer mense tot die boek - die boek met ’n kleinletter. Ek het ’n sosiale verantwoordelikheid. Ek het begin skryf omdat ek begin lees het. Ek skryf omdat ek lees.

Izak is op die oomblik besig met ’n nuwe bundel. “Daarin probeer ek regtig baie hard om juis nie weer in presies dieselfde ding te trap nie. In my eerste bundel het ek opsetlik die hele WVK-storie betrek. Ek het nie noodwendig r die WVK geskryf nie. Wat ek nou doen is om weer vorentoe te kyk ... ”

AS: Tog is jy een van die enigste jong skrywers wat die WVK erken het en daaroor geskryf het ...
ID: I had to ... dit was ’n bewuste stap. Weer eens, dis die sosiale bewustheid wat ek van praat. Die verantwoordelikheid. Jy kon nie oor Afrikaans en Afrikaanssprekendes praat, in elk geval in die tyd wat my boek verskyn het, sonder dat jy bewus was van wat gebeur het nie. Dit was ’n tydsgewrig wat ’n mens nie anders kon as om vas te vang nie.
    Dit was ’n traumatiese deel van ons ervaring en wat ek probeer doen het, was om ménse voor te stel daarn. Ek wou juis nie r die WVK skryf soos Krog nie, ek wou die mens wat vasgevang is in die proses beskryf.
“Ek het dit al oorweeg om Godsdiensboeke te skryf onder ’n skuilnaam ... ”

AS: Die storie het amper altyd as onderbou die mite. In jou werk kom sekere mitologiese temas voor, soos die temas van offer, ritueel, sondebok, boetedoening. Is die terugkeer na die verhaal ’n teruggryp na die mitologie, om nou, nadat die Apartheid-mite verval het, ’n nuwe mite te probeer vind?
ID: Ek wil dit anders bewerk. ’n Metanarratief, as jy nou suiwer na ’n postmodernistiese werkswyse kyk, is gewoonlik die ding wat die mite beperk. Selfs die wetenskap het ’n sekere metanarratief. Die oomblik wanneer jy jouself begin verduidelik, moet jy jouself analiseer.
    As ons teruggaan na die grensverhaal - in die een verhaal het jy die machoman grensvegter (soos in die SAUK weergawe) gehad, wat ingaan met sy trok, ’n paar miljoen swartmense met ’n haelgeweer afmaai en wat terugkom, ’n meisie naai en hy’s die held. Daarteenoor het jy die Etienne van Heerdens wat s ons is nie machomanne nie. Dit is die narratief wat die groot mite ondergrawe.
    Op die oomblik - daar is nou kleiner mites, die liefde byvoorbeeld wat lekker is om oor te skryf.

AS: Dink jy ons is op soek na ’n nuwe mite, vir die nuwe eeu?
ID: Ek dink so. Maar ek weet nie of die terugkeer na die verhaal noodwendig die manier is nie. Ek weet nie of die verhaal mites kan skep nie. Verhale kan oor mites rapporteer, verhale kan mites afbreek. Ek is skepties daaroor of ’n verhaal ’n mite kan skep.

AS: Hoe versoen jy kunstenaarskap, brood verdien en die draai van die eeu?
ID (Hy verstik amper in sy dro broodrolletjie): Dis ’n moeilike ding. In ’n honger samelewing is die kunste die eerste wat swaarkry. En ons lewe in ’n honger samelewing. Ek dink nie ek sal ooit ’n lewe kan maak uit die kunste nie. Ek is nou toevallig in ’n bedryf waar ek werk met die kunste. Ons praat oor vertaling van my werk, wyer bekendstelling ...

AS: Sal jy jou kuns los en sepies begin skryf vir geld?
ID: As ek regtig honger is, ja. Maar ek hoop nie so nie. Ek het dit al oorweeg om Godsdiensboeke te skryf onder ’n skuilnaam, Solly Osrovech-styl — Waar wandel ’n vrou met God en sulke tipe goed. As jy Solly Osrovech gaan naboots gaan jy geld maak.

AS: Skryf jy vir ’n spesifieke “teikenmark”?
ID: As jy uitgee by Tafelberg, is dit half outomaties - soos vir die leeskringtannies ... Maar terselfdertyd wil ek baie graag ’n groter mark bereik. Een van die redes waarom ek graag weer stories wil vertel, is dat dit vir my baie plesier sal gee as mense weer begin goeie Afrikaans lees en ontdek dat hulle dit kan geniet.

AS: Lees jy die werk van jou peers? Wat dink jy daarvan?
ID: Ek gaan dit op ’n ander manier beantwoord. Ek is opgewonde oor wat op die oomblik gebeur in Afrikaans as sodanig. Baie van die ouer skrywers is besig om werklik op die mark te kom met heerlike, ho gehalte stof wat maklik lees.
    Ek dink baie van die jonger geslag skrywers is nog ’n bietjie vasgevang in die idee dat jy moet literr skryf ... ek geniet my peers se idees, maar, en dis nie ’n waarde-oordeel nie, ek vind dit net interessant dat die storie as sodanig nog ... wel, selfs Anoeschka von Meck - dis ’n baie verwikkelde verhaal, maar die storie as sodanig is nie die belangrikste ding nie. Tom Dreyer se stories is eintlik maar ’n backdrop tot sy temas. Dis baie slim gedoen. Dis goed gedoen ... van Jaco Botha se stories is werklik aangrypend.

AS: Sal daar gepraat word van julle jong skrywers as die “negentigers”?
ID: Ek dink nie so nie. Ek persoonlik dink mense gaan terugkyk na die bre Afrikaanse literatuur en die verandering wat gekom het. Wat gebeur het in die sestigerjare - dit was jong bloed wat skielik anders begin skryf het. Ek dink in die negentigs, veral die laat negentigs, het die Chris Barnards, die Elsa Jouberts en daai mense, begin anders skryf. Ek dink dis ’n bre verandering wat plaasgevind het.

AS: Wat dink jy van die “African Renaissance”?

ID: Ek wens dit wil gebeur! Kyk, daar’s nou vir jou ’n mite!

Izak is heel positief oor die toekoms van Afrikaans, hy glo nie die taal het ’n probleem nie. Die letterkunde wel, as gevolg van die ekonomiese toestande.

Lyk my as dinge nie gou verbeter nie, kan mens maar begin uitkyk vir ’n nuwe godsdiensghoeroe op die rakke van Christelike boekwinkels ...

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.