Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dié een se brood is gebótter

Jac Kritzinger gesels met Nuwe Stemme 2 se Toast Coetzer

JK:      Raait. Laat ek begin deur te sê baie geluk. Wanneer hierdie onderhoud die skerms slaan, sal Tafelberg se Nuwe Stemme 2 alreeds op die rakke wees. Opgewonde?

TC:      Ja, nogal. Dis seker maar vir almal ’n ego-wank om hul werk in print te sien. Dit maak skryf half ’n valid ding om te doen laat in die nag. Andersins is dit nogal boring en sad om dit net vir jouself te hou of vir jou girl voor te lees. Publikasie is seker vir skrywers soos ge-tag-de visse vir hengelaars is. Skaars.

JK:      Die Nuwe Stemme-projekte is daar vir digters wat nog nie ’n eie debuutbundel kon publiseer nie. Uit wat ek kon aflei, is jy darem nie heeltemal ’n nuwe stem nie. Ons sal later in meer diepte ingaan op jou prosawerke Liefdeliedjies vir die regering (ongelukkig lank reeds uit druk) en The Fucking Animal Kingdom.

TC:      Eerstens moet ek sê dat The Fucking Animal Kingdom nog absoluut in die beginfase is — dis bloot ’n projek met “boek” as langtermyndoel. Dis ’n diereboek, en dit sal nog heelwat navorsing en stuff moet deurgaan. Dit sal ook ’n fotoboek wees — soortvan die Hustler van diereboeke, dis die plan (diere is mos anyway altyd kaal). Ek skryf nog nie vreeslik lank gedigte nie, en het seker meer ernstig daaroor begin raak die laaste drie jaar of so.

JK:      Hoe sal jy jou verhouding met jou digtery beskryf? Passie of flirtasie of wat?

TC:      Hmmm. Dis moeilik. Ek verkies eintlik om myself eerder ’n skrywer as ’n digter te noem — “digter” het soveel sad baggage.

JK:      Ons is destyds saam in The Poetry Institute of Africa se (frats) Millenium Moment opgeneem. Al voel dit soos donkiejare gelede, onthou ek nog die biografie wat jy vir dié versamelbundel ingesluit het. Ook die bio wat jy vir NS 2 deurgegee het is, kom ons sê, effens aweregs. Nou: uit die aard van die saak is dit die werk wat tel. Tog is daar nou maar eenmaal diegene wat jou na dese as ’n bietjie van ’n Uilspieël sal beskou. Jou gevoelens?

TC:      Dis oukei, ek bullshit as a matter of fact. Moet nooit enigiets glo wat ek jou vertel nie. Niks is anyway ooit waar nie.

JK:      Met die NS-reeks is Tafelberg een van die min “groter” uitgewershuise wat nuwe digters nog ’n kans gee. Die produksie van so ’n bundel vereis uit die aard van die saak heelwat interaksie tussen digter en redakteur(s). Was die groot ooms darem mooi gaaf met jou? Hoe het jy die hele proses ervaar?

TC:      Dit was baie nice. Nelleke de Jager (ek’t nooit enige kwaai ooms gesien nie, Tafelberg is vroue-turf sover ek kon aflei, veral in invloedryke posisies soos sekretaresses) het selfs een keer vir my koffie gemaak. Die sekretaresse het wel op ’n slag gedink ek is ’n dodgy skrywer (ek is) wat ’n dodgy manuskrip wou kom aflewer, maar verder was dit heel rustig. Ek en Nelleke het ’n paar verskille oor die teks self gehad, maar ek dink ons het dit goed uitgesort.

JK:      ’n Versameling soos NS 2 gee onbekende kunstenaars ’n kans om ’n voet in die deur te kry. Menige digter sal so ’n publikasie wil gebruik om die aandag op hom-/haarself te vestig. Tog, met die insluiting van ’n relatiewe groot groep nuwe talent soos wat by NS 2 die geval is, word die kollig verdeel. Aan die een kant bestaan die moontlikheid dat mens tussen ander digters kan “verdwyn”. Aan die ander kant is daar dalk, wat die uitdeel van kritiek aanbetref, “safety in numbers”. Hoe voel jy hieroor?

TC:      I couldn’t care less. Dis vir my ’n kompliment om in NS 2 ingesluit te wees, en dis dit. Wat van hier af met my-en-die-boek gaan gebeur, is up to the law of averages. Kyk wat het met Lance Klusener se strike rate gebeur.

JK:      Ek is onlangs in ’n omvattende bloemlesing by Fenomeen Publikasies saam met Gert Vlok Nel, Robert Bolton en Tertius Kapp (wat ook in NS 2 te siene is) opgeneem. Ons manne het al een of twee aande lekker kringetjie gemaak. Het jy al enige ander van die Nuwestemmers ontmoet? Is daar sprake van ’n “spangees” onder julle? Het Tafelberg dalk al vir julle ’n braai gereël?

TC:      Geen sprake van ’n braai nie. Dalk weet hulle nie ek’s die beste braaier wat ek ken nie (SA o/21-span na Peru gehaal). Spangees? Ek ken net vir Melt Myburgh (hy’s ook van Grahamstad) en vir Tertius, so geen spangees op hierdie stadium nie, alhoewel dit gaaf sou wees om hulle almal te kon ontmoet. Ek en Melt het wel al lekker gekuier. Ons het spangees (ons is die flanke). Ek en Tertius het mekaar leer ken op vanjaar se KKNK — hy verkoop die coolste t-shirts. Lank lewe MC Schoeman in the house! En Siener van Rensburg!

JK:      Voordat ons na ander dinge aanbeweeg: jou styl. Watter kunstenaars sal jy sê het deur die jare die grootste invloed op jou gedigte gehad?

TC:      Paul Riekert, The Beta Band, REM, Lambchop, Massive Attack, Richard Brautigan, Michael Herr, Breyten Breytenbach, Matthew van der Want, Sjaka Septembir, Don MacLennan, Granddaddy, E, Arab Strap, Valiant Swart, Koos Kombuis, Giant Sand, Bran van 3000, Cake, Sparklehorse, Cosmic Cowboy, Clinton V du Plessis, Kytie Koekblik, Floyed, Lewis Parker, Viskoos Visagie, James Tate, Waddy Jones, Felix Laband, Fritz Deelman, Brasse Vannie Kaap en so aan. Musiek meestal. Ek lees nie so baie nie. Kyk eerder TV, dis makliker.

JK:      Ek het vroeër vlugtig na jou loopbaan as prosaskrywer verwys. Jy het reeds iets oor The Fucking Animal Kingdom gesê — vertel ’n bietjie meer van Liefdesliedjies vir die regering (ongelukkig nog steeds uit druk).

TC:      Dis ’n kort boekie wat my tien minute gevat het om te skryf en meeste mense so dertig sekondes vat om klaar te lees, cover to cover. Die karakterisering is redelik plat, maar die klimaks nogal heavy. Dis beskikbaar by Elusive Books.

JK:      Jy kan inderdaad bekou word as ’n man van vele talente. Ten spyte van jou skryfwerk is jy ook betrokke by die groep The Buckfever Underground. Laat ons hoor.

TC:      The Buckfever Underground is maklik die land se kakste band. Ons werk egter daaraan. Ons het ’n CD, Jou Medemens Is Dood uit, en ook ’n versameling demo’s, Survivial Is Personal, wat direk deur my beskikbaar is. Die ander lede is Gilad Hockman, Jon Savage en Double E. Daar’s ook ’n drifting vyfde lid, Richey Evans. Ons toer in September deur Amerika en dan dalk die hele wêreld (ja, sure). Ons was al op TV, maar ons is nou uit vogue uit. Dis totally ons skuld. Ons het al by Oppikoppi gespeel en op Aardklop, waar ’n tannie ons ateïste genoem het. Ons is nie. Ons is Jode, Christene en animiste. Op die oomblik.

JK:      Jy is ook berug vir jou byna onspeelbare wegbreek-boulwerk. Dis alles goed en wel, maar vele gerugte doen tans die rondte in wêreldkrieket dat jou aksie “verdag” is. Hoe reageer jy hierop?

TC:      Loutere twak. Ek daag enigiemand uit om video evidence voor te lê. Ek was vir ses maande by die Richard Hadlee-boulkursus in Madras en my aksie is 100% legal. Vra maar vir almal in die Lower Albany-liga daar in Grahamstad se wêreld. Veral vir Lorry Wilmot, maar wag eers tot hy uit is op parool (eenkeer was hy uit op parool en toe slaan hy my vir twee sesse, dêmmit). Ek’s gevrees in daardie geweste.

JK:      As hierdie Amerika was, kon jy die vervaardigers van The Toasty Show vir copyright infringement en gevolglik astronomiese bedrae gedagvaar het. Maar nou ja. Afrika is nie vir sissies nie. Hoe hou jy die potte aan die kook?

TC:      Ek’s werkloos op die oomblik, maar dis oukei, dit gee my die luxuries van laat slaap ensovoorts. Ek’t tot onlangs by Rhodes-universiteit klasgegee, toe bied hulle my ’n meer permanente job aan en toe sê ek cheers. Ek’t weer so ’n paar weke klas (fotojoernalistiek) gegee in die Kaap, toe bietjie gefreelance, toe bietjie gebum, en toe besluit om my ma te gaan help hout kap op die plaas. Dis waar ek nou is. Ek gaan die einde van die maand einste Amerika toe om te gaan werk (fotografieklasse gee by summer camp) en my girlfriend te gaan visit. Daarna is ek weer werkloos. Soos jy gesê het, Africa is a rough country, veral vir freelance-joernaliste wat nie hard news stories kan skryf nie.

JK:      Ons tyd raak min. Net terloops: wat ís jou geboortenaam(e)?

TC:      Redelik trots op Pieter Willemse Reino Coetzer. Ek kom uit ’n lang lyn ouens wat besluit het Die Groot Trek lyk na te veel hassle. Ons sit al vir meer as tweehonderd jaar hier naby Cradock.

JK:      Ter afsluiting: volgens my is die doel van ’n projek soos NS 2 om nuwe talent se loopbane te loods. Die oorspronklike Nuwe Stemme het ’n paar jaar gelede met kort duskant ’n dosyn nuwe digters verskyn. Uit hierdie debutante het enkele name wel daarin geslaag om die gaping met mening te vat. Die groot gros van die oorspronklike Stemme het egter stil geraak (die moontlike redes hiervoor is legio). Waar sien Toast Coetzer die Stemmer homself oor ’n paar jaar?

TC:      Goeie vraag, ek kan maar net raai. Hopelik as krieketkommentator in die Wes-Indiese eilande — dit moet die ultimate job wees. Dit sal nice wees om nog iets gepubliseer te kry, al doen ek dit self. Skryf is nie perdekoop nie en perdekoop is nie trou nie en trou is nie grappies nie. Nee wag, ek weet, ek wil op die cover van Men’s Health verskyn met ’n gechiselde sixpack. Dit sal so ’n vyfjaarplan wees.

JK:      Baie dankie vir jou tyd, en sterkte vorentoe. Laat dit juig.

TC:      Plesier, selfde vir jou …

Jac Kritzinger is onlangs in Fenomeen Publikasies se bloemlesing uit die stof die see die skald se handevuurvoet tracks en die verstuite trein van wat verlange saam met Gert Vlok Nel, Robert Bolton en Tertius Kapp opgeneem. Hy is ook ’n bekroonde dramaturg en gepubliseerde kortverhaalskrywer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.