Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Perfidia Pansegrouw in gesprek met Sonja Verbeek oor Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het

(Contentlot)

PP:      Sonja Verbeek … Hartlik geluk met jou eerste roman op die internet. Nou reis jy nie net meer tussen genres nie, maar ook oor die efemere internet.

SV:      Dankie Perfidia. Ek hoor mense verwys nou na my as ’n internetslet. Maar wat! Ek hou van eerstes, my mens-mens. Eerste by die bak en eerste by die vak, as jy my speelse woordspeling sal verskoon.

PP:      Wat behels Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het?

SV:      Dit is ’n moderne moraliteitspel. Nie tietspel nie, maar tytspel. Dit is ’n boek waarin jy jou lippe tuit van die lag. Passiebomme lewer verslag van haar liefdesverhouding met Matrone Beernis. Nou kyk, hier moet ons nie ons taal en kultuurskat minag nie. Sy is ’n Raka van ’n vrou!

PP:      Dink jy hierdie gedigte is pastiches?

SV:      Ag, my mens-mens, pastiche is vir my so ’n lelike p-woord. Dis hoekom dit op een van my tulbande staan. Juis opdat dit so LELIK is!

PP:      Jammer, jammer. Jy weet tog dat ek as groot geleerde net wéét dat mense sal skryf: “Eers Van Wyk Louw, dan Sonja Verbeek … ”wanneer hulle lees “Die verpleegsters het haar die eerste gewaar …”

SV:      Of dat “Joernaal van Oulik” inspeel op “Joernaal van Jorik”!

PP:      Presies, presies.

SV:      Jy sien, ek wou my boek eers noem Sewe Sonjas en wie hulle gedoen het. Toe dink ek: dis te platvloers. Te doggy-stylerig, as jy weet wat ek bedoel.

PP:      O ek weet. En J. Lion Cachet sou nie hiérvan hou nie!

SV:      Ja — ek moes ook lank sukkel om by Totius toestemming te kry vir die titel “Passiebomme”.

PP:      Was hy inskiklik?

SV:      Ek het via my uitgewershuis, Contentlot, oftewel Tevredespul, vir hom ’n e-pos gestuur. Hy het ook vir oom Jan laat weet en toestemming is so gekry via die internet.

PP:      Ja, e-pos is ’n wonderlike ding!

SV:      Op voorwaarde daar is nie klankverspringing nie!

PP:      Vertel meer van jou nuwe boek.

SV:      Ek skryf hier oor die verskillende duiwels wat ons siele verorber. Dis eintlik die sewe doodsondes wat dan as duiwels hulle in ons lewens aanmeld. Die spogduiwel, die praatduiwel, die afgunsduiwel …

PP:      O, dit klink diep!

SV:      Dit is. Want lekker is net vingerlank en in hierdie pragboek is daar dan ook ’n drama waar in gesprek getree word met ons dramakuns. Ek, Sonja Verbeek is ’n wieliewalie van ’n drama. Dit wippel en wappel van drama na drama …

PP:      O, ek moet darem bely dat ek lanklaas ’n drama gelees het waarin die primordiale soektog so veraanskoulik word. “’n Rooikop wat nie aai nie se hare is gedaai …” — of so iets, nie waar nie?

SV:      Wag, wag. Moenie alles weggee nie! Die leser moet self die boek se genotgrotjie vind. En dan innig brommend van genot neersyg van die lag!

PP:      Lag?

SV:      Met die traan en by die kraan.

PP:      Sal daar enige resensies verskyn van die boek via die internet?

SV:      O ja. Ons verwag een van Totius, en C.M. van den Heever is skynbaar gaande oor die roman. Hy beskou hierdie roman as ’n antwoord op Laat vrugte.

PP:      As frankofiel kan ek ook miskien laat weet dat Baudrillard ’n nuwe studie onderneem het na die lees van hierdie boek. Hy noem dit: Die maanlanding het nie plaasgevind nie, oftewel Sonja Verbeek is net ’n parodie!

SV:      Ja?

PP:      Volgens hom is dit alles net ’n media-spel. ’n Konstruksie. ’n Spel met tekens. ’n Rondbeweeg tussen werklikheid en internet. Dat alles net ’n konterfeitsel is.

SV:      O hierdie geleerde woorde en teorieë vermoei my. As hy maar moet weet dat ek lewend en lewendig is. Dat ek ’n roer in my regterhand hou en ’n hoer in my linker een. Ag nee wat!

PP:      Onthou my mens-mens. Dis wat hy skryf! Nie ek nie.

SV:      Elke vers wat Sonja Verbeek maak, is eg. Is getap uit die diepe put van haar siel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.