Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Woordfees

Afrikaanse Woordfees 2002
“2:2 Dubbelpunt”


aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch en Insig


SKRYWERS : PODIUM


Soete Groete
(ondersteun deur die Nederlandse Consulaat-Generaal)
Vrydag, 1 Maart, 19:00; 3 uur.
Bekende Nederlandse skrywers (Benno Barnard, Stefan Hertmans en Christine Otten) ontmoet Suid-Afrikaanse skrywers (Daniel Hugo, Lina Spies, Barend Toerien, Zandra Bezuidenhout en Peter Snyders) in vers en klank. Met Jannie du Toit en Christa Steyn. Driegang-ete ingesluit.

  • D’Ouwe Werf. Stellenbosch.
  • R75 by D’Ouwe Werf (021 886 5671)

    Kaap tot Caprivi
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 80 min.
    Skrywers Johan Bakkes, Chris Barnard, Abraham H. de Vries, Piet Haasbroek, Willem D. Kotze en Carl Boplaas van der Merwe neem jou op reis deur hul landskap.

  • Sanlamsaal: Eiland voor Afrika (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Storie : Collage
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 80 min.
    Dine van Zyl, Pieter Wagener, Erika Murray-Theron Emile Joubert, Mary-Ann van Rensburg en Herman Wasserman kombineer hul stories tot ’n treffende collage van woorde. Met ’n Jan Rabie-uitvoering deur Anel Hamersma.

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Die wêreld is ons woning
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 80 min.
    Skrywers Susan Botha, Floris A. Brown, Joan Hambidge, Prèvot van der Merwe, George Weideman en Leonard Koza skilder die wêreld waarin ons woon in hul poësie en prosa. Met musiek.

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Vers : Ensemble
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 80 min.
    ’n Unieke kombinasie van vers en klank — met skrywers Marius Absalom, Jeremiah Dampies, Ingrid Fourie, Zavey Goliath, Gideon Visagie Fransi Philips, Marié Viljoen en die Bloemhof-ensemble.

  • Sanlamsaal: Eiland voor Afrika (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Die stukke wat ons sny
    Saterdag, 2 Maart, 13:30, 80 min.
    Die bundel Die stukke wat ons sny word opgedis deur Willem Fransman, Eugene Hendricks, Dianne Ferrus en EKM Dido. Geniet ’n lekker stukkie van daai taal!

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Vrou : Ruimte
    Saterdag, 2 Maart, 13:30; 80 min.
    Vrouwees word vernuwend belig deur skrywers Christine Barkhuizen le Roux, Tilla Diedericks, Dianne Ferrus, Elsabé Kritzinger, Patricia Witz, Griet Erasmus en Magdaleen van Zyl. Albert Lintvelt kom bekyk die vrou met ’n man se oog.

  • Sanlamsaal: Eiland voor Afrika (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Nuwe Stemme 2
    Saterdag, 2 Maart, 15:00; 50 min.
    Nuwe stemme klink op: skrywers Toast Coetzer, Tersius Kapp, Elsibe Loubser en Melt Myburgh laat die bundel praat. Dichters uit Epibreren kom spesiaal uit Nederland om te wys hoe hulle verse nuut laat klink met hulle podiumpoësie (performance poetry).

  • Sanlamsaal: Eiland voor Afrika (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Oor die liefde:
    Saterdag, 2 Maart, 15:00; 80 min.
    Liefdespoësie en -musiek deur Zandra Bezuidenhout, Peter Snyders, Lina Spies, Koos van der Merwe, Juhlene Wagner (alter ego Linka Boekenhout) en Bénédicte Kusendila.

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)
  • R14.99 by Computicket

    Insig 2002 Skrywers: Negester
    Saterdag, 2 Maart, 19:00; 150 min.
    Insig stel nege sterre aan die woord! Antjie Krog, Chris Barnard, Rayda Jacobs, Benno Barnard, Rachelle Greeff, S.P. Benjamin, Engela van Rooyen, George Weideman en Maretha Maartens kom lees voor uit hul eie werk, afgewissel met musiek deur bekende kunstenaars.

  • HB Thom Teater
  • R25.00 by Computicket

    Insig 2002 Skrywers: Nagwaak
    Saterdag, 2 Maart, 22:00; 150 min.
    Insig se sprankelprogram van topskrywers maak die nag wakker! Piet Haasbroek, EKM Dido, Stefan Hertmans, Dine van Zyl, Peter Snyders, Zenobia Kock, Deon Meyer, Johannes Bakkes, Jeanne Goosen en Francois Loots kom lees voor uit hul eie werk, afgewissel met optredes deur bekende musiek- en ander kunstenaars.

  • HB Thom Teater
  • R25.00 by Computicket

    R45 vir Negester en Nagwaak saam!


    STORIES AGTER SKRYWERS

    ondersteun deur LitNet

    Onderhoude. Kom vind meer uit oor die skrywer agter die boek:
    R5 by die deur

    Piet Haasbroek
    Saterdag, 2 Maart, 11:30

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)

    Maretha Maartens
    Saterdag, 2 Maart, 13:00

  • Ou Hoofgebou: Duiwelskloof

    Chris Barnard
    Saterdag, 2 Maart, 14:00

  • Vroueverenigingsaal: Mooirivier (Neelsie Studentesentrum)

    Jeanne Goosen
    Saterdag, 2 Maart, 14:30

  • Vroueverenigingsaal: Mooirivier (Neelsie Studentesentrum)

    Deon Meyer
    Saterdag, 2 Maart, 15:00

  • Ou Hoofgebou: Monomotapa

    Zenobia Kock
    Saterdag, 2 Maart, 15:30

  • Ou Hoofgebou: Monomotapa

    SP Benjamin
    Saterdag, 2 Maart, 16:00

  • Sanlamsaal: Eiland voor Afrika (Neelsie Studentesentrum)

    John Kannemeyer
    Saterdag, 2 Maart, 16:30

  • Sanlamsaal: Toorberg (Neelsie Studentesentrum)


    WOORD-URE

    Sarie-Boekmakietie
    Saterdag, 2 Maart, 09:00; 3 uur.
    Die Sarie-Boekmakietie skop af met Reinet Nagtegaal, skrywer van Voorvaders kan vlieg, sê Delores, wat meer oor haar boek en skryf vertel en ’n stukkie straateater opvoer saam met Jackie, haar dogter. Tee, koffie, vrugtesap en verversings word daarna bedien. Na teetyd vertel Riana Scheepers meer van haar skryfloopbaan en veral ook meer oor haar digbundel, Met die kleur van karmosyn. Daar sal ook uit die bundel voorgelees word.

  • Vroueverenigingsaal: Mooirivier (Neelsie Studentesentrum)
  • R50 by Sarie (vra vir Anita: 021 406 2389)

    Literêre Skatkis
    Saterdag, 3 Maart, 09:30 en 11:00;
    50 min.
    John Kannemeyer gee jou ’n kykie in die geheime skatkis van ons bekendste skrywers.

  • JS Gericke Biblioteek (ontmoet by die voorste ingang).
  • R14.99 by Computicket

    Storie op ’n kleitablet
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 50 min.
    ’n Multi-media vertoning waarin die Gilgamesh epos, die oudste epos in wêreldliteratuur, in woord, beeld en klank tot lewe gebring word. Deur prof. Sakkie Cornelius.

  • Ou Hoofgebou: Magersfontein (JC de Wet-saal)
  • R14.99 by Computicket

    Liefde voor en na die dood
    Saterdag, 2 Maart, 11:00; 50 min.
    Wat is intimiteit? Wat is ’n sielsmaat? Kom luister na ’n individu se storie oor haar persoonlike en spirituele groei — en oor die meta-fisiese ervarings wat sy beleef het. Deur Martie Momberg.

  • Ou Hoofgebou: Duiwelskloof
  • R14.99 by Computicket

    Die VOC en Afrikaans: Die Kompanjie se taal gedurende sy laaste 50 jaar aan die Kaap
    Saterdag, 2 Maart, 11:00; 110 min.
    Die VOC se invloed op die taal: ’n Groep kenners van TANAP (’n navorsingsprojek oor die VOC) — prof. Leon Hattingh (voorsitter), dr. Dan Sleigh, dr. Andrew Alberts, dr. Helena Liebenberg en Illona Meyer — kom praat gesaghebbend en onderhoudend oor ’n verskeidenheid onderwerpe, soos seemanstaal, humor en geestigheid, die inhoud van skepe, plekname en oënskynlike anglisismes.

  • Ou Hoofgebou: Monomotapa
  • R20 by Computicket

    So lyk ons Stellenbosch
    Saterdag, 2 Maart, 11:00; 50 min.
    Hannes Meiring bekyk die glorie — en ’n paar onderrokke — in ’n beeldvertoning van Stellenbosch se argitektuur.

  • Ou Hoofgebou: Magersfontein (JC de Wet-saal)
  • R14.99 by Computicket

    Sheila Cussons: Verf en vlam
    Saterdag, 2 Maart, 11:00 en 14:00;
    50 min.
    Amanda Botha en Adrie van Eeden ondersoek die opvallende verband tussen Sheila Cussons se skilder- en skryfwerk. Dit word geïllustreer aan die hand van ’n unieke versameling van hierdie groot digter en skilder se skilderye en dokumente — ’n eenmalige uitstalling ter herdenking van haar 80ste verjaarsdag later vanjaar.

  • US Sasol Kunsmuseum
  • R14.99 by Computicket

    Die groot gedagte
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 50 min.
    Gideon Joubert kom deel sy gedagtes oor die wondere van die kosmos, met spesiale verwysing na sy bekroonde boek Die Groot Gedagte.

  • Ou Hoofgebou: Magersfontein (JC de Wet-saal)
  • R14.99 by Computicket

    Bringing the South African past into the present
    Saterdag, 2 Maart, 15:00, 50 min.
    Can the past be relevant for the present? Writers Mike Nicol and Rayda Jacobs read from and discuss their own work.

  • Ou Hoofgebou: Duiwelskloof
  • R14.99 by Computicket

    Rondomtalie praatjies
    Saterdag, 2 Maart, 16:00, 110 min.
    Martie Preller, Carina Diedericks-Hugo, Philip Coetzee, Piet Grobler en Philip de Vos maak praatjies oor jeugliteratuur: van voëlkyk en reeksboeke tot illustrasies en kostelike rympies. ’n Belangrike geleentheid vir liefhebbers van kinder- en jeugboeke!

  • Ou Hoofgebou: Magersfontein (JC de Wet-saal)
  • R20 by Computicket

    Women in poetry
    Saterdag, 2 Maart, 16:00; 80 min.
    Writers Malika Lueen Ndlovu and Ingrid de Kok emphasize the role of the woman as writer.

  • Ou Hoofgebou: Monomotapa
  • R14.99 by Computicket


    DISKOERS

    ondersteun deur: LW Hiemstra Trust

    My mense, my land: Hoe het Suid-Afrikaners se waardes oor die laaste tien jaar verander?
    Vrydag, 1 Maart, 15:00; 3 uur.
    Prof. Hennie Kotzé bekyk die waardes wat afgelei kan word uit vraelyste wat groot groepe mense beantwoord het. Hy hou hom besig met die boeiende vraag: Het die dramatiese sosiale en politieke veranderinge in Suid-Afrika mense op dieselfde manier geraak? Kom praat saam oor die verrassende, maar ook verontrustende patrone wat hy bemerk

  • Lettere-gebou 648
  • R25. Besprekings by Dept. Politieke Wetenskap: (021) 808 2474

    Vrou in die Media
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 50 min.
    Top media-vroue vra hoe klink die stem van die vrou in die media — desperaat en dienend, of in beheer en deelnemend? Met Lizette Rabe, Irna van Zyl, Ingrid Jones en Hanlie Kriel.

  • Ou Hoofgebou: Duiwelskloof
  • R14.99 by Computicket

    Anglo-Boereoorlog: so what?
    Saterdag, 2 Maart, 14:00, 90 min.
    Wat het die herdenking van die Anglo-Boereoorlog opgelewer? Kenners soos Albert Grundlingh, Fransjohan Pretorius, Herman Gilliomee, Herman Binge en Elizabeth van Heyningen vuur die laaste kanonskoot, terwyl Maretha Maartens, Erika Murray-Theron, Engela van Rooyen en Anlen Marais uit hul ABO-tekste kom voorlees.

  • Ou Hoofgebou: Magersfontein (JC de Wet)
  • R25.00 by Computicket

    Afro & Euro
    Saterdag, 2 Maart, 14:00, 50 min.
    Piet Paardekooper en Fritz Ponelis gesels oor die hedendaagse taalpolitieke status van Afrikaans en die verband tussen Afrikaans en Nederlands. Het u geweet dat die eerste Afrikaans-Nederlandse woord dateer uit 107 n.C.? Kom luister na die visie van hierdie kenners oor taalsake.

  • Ou Hoofgebou: Monomotapa
  • R14.99 by Computicket


    KUNS : WOORD

    Die kunstenaarskap van Sheila Cussons — ’n osmose: Digter en Skilder
    27 Februarie — 31 Maart
    Opening: Woensdag, 27 Maart, 18:30
    Na haarself verwys Sheila Cussons, eerstens as beeldende kunstenaar en dán as digter. Vir haar staan beeld en woord altyd in wisselwerking met mekaar. Skilderye word gedigte, gedigte word skilderye — letterlik en figuurlik. Ter viering van haar 80ste verjaarsdag in 2002 word die werke van hierdie gevierde kunstenaar, waarvan die meeste in privaatbesit, uitgestal saam met waardevolle dokumente (met spesiale vergunning van die digter). ’n Eenmalige geleentheid! Gaskurator: Amanda Botha.

  • US Sasol Kunsmuseum


    WOORD : MUSIEK

    Afrikaanse Koorfees
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 3 uur.
    Unieke samestelling van bekende kore uit die Wes-Kaap, soos die Stadskoor Tygerberg, A Few Good men, Harmony Singers, Stellenbosse Universiteitskoor en Tygerberg Kinderkoor.

  • Konservatorium: Endler
  • R29.99 by Computicket (R15 vir studente en skoliere)

    ’n Handvol Gruis uit die Hantam
    Saterdag, 2 Maart, 14:00; 40min.
    Komponis Derek Fordyce begelei sy siklus liedere van gedigte deur Louis Leipoldt, met Leon Shelhase as sanger en Johann Nel as voorleser.

  • Konservatorium: Fismer
  • R20.00 by Computicket

    Ek word tintelend wakker
    Saterdag, 2 Maart, 15:00; 50 min.
    Sheila Cussons: verse en musiek. ’n Sprankelende verwerking van Sheila Cussons se getoonsette gedigte deur Helena Conradie en Annalise Wiid.

  • Konservatorium: Fismer
  • R20.00 by Computiket

    WoordRock
    (ondersteun deur Shoprite Checkers as deel van die gratis Neelsie-fees)
    Saterdag, 2 Maart, 17:00; 120 min.
    Topgehalte produksie met die beste podiumpoësie (mikrofoonverse) vermeng met musiek en liriek. Met: Dichters van Epibreren, Laurinda Hofmeyr, Jacques Coetzee, Willem Mulder, Buckfever Underground, Francois le Roux en vele meer.

  • Neelsie Studentesentrum: Vatmaar (Neelsie-gat)
  • GRATIS!!!

    Opgejazz
    Sondag, 3 Maart, 11:00
    ’n Luilekker ontbyt met jazz en poësie.

  • Dorpstraatteater
  • R45 by Dorpstraatteater (021 8866107)

    ek soek ’n hartswoord om te sê
    Sondag, 3 Maart, 17:00, 120 min.
    Pieter de Villiers se ’n lesingdemonstrasie oor sy Boerneef-liedsiklusse word voortreflik uitgevoer deur bekende sangers: Mimi Coertse, Hanneli Rupert, André Howard en Marianne Serfontein.

  • Konservatorium: Endler
  • R39.99 by Computicket

    Met Woord en Lied
    Sondag, 3 Maart, 20:15; 120 min.
    Die mooiste Afrikaanse kunsliedere aangebied deur bekende sangers soos Mimi Coertse, André Howard, Jolene McCleland, Vanessa Tait en Minette du Toit en begeleiers Pieter de Villiers, Nina Schuman, Hendrik Hofmeyr, Hanneke Zwarmborn en Benjamin van Eeden. Voorlesings deur Johann Nel.

  • Konservatorium: Endler
  • R39.99 by Computicket


    BEELD : FEES

    Benut die kans om te sien waaroor praat die mense!

  • Konservatorium: Jannasch-saal,
  • R5 by die deur.

    Verskroeide aarde
    10:00; 52 min.
    Herman Binge se indrukwekkende video oor die Anglo-Boereoorlog het soveel reaksie uitgelok dat dit, in aansluiting by die debat: Anglo-Boereoorlog: So what? spesiaal vertoon word.

    Scorched Earth
    11:00
    Anders as wat ’n mens sou verwag, verskil die Engelse weergawe van Verskoeide Aarde aansienlik. Kom kyk self hoe die perspektief verander!

    Korreltjie niks is my dood
    13:00; 52 min.
    Saskia van Schaik en Henk van Woerden se TV-film oor Ingrid Jonker bied ’n besondere beeld op hierdie digteres se lewe. Vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika!

    Groep sonder grense: Deel 1 — ’n Nasie van Immigrante en Emigrante
    15:30; 52 min
    Die gemeenskaplike herkoms van die Afrikaanssprekendes word verbeeld in Marius Bakkes se reeks dokumentêre programme waarvan die eerste hier vertoon word. Die episode is opgedra aan wyle prof. Johan Combrink.


    TEATER : FEES

    Briewe aan ’n rooi dak
    Vrydag, 1 Maart, 18:00; Saterdag, 2 Maart, 14:00, 20:00; 50 min.
    Die 73-jarige Magdalena Otto voel geseënd onder die vroue. Maar sy sou eerder geseënd wou voel onder ’n man. Harry Kalmer se aweregse, soms snaakse, soms hartseer drama is ’n emosionele kragtoer en die wenner van die 2001 Anglo-Aardklop Smeltkroes Prys vir die beste nuwe Afrikaanse drama. Met Elize Cawood.

  • Klein Libertas Teater
  • R39.99 by Computicket

    What about de lô
    Vrydag, 1 Maart ,17:00; Saterdag, 2 Maart, 15:00; 30 min.
    Adam Small se gedigte word gedramatiseer en getoonset om die gehoor op ’n verbeeldingstoer deur die ou Distrik Ses te neem. Aangebied deur Peter en Sandra Braaf, bygestaan deur Burton Brooks op kitaar.

  • HB Thom Teater
  • R14.99 by Computicket

    Aucamp & Strydom — ’n Vuur gevang in glas
    Vrydag, 1 Maart, 19:00; Saterdag, 2 Maart, 17:00; 40 min.
    Amanda Strydom in kabaret. Liedjies uit Strydom en Hennie Aucamp se pen,verweef met sketse van Hennie Aucamp.

  • HB Thom Teater
  • R50 by Computicket

    Die lewe is alleen draaglik as ’n mens ’n bietjie dronk is
    Vrydag, 1 Maart, 20:00; Saterdag, 2 Maart, 16:00, 21:30; 50 min.
    ’n Ou Skrywer voer geestige gesprekke met Rosie, sy huishulp. Vol humor, selfspot en die vreugde van Uys Krige se beeldspraak. Met Neels Coetzee en Gail Reagon.

  • Klein Libertas Teater
  • R39.99 by Computicket

    Gatlangs
    Vrydag, 1 Maart, 21:00; Saterdag, 2 Maart, 11:00; 50 min.
    ’n Kontemporêre en hoogs dramatiese kyk na sosiale knelpunte van vandag. Aangebied deur die Breughel Toneelgeselskap.

  • HB Thom Teater
  • R14.99 by Computicket

    Hex
    Vrydag, 1 Maart, 21:30; Saterdag, 2 Maart, 18:00; 40 min.
    Multi-media teatercollage saamgestel uit kortverhale — hoofsaaklik uit Feeks deur Riana Scheepers.

  • Klein Libertas Teater
  • R39.99 by Computicket

    Kaapse draai
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 30 min.
    ’n Versameling van prosa en poësie met daai heerlike Kaapse kleur en geur. Aangebied deur Hoërskool Durbanville.

  • Klein Libertas Teater
  • R14.99 by Computicket

    iAfrika
    Saterdag, 2 Maart, 11:00; 30 min.
    ’n Kombinasie van dramatekste, beweging, prosa en gedigte. Aangebied deur New Orleans Secondary School.

  • Klein Libertas Teater
  • R14.99 by Computicket

    Rooi
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 30 min.
    Die bekroonde, hedendaagse aanpassing van die verhaal van Rooikappetjie — verwag die onverwagte! Aangebied deur die Hoër Meisieskool Bloemhof.

  • Klein Libertas Teater
  • R14.99 by Computicket

    Al op die olifanttrop se spoor
    Saterdag, 2 Maart, 13:00, 60 min.
    Olifante, soos lelies, word in hul slaap geseën — en sang kan reën bring. ’n Program met die mooiste Afrikaanse gedigte wat met dialoog verbind word om ’n storie te vertel. Dit speel teen die Oukeukoujo-watergat in Etosha af. Met Aldo Behrens, Danie Strydom en Chrisna Beuke-Muir. Hierdie vertoning was ’n treffer by Aardklop!

  • HB Thom Teater
    R25.00 by Computicket



    MET WOORD EN WAPEN

    Filosofie : Kafee
    Vrydag, 1 Maart, 20:00.
    en nou of te want is — dit is nie sommer net woorde nie, dit is wapens in ’n kragmeting tussen gedagtesmouse en woordkunstenaars. ’n Groep vooraanstaande filosowe (Paul Cilliers, Anton van Niekerk, Willie van der Merwe, Vasti Roodt, Johan Hattingh en Braam Olivier) en ’n groep bekende skrywers (Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Louis Esterhuizen, Clinton du Plessis, Ronnie Belcher en Marlise Joubert) sê mekaar die stryd aan oor die betekenis opgesluit in elke woord.

    Die gehoor besluit watter groep uiteindelik die beste daarin slaag om te wys hoe woorde ons aan die dink kan sit en hoe ons denkend ons woorde moet tel. Kom praat en dink saam en besluit self wie het die laaste woord!

  • Dorpstraat Teater
  • R20 by Dorpstraatteater (021 8866107)

    Bekgeveg
    Saterdag, 2 Maart, 16:00; 80 min
    Digters betree die kryt om mekaar met poësie die stryd aan te sê.

  • Vroueverenigingsaal: Mooirivier (Neelsie Studentesentrum)
  • R20.00 by Computicket


    MUSIEK : FEES

    Akkerrock
    (ondersteun deur Die Burger)
    Vrydag, 1 Maart, 19:00 — 24:00
    ’n Opwindende Afrikaanse rockfees! Groot name, soos Jakkie Louw, Spinnekop, Akkedis, Karen Zoid, Beeskraal en Valiant Swart kom sing die Akker aan die brand!

  • Neelsie Studentesentrum
  • R39.99 by Computicket

    Shoprite Checkers Neelsie-fees
    Saterdag, 2 Maart, 10:00 — 16:00
    Voldag GRATIS musiekprogram deur topkunstenaars, moontlik gemaak deur die ondersteuning van Shoprite Checkers.

  • Neelsie Studentesentrum: Vatmaar (Neelsie-gat)
  • GRATIS!! Dit is dié plek!

    Bar op De Aar
    Saterdag, 2 Maart, 10:00 tot laat
    Ons skop die Woordfees af met ’n voetsêk (hackysack), op die Rooiplein. Kom kuier saam met Storieman (ping…blaai om…), herleef Raka en klink ’n glasie in die tent. Musiek deur Die Ketels, Skallabrak en ander groepe.
    Rooiplein, buite Neelsie Studentesentrum
    Toegang GRATIS!!

    Prophet “wroeg”
    Sondag, 3 Maart, 17:00; 120 min.
    Prophet filosofeer oor die vele fasette van die lewe. Vir die dinge van die gees en die lig om te triomfeer, is stryd en wroeg soms nodig. Ernstig, tong-in-die-kies, huil en lag, eg Prophet!

  • HB Thom Teater
    R25 by Computicket



    WOORDFEES : KINDERFEES

  • Deurlopende toesig van 10:00 — 13:00, 14:00 — 17:15 deur Opvoedkunde-studente
  • Voldagkaartjie vir alle produksies en toesig teen R50 beskikbaar by deur.
    Deurlopende Snoepieby die Kinderfees.

    Storietyd
    Saterdag, 2 Maart, 10:00; 50 min.
    Kinderboekskrywers Marianna Brandt en Eben de Jager kom self hul stories vir die kleinspan voorlees. Ouers en onderwysers welkom.

  • GG Cilliers-gebou: Bieblebom
  • R5.00 by die deur

    Poppekas
    Saterdag, 2 Maart, 11:00 en 15:00;
    50 min.
    Kort poppekasproduksies wat die kinders vasgenael sal laat sit. Geen herhalings in tweede uur.

  • GG Cilliers-gebou: Bieblebom
  • R10.00 by die deur

    Kalbasstories
    Saterdag, 2 Maart, 12:00; 50 min.
    Kinderteater: Drie stories uit verskillende kulture word vermeng met maskers, toneelpoppe, komedie en beweging om ’n visuele skouspel te skep.

  • GG Cilliers-gebou: Kammaland
  • R12.00 by die deur

    Liewe Heksie kom kuier
    Saterdag, 2 Maart, 14:00; 50 min.
    Kinderteater: Liewe Heksie neem deel aan ’n walskompetisie en moet die silwer roos red uit die Geelheks se kloue.

  • GG Cilliers-gebou: Kammaland
  • R12.00 by die deur

    Alice en die wonderboek
    Saterdag, 2 Maart, 16:00; 50 min.
    Kinderteater: Alice moet haar wonderboek wat haar wegvoer na Wonderland beskerm teen die sluwe Koningin van Harte.

  • GG Cilliers-gebou: Kammaland
  • R12.00 by die deur


    SKOOL : FEES

    Hoërskool Leessimposium: Geletterdheid in die klaskamer
    (in samewerking met die WKOD)
    Saterdag, 2 Maart, 09:00; 3 uur.
    Kenners Richard Stanley, Jana Forrester, Johan van Lill en Adinda Vermaak bespreek geletterdheidsprobleme by hoërskoolleerders.

  • GG Cilliers-gebou: Onderste saal (Opvoedkunde gebou)
  • R30 pp, tee en verversings ingesluit
  • Bespreking by die Woordfeeskantoor (021 8082901)

    Laerskool Leessimposium: Geletterdheid in die klaskamer
    (in samewerking met die WKOD)
    Saterdag, 2 Maart, 09:00; 3 uur.
    Die ontwikkeling van geletterdheid, met die klem op skryf- en leesvaardighede is uiters belangrik vir suksesvolle leer. Dr Elaine Ridge, dr Sandile Gxlishe, Annatjie Hanekom, L. Beake en Esmé Passman sal faktore bekyk wat geletterdheid bevorder by die voorskoolse kind, sowel as strategieë en aktiwiteite wat ouers en onderwysers kan gebruik om ’n belangstelling in lees en skryf te koester en te ontwikkel.

  • GG Cilliers-gebou: Boonste saal (Opvoedkunde gebou)
  • R30 pp, tee en verversings ingesluit
  • Bespreking by die Woordfeeskantoor (021 8082901)

    Dans in Afrikaans
    Saterdag, 2 Maart, 12:30, 50 min.
    Hoe kan aktiewe kultuurskepping en -waardering ontwikkel word? Prof. Edith Katzenellenbogen kom wys hoe poësie binne ’n kultuurkonteks vertolk kan word deur beweging, gebare, klanke en musiek.

  • GG Cilliers-gebou: Bieblebom (Opvoedkunde gebou)
  • R15 by die Woordfeeskantoor (021 8082901)

    Geletterdheidsprogramme vir volwassenes:
    Saterdag, 2 Maart, 14:00, 50 min
    Wil jy iets doen om die duisende ongeletterdes ’n beter kwaliteit lewe te gee? Raak betrokke by geletterdheidsprogramme vir volwassenes. Met Marietjie Oswald, Petra Engelbrecht en volwasse leerders van die Matie Gemeenskapsdiens

  • Konservatorium: Jannasch-saal
  • R15 by die Woordfeeskantoor (021 8082901)


    Algemene inligting

    20% afslag vir groepbesprekings
    Computicket kredietkaartbesprekings: 083 915 8000


    Woordfeeskantoor
    (021) 808 2901
    (021) 808 3815
    e-pos: woord@sun.ac.za


    Baie dankie aan ons donateurs:

  • Insig
  • Wes-Kaapse Regering
  • Shoprite Checkers
  • LW Hiemstra Trust
  • Het Jan Marais Nationale Fonds
  • Nederlandse Consulaat-Generaal
  • Van Ewijck-Stigting
  • Rupert Musiekstigting
  • Distell

    Mediavennote:

  • Die Burger
  • Litnet
  • FMR
  • RSG
  • Eikestadnuus
  • Afrimusik.com
  • Die Matie
  • MFM

    Produksievennote:

  • Dorpstraat Teater
  • Sarie
  • Afrimusik.com
  • NB Uitgewers
  • Van Schaik



    Lees die artikel oor die Nederlandse skrywers


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.