Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jana Cilliers in Pous Johanna II

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

“Met net die rou woord en n asemrowende vertolking lewer Cilliers haar gestroopte en geloofwaardige karakter.” Beeld


HB Thom Teater (Stellenbosch)

Aangebied deur Opdrag Productions

Woensdag 25 Mei (20:15)

Donderdag 26 Mei (20:15)
Vrydag 27 Mei (20:15)
Saterdag 28 Mei (15:00)


Besprekings en navrae: 076 177 6666

Klik hier om die persverklaring te lees!

Erns Grundling het met Jana Cilliers gesels oor haar rol as Pous Johanna II:

1. Hoe het jy jouself psigies voorberei op so 'n uitdagende rol?

JC: Pous Johanna het al op n manier onder my vel ingekruip. My voorbereiding bly elke keer tricky, omdat dit van my vra om eers by n neutrale plek uit te kom. Dis maar die ding van teater: om die ervaring vars te vertolk. Barney Simon het my destyds herinner aan die feit dat voor ek iets pousliks wil weergee, ek eers die mens daaragter moet soek. En ja, sys eintlik n eenvoudige mens, geweldig eerlik, so ek hou my maar by die begrip van wat sy s. Anderste word ek oorweldig. Die emosionele ontwikkeling aan die einde vra grotendeels van my om uitgerus by die teater te arriveer. Vir die res probeer ek om nie te veel te tob nie. Vandag word mens genoodsaak om as vervaardiger aan die stuur te staan. Ironies, as ek speel, kom die pous dan as lafenis. Dit het my n tydjie gevat om te aanvaar ek sukkel met boeke balanseer en verkies die vryheid van en tog werksuitdaging om die inhoud van n goeie teks oor te dra.

2. Hoe verskil Saartjie Botha se verwerking van die Engelse weergawe? Het sy enige nuwe elemente bygebring? Reageer Afrikaanse gehore anders op Pous Johanna II?

JC: Die Engelse vertaling onthou dis oorspronklik geskryf in Duits is sonder twyfel meer omslagtig. Dis nie dat jy noodwendig meer s nie, maar somehow vat dit net langer! Saartjie se opdrag, onder andere, was om minstens n kwartier te sny, seker nie n aangename taak nie. Ek vertel dikwels hoe briljant sy is. Ek weet nie hoeveel duisende woorde sy van n ou vertaling van Linda van den Bergh gesny het sonder om eintlik te peuter aan een Vilar-gedagte nie. Natuurlik het sy van die Duits ook af gewerk. Ongelooflike vaardigheid. So haar verwerking speel vreeslik lekker op die punt af. As mens jou sin wil begin met en, of n want wil omruil met n maar, soek jy moeilikheid! Skoon denke. Challenging stuff! En wat Afrikaanse gehore betref, ek weet nie, wie kan luister en wil luister is opvallend. Die Afrikaanssprekende gehoorlid kom dikwels wel met n openhartige betrokkenheid vorendag. Lekker.

3. Het die voorbereiding van die rol sekere uitdagings gestel aan jou eie opvattings oor geloof, of moes jy jouself juis daarvan distansieer?

JC: Dis wat dit so interessant maak vir my. Ek het die besondere stuk oor n tydperk van 20 jaar drie keer herbesoek. My onskuld as t ware, en noem dit nou maar onbetrokkenheid van n vroere ek, het sonder twyfel geskuif na sekere konfrontasies binne myself. Tog het my eie oortuigings, wat ek altyd voel tog iets persoonliks is, versterk. Seker maar hoekom ek van die begin af toe Mario Schiess my aan die stuk voorgestel het, n persoonlike verbintenis aangevoel het. Die stuk vra egter van m ook, soos van die gehoor, om ondersoekend te bly. Ek het eenkeer n vertoning op Goeie Vrydag gedoen en besef dat, soos met Moedersdag, mens elke dag dieselfde ingesteldheid moet probeer handhaaf. Om aktrise te bly terwyl jy speel, bly egter belangrik.

4. Is die wreldblik in 2033 realisties, of is dit meer ingestel op sosiale kommentaar op vandag se werklikheid? Kan jy jou 'n vergelykbare wreld indink oor ongeveer 30 jaar?

JC: Moeilike vraag. Esther Vilar het Das Amerikanische Papstin geskryf in 1974 en haar oorspronklike futuristiese plasing was 2013. Interessant dat dit vandag net te om die draai voel. Daarom ons verskuiwing na 2033. Soveel kwessies onder die soeklig, veral nou met die nuwe pous, is aanwesig in haar stuk. Profeties as t ware. Tog voel ek dis belangrik dat die stuk speels bly. Haar versinning is kreatief en geweldig stimulerend. Skokkend wel vir sommige. Vat nou maar die idee van n vroulike pous. Haar dekonstruksie van die kerk oor die jare is as futuristiese blik tog waarskynlik. Die belangrikste tema bly egter haar take oor die mens se onvermo om met vryheid te leef. Nieteenstaande die freethinking mens van die toekoms wat waarskynlik daarop gaan aandring om tot niks aanspreeklik te wees nie, is daar tog n onderbewustelike behoefte aan rels en regters. En indien jy nie in n god sal glo nie, sal jy hom moet versin.

5. Beskryf die karakter wat jy in Pous Johanna II vertolk.

JC: Vir iemand wat grootgeword het in n karavaanpark buite die ashope van Los Angeles, priesteres was in die agterstrate van Kalkutta en Detroit, is sy ongetwyfeld, soos ons vandag sal s, streetwise. Sonder haar sin vir humor en dinamika dink ek nie sy sou die paal gehaal het om demokraties verkies te word nie. Sy is immers die eerste vrou wat die amp beklee. Maar ongetwyfeld is haar grootste karaktertrek vir my haar diepliggende liefde vir haar medemens en nederigheid teenoor dit wat die mens nie weet nie.

6. Hoe verskil die vroulike pous van die nuwe pous wat onlangs verkies is?

JC: Ek weet nie. Sy is wel vrou! En miskien omdat sy nie veel meer as haarself het binne n totaal vervalle kerk nie, is haar paadjie dalk moeiliker. Haar menslikheid as pous word sterk geteken. Iemand wat die feilbaarheid van die mens na aan die hart dra. Interessant, twintig jaar gelede het die futuristiese aspek van die stuk aandag getrek; vandag l ons nader aan Vilar se raaiskoot en word die gehoor meer betrek om ondersoekend te kyk na hul oortuigings binne geloof teen die backdrop van n kommersiel-diverse-plek-vir-almal-wreld. Dis dalk belangrik om te noem dat die stuk vir my nie noodwendig gaan oor n pous of die kerk of die Katolieke kerk nie, maar eerder oor die optrede van die mens wanneer jy sy struktuur wegneem. So dink ek sal elkeen die stuk anders ervaar. Ongetwyfeld wat die werk aantreklik maak!

7. Wat kan die gehoor verwag van Pous Johanna II? Is dit 'n toneelstuk wat mens dwing tot selfondersoek?

JC: Ongetwyfeld. Of ten minste ek hoop so. Hierdie intreerede as eerste vroulike pous wat demokraties verkies word vir n vierjaartermyn, reik uit onderskeidelik na vroue, mans, en dan veral die jeug. Sy bekyk dinge vanuit elkeen se eie perspektief. Dis wat die stuk interessant hou. Sy maak dit n persoonlike ervaring en nie n rede van n platform af nie. Beide ongelowiges en dan ook sterk gelowige en kerkvaste mense het my al verras met soortgelyke meelewings. Ek dink dit het te make met die respek waarmee Vilar skryf. Haar diep behoefte aan n beter wreld van vrede en liefde vir jou medemens staan tematies sterk. Die roete wat sy volg, is egter uitdagend en kontroversieel.

8. Watter projekte l vir jou voor gedurende 2005?

JC: Ek loop op die oomblik met drie tekste in my kop rond: Pous Johanna II, Romeo en Julia van Peter Verhelst, en dan ook 1975. Om nou laasgenoemde te quote: Die een nice ding van die teater is sy vervlietendheid. As die produksie klaar is, is hy dood. Jy kan dan letterlik jou woorde ononthou, plek maak in jou kop vir nuwe woorde. Ai. Johanna gaan Windhoek toe later, Madame Capuletti Aardklop toe en ons hoop om met 1975 Pretoria te besoek. Dit is vir my die veeleisendste ding van teater. Om binne die oomblik te staan en vir jouself te oortuig dat jy nou net hierdie n ler moet oopmaak  wat n exercise om skoonkop te bly. Nous ek honger vir n tactile, praktiese, visuele skeppery. Sonder woorde dalk? Sal maar sien volgende jaar.

9. Wat maak jou opgewonde oor Afrikaanse teater? Wat maak jou bekommerd?

JC: Seker maar omdat daar nou al vn die NTO-dae geskryf en geskep word, voel mens gebonde en betrokke by n groter prentjie. Iets wat lankal daar was en lank nog daar gaan wees. Of klink dit nou te oudmodies? Ek het oneindige respek vir skrywers wat aanhou skryf en vasbyt as produksies nie noodwendig kommersile suksesse word nie. Tyd is tog die eintlike beproewer. Nuwe tekste maak my geweldig opgewonde. n Deurgaans ondersteunende gehoor is egter onmisbaar. Die betrokkenheid vind ek is daar. Dt hou my opgewonde. Dat ons die boerebazaarroetes met tye volg, is kommerwekkend, maar ek begin aanvaar dat mense verskillende oortuigings het. Teater moet in die algemeen eers weer op die gewone man binne sy gewone doen en late se spyskaart kom. Belangrik.

10. As daar een ontwykende rol is wat jy nog graag sal wil vertolk, wat sal dit wees?

JC: Ek dink n nuwe werk rens wat my kan verras, miskien op die doek, iets kleins  en dan sal Shakespeare my seker altyd lok.

* POUS JOHANNA II

(Das Amerikanische Papstin, deur Esther Vilar)

Spel: Jana Cilliers
Regie: Mark Graham
Verwerking: Saartjie Botha

n Vrou word demokraties verkies tot pous in die jaar 2033. Haar inhuldigingstoespraak word n persoonlike getuienis en intellektuele oefening oor die aard en toekoms van godsdiens en geloof in die moderne wreld.

Die Switserse dramaturg Friedrich Drrenmatt skryf:

Ek glo in ooreenstemming met die oomblik. Daar is oomblikke wanneer ek kan glo, daar is oomblikke wanneer ek moet twyfel. Die ergste, volgens my, is om te wil glo, want hy wat wil glo, moet sy twyfel onderdruk, en hy wat sy twyfel onderdruk, moet vir homself jok. Net hy wat nie sy twyfel onderdruk nie, kan homself betwyfel sonder vertwyfeling. Omdat die mens wat wil glo, vertwyfeld raak wanneer hy skielik nie kan glo nie; maar hy wat homself betwyfel sonder vertwyfeling, is, moontlik, op die weg na geloof.

Opdrag Productions, gestig deur aktrise Jana Cilliers en regisseur Mark Graham, bied gedurende 2001 met trots aan die bekroonde The American Popess in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad.

Pous Johanna II n nuwe verwerking deur Saartjie Botha, wek opspraak by KKNK en Aardklop 2004. Kobus Burger van Beeld skryf:

Hierdie Afrikaanse vertaling van n werk deur die Duitse dramaturg Esther Vilar oor n vrou wat in die jaar 2033 demokraties tot pous verkies word, eggo n tydige waarheid. n Waarheid wat met bietjie verbeelding, bittermin beligting en bykans n kaal verhoog op die krop van jou maag kom l; net die rou woord en n asemrowende vertolking deur Cilliers.

Imagine an American, daughter of a prostitute from the slums of Los Angeles, of unknown father, being elected Pope in the year 2033. And imagine the Catholic Church completely liberalised, allowing not only birth control and divorce, but also priest marriage and homosexuality. There are no more dogmas, no deadly sins, no prayers, no liturgy. The material treasures of the Church have been distributed among the poor of the earth. In this situation, a woman is elected Popess for a four-year term. She calls herself Joan II. The television transmission of the inaugural speech of this democratically elected Pope is financed and continually interrupted by commercials.

Esther Vilar gives the play a twist that makes it relevant for audiences outside the Catholic faith. She creates a mind game about the function and future of our religions; a play in which Christians, agnostics and atheists will all be interested. It is a dialogue with the silent audience: first the women, then the men and then especially the younger people, where the polemic speech is expanded into a discourse on the human craving for submission to authority and on mans unfortunate inability to grow into independent maturity.

The American Popess is a highly controversial play, but it does not set out to offend or decry anybodys religious views or beliefs. It is a highly intelligent and considered discourse on the nature of man confronted with a 21st-century world which has changed beyond all recognition and his ability or inability to deal with that world. Vilar herself has said: I would ask my audience to believe that this play, notwithstanding arguments which for orthodox Catholics could be at times alienating and possibly even painful, has been written with the utmost respect for the Catholic faith.

  • A knockout performance that will leave you almost shell-shocked with its meteoric impact. Citizen

  • Cilliers is mesmerising. The force of her personality, her very presence, makes the manifestation of Pope Joan very real. The Argus

  • A marvellous vehicle for the electrifying talents of this superb actress. The Star

  • Cilliers is fascinating to watch  she brings frightening steeliness and aching hollowness to her character. I look forward to more Opdrag, more Cilliers and more Graham. Artslink

    Klik hier en wen!
    Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




    LitNet: 18 Mei 2005

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.