Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

INSIG-artikel: Mei*

Klik hier om Sue Grant-Marshall se artikel in die Mei-uitgawe van INSIG oor die SABC se omstrede Snuki Zikalala te lees

INSIG se Mei-uitgawe!

Olifante het lang geheues

Dalene Matthee, oersiel, bosvrou, beneuk soos kan kom, is onlangs dood, maar het haar plek opgeis in die geheue van die mense wat met haar saamgewerk het met dieselfde stil verbetenheid as di waarmee sy haar heel eerste boek, die onvergeetlike Kringe in n bos, aangepak het. In die Mei-uitgawe van INSIG skryf Charles Fryer, haar eerste uitgewer:

As sy net nie so hardkoppig was nie!

Voordat Dalene Matthee die dag met haar kosbare vraggie, haar olifantboek, in n OK-plastieksak by ons opgedaag het, het twee ligte romans verskyn, n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, burgemeester (1983), asook n kortverhaalbundel Die Judasbok (1982).

Ek kan nie onthou wie die titel Kringe in n bos voorgestel het nie, maar die olifant, Oupoot, het begin loop en sy pad deur die Afrikaanse letterkunde gebaan. Andr P. Brink het sy Londense agent, Dinah Wiener, genteresseerd gekry en die boek is uiteindelik in soveel tale vertaal dat Dalene n internasionale fenomeen geword het. Petra het besef dat hierdie verhaal iets baie besonders is, maar Andr het die moontlikheid van n wreldtreffer raakgesien.

As fiksieredakteur het ek met Kringe in n bos gewerk, asook met Fiela se kind (1985) en Moerbeibos (1987). Ander romans het gevolg: Brug van die esels (1992), Susters van Eva (1995) en Pieternella van die Kaap (2000). My pad met Dalene het doodgeloop n Pieternella toe ek weens my gesondheid moes ophou werk. Die vierde bosboek, Toorbos, het hierna verskyn. Haar postume boek, Die uitgespoeldes, verskyn binnekort by Penguin.

Met Fiela se kind reeds het ek as redakteur my vir die eerste keer in Dalene se eiesinnigheid vasgeloop. Sy het die hele verhaal in die verlede tyd geskryf pleks van die historiese presens. Die hette was baie steurend, maar Dalene het ges haar temamusiek, iets van Rossini, sal nie pas by haar teks indien sy dit aanpas nie. Op die ou end het ons maar n kompromis getref. Tot vandag toe dink ek dit kon n baie beter boek gewees het as sy nie so hardkoppig was nie.

Een ding wat my met die lees van Fiela se teks getref het was dat dit vlot verloop het terwyl daar aksie en dialoog was, maar wanneer die karakter n innerlike stryd beleef, soos Benjamin Komoetie wanneer hy sy eie identiteit soek, het die styl begin vou. Ek het gedoen wat ek kon om Dalene te beskerm.

Met Moerbeibos het sy my instink al mr vertrou en het dit stukke beter gegaan. Met Brug van die esels het ek en Dalene klippe gekou om n plan te maak met al die Afrikanergeskiedenis wat sy daar wou indruk. Ek het later gehensop en ges dit moet nou maar eenmaal n boek met n flaw wees.

Met Susters van Eva het ek my in n aspek van Dalene vasgeloop wat my verstom het. Ons hele gesin was n paar dae lank platgetrek deur n kwaai virus. Die oomblik toe ek en my vrou gesond genoeg was om te kon ry, het ons Hartenbos toe gegaan waar ek die hele nag in die hotel aan die manuskrip gewerk het. Die bediening by die ontbyt was traag verby. Sonder slaap en sonder ontbyt kon ek nie die werksessie aandurf nie. N baie frustrasie om iets te ete te kry, is ons toe haastig weg na Dalene. Daar het sy ons briesend ingewag, verwoed heen en weer geloop op haar tekkies. Sy het selfs my hoofbestuurder in Kaapstad ingelig dat die blerrie Charles Fryer nie betyds opgedaag het vir die werksessie nie! Onder di wolk moes ek maar rustig voortgaan totdat sy laatmiddag oor n glas vonkelwyn erken het dat sy nie sonder my hierdie boek sou kon doen nie.

Dalene se inskripsie in my Susters van Eva lui soos volg:

Met liefde en groot agting vir Charles Fryer, die stille slim Adam agter Eva wat die foute moes regmaak. Dankie. Sonder jou sou ek verlore gewees het. Dalene.

Terloops: Uit Calvinia se wreld het ek vir haar n storie vertel van n bobbejaan wat sy derms uitgeryg het nadat hy geskiet is. Dit het uiteindelik deel geword van die verloop van haar verhaal.

Pieternella van die Kaap het ek met gemengde gevoelens versorg. Leserskring wou die boek op n sekere tyd h en dit was duidelik dat Dalene moeg begin raak het na die einde toe. As ek vandag met n inskikliker Dalene kon gesit het, sou ek die boek drasties ingekort het.

In n stadium het ek voorgestel dat Dalene die verhaal van al haar boeke se navorsing moet opteken. Sy was nie onwillig nie, maar daar was nog ander boeke wat sy eers moes skryf. Nou sal niemand ooit weet hoeveel geld, tyd en energie haar deeglike navorsing vir haar boeke in beslag geneem het nie. Ook nie van die slinkse planne wat sy moes maak om sekere amptenare te omseil nie. Brandewyn het bv. die boswerkers aan die praat gekry!

Dalene wou soms met die aflewering van n manuskrip met kreef vergoed word. Sy het geglo sy as skrywer gee haar alles vir n boek en sy het verwag om daarvolgens vergoed te word. Geen wonder dat haar outeursgeld altyd n twispunt was nie.

N haar dood is daar heelwat staaltjies wat oor haar vertel word, want sy was n baie eksentrieke mens. So het Danie van Niekerk (voormalige hoofbestuurder van Tafelberg) na Hartenbos gegaan om Dalene te besoek en hulle het eers n draai by die see gemaak. Toe s sy vir hom: Vandag is dit springgety, die see se verjaardag. Hy het toe maar skamerig ges: Geluk, see!

Sy was nie alleen n vriend van olifante nie, maar ook van vols soos die kwikstertjies wat altyd kaas by haar kom eet het en n laksman wat sy as vriend aangeneem het. In n boom in die agterplaas het daar feetjies gewoon.

Dalene (n afstammeling van die skrywer sir Walter Scott) was waarskynlik die mees geliefde skrywer naas Langenhoven in Afrikaans. Na haar skielike dood het n gevoel van volslae ongeloof onder haar aanhangers geheers. Met haar vitale teenwoordigheid was hierdie oervrou, hierdie wyse ou siel, n tydlose mens.



* Die Mei-uitgawe van INSIG is nou op die rak.



LitNet: 18 April 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.