Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dozi in sy grootste show ooit by Carnival City

Persverklaring deur Frans Swart APR

Nuut! Klik hier om 'n onderhoud met Dozi oor sy Carnival City show te lees!

Plek: Carnival City – Big Top Arena
Datum: 24, 25, 26 Junie 2005
Tyd: 20:00
Besprekings: Computicket (011) 340 8000 of by www.computicket.com
Groepe meer as 10 kry afslagpryse! Skakel Charl by (011) 815 4395 of 083 471 0037

Kompetisie!!!
Drie gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie wen na DOZI se groot show by Carnival City se Big Top Arena op 24, 25 en 26 Junie. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 36009 te SMS: DOZI LITNET en dan JOU NAAM EN VAN. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die organiseerders se beslissing is finaal.

Hier kom die “show” van die jaar. Dozi, ‘n groot orkes onder leiding van musikale regisseur Janine Neethling en gaskunstenaars Amanda Strydom, Jan Blohm, Die Afrika Mamas, Ollie Viljoen, Gian Groen en Mel Botes.

Op 24, 25, 26 Junie 2005 gaan die Big Top Arena van Carnival City dreun met seker een van die grootste shows wat Dozi nog gedoen het. “Dit is beslis een van die grootste shows wat ek nog in my lewe gedoen het en ek sien werklik baie daarna uit. Ons gaan konsert hou soos daar lanklaas konsert gehou is!”

Besprekings kan by Computicket gedoen word by (011) 340 8000 of www.computicket.com. Groepe meer as 10 kry ‘n lekker afslag by Charl (011) 815 4395 of by 083 47 100 37. Meer inligting is beskikbaar by www.lefra.co.za.

“Ek sien vreeslik uit na hierdie show,” sê Dozi, “want ons gaan lekker eksperimenteer op ‘n baie groot verhoog met wonderlike beligting en klank. Ons gaan ook my eie talentvolle band vir daardie aand uitbrei en dit groter maak, terwyl Janine Neethling kom hand bysit met die musikale regie. En dan gaan ek ook ‘n paar bekende en nuwe kunstenaars nooi om saam met my op te tree. Dit gaan ‘n ongelooflike lekker show wees – ek wil nie te veel weggee nie, maar glo my, dit gaan uniek wees!”

Dozi sal ook vanjaar aan die Oos-Rand eksklusief net by Carnival City optree – so as jy vir Dozi wil sien, moet jy vinnig vir hierdie konserte bespreek!

Vinnige feite oor Dozi:

Dozi is die jongste van drie kinders.
Hy is lief vir die natuur en bly op 'n plaas.
Hy is 'n baie netjiese mens en 'n groot perfeksionis.
Hy hou van reën.
Hy is hou nie baie van tamaties nie.
Hy is baie lief vir die musiek van Keb' Mo', die Dave Mathews-orkes, Anastasia, Sting en die Dixie Chicks.
Hy hou van fliek.
Dozi hou glad nie van slange nie en is versigtig vir swaar donderweer.
Hy praat Zoeloe vlot en skryf al sy Zoeloe liedjies self.



LitNet: 8 Junie 2005