Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Staan op aandag en sing uit volle bors

Alex Omega


“Ai, die vrou … Plaas jouself in my posisie, my vriend.”

Abel Eksteen hier, suksesvol as skrywer, onsuksesvol as enige iets anders …

Ek sit al ure en swoeg oor hierdie storie wat nie wil rigting kry nie, en toe ek begin blaas van ongeduldigheid, voel ek iets hier onder die lessenaar peuter by my voete rond. Menende dat dit weer een van die katte is wat moedswillig is, gee ek so ’n ligte skoppie om die dier te verwilder. Hoor net so ’n verontwaardigde vrouegilletjie, toe weet ek dis weer sy. En so waar as wragtig, hier trek sy my veters los.

Ek probeer haar ignoreer, stry moedig voort met die storie wat nêrens heen gaan nie. Maar dan trek sy my skoene en sokkies uit, begin my tone een vir een suig. Nou ja, dan kan ’n man maar vergeet van werk. Ek druk ’n punt aan die einde van die sin wat lees: “Plaas jouself in my posisie, my vriend [punt]” voor ek my stoel beklim van ekstase, want as ek jou ’n geheim kan vertel, my tone is die tweede mees sensitiewe plek op hierdie lyf van my. Ek skuif my stoel effens terug en kyk af na waar my kuite in die donker onder die lessenaar verdwyn. Hoor die slurpgeluidjies van haar warm mond wat elke toon individueel suig, van hef tot punt. ’n Deeglike joppie!

Sy maak klaar met die tone en gly haar hande plat kant onder op teen my bene, vingers effens oopgesprei. Haar spierwit arms groei uit die skadu onder my lessenaar soos vreemde vlesige bome, op, op teen my bene. My skrywerstoel, met ekstra rugsteuning vir die lang ure se sit, skuif terug op die wieletjies met sjir-geluidjies wat olie kort. Wanneer sy my heupe bereik, kan ek die bokant van haar kop sien, die goue blonde hare, haar hoë gladde voorkop, die punt van haar neus — soos ’n krokodil uit ’n diep, donker poel kom sy opwaarts.

Sy lyk vandag ’n bietjie na ’n jong Brigitte Bardot. Ek lieg nie vir jou nie.

Sy kom nog nader en nou kan ek haar oë sien. Berlynsblou, lewendig en ondeund, met die ligte, amper nonexistent wenkbroutjies wat mens dikwels by blonde kinders sien. Haar vingers vroetel nou by die broeksknoop.

Ja-nee, dis weer sulke tyd, my vriend.

Sy haak haar vingers by die soom in, dan trek sy my broek af oor my dye, af tot onder my knieë. Die blonde kuif, voorkop en spitsneusie verdwyn weer vir ’n oomblik in die donker.

Tussen my dye lê die mannetjie, die skag half styf oor die balle soos ’n surrealistiese pap kanon, die kop pienkwarm en effens verrimpeld, die hare woes soos ’n Einstein-kuif. Soos ’n knus voël in sy nes, kan jy amper sê.

Sy plaas haar hande op my knieë, weer met die palms na onder, die duime ingehaak, en skuif dan teen my binnebene op, op, op tot waar my lieste hulle mikke maak. Haar duime skuif weerskante van my balle in, die ander vingers hou my heupe in ’n ferm greep. Die surrealistiese kanon ontwaak stadig, ritmies ruk dit met die kloppe wat die skag bloed voer …

Wat gaan sy doen?

Sy vat die slap-styf stang met haar regterhand en rig dit na haar. Die stoelwieletjies sjir weer ’n entjie agteruit. Haar hele bolyf is nou in die lig onthul, haar boude en bene nog solied geanker in die duister wat onder my lessenaar woon. Sy kyk op van haar handewerk en glimlag. Ek trek my skouers op en glimlag terug, dan sak my oë af oor die erekte borsies wat van die ribbes uitsteek, die stywe tepels, met die puntjies so groot soos tweesent-muntstukke, af na die effense magie met die diep naeltjie, waaronder die donker haar Einstein-kuifie verberg.

Ek groei fluks in haar hand. Eers horisontaal, langer en langer, dan opwaarts. Sy’t nou opgehou trek, hou die klong nou net vas, die linkerhand los my heup en maak ’n mandjie vir my balle, wat styf optrek in my lyf. Die kop is nou donkerpienk en blinkstyf, die stang ruk met honger kloppe.

My vriend, ek staan op aandag!

Sy trek die vel af tot by die balle, dan weer op tot knap onder die glimmende kop. Sy skuif nog nader; nou kan ek die sny van haar boude sien as ek afkyk oor haar gladde rug, die skeiding marmerglad afgeëts in die skadu.

Sy bring haar kop af en sluk die stywe breë kop, dit vul haar hele mond, haar hand steeds onder by die balle, haar vingers tussen die krulle. Ek kan voel hoe sy liggies om die rand vasbyt, haar lippe wat ferm daarom sluit en binne haar mond haar tong, wat saggies om en om die kop speel. Haar wange duik effens in, want sy suig nou hard aan die vreemde tepel.

Met abrupte beweginkies van haar kop werk sy die ander een in haar mond, laat dit gaan, warm en nat tussen haar lippe, met ’n smak!-geluid, kom terug, sluk. Haar hand beweeg op teen die skag. ’n Siddering (die eerste gevaarteken) gaan deur my lyf, dit het sy oorsprong tussen my balle en my anus, ontplof iewers in my maag …

Sy vat die kop weer vas, met mening dié keer, trek die vel weer af na die balle, vat dit weer vas tussen duim en wysvinger, die ander vingers los, soos wat mens maak as jy ’n puiktekentjie wys. Dan gly haar mond af, so diep as wat dit kan, ek kan voel hoe ek aan haar verhemelte raak, haar hand kom terselfdertyd op tot waar dit haar lippe ontmoet. Ek voel hoe my balle optrek. Die vrou het darem vir jou ’n ferm greep!

Ek verwag dat sy weer sal afgaan, maar nee, sy hou dit vir ’n oomblik so. ’n Paar sekondes gaan verby, ’n minuut …

Dan doen sy dit! Sy trek los met die eerste vers van die Stem! Sy doen dit altyd! Dit maak my mal! Sy sing dit reg deur: “Uit die blou van onse hemel …” uit volle bors, in ’n basstem; die vibrasies resoneer op en af teen die skag, selfs my balle tril, ek klop en pyn in haar mond.

Dan hou sy op, so abrup as wat sy begin het, trek af met haar regterhand, terwyl sy pynvol en stadig opkom met haar lippe. Die kop, kneukelwitstyf, verskyn weer met ’n smak! tussen haar lippe, ’n wit pêrel vorm aan die punt. Ek snak na asem, probeer aan onerotiese goed dink: die voorblad van vandeesweek se Huisgenoot, LitNet-artikels, enige iets … Ek maak dit. Die stuwing vervaag …

Dan herhaal sy die proses. Ek wil teëstribbel. Ek is nog nie reg nie. Te laat. Ferm klem sy my vas met hand en mond en trek los met die tweede vers van die Stem op my perskop-mikrofoon. Ek sweer Langenhoven het aspris soveel lang klinkers gebruik, soveel frikatiewe klanke, diftonge met ekstra tong en long …

Dis met die tweede versreël dat dit gebeur: ’n dik souterige skoot skiet teen haar verhemelte, terwyl ek tweede stem sing. Sy staak haar singery en trek op met die lippe, af met die hand, die smak!-geluid word gevolg deur ’n tweede dik straal, reg in die lug in op, in slow motion amper, op, op tot dit ’n oomblik in die lug hang, ’n duim of twee onder die plafon, vol van Jackson Pollock-blertse, die produk van vorige pogings, reëndruppels in woestynsand, dan val dit terug; maar voor dit arriveer, loods ’n tweede straal ditself op, op, bloot ’n paar duime laer as die eerste straal. Dan spuit ek soos ’n sjampanjebottel wat bietjie geskud het; die wit saad spoel oor haar kneukels … Dis oor.

’n Oomblik se stilte.

Ek kyk na haar. Sy kyk na my. Jy het dit weer nie tot by die derde vers gemaak nie, skyn haar beskuldigende blik te sê.

“Ai, liefie,” betig sy my.

Ai.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.