Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Voëlkyk

Aurora Borealis

“Kom ons ry net strandhuis toe.” Dis laatmiddag en ons sit op Langebaan. Sight-seeing met die kleintjies werk nie vir my nie. Ek wil net kom waar ek kan afpak en uitpak.

Fritz kyk my aan asof ek gestoot is. “Jy’s nie ernstig nie.”

Ek is. Na die paar dae in die Kaap waar ek myself, ’n kleuter en ’n baba moes vermaak terwyl Fritz sy kongres bywoon, is ek gatvol. Ons het ’n walglike klein woonstelletjie op die twaalfde vloer van die middelste Tampax Tower gehuur. En ek was sonder ’n kar. Die plan was om ná die kongres teen die weskus op te kuier en dan rustig die pad Geoerge toe te vat. Strandhuis toe. Gesinsvakansie.

“Dis minstens sewe ure se ry en dan nog stop vir petrol en piepie. Wat van ons besprekings vir die volgende vier dae?”

Ek weet ek kan hom ompraat, liewe, redelike man wat hy is. Ek mik laag. “Kom ons ry net. Miskien as die kleintjies op een plek gesettle is kan ons ook weer bietjie die ding gedoen kry.”

Hy sê niks verder nie. Doelgerig pak Fritz die doekesak, die bottels en die kinders in die kar.

Ons ry goed en die kleintjies slaap byna heelpad. Ons kom na middernag daar aan en kry vir elkeen lêplek. Janus roep. Ek gaan lê by hom en raak aan die slaap. Fritz kom haal my later. “Sy huil, sy soek tietie … En ek ook,” mompel hy deur die slaap. My vol, stywe tieties skuur teen sy rug as ons plekke ruil. Ek voel die reaksie in sy lyf. Musical beds. Ek raak onmiddellik weer aan die slaap met baba aan bors en word vroegoggend wakker met ’n pynlik gestude regterbors. Die kinders is uitgeslaap. Janus wil Pronutro hê en ek het dringend koffie nodig. Ek vang Fritz se oog. Ek ignoreer die patetiese uitdrukking op sy gesig. Hy gaan koop kos en ek probeer uitmelk.

Drie-uur. Die baba was heeldag moeilik. Sy wou glad nie die oorvol bors vat nie, maar slaap uiteindelik. Fritz is besig om die lekkende stortkop te vervang. Ek het Janus belowe as die ergste hitte verby is kan hy in die sand speel voor die huis. “Ek gaan bietjie op die grasperk lê terwyl Janus buite speel. Hou ’seblief jou oor op die baba.” Ek lê op my rug. Kaalgat. Drink stadig aan ’n koue Savannah Light. Ek kan net-net Janus se koppie sien uitsteek waar hy op die naaste duin speel. Die branders breek in my ore en die son skyn op my postswangerskap-lyf. Ek voel hoe my oorbruikte tepels styf word in die ligte windjie. Salig. Niemand wat aanspraak maak op my lyf vir oorlewing of plesier nie. Ek vryf oor my seer bors. Dit voel goed. Fritz staan in die venster op die boonste verdieping. Hy hou my dop. Ek ken my man te goed en het oor die jare ’n soort deernis ontwikkel vir sy onverdunde, onverbloemde jagsgeit. Selfs in die mees ontoepaslike of onwaarskynlike situasies bly hy hoopvol. Maak hy planne. Hy draai weg en kom na ’n ruk oor die gras aangestap. “Jy kan nie ook hier buite wees nie,” protesteer ek. “Ons sal nie die baba hoor nie.” Sonder ’n woord gee hy vir my ’n verkyker, draai om en stap terug. En ek weet. Hy het ver gery. Sy deel van die ooreenkoms nagekom. Met my oog op Janus begin ek myself met sonbrandolie insmeer.

Hy’s terug op sy plek by die venster met sy eie verkyker. Let the show begin. Ek gly my hande stadig oor my vol borste, oor my maag tot tussen my bene. Ek is warm en nat. Tot dusver onbewus van my eie behoefte, vang dit my half onkant. Deur my verkyker sien ek hoe hy met sy vry hand begin draadtrek. Sy gemaklike ritmiese polsaksie spoor my aan. Hy’t al sy klere uitgetrek. Janus speel met sy karretjies. Ek speel met myself. Ek en Fritz speel met mekaar. Ek sien hoe hy sukkel om die verkyker op sy oë te hou toe hy kom. Ek probeer nie eens nie.

Hy gee eers vir my die baba aan en toe ’n koue bier. Hy vryf oor Janus se kop waar dié nou, verkyker in die hand, by my op die handdoek sit. “Wat kyk jy, seun?” “Ek soek voëls, Pappa. Mamma sê daar was netnou so ’n grote. Kyk, hy het daai wit blerts op die venster daarbo gelos.” Die baba kry gulsig vat aan die regterbors. Fritz lig vir Janus op sy skouers. “Die boys gaan bietjie swem.”



LitNet: 17 Maart 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.