Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vlug SIN070

Michelle Pitout

Dit is laatmiddag as ek vervaard uit die taxi spring. Ek's laat, moerse laat. Ek prop 'n klomp yuan in die veteroog van 'n taxidrywer se hand en storm soos Moses die see van mense in. Kwangtsjou se lughawe is 'n miernes van nasies en mense. Alles afkondigings word uitgeskel deur 'n Sjinese vrouestem waarmee jy blikplaat kan sny.

Na 'n halfuur van voorry speel betaal ek my lughawebelasting en begin voorry weer in die rigting van die vertrektoonbanke.

Sewe blou kolle en 'n gevloek dat my ore tuit later sit ek kiertsregop in die vertreksaal. Stadig kom ek tot verhaal. My blou broekpakkie dra duidelike tekens van al die gestoei. Ek sal sodra ons in die lug is, moet gaan verklee. Gelukkig het ek 'n los rokkie in my handbagasie.

Sjina was iets ysliks. Ek het 'n handelskou kom bywoon op aandrang van my baas. Dis die laaste keer, sweer ek vies. So wat van 'n gesukkel het ek nog nie gesien nie. Hier is hopeloos te veel mense en reuke, asook gespoeg, besluit ek vies.

Ek stap Singapore Airlines se koel romp in en voel sommer beter. Hierdie mense ken diens. Ek wens ou Bulletjie, ons bemarkingsbestuurder, kon sien hoe diens nou eintlik lyk. Ek sak in my ry neer. Ek is so dankbaar dat die vlug baie leeg is. Ek het die drie sitplekke vir myself. Ek hoop dit bly so. Ons moet nog in Singapoer en in Mauritius land op pad huis toe.

Terwyl die ou fliekie speel oor hoe om te maak as die vliegtuig val, haal ek solank my los rok uit en rangskik my vir die vlug. Dan is dit ons beurt en ons "donder", soos my ouma sou sê, die aanloopbaan af en draai skuins oor die vuil stad en verdwyn in die misrook.

Na 'n draai in die kleedkamer voel ek stukke beter. Ek trek my skoene uit en trek die naatlose vliegsokkies aan. Komberse en gehoorstukke word mildelik uitgedeel. Na twee glase Grand Cru, 'n visete en 12 PacMan-sessies draai ek vaak weg van die klein skermpie en begin bedmaak vir 'n vale. Minute later is ek in droomland.

'n Warm hand op my arm trek my stadig uit my slaap. Ek kyk vervaard in 'n paar amandelvormige ogies. Stadig kom die besef terug na my. Ek's in 'n vliegtuig en die lugwaardin het my wakker gemaak, want ons gaan in Singapoer land.

Dit is stikdonker en middernag. Niemand mag die vliegtuig verlaat nie. Mense word net opgelaai en dan is dit vort Mauritius toe. Die vliegtuig word al hoe voller. My vrese word bewaarheid deur 'n lang donker gestalte wat by my sitplek vassteek en beduie dat hy by die venster moet sit. Ek maak plek en mompel 'n verskoning. Hy praat iets in 'n vreemde taal terug en sak in sy sitplek neer. Weer speel die fliekie en weer "donder" ons die nag in. Die vreemde man sit oorfone op, sak agteroor en ontspan. Die vliegtuig raak weer donker. Ek probeer my so gemaklik moontlik op twee sitplekke opkrul. Met my rug na my vlugmaat dommel ek weer in.

Ek word met 'n ruk wakker. Eers weet ek nie wat my wakker gemaak het nie. Dan besef ek dat my kombers moes afgeval het. My vlugmaat is besig om dit weer oor my te gooi. Ek besef ook met 'n skok dat my los rok hoog opgetrek is en my hele agterstewe sigbaar moet wees. Ek het net 'n klein swart tangabroekie aan. Ek besluit met rooi wange om liewer te maak of ek slaap. Net voor ek insluimer, verander my vlugmaat sy posisie. Hy sit nou met sy gesig na my kant gedraai. Sy hand raak weer aan die kombers. Die hand beweeg ligweg oor die kombers. Dan is dit onder die kombers. 'n Sagte hand streel oor my boude. My hart gaan amper staan. Wat nou? Moet ek skreeu? Die streling gaan voort, terwyl ek paniekbevange probeer besluit wat om te doen. My liggaam besluit sommer namens my, want die streling is allesbehalwe onaangenaam. Sy warm vingers gly lig oor my liggaam.

Ek sluit my ooglede en gee my oor aan die streling, wat al hoe intenser raak. Sy hand skuif my rok heeltemal weg. Die vingers streel oor my broekie. Ek onderdruk 'n kreun net betyds. Dan word ek bewus van 'n tweede gevaar. My liggaam speel hartlik saam met die vreemde hand en reageer heerlik. Die gevolg is, ek word bewus van 'n warm nattigheid wat stadig my broekie deurtrek. Voordat ek my verder daaroor kon bekommer, gly sy vingers verder teen my boude af en raak aan die nat area. Asof verbaas, huiwer sy hand 'n oomblik, maar begin saggies die nat broekie masseer. Ek snak na my asem. Ek kan nie glo wat met my gebeur nie. Die vingers gee my nie veel kans om verder te tob nie. My broekie se rek word saggies gelig. Die vingers gly onder die materiaal in. Die vingers vind hulle teiken, huiwer 'n oomblik en gly dan in. Eers net een, dan volg 'n tweede. Die duim reik verder op en begin klein sirkelbewegings maak. Ek kreun hierdie keer hardop en my heupe begin onwillekeurig beweeg. Ek weet nie hoe lank dit aangehou het nie. Die vingers het een orgasmiese simfonie na die ander met my gespeel.

'n Warm hand raak aan my arm. Vervaard vlieg ek regop. Die lugwaardin met die amandelvormige ogies hurk by my en vertel dat ons nou in Mauritius gaan land. Ek sit regop en draai na die vreemdeling langs my. Die sitplek is leeg. Ek kyk vervaard rond. Die lang donker man sit nou naby die uitgang met sy aktetas op sy skoot. Nadat die deure geopen is, verdwyn hy in die skemerdonker van die uitgang. Die nat tussen my bene verseker my dat ek nie gedroom het nie.

Die deure word toegemaak en die vlug word hervat Johannesburg toe. Stadig begin almal lewe kry, want die dag begin rooi breek in die ooste. Ek staan bewerig op en grawe 'n sweetpak uit my handbagasie. Ek voel taai en deurmekaar. Miskien sal 'n goeie opvars my beter laat voel. Ek vind elke toilet beset en draai terug na my sitplek. Amandelogies neem my aan die elmboog.

"All passenger toilets are now occupied," koer sy in haar Oosterse aksent. "Come with me to the back," stel sy voor en stuur my in daardie rigting.

Agter in die vliegtuig trek sy 'n deur oop en beduie my na binne. Ek skuur tussen haar en die deur verby.

"You smell nice, like hot sex," fluister sy by my oor.

Ek draai my gesig verbaas na haar; sprakeloos staar ek haar aan. Haar hand streel sag oor my wang. Sy leun vorentoe en maak my lippe met haar vinger oop. Sy soen my sag terwyl sy my stadig in die kleedkamer instoot. Die deur klik agter ons toe.

"We will not be disturbed now," fluister sy.

"Let me help you to fresh up," gaan sy voort en rol die los rokkie se bandjies van my skouers af. My borste spring los. Haar warm hande gly teen my maag op en kelk om my borste. Die tepels voel asof hulle wil oopbars. Haar hande gly teen my sye af en neem die broekie saam. Ek staan nakend voor haar. Sy neem 'n warm waslappie en begin my afspons. Haar ferm hande forseer my bene oop en dan hurk sy voor my. Vir 'n tweede keer streel vreemde hande oor my liggaam. Hierdie keer is dit net meer teer en intens. 'n Reuk van jasmyn is orals. Ek klou verlore aan haar skouers vas. Haar hande is orals oor my lyf. Saam met my orgasme kom trane. Ek weet nie hoekom nie, maar ek huil oor vannag, oor dit anders is, oor dit verby is, ag sommer oor alles wat al met my gebeur het. Ek huil oor verlore kanse en orgasmes wat ek nooit sal inhaal nie.

"You must dress now. Then enjoy breakfast," fluister sy terwyl sy die deur agter haar toemaak en verdwyn.

Ek kyk deur die venster. Johannesburg gly onder die vliegtuig se maag deur.

Ek is tuis … Of is ek? Ek weet nie. Ek leun terug teen die sitplek as die wiele die teerblad vasgryp. Skielik brand die trane weer agter my ooglede. Ek is tuis.



LitNet: 29 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.