Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Vliegtuig-verhaal

Harry

Ek kan alles onthou asof dit gister gebeur het ...!

Ek het agteroor gelê op die rusbank in die besigheidsklas-sitkamer op die lughawe en my oë toegemaak. Gevoel hoe die tweede brandewyn-en-coke my slaperig maak. Ek was moeg, net vanoggend geland vanaf Argentinië, waar ek en 'n klomp pelle gaan rugby kyk het. Ons het natuurlik net-net gewen.

Dink terug aan Fellipa, die hotel-ontvangsdame wat ek daar ontmoet het. Het haar elke aand gespyker, aanmekaar sonder ophou deur die aand. Het darem krag gehad om saam my pelle die toets te gaan kyk. Verder die tyd saam haar spandeer. Ons was vier dae daar. Sy was van Uruguay, absoluut pragtig en die mooiste lyf wat ek nog gesien het. Kry eintlik skaam - een aand net bo-op haar aan die slaap geraak en nie eers verder kon spyker nie. Elke keer as ek wakker geword het, maar weer van voor af begin. Sy was 'n bom in die bed.

Ek het deur my ooglede geloer en na Sandra gekyk wat oorkant my gesit het. Sy was die maatskappy se bankbestuurder se dogter, omtrent 25 jaar oud, en ek het saam haar gevlieg tot in New York, toe van daar af het ek verder afgevlieg New Orleans toe. Die maatskappy het haar geborg om in New York te gaan swot! En natuurlik haar vliegtuigkaartjie betaal.

Weer 'n verdere 20 ure op die vliegtuig. Ten minste het ek darem iemand gehad om mee op die vlug te gesels. Toe gewonder hoe dit sal wees om haar te spyker. Sy was nie beeldskoonmooi nie, maar het 'n sexy gesiggie gehad. Van wat ek deur haar sweetpak kon gesien het, moes sy seker 'n helse lekker lyf gehad het.

Dis my elfde trip na New Orleans toe, en toe weer gedink aan dat ek weer vir Gail, ons sekretaresse in Lafayette, gaan sien. Begin al klaar lus raak hoe ek haar weer gaan spyker.

Toe aan boord gegaan, en gelukkig het ek en Sandra agter in die hoek van die besigheidsklas gesit. Opgestyg, en toe gewag vir aandete. Tussendeur het ek en sy net 'n klomp nonsens gesels, en nie lank nie, toe slaap ek. Wakker geword toe hulle ons kos bring, en net daarna weer aan die slaap geraak. Sandra het by die venster gesit, en ek teen die paadjie.

Toe ek weer wakker word, moes ons seker al ses ure gevlieg het. Met die wakkerword het ek haar hand tussen my bene gevoel - seker in haar slaap daar gesit. Net geskok stilgesit, en gesien sy slaap vas. Dekselse sitplekke het 'n kantleuning tussenin, anders kon ek teen haar gelê het. Ek het toe maar my hand ook uitgesteek en dit tussen haar bene ingedruk. Dit het haar wakker gemaak, en ek het deur die dowwe beligting van die vliegtuig vir haar gekyk. Sy het net vir my geglimlag. Toe weet ek, hier kom moeilikheid. Sy het effens afgeskuif in die sitplek en haar bene wyd oop gemaak. Oor die kantleuning het ek my hand voor by haar sweetpakbroek ingedruk en onder haar broekie op haar koekie te laat rus. Jis, maar sy het 'n groot koekie. Dik lippe wat ek kon voel. Haar begin vryf, en toe my een vinger agter toe gebuig, en dié het weggesak in haar koekie in. Sy was papsopnat gewees, en warm. Het haar toe stadig begin vinger. Gelukkig het almal in die vliegtuig geslaap, ek glo nie iemand kon ons sien nie. Sy het haar hand toe ook oor die kantleuning gesteek en dit bo in my sweetpakbroek ingedruk. Sy het met haar warm hand my stokstywe meneer vasgegryp. Op haar beurt het sy op en af gevryf oor my meneer, en dit was hemels gewees.

Hoe nou? het ek gewonder. Hoe kan ek haar steek op die vliegtuig? Iemand sal ons seker hoor of sien?

Het toe 'n SAL-kombersie gevat en dié oor haar gegooi. Toe uit my stoel, afgesak grond toe, en tussen haar bene gaan sit. Haar sweetpakbroek gevat en dié saam haar broekie uitgetrek. Ek was basies nou onder die kombers weggekruip, en niemand sou my daar sien as iemand daar sou verbystap nie. Sy het verder in die sitplek afgesak, sodat haar boude op die punt van die sitplek was. Haar bene was wyd oopgerek, en ek het vorentoe gebuk. My mond het haar koekie begin soen. Sy het soeterig onder geruik, en dit het my jags gemaak. Haar lippe begin suig, op en af oor haar koekie gelek, met my tong oor haar klit gekielie, en die heeltyd kon ek voel hoe sy bewe van lekkerte en haar onderlyf meer opdruk om meer van my tong in haar koekie te hê. Ek hoop net nie sy maak geluidjies nie, het ek gedink.

Haar hande het my kop agter vasgegryp en my gesig dieper teen haar koekie vasgedruk. Nou was sy ekstra nat, en ek het die heeltyd probeer om soveel van haar nattigheid te suig en in te sluk. Met 'n ruk in haar lyf hou sy haar onderlyf ewe skielik stil, en ek kon voel hoe haar koekie om my tong vasknyp, toe weet ek sy het gekom. Nog so 'n rukkie haar verder getong, en saggies orals oor haar gesuig. Ek kon seks, haar komsous en koekie ruik onder die kombers, en dit het my eers rasend jags gemaak. My kop toe opgelig en onder die kombers uitgeklim. Ons het saggies plekke omgeruil, en toe ek gaan sit, het sy tussen my bene onder die kombers gaan sit. Soos met haar, trek sy toe ook my sweetpakbroek en onderbroek uit. Met my kaal boude op die punt van die sitplek half gelê en my bene wyd oop gemaak. Sy het my klipharde meneer met haar twee sagte handjies vasgehou en toe in haar mond gesit. Ek wou amper gil, so lekker het dit gevoel. Sy het saggies begin suig aan my meneer-kop, en nou en dan met haar tong oor my gelek. Ek wil net kom, maar probeer terug te hou. Dit was te heerlik en salig gewees. Toe voel ek hoe sy my diep in haar mond indruk en met haar mond my begin steek. Toe kon ek nie meer uithou nie, en toe sy voel hoe my meneer begin swel, my uit haar mond gehaal en met haar hande my vinnig op en af begin vryf. Ek het gevoel hoe ontplof my meneer soos my komsous uit my uitskiet, skoot vir skoot na mekaar. Waar dit geval het, het ek nie geweet, maar ek het ook nie omgegee nie. Die lekkerte was te intens. Na 'n ruk het sy begin op te hou my vryf en vir oulaas my meneer in haar mond gedruk en my skoongesuig. Toe het sy opgestaan, en ons het weer in ons sitplekke gaan sit na ons versigtig in stilte weer ons sweetpakke aangetrek het. Vir mekaar gekyk en net geglimlag, hopende dat alles in stilte was. So het ons aan die slaap geraak, met my komsous wat orals op die vloer lê. Hoe gaan ek die bankbestuurder eendag in die oë kyk? het ek gewonder.

Nie lank nie, toe word ons wakkergemaak, en toe het die vliegtuig op Isle de Sol geland, en almal het uitgeklim sodat die vliegtuig weer brandstof kan inneem vir die laaste skof direk New York toe. Op die lughawe, op die vroeë oggend, het ek en sy twee stywe likeurs in die lounge gedrink. Dit het ons effens wakkergemaak.

Weer opgestyg, en weer net gelê en slaap.

Na so 'n rukkie wakker geword en vir Sandra gekyk. Sy was besig gewees om fliek te kyk op die klein skermpie voor haar. Die vliegtuig was doodstil en donker en almal het gelê en slaap. Ons het toe seker nog so vyf ure se vlieg oorgehad voor ons gaan land. Ek het vir haar geloer, en toe saggies gefluister dat sy my oor vyf minute moet volg en in dieselfde toilet as ek moet ingaan. Haar oë het net oopgerek, en sy het geknik. Toe het opgestaan en in die donkerte verdwyn.

Dit was nie lank nie, toe het ek haar saggies hoor klop en die toiletdeur vir haar oopgemaak. Binne was dit lekker beknop, maar staande het ek haar vasgehou en haar op haar mond gesoen. Toe het ek haar omgedraai sodat sy oor die klein wasbakkie kon buk, en haar sweetpakbroek afgetrek saam met haar pantie. Haar pragtige, ferm boudjies het half in die lug gestaan. Terwyl ek agter haar gestaan het, my broeke ook afgetrek, en was heel in my noppies gewees om te sien dat my meneer stokstyf is, kloppend weer was van lus. Ek het effens my knieë gebuig, en toe my meneer opgedruk tussen haar boude in, tot teen haar koekie, en dié het net ingeglip. Sy was weer vuurwarm en nat binne. Met my hande op haar heupe haar vorentoe en agtertoe getrek soos ek haar begin steek het. Ek kon voel hoe diep my meneer in haar koekie wegsak, en nou en dan myself stil gehou, net om haar warmte wat my meneer omvou te waardeer. Vir 'n hele ruk haar so gesteek, en toe voel ek haar koekie begin saam te trek, styf, dan weer te ontspan, en dan weer my vas te knyp. Sy moes my meneer gevoel het toe hy ewe skielik begin groter swel, want sy begin sagte geluidjies gee, en toe weet ek sy is besig om te kom. Toe kom ek, en die laaste bietjie komsous wat in my oor is, diep in haar koekie ingeskiet. My bene wil swik, so lam het ek geword soos golwe en golwe lekkerte deur my trek.

Na ek gevoel het dis verby, my meneer uit haar getrek, en sy het opgestaan, en ons het na mekaar gedraai, terwyl ek haar mond weer saggies gesoen het. Toe het ons in die klein, beknopte spasie mekaar begin was. Sy het my meneer met sorg in die wasbakkie gewas, en toe was dit my beurt om haar te was. My komsous was orals in en om haar koekie en teen haar bene af gewees. Sommer 'n hele paar klein handdoekies gebruik om mekaar skoon te maak. Toe aangetrek, en sy het eerste uitgegaan, en ek het nog 'n rukkie gewag voor ek weer terug is na my sitplek toe. Toe ek daar kom, het ek gesien Sandra slaap vas soos 'n klip, en het ek toe maar verder fliek gekyk, en die laaste paar uur se vlieg afgewag … geweet Gail se lekker koekie wag vir my ...



LitNet: 02 September 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.