Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die verrassing

Wille Mann

Ek voel hoe sy my kop wegstoot van my posisie tussen haar bene. “Asseblief, moenie,” pleit sy. “Dit is nie skoon nie.” Ek kyk op, oor haar skaamhare, tussen haar borste na haar gesig wat ’n trek van afkeer verraai. Dit is die eerste keer in tien jaar dat ek my mond weer naby haar geslagsdele waag en nou dit. Lees sy nie genoeg vrouetydskrifte nie? Is daar nie gereeld artikels oor orale seks en die plesier wat albei daaruit kan put nie? Hoekom wil sy nou juis vandag nie ’n bietjie meer waaghalsig wees nie? Vandag wanneer ek juis ’n besluit moet neem. “Lê net terug en geniet dit,” probeer ek haar oorreed. Sy wil niks weet nie en ek kruip teensinning oor haar lyf en wil haar soen. Sy draai haar gesig weg en ek moet tevrede wees met haar nek.

“Naai my,” fluister sy in my oor. Dit is egter te laat. Hy het ’n wil van sy eie en daar is niks wat hom so gou laat afblaas as ’n “Nee” nie. Hy het ook seker Charlize se advertensie gesien en is nou teensinning om te perform.

Ek gebruik my vingers om haar klitoris te stimuleer en glip twee in haar nat en glibberige opening in. Nog steeds niks. Ek probeer Jeanna Jameson oproep om my te kom help. Ek verbeel my Jeanna is onder my en speel met my knaters. Niks. Uit desperaatheid probeer ek die bietjie bloed vasvang deur hom toe te knyp, en so kan ek sy kop darem indruk.

Dit is soos George Burns gesê het: dit voel asof ek probeer snoeker speel met ’n stuk tou. Uiteindelik maak hy sy rug styf genoeg om voor te gee dat ons dit geniet. Gelukkig stimuleer my vingers haar genoeg en sy kom gou. Ek fake my orgasme en sak langs haar inmekaar. Ons bly ’n respektabele oomblik so lê, voordat sy opstaan en haar gaan uitwas.

Dit is tevergeefs. Ek kan nie langer sulke vervelige seks verduur nie. Ek het al ’n geïllustreerde Karma Sutra gesien en na ’n paar porn-videos gekyk om te weet dat daar meer posisies is as die missionary en dat die tong en mond groot plesier kan verskaf. Hoekom moet seks ’n stryd wees? Hoe kan ek haar kry om dit meer te geniet?

Dit was tog nie altyd so nie. Toe ons pas getroud is het ons elke dag genaai, maar toe was ek nog dom. Ek het nie geweet wat orale seks is nie en het nog nooit ’n blowjob gehad nie. Toe was ek tevrede om kaal bo-op haar te lê en te pomp tot een van ons kom. Na twintig jaar se getroude lewe en drie keer ’n jaar se vervelige seks wil ek meer hê. Is dit soos alle affêrs begin? Betree ek nou eers my Naughty Forties? Wat het skeefgeloop? Dit is juis die afgelope drie jaar dat sy baie verander het. Sy het begin skuldig voel oor seks en ons seks het van een maal per maand tot drie keer ’n jaar afgeneem.

Fokkit. Ek staan op en gaan stort. Onder die aanslag van die warm water begin hy lewe kry en ek voel die warm krag van ’n ereksie in my regterhand. Ek streel hom liefderyk en smag na verlossing. Net voor dit kom stop ek my liefkosing en voltooi my ablusie.

Sy druk haar gladgeskeerde spleet in my gesig en my neus beland teen haar anus. Warm gloede dam in my gesig op en ek weet nie wat om met my hande te maak nie. Sy wikkel haar boude om haar vulva met my baard te kielie en ek smag om met my tong haar nat skaamlippe oop te kloof soos Moses met die Rooi See gemaak het. Ek wil haar nektar proe, maar konvensie weerhou my. Twee kollegas het my vir middagete na ’n strip club genooi en die lifelike blonde Natasha doen ’n tafeldans vir ons. Sy het reeds die ritueel met Piet en Gert afgerond en is besig om my volle waarde vir my R100 te gee. Dit is die eerste keer dat ek so tafeldans ervaar en ek moet sê dit is nogal vreemd. Hier mag ek kyk hoe ’n vrou haar geslagsdele in my gesig druk maar ek mag nie aan haar raak nie, terwyl ek by die huis mag vat maar nie kyk nie.

Ek het ook gereken dat ek ten minste ’n ereksie sou hê, maar met al die bloed in my gesig is daar niks oor om my voël te voer nie. Piet en Gert moedig haar vermaaklik aan om my verder te embarrasseer. Ek wil nog my oë toemaak om my te verbeel dat dit Vroulief is wat dit doen, toe Natasha haar bors in my mond druk.

“Suig,” beveel sy.

Vasgevang met ’n tiet in my mond en ’n kaal vrou wat op my skoot sit en haar vulva heen en weer teen my lies beweeg, doen ek soos ek beveel is. Ek suig. Ek rol my tong om haar stywe tepel en slurp haar smaak op. Sy kreun. Ek probeer haar vashou maar sy klap my hande weg. My broeksgulp glip oop en ek voel hoe Natasha se hand my voël nuwe lewe gee.

Gelukkig kyk Piet en Gert nie meer na ons nie, want die floorshow het weer begin en almal se aandag is daar gevestig. Natasha vryf my voëlkop ’n paar keer oor haar poesiesloot en druk dit dan in haar vagina. En daar ry sy my asof sy jare laas genaai het. Ek is verbaas dat ek nie dadelik my saad in haar skiet nie. My mond soek na haar borste soos ’n kalf na ’n koei se spene. Natasha se bewegings versnel en skielik knyp haar vaginaspiere my vas terwyl sy ruk in haar orgastiese plesier. Sy sak swetend vooroor en gee my ’n oopmond soen.

“Next time maak ons klaar,” fluister sy en klim van my ereksie af. My stywe penis glinster nog van haar sap en ek bêre dit haastig. Met ’n vinnige swaai van haar boude verdwyn Natasha na haar kleedkamer. Piet en Gert se aandag is nog op die naakte can-can-meisies. Dit is nou die verdomde tweede keer dat ek my moes inhou. Hulle sê blou ballas kan bars of jy kan in jou broek ’n wet dream hê. Ek sal êrens moet gaan draadtrek om die bottelnek te verlig.

Ek besluit om vroeg huis toe te gaan om weg te kom van al die versoekings. Alles is stil. Ek loop na ons slaapkamer. Miskien slaap sy, maar al wat ek hoor is kreune van plesier. Ek maak die deur stadig oop.

Op die bed lê Vroulief, kaal met haar bene oopgesprei. Gehurk met haar stert in die lug, is ’n vrou wat Vroulief se poesie soen en lek asof dit ’n heerlike roomys is. Vroulief se oë is toe van die lekkerkry. Die vrou lyk bekend en toe sy haar gesig draai, sien ek dat dit die lieflike Natasha is. Hoe de fok het die twee by mekaar uitgekom?

Vroulief maak haar oë lui oop om te sien wat haar lekkerkry nou so steur. Sy druk Natasha se mond terug na haar doos en wink vir my. Ek voel hoe my mond oopgaan om iets te sê maar ek kry nie ’n woord uit nie. Natasha wikkel haar gladgeskeerde spleet om my aandag te trek.

“Ek is jammer ek het jou mislei, maar ek moes seker wees van my eie seksualiteit,” sê Vroulief met ’n sug van plesier. “Ek is lief vir jou voël en haar poesie. Ek wil julle altwee hê.”

Ek was nog nooit tevore so opgestuur en so die moer in nie. Ek suffer al die jare met min seks en hier naai sy ’n vrou wat my vroeër die dag genaai het.

“Jy kan ons nie met jou klere aan join nie,” sê Natasha met haar mond glad en nat met Vroulief se sap. Ek doen wat enige redelike man onder die omstandighede sou gedoen het. Ek draai om en hang my klere versigtig op voordat ek Natasha van agter betrek.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.