Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verrassende gevolge

Balzak

Met die slaap nog in my oë stoot ek my fiets vanuit die universiteitswoonstel se voordeur. Nege-uur is nog alte vroeg vir my biologiese ritme, maar af en toe moet ek darem my gesig wys, so ook weer vandag. Ek bestraf die gatsaag na die lokaal waar my lesing is en vind heel geamuseerd dat ek die eerste van my groepie is. Na 'n minuut of twee kom Lulu aangeloop, die enigste sexy gooze van die groep - die res van die kloosterkoeke is nie juis iets om oor huis toe te skryf nie. Ek betrag Lulu waar sy staan en notas deurlees …. Mooi groot, ferm borste, lang gitswart hare, fyn mooi intelligente gesiggie, 'n hemelse sexy lyfie en 'n paar slanke bene wat gemaklik om my nek sal kan vou. Intussen begin die res op 'n tipiese vroegoggend-styl aangesloer kom en weldra kan ons lesing 'n aanvang neem.

Die proffie bespreek 'n vervelige onderwerp en ek raak dan ook gou in 'n fluistergesprek betrokke met Lulu en Laura, een van die ander nie-te-bad-nie snuifies in die groep. Aanvanklik is ons besig om die ander in ons groepie te bespreek en te kritiseer. Later vorder die gesprek na slaapgewoontes, en dit is waar alles begin.

"Ek is deesdae so moeg geploeg dat ek sommer vroeg saans al lakens trap," sê ek aan die twee meisies.

"Ja, ek is ook zat deesdae, ek sou maklik 'n hele dag kan deurslaap," antwoord Lulu.

Voor ek behoorlik kon dink, maak ek die opmerking dat ons dan miskien ewe gesellig saam die dag kan deurslaap …

Dit ontlok 'n heel breë glimlag op Lulu se jagse bekkie en sy sê ewe skalks: "Dan moet ons maar by jou gaan slaap, want my bed raas te veel …"

Ek probeer ongeërgd lyk en kyk haar aan met 'n roering in my paling, en probeer vasstel hoe ernstig was die stelling … Ek raak sommer half jags net aan die idéé daarvan en vermoed dat sy ook maar so 'n geleentheid goed sal waardeer. Die ander snuifie lyk heel verbaas en lyk duidelik bietjie geskok en ongemaklik met die wending wat die gesprek neem.

Aan die einde van die lesing kies elkeen soos gewoonlik sy eie koers, en ek merk dat Lulu alleen toontrek na haar koshuis. Ek besluit om haar stellig na te volg en val met 'n broek vol planne langs haar in, stoot die gatsaag die trappe af. Ek begin oor onbenullige ditjies-daaitjies te praat, so ter inleiding tot my eintlike vraag … en heel uit die bloute peper ek haar: "… En hoe bedoel Mejuffrou nou met die ou slapie so in die dag in …?"

Lulu kyk my ewe geamuseerd aan en antwoord met 'n blos op die wange: "Natuurlik, gaan ons …?"

Ek gooi 'n volgende troefkaart: "OK, dan gaan ons na my plek toe …", en met haar kop-knik word die affêre gefinaliseer en verander ons van roete. Hier kom 'n ding …

Die res van die stappie gesels ons oor die koekerige goozte in ons groep. My paling het nou al 'n kloppende monster geword en ek probeer die bult in my broek met my boeksak verberg. By my tuiste aangekom, sluit ek eers my gatsaag aan die paal vas en nooi haar na binne.

"So hoe woon jy hier, vind jy dit ongerieflik?" was haar eerste opmerking.

"Onder omstandighede maar orraait," kap ek oor my skouer, en vra of sy iets te drinke wil hê. Sy stem in vir 'n biertjie, wetende dat 'n manstudent geen eksotiese vrugtesappe sal aanhou nie. Ek maak twee biere oop. Ons "Cheers" mekaar en sit agteroor op die bank.

'n Ongemaklike stilte volg. Om die spanning te verbreek skakel ek die radio aan. Ons gesels oor die universiteit se Top Twenty Treffers en sy vra of ek na die gala-aand gaan en saam met wie.

"Ek het nog nie rêrig planne nie en kyk nog uit vir 'n geskikte gooze om te vra …" uiter ek senuweeagtig.

Die eerste bier het sy gat gesien en ek staan op om nog tweede te gaan haal. Met my terugkeer lê sy luilekker uitgestrek op die bank, die ligte katoenrokkie so ietwat opgeskuif, en ek kan so glimpsie van haar pantie vang. Sy gee so 'n lui, geforseerde gapie en ek neem aan dat sy 'n skimp gooi vir die slapie …

Skielik is dit warm en bedompig in die vertrek en sweet slaan op my voorkop uit. Ek sit die waaier aan en trek my T-shirt oor my kop. Sy is duidelik beïndruk met my six-pack en die spiere op my bors en boarms - wil nou nie brag nie, maar ek is nie verniet die eerstespan-losskakel nie. Lulu se oë mis niks nie en kyk ook reguit na die knop in my broek. Ek voel heel ongemaklik en kyk af na die gedoente. "Dis laasweek se rugbybesering," sê ek selfbewus, en sy skaterlag vir my skerp verskoning.

"Hmmm, seker sofa-rugby …" voeg sy by.

Ek gaan sit langs haar waar sy op die bank lê en sit my hand op haar bobeen. Ek voel hoe sy reageer met 'n ligte siddering. Ek vat 'n lang teug aan my bier en weet skielik nie wat om te sê nie.

Lulu verbreek die stilte. "Dit het ek vanoggend nooit kon droom nie; nie net alleen vanoggend nie, maar helemaal nooit."

Ek glimlag en streel met die een hand al hoër op met haar been. Sy loer na my en ek sien die aanvaarding van my aanraking op haar gesig. Ek beweeg my gesig in die rigting van haar mond en druk 'n sagte kus op haar sensuele mond. Sy maak haar lippe stadig onder myne oop en ek voel hoe haar tong soek na myne … en raak verstrengeld in een warm, passievolle sessie.

Ek streel haar nek en rug en gaan laer met haar hals. My arm wurm voor by haar rok in en vryf oor haar groot ferm kanne. Sy kreun saggies toe ek haar nippels saggies knyp. Steeds laer sak my hand totdat ek die bokant van haar broekie voel, maar my beweging word gekortwiek deur die lae hals van haar rok. Haar asem raak onreëlmatig en voel warm in my gesig. Sy beur op om van haar rokkie ontslae te raak en ek gebruik die geleentheid om my denim met dom vingers los te maak en met die spoed van klank oor my gat en onder by my voete uit te kry. Die jockey se rek word tot die uiterste beproef, want dié word net so vinnig gestroop … My tril slaan soos 'n knopkierie op my maag vas en donner amper my wind uit!! In 'n oogwenk memoriseer ek haar naakte prag hier voor my: haar tepels is enorm en die nippels staan soos sierade na boven, wagtend om gesuig en vertroetel te word deur my gulsige jagse tong. Ek is stomgeslaan deur die grootte van die kordaat soldaatjie so tussen die walle van haar paradys. Die hele omvang van die hemelse vrug is skoon en glad geskeer en is verruklik mooi. Ek sluk swaar aan niks in my keel …

Sy het my intussen aan my stingel beet en haar lippe speel saksofoonmelodieë om my pielkop. Ek is so jags dat ek 'n muishond se gat kan uitlek sonder om te spoeg. Met 'n ligte beweging van my vingerpunte begin ek weer die braille op haar borste lees en die knoppies hoendervleis om haar tepels vertel my dat sy gereed maak om 'n verruklike middagslapie saam met my gaan geniet. Nog verder naar beneden voel ek die sagte vlees van haar plat magie en huiwer by haar naeltjie. Sy kreun weer liggies toe ek met my vinger saggies daarin kielie. Stadig, met sirkelbeweginkies van my vingerpunte beweeg ek af totdat ek my hand bak maak oor haar liefdesheuweltjie en my middelvinger aan haar soldaatjie raak. Dit is asof ek die automatic pilot se knoppie aktiveer, want onmiddellik gaan haar bene stadig oop … my vingers soekend tussen die valleie van genot … Haar heupe beur na bo en my vinger vind die glibberige opening van haar liefdeskanaal.

Met passie posisioneer ek my so dat ek my agtduim, harde kloppende vlees naby haar mond plaas en my gesig afsak na haar natbevogte koninkryk, my jagse tong bewegend en besig soos 'n botterspaan in haar spleet. Lek, suig, saggies knyp met my lippe, werk ek haar soldaatjie totdat dit in alle eerbied op aandag staan, 'n erewag vir 'n jagse tril wat weldra die paleis van genot sal binnegaan … en lank vertoef …

Ek voel hoe haar spiere begin saamtrek en druk my wikkelende tong in haar in. Wyl sy elke stukkie van my stuwende paal belek en kielie met haar tong, druk sy my kop met haar hande teen haar doos vas. My mond is reg rondom blink en glad van haar genot en ek proe haar nektar. Sy sidder voelbaar, kreun luid, met alles wat kan saamtrek beweeg sy die ewigheid in … (ek is seker ek het die soldaatjie gesien salueer toe alles op 'n knop trek). Selfs my eie balle begin krampe maak en weet dis sulke tyd …

Ek verlos my tril uit haar gewillige mond, en draai haar om sodat sy in four-wheel drive staan. Haar rug is bak na onder en ek uiter 'n jagse kreun toe ek merk hoe haar doos na agter bult … 'n hemelse prentjie, 'n roos wat in volle glorie blom … alle skakerings van pienk …

Ek neem plaas agter haar en terg haar nat, geswolle lippe en klit met my piel se kop. Liggies kielie ek haar button met my vinger … voggies gly lui-lui uit haar paleis se opening … Stadig plaas ek my enorme Gestapo-helmet in die natte gleuf en bevog dit sodat dit lyk soos 'n glimmende oerwapen. Stadig penetreer ek. Soos my voëlkop ingaan, trek hy van die fyn vleisies op die rand saam na binne. Sy is 'n snug fit en nog nie lekker ingeloop nie. Dieper … dieper … haar heupe beur na agter … dieper … dieper ... sy trek weer op 'n knop … ek voel hoe haar doosspiere om my voël klem en los, klem en los, masseer nimmereindigend met duisende engelhandjies … Weer stadig uit, met die fyn vleisies wat weer saam na buite kom, klewend en klouend om die lyf van my piel …

Ek verander tempo en begin nou spoed opbou vir die opdraand … Ek gee gas, Herklaas … daar's nie brieke nie … Sy hyg en kreun, kop eers agteroor en dan weer na onder … Haar enorme tiete swaai en wikkel-wikkel ritmies saam, haar heupe ritmies in die teenoorgestelde rigting as myne, en ek stamp my paal met elke slag diep-diep in haar nimmereindigende genot in. Haar arms gee mee en haar kop sak tot op haar hande. Ons naai in 'n nuwe angle. Gewillige engelhandjies kielie my pielkop op 'n sensitiewe plekkie … my balle trek saam en maak bymekaar … loop haal al wat lekker is en meng dit met knater-water … Ek trek los en gooi lood. Sy is nou onkeerbaar wild en ek is bevrees sy gaan my stingel verwoes. 'n Vloedgolf tref haar binnekant en sy gil van lekker, ek kom weer en weer … Ek service haar ingewande tot bo by haar mangels …

Ek staan versteen met my paal nog steeds binne-in haar, my bene is iemand anders s'n, sensitief om die kop van my stok, kloppend en uitgeput. Hygend met haar kop op haar arms kreun sy steeds, gee sulke kort rukbeweginkies soos die saligheid haar steeds bedwelm …

Ek het naderhand uit haar uitgegly, langs haar op die bank gaan lepel lê, haar styf teen my vasgedruk, my half slap sening tussen haar bene gebêre, en so in 'n soete middagslapie verval. Ons het voet by stuk gehou en gereeld 'n middagslapie genuttig … Jare later, veral Sondagmiddae wanneer ons kinders prettig buite op die gras baljaar …



LitNet: 21 April 2005

Dis amper Moedersdag!!

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.