Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verbeeldingsvlug

Tjirp Mossie

Fonetiese melodieë van geestesverklarings vul die middag stilte. Die koor oefen elke dag hierdie tyd. Diep manstemme vokaliseer die verlange wat in my onderbewussyn hunker om uit te kom. Jong seunstemme skilder vir my vlerke van ontvlugting en onskuldige verbeeldingsreise. Die resonansie en duidelikheid van die vokale vul die koepels van die argitektuur, gee lewe aan die ou, groot, stewige grys mure weerskante van die koor. Miskien is my gedagtes nie so onskuldig as wat ek my deesdae wil voorgee nie.

My gedagtes word op melodieuse ritmes weggevoer na vanmôre se gebeure. Ek sien myself weer in daardie ligte geel katoenrokkie, so fyn dat jy my bene duidelik daardeur kan sien. Ek het net uit die stort gekom. Ek kon nog die hittegloede op my wange voel. Strelende hitte van die watervingers het die tamheid van my lyf wegmasseer. Die geel katoenrok het ek net vinnig oor my kop laat sak toe Sven die kamer inkom. Sy blonde hare en bultende spiere doen my bloeddruk altyd goed. Skielik voel ek sommer baie energiek. Ek begin opgewonde te babbel oor wat ek als wil doen. Hy staan en kyk my aan met daardie skewe, growwe glimlag van hom. Hy plaas sy gewig eweredig op altwee sy voete soos hy wydsbeen staan, sy arms vou, en vir my aankyk. Ek sien ’n ondeunde vonkel van genot in sy oë en wend my oë na die spieël. ’n Skok gaan deur my lyf toe ek sien hoe deurskynend die rok werklik is. In die klam nattigheid van die stort is my lyf so duidelik sigbaar dat ek net sowel ’n deurskynende plastieksakkie kon aangehad het.

“Sies vir jou! Hoekom sê jy niks nie?” begin ek. “Is jy nou van jou sinne beroof, waarom sou ek so ’n geleentheid prysgee?” Tipies hy, alewige terggees. Hy weet net hoe om mens op die agtervoet te kry. “’n Mens kan uit ordentlikheid darem iets sê,” prewel ek voort. Daar kom ’n toon van verwondering in sy stem, fyn maar tog opmerkbaar. “Jou ligaam is soos die dou in vroeë oggend wat wag op die streling van die son,” begin hy. Ek gooi hom met ’n kussing en sê ewe gelate “En jy’s natuurlik die son, dié, streel dié.” Hy lag, en sonder om enige inspanning te toon, vang hy die kussing en skiet hom eenkant. Katvoets wip hy nader en ek raak bewus van my klam hare, wat in toiings langs my skouers afhang.

Aggenee! Ek wou nie hê dat hy my so sien nie. Skynbaar merk hy dit nie op nie, maar is so ingenome met die feit dat die rok deurskyn, dat hy my skoon te lyf gaan. Ek skyn boks hom, alte bewus van sy sterk, lenige, gespierde lyf teen myne. ’n Warm nattigheid begin opgewonde roer tussen my bene. Só ver het ons nog nie gevorder nie en ek voel ’n tikkie vrees in my opkom. Sal hierdie nuwe aspek van ons verhouding werk?

Ek onthou hoe uit ek gevoel het tussen die ander meisies met hulle donker en swart skaamhare wat hulle vroulikheid so goed weggesteek het. My yl, blonde haartjies het alles ten toon gestel. Die vorm en voue van my ligte pienk skaamlippies. Die grootte van my klitoris, en selfs die kleur, of die verandering van kleur, deur skielike senu-opgewondenheid as iemand my daar sou aankyk. Ek onthou hoe ek gewag het dat almal ontklee voordat ek so vinnig moontlik van klere verwissel het. Ek onthou die tye wat ligaamsoefeningklasse vir my gevoel het soos die kollig op my vroulikheid. Dit is ook hier waar ek die eerste keer van my seksualiteit beoefen het. My borsies het proporsioneel gegroei en was nie oormatig nie. Baiemaal was my borste hard en seer in my vrouwordingsproses. My nippels het altyd groter en pienker as al die ander meisies s’n voorgekom, soos amper ryp aarbeitjies op vanielje roomys. Dit het my selfbewus gemaak. Ek was skaam dat my dryfkrag en geesdrif vir seks so oormatig deur my ligaam aan ander blootgestel en bekend gemaak word. My pienk nippels het soos smaakvolle bakens teen my ligte, skynbaar deurskynende, vel vertoon.

Haar naam was Marzelle. Sy het diep, donker oë gehad en soenbare borste wat veel groter as myne was. Haar borste het voller, meer volwasse vertoon, as wat myne was. Sy was altyd gaande oor my nippels, sy kon vir ure sagkens en teer aan hulle suig en my borste liefkoos, die pyne wegstreel en gloede tussen my bene aansteek. Ek dink soms in daardie tye het ek meer soos ’n moeder vir haar gevoel, eerder as ’n bondgenoot van seksuele plesier. Nietemin het ons intieme omgang van haar meer as net ’n boesemvried gemaak. Op my eie manier was ek baie lief vir haar. Sy het die inleiding gegee wat my gelei het tot die ekstase van my eie vroulikheid.

Deur haar kon ek uitlating en vryheid vir my strak en eng emosies ervaar. Emosies wat ons ouers altyd onderdruk het. Die ondervindings wat saggies agter toe kamerdeure bespreek word sodat niemand ooit mag uitvind nie. Die honger kyke wat jy kry, en kamtig probeer ignoreer, maar binne brand om uitlating aan jou hartstog te gee. Daardie onderdrukking van emosie wat ’n seksuele wanbalans van skaamte teweegbring. So aanvaar ek as jongeling in stilswye die taboe sonder spesifieke rede om selfs te erken dat my vroulikheid bestaan en smag na vrylating. Strawwe houdings onteien die hunkering vir genot, forseer onderdrukking van my goed bedeelde seksuele aptyt wat pleit vir erkenning.

Op so ’n geleentheid van intimiteit, onthou ek, was die eerste keer wat ek sulke onbeskryfbare golwe van verrukking ondervind het, dat ek die nagevolg nog etlike minute na die tyd ervaar het. Elke tree wat ek gegee het, het skielik nuwe uitbarstings van plesier tussen my wankelende bene veroorsaak. Ek dink dit was oorstimulasie en dit het my, in my naiëwe denke, groot laat skrik. Ek het gedink ek sou nooit weer regkom nie. My eie verdiende loon, omdat ek ’n seksmonster geword het. ’n Groot smagtende skeur in die aarde wat gevul moet word met nuutgevonde genot. Ek was smagtend na die volgende gesteelde middag saam met Marzelle.

Die jong reuk van haar sagte vroulikheid, wat soos myne, in volheid pryk, kan ek nou nog in herinnering roep. Vasgepen deur haar flitsende tong, oopgesper en afwagtend dat ek uitgeëet, geproe en gesuig word, terwyl ek my hele gesig diep in haar warmte versteek en wegsink in haar reuk en smaak. Liefderyke seksuele samesyn wat ons, op somersmiddae na skool, by my huis stilletjies kon deel. Ek herleef hoe sy manies te werk gaan, soos iemand wat die vleis van die vesels in ’n ryp, gladde mango met haar lippe skei en afsuig, in diep, warm teue. Murg en been van genot en verrukking skei. Haar lippe en ken blink, vol van my gladde, warm sappe. Haar dye en bene wat saggies tril soos ek my tong in haar nattigheid wegsink, haar heuning smaak. Ek wat graag in oorgawe haar gelyke wil word, in alles wat sy my aandoen. Hitte en plesier omvou my hunkerende liggaam soos ek knus in die warmte van haar liefdeskus lê. Dié is dae wat soet herinneringe in my gedagtes laat. My ontdekkingsjare.

Ek bepeins dit nou so maklik, maar daar was ’n tyd wat ek regtig, soos ’n kerkmuis, my gedagtes en gevoelens altyd versteek gehou het. Met minimale erkenning uiting gegee het aan my emosies. Ek dink ek was bang vir ’n ewige veroordeling. Ek het aan my oorgawe, in donker, verlate hoekies suinig uiting gegee. Wat ek doen is dan nie reg nie. Hoe kan ek sulke emosies hê? Is ek dalk lesbies? Waarom is ek dan so lief vir Marzelle se streel, haar vernuftige tong? Ek kon skaars in my gedagtes uiting gee aan die vrae. Selfs die formulering van my gedagtes vir selfondervraging het my oë neergeslaan. Ek wou nie eers daaraan dink nie, net geniet. Genot op genot. Kop omhoog , wêreld ek geniet jou elke oomblik. Geskape is ek om genot te ervaar. Waarom ek so skaam, bedroef en naïef was daaromtrent weet ek nie. Marzelle het my diepste, innigste gedagtes geken en gedeel. Sy het my vrygelaat uit my hokkie van gevangenis.

Dit was eers 4 jaar later wat dit ’n tweede keer met my gebeur het, Marzelle dadelik weer op my gedagtes. Ek was pootuit. Dit was my masturbasiemaraton om oor die leegheid van ’n onlangs mislukte verhouding te kom. Ek het myself toegesluit in die huis en metodies te werk gegaan om al my skaamhare te verwyder. Die eerste keer in my lewe wat ek gevoel het die yl, blonde skaamhare is my ondergang. Wat moet pryk het ’n reg om ten toon gestel te word. Skaam daarvoor gaan ek nooit weer wees nie.

Ek het destyds ’n produk op TV gesien wat my gewaarborg het dat die verwydering van enige hare effektief en feitlik pynloos is. Dit was nie pynloos nie. Maar siende dat ek begin het, het ek voortgegaan. Ek het op my tande gekners soos ek elke haar wortel en tak uitgeroei het. Die einde daarvan was dat my skaamlippe sagter was as ’n baba se boud. Ek het van die sagte vroulikheid gehou. Nou is die haarverwydering al tweede gewoonte en amper pynloos. Daardie dag het ek seker ’n hele bottel baba-olie opgebruik. Hoeveel keer ek gekom het weet ek nie, maar ek weet dat ek op elke moontlike wyse, en in elke posisie wat ek kon, myself gestimuleer het, totdat my lyf geruk het van plesier. Hoe meer ek gestimuleer het hoe vinniger het my hoogtepunte op mekaar gevolg. Dit is toe dat die besef tot my deurgedring het. Dit is nie omdat ek van mans of vrouens hou nie, maar eerder die gevoel wat ek kry deur die verskille in seksuele intimiteit, wat my genadeloos aandryf om hoër hoogtes te ervaar. My diepste begeertes te ondersoek.

Marzelle was meer as ’n vriendin, sy was ’n ontdekkingsreisiger. Sy het met haar warm tong en behendige vingers elke deel van my bestudeer. Dit was eerste Marzelle wat my soepel boude ferm in haar hande vasgevat het, terwyl sy met haar tong my lieste terg. Sy het my leer soen en ek het dele van haar vroueliggaam eerstehands ondersoek. Hierdie intieme tye het my ’n beter insig op my eie vrouelikheid gegee. Haar soepel borste het hulle eie smaak gehad. Haar reuk het my altyd aan die duur amandel- en kokosneutolie laat dink.

Daarna was dit Gerhard wat met sy lenige, gespierde lyf en harde manlikheid my op die onmoontlikste plekke en tye wou laat kom. Ek dink met hom was dit die onbekende en waaghalsigheid wat die adrenalien deur my are laat pomp het. Adrenalien en seks is ’n giftige kombinasie en die plesier daaruit, hemels. ’n Mens kan net soveel keer hierdie kombinasie ervaar dan raak dit alledaags en die adrenalien pomp nie meer so sterk nie, die onbekende word bekend. Dit is hier waar Ger-hard, Gert-sag geword het. Hy kon homelf nie meer met nuwe illusies van een seksuele ontmoeting na ’n ander dryf nie. Ons verhouding het verander in ’n bord ongekookte, slap pap. Hier en daar nog klonte, dik aangemaak en loperig in ander plekke.

Die groot oorsaak van my maratonmasturbasie en selfondekking was deels my eie begeerte na dieptes nog nooit in my ondersoek nie. Vir twee dae lank het my labia geklop, soos ’n rooiverkeerslig laat in die nag sou flikker, van al die stimulering. My klitoris was opgeswel soos ’n neutedop en het gejeuk van al die liefkosing wat hom deur swelling fermer forseer het. Met die ligste aanraking van my onderklere het dit opnuut trillings van genot my lyf ingestuur. Ek was so te sê permanent in ’n stadium van ope ontvangs. Ek was ’n lopende orgasme. Ek moes in dié tyd kort-kort na die verkleekamers toe gaan om myself weer en weer tot orgasme te bring, sodat ek net normaal kon funksioneer. Al wat ek wou doen is om ’n klimaks te bereik. Dit het ’n hele paar weke geduur voordat ek myself kon bring om die herhaalde aanslae van ekstase te bekamp. Ek het selfs in die aand wakker geword en my eerste gedagte was om myself te stimuleer. My skaamlippe het voller vertoon, begin blom en rooi-pienk soos twee vol en gladde papaja skywe weerskante van my neutgroot klitoris ontspring. Dit het amper deurskynende pienk aanwysings gegee tot by die opening van my afwagtende vulva. ’n Vulva wat uit haar eie reg elke nou en dan in klemmende spasmas gegaan het, op die hoop van penetrasie. Dit het ’n obsessie by my geword. Ek moes nuwe onderklere kry want die materiaal wou nie oor albei my skaamlippe gaan nie en al die stimulering het my begeertes net beklemtoon. Ek is seker dat my raserny duidelik in my houding en op my gesig sigbaar was.

Stadig het my vrouedele tog na normaal teruggekeer en selfs met my herhaalde aanslae van stimulering nie weer so groot geswel nie. Dit was my eie stimulering wat my meer en meer na seks laat smag het. Glo my, hoe meer ek dit geniet het hoe meer het ek gesmag daarna. Jacky,’n Nuwe Vriendin, het my later afleiding gegee deur my gedurig saam met haar na verskillende plekke toe te nooi. Dit het dit moeilik gemaak om aan te hou met my nuutgevonde roetine van kleedkamers soek. Juis omdat sy onbewus was van my escapades, wou ek nie agterdog wek nie. Ek wou normaal voel, nie soos ’n hygende seksmaniak nie. Jacky het my daarmee gehelp.

Sven het ek ontmoet by die sonbrandkliniek. Hy het ’n klein maar smaakvol gemeubileerde masseringspraktyk gehad. Hy het ook (vir ’n fooi) room op die plekke gesmeer waar mens nie eintlik kan bykom nie. Die vroue was almal gaande oor sy aanraking. Ek onthou nog my eerste sessie soos gister. ’n Vriendin het my aan hom voorgestel met my 5de besoek aan die kliniek. Ek was besig om myself te sonbrand vir ’n fotosessie wat ek vir die nuwe somersbikinimodes moes doen. ’n Griekse god sou ’n goeie beskrywing van hom wees, tog was hy Afrikaans. Sy ouers was van Swede, hyself is hier gebore in die platteland anderkant die bult. Hy was so boer soos Jan, Koos of Piet. Net sy naam het sy herkoms weggegee.

Na my halfuur in die sonbruinmasjien het hy my uitgevra vir ’n drankie na werk. Eers het ek gehuiwer. Ek was al moeg van al die mans wat ’n been wou oorkry. Sedert Gerhard (of sou ek sê Gersag) het ek ’n goeie deel gesien van mans en vroue. Sven se oop gesig het geen motiewe ingehou nie. Dalkies het ek alweer motiewe gehad. Sy streling was lig en tog so ferm. Sy hande was altyd skoon en gespierd van al die gebruik tydens massering. Dit laat my nog lag, want die eerste ding wat hy vir my gemasseer het was my voete. Ek het ’n pyn in my regtervoet gehad wat deur my hoë hakke veroorsaak was. Sven het dit gou kafgedraf. Hy was van toe af sommer my held.

Tot vandag toe (al amper vir 5 maande) was ons verhouding platoniese vriendskap. Ek het van sy uitbundigheid en liefde vir die lewe gehou. Hy is so ’n inspirasie van buitelewe. ’n Verpersoonliking van alles wat lekker is. Son, see, berge en natuurskoon, flits deur my gedagtes wanneer ek rondom hom is. Ek dink dit is meestal die milieu waarin ek hom sou plaas. Definitief nie hier in my kamer of in my bed nie. Hy is te vol lewe daarvoor. Ek het nooit intiem aan hom gedink nie.

Noudat ek daaraan dink weet ek nie hoekom ek nie voorheen ’n gedagte in daardie rigting gehad het nie. Miskien is dit omdat ek die gladgeskeerde sjiek tipe as die idilliese bedmaat beskou het. “Smooth all the way” soos hulle sou sê. Ek dink dit kom van die oortuiging dat hulle manlike dele ook glad en ferm sal wees. Die buitemuurse man het my aan ’n meer growwe tipe manlikheid laat dink, soos skurwe hande met eelte. Ek wil tog nie hê sulke grofheid moet my lyf streel nie. Spesiaal nie noudat ek die liefkosing van Marzell as die oorsprong van my seksualiteit het nie.

Sven se hande was verbasend sag en gespierd. Ek dink dit is omdat sy vingers en palms gedurig in die geurige olies is. Hy doen sy liggaamsbou met leer handskoentjies waarvan die vingers afgeknip is. Hy sê dit beskerm sy werksinstrumente. Hierdie hande wat my borste nou weerskante vat en amper op ’n hoop druk kielie en terg my lyf venynig. Ek kyk na die sloot tusen my vol, ferm borste soos ek giggel van die gekielie. Sven sit wydsbeen oor my en sy hele bolyf toring bokant my uit. Sy ferm borsspiere bult uit teen die ligte sokkerhemp wat hy aan het. Ek druk my hande onder die hemp in en rus beide my palms op die weerskante van sy bors. Die aanraking stuur elektriese trillings direk na my brein toe. Ek druk hom speels weg. Sy wyepypkortbroek skuif en ek kan die bulting van sy manlikheid deur sy onderbroek waarneem.

Sy oë mis natuurlik niks en hy gewaar my afloer. Skielik spring hy op. In een mosie ruk hy sy wyepypkortbroek af. Ek skrik vir die skielike wete van wat sou volg. Hy het ’n tanga-onderbroek wat deur sy boud kruip. Ek dog net vrouens dra dit, maar kan sien hoekom hy een het. Sy boude is ferm rondes wat weerskante van die dun katoenstrokie pryk. Selfs die boudspiere is gedefinieer. Oe-la-la. Hierdie is ’n goed geboude, beboude seksmasjien net vir my. Hy ruk sy hemp oor sy kop en die spiere op sy skouers en bors bult.

Ek was altyd onder die indruk dat gespierde mans klein penisse het. Verkeerd. Sven se Penis (met ’n hoofletter P) begin bo oor sy onderbroek se rand uitpronk. Hy lig my Geel Katoenrokkie wat ek so vernuftig ’n paar oomblikke gelede aangetrek het, net so vinnig oor my kop. Die rok kom bo-op die kussing te lande. Hy glimlag toe hy sien dat ek ook naak is onder die rok. Sy staaf groei nog al die tyd by sy onderbroek uit en ek voel hoe ’n stremming in my keel ontstaan. “Hemel,” sê ek “Gaan daardie arm van jou ophou groei?”

Hy lag binnensmonds van plesier. Dit lyk my hy oefen elke spier van sy lyf met dieselfde intensiteit. Sy penis het nie die normale sagte velle wat so om die kop daarvan vou nie. Hy is besny. Sy penis se kop vertoon groot en skoon. Hard en blink sonder enige hare. Omtrent ’n kwart steek al bokant sy onderbroek uit. Ek het al piesangs gesien en nog meer piesangs ondersoek, maar hierdie een is ’n kunswerk van manlikheid. Hy trek die laaste stuk kleding af en ek gewaar dat hy oral die hare verwyder het. ’n Sielsgenoot. Sy orgaan vertoon gevaarlik groot sonder hare. Net sy groot kloppende rooi en wit salami reik na my. Glad, blink en warm. Ek wil hom teen my lyf voel. Ek sit hom tussen my borste en voel sy gladheid en kloppende hitte. Ek kielie sy doedelsak met my nippels en ek sien hoe dit op plooie trek. My guava pryk blink en pienk afwagtend op sy ingang tussen my bene. Ek het geen probleem om lus te word vir hierdie toonbeeld van verleiding nie. Ek voel die blink nattigheid al opstoot tot by die lippe wat my klitoris veilig bewaar.

Ek neem Sven se polsende rooiwarm staaf in my mond en dit voel of my kakebeen half moet uithaak net om sy punt gemaklik in my mond te akkommodeer. Die gladheid en hitte laat my glibberige sappe sommer vrylik tussen my bene opwel. My mond gaan droog van sy vloeistof wat my verhemelte smeer. Ek rol dit op my tong en proe ’n tikkie southeid. Ek laat hom ontsnap en vryf my wang en my oog oor sy manlikheid. My oogwimpers kielie die braampie van sy aambeeld soos ek my neus in sy sagte vleisies boor. Die spiere op sy maag staan styf soos ’n wasbord. Sweet blink en stroom tot ’n poel in sy naeltjie. Ek suig dit uit en begrawe my tong diep in sy naeltjie. Ek gaan af en laat sy knaters weerskante van my neus rus terwyl ek die laventel van sy manlike kliere insnuif. Ek voel hoe my vulva klop om hom te voel. Ek is so oop, so reg om hom te ontvang. Ek kom regop en hy leun terug oor die bed. Stadig sak ek op hom af. Ek voel hoe sy warm staaf wrywingloos binne my gly. Dit voel so lekker, so verwelkomend en reg. Ek voel hom opdruk tot bo, tot by my naeltjie kielie sy hitte. Ek klem om hom vas, met al my senupunte bevoel ek hom, ek wil hom daar hou. Die soete gevoel van vervulling sak stadig op my af.

Ek probeer my skaamlippe dwing om hom by sy oorsprong af te knyp, sodat hy vir ’n ewigheid binne in my sal bly. Hy gly stadig uit en ’n hol leemte ontstaan, ’n dowwe pyn van verlange om vervul te word. Soos hy uitgly voel ek hoe sy pubesbeen en sagte vleis met myne saamsmee. Die sagte velle in die buiging waar sy staaf en lyf bymekaar kom, begin my klitoris sagkens streel en kielie. Sy staaf gly op teen my labia en oor my klitoris, terwyl sy pubesbeen die been bokant my klitoris stimuleer. Ek druk my lyf styf teen syne vas. Soos ’n lappop is ek in sy kragtige arms. Nou weet ek hoekom almal gaande is oor gespierde mans. Hy gebruik sy brute krag om my, sonder inspanning, op die regte plekke te wikkel en stimuleer terwyl hy steeds stadig uitgly. Dit voel soos ’n ewigheid wat hy die verlange in my binneste terg. Dan sak hy stadig soos in ’n mynskag op my neer, die lengte van kabel veel meer as die skag se diepte. Hy vul my verlange en elke hoekie van my rek om sy orgaan te akkommodeer. Ek wil bars van opgehoopte genot.

Ek knyp my oë styf toe soos ek konsentreer om tog net langer uit te kan hou sodat die plesier meer en meer kan bou. Ek raak bewus van die sweet wat teen my borste afloop. Sven lek dit op en suig aan my nipples. Elke suig wat hy gee, laat my vulva hom onwillekeurig vasknyp en brei. Ek klop om hom, soos ’n luislang om ’n bokkie sou klop. My vulva kry ’n lewe van haar eie en my skaamlippe is geëlektrifiseerd met senupunte wat elkeen smag na die streling van sy staaf. Ek beweeg my heupe heen en weer om elke vleisie sy regmatige streling teen die gladde warmte te eien. Ek voel hoe elke aar in sy ferm staaf bult en klop. My sagte vleisies word verplaas soos dit golwe van genot my binneste opstuur.

Soos groot seegolwe wat nog nie op die strand bykom nie, voel ek hoe die roering van ekstase haarself in my binneste begin opwel. Sy pubesbeen druk op myne en stuur golwe van plesier om die deining nog hoër te maak. Met hernude aanslae en golwende ritmes dring die gevoelens my in ’n konstante ritme van bevrediging.

Ek sien al wit skuimpies op die golwe vorm soos die elektriese impulse my lyf begin streel. Sy staaf raak liggies teen my klitoris en ek voel hoe die deining nuwe hoogtes bereik. Die kontras van sy harde en tog gladde warm staaf en die sagte streling van die vel sowel as die kontak met sy harde pubesbeen laat die bloed in my ore druis. Ek sien die golf begin nou so hoog raak dat dit amper op homself invou. Die wit skuim borrel en bruis teen die deining af. Naalde en spelde gaan deur my bene en warm genot bars uit by maag. My ovaria spring op en af soos kleuters in hulle kaste en agter my ooglede sien ek gloede van lig wat weer en weer bars en vele kleure vorm wat saam met die bruisende water die golwe afspoel. Weer en weer gaan die golf op en elke keer hoër en hoër. Die genot vul my binneste, my borste tintel en my bene voel soos jellie soos dit oor en oor maal en spoel.

Ek voel hoe my bewussyn stadig begin weggly in die hoogtes van ekstase. My brein vibreer in haar cranium van die oormaat impulse wat soos ’n koor stemme almal harmonieer om verwerk te word. Sy dans en bokspring van al die orgasmiese sensasies wat deur elke senupunt aan haar teruggevoer word. Ek raak bewus hoe my tone opkrul van lekkerte en my vingers wegsink in Sven se rugvleis. Ek druk sy boude met my hakke sodat sy manlikheid my so diep vul dat dit voel of hy by my naelstring gaan uitbars. Die golf, nou so groot, bars op die nate en spierwit skuim spuit kilometers die lug in. Die deurskynende vliesmembrane, wat tot dusver die inhoud van die golf in toom gehou het, skeur en rol terug. Dit vlek al die wonders van vrye emosies oop wat voorheen diep in die donker oseane begrawe was. Die genot sleur my mee soos Swen brul van plesier en warm oorgawe diep in my binneste vrylaat. My vulva knyp ,klem, gryp, suig om gevul te bly. Elke roering soos ’n duisend vingers van genot wat my buik, my hart, my keel en brein vul. Ek voel hoe selfs die sakkies onder my oë oppof van genot. Ek kyk af maar kan skaars oor my onderste ooglede sien. Ek sien die buis van sy staaf soos dit stadig onder my plat maag verdwyn om met my liggaam een te word. Klein trillings van plesier skiet nog onreëlmatig deur my wese. My nippels staan blink gesoen orent. Ek raak bewus van alles en terselfdertyd niks. Ek sweef in die welkome tyd van skaamtelose oorgawe en totale ontspanning.

Toe hy stadig onttrek, gaan ek af en proe elke laaste druppel van sy sperm gemeng met my eie sappe. Hy staan nog hard en gereed toe hy onttrek en ek suig en soen hom en met elke proe bedwing ek hom om stadig af te blaas, soos ’n fluitspeler sus ek hom saggies aan die slaap. In ’n semiharde toestand bly hy teenstribbel en wil nie verder af nie. Ek raak bewus van die koel lug op die klammigheid tussen my bene. Die gemengde sappe ontsnap en droog effens teen my binnebeen. Skielik sien ek hoe met hernude krag die klopping weer in hom begin opkom van my liefkosing. O wee, ek weet nie of ek nog krag oor het nie. Ek gaan lê bo-op hom en voel hoe sy staaf weer warm teen my maag begin klop. Hy sak af en eet my soos ’n geelperske warm van die boom af. Toe hy vir ’n tweede maal ingly voel dit soos ’n tuiskoms. Stadig begin ’n nuwe ritueel een van diep gemaklike ritmes en dierlike instink ...

’n Duif kom sit op die vensterbank voor my en koer-kloek. Die duif kyk my aandagtig aan en breek my gedagtegang. My gedagtes het my van vooraf gelubriseer. Ek voel die nattigheid tussen my bene besig om my onderklere warm en klam te maak. Die koor se laaste note sink weg en die voëlsang neem die stilte oor. Die hipnotiese krag beëindig; kyk ek af op die vel papier en sien dat daar nog niks staan nie. Ek skryf my naam in die linkerboonste hoek. In netjiese letters staan dit daar geskryf, my eie naam — ’n nuwe begin ...

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.