Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Uitnodiging

Johannes Grusaam

“Toe man, kom net. Jy sal dit geniet,” was Karel se woorde toe hy my genooi het vir ’n braai by sy huis daardie Saterdagmiddag. Ek was nie lus vir die paartie nie. Ek was sosiaal ietwat uitgebrand. Ek sou die meeste mense nie ken nie. Om alleen by ’n braai op te daag is in elk geval half stupid.

Min het ek geweet dat ’n oudkollega en -liefde van my, Santie Human, ook daar sou wees. Die feit dat ek haar daar raakgeloop het (by wyse van spreke) het nuwe lewe in my pype geblaas en ’n huppel in my hoofpyp geplaas.

Ek het drankie-in-die-hand by Karel se party rondgestaan en my bes probeer om dit te geniet. Maar dit wou nie. Ek het gou besef dit was ’n fout om te kom, want alles was geforseerd en vreemd.

Totdat Santie haar verskyning gemaak het. Santie met haar donker hare en donker oë het dadelik die geleentheid vir my opgehelder. Haar glimlag toe sy my sien, was spontaan. Sy het onmiddellik na my gestorm met die woorde: “Ja, wonderlike vreemdeling. Wat maak jy hier?” en dit opgevolg met ’n hartlike druk en soen. Die woord “wonderlike” het deur my ore gesuis en op my brein gehamer dat ek amper nie die soen en die druk gevoel het nie.

Sy was voorgestel deur Karel aan die res, maar nie lank nie of sy was by my en ryg die vrae uit: “En toe, wat het die lewe met jou gemaak sedert ek jou laas gesien het? Sjoe, maar jy lyk goed! Is dit drie jaar sedert jy weg is?” Sy was nog net so spontaan soos toe ek haar laas gesien het. Haar spontaneïteit was nog altyd aansteeklik.

Ek het haar vrae een vir een beantwoord en haar mooiheid bewonder terwyl sy belangstellend geluister het. Sy is nie soos baie mense wat ek ken wat ’n vraag vra en dan rondloer en elders is terwyl jy voortwaffle nie — net om weer ’n vraag te vra sodra jy stilbly. Hulle stel oënskynlik so belang, maar jy weet hulle voel eintlik boggerol. Met Santie kry jy nie net die gevoel dat sy wel na jou luister nie, jy wéét sy luister en jy moet elke woord mooi weeg anders vang sy jou uit dat jy twak praat of sommer loodreg gorrel.

Dit was moeilik om sinvol te praat en te luister. Haar skoonheid en nabyheid het behoorlik gesmokkel met my konsentrasievermoë. My gedagtes het die heeltyd elders geneig. Nie weg van daar nie, maar dit was moeilik om nie die erotiese gedagtes wat haar skoonheid in my opdediep het, vrye teuels te gee nie. Ek moes my sinne sorgvuldig op hok hou en my oë half probeer ernstig hou sodat hulle nie my diepste geheimenisse weggee nie.

Ons het drie jaar vantevore saam gewerk by ’n versekeraar en ’n fling gehad. Dit was soortvan ’n verbode fling, want sy was involved. Ek was nie demanding nie en het haar en die werk laat staan. Nie die een oor die ander nie, maar omdat ek moeg was vir die werk en die plek. Santie se involvedgeit was maar net die laaste strooi wat die reuk daar onuithoudbaar gemaak het. Ek het gewaai en haar gegroet en nooit weer kontak gemaak nie. Ek glo nie in hard-opgeit nie. What must be will be. Ek sal ’n ding in ’n rigting druk as hy daarheen neig. Anders hou ek die ding terug. Maar dwing — nie ek nie! Daardie sien-weer was die eerste sedertdien. Om haar te sien sonder die destydse involvement was exciting.

Ek het haar gevra of sy enigsins involved is en sy het geantwoord: “Nee, ek vry sommer in die bondel. Nee, ek grap sommer. Ek het vir jou gewag!” het sy laggend geantwoord en weer bygevoeg: “Nee, ek grap. Ek is uninvolved.”

Ek het haar dadelik laat verstaan dat ek dit nie vir ’n oomblik glo nie. ’n Beaut soos sy uninvolved rym nie. Onmoontlik. “Kan nie wees nie” het ek haar probeer oortuig. “Daar moet iemand êrens wees,” het ek aangehou.

Sy het my verseker dit is so. “Niks. Nothing. Los hotnot.”

In my boek: “Very hot.”

“En jy?” het sy belangstellend gevra. “Is ’n handsome ou soos jy nie involved nie?”

“Nee,” was my antwoord en ek het nie eers probeer om iets te verduidelik nie. Ek het net droog bygevoeg: “Ek wag nog al die pad vir jou. ”

Sy het my half onseker aangekyk en ek kon sien sy is nou glad nie seker of ek grap of ernstig is nie.

Sy het gelag en gesê: “O, jy is nog net so vol dinge as toe ek jou laas gesien het.”

Ek het bygevoeg: “Ek loop oor van dinge sedert jy my laas gesien het,” en sy kon nie lekker peil wat ek bedoel nie. Ek het self nie mooi verstaan wat ek bedoel nie, maar tog geweet dat ek die meisiekind baie gemis het. Ek het oor die drie jaar baie aan haar gedink en gewonder of ek haar nie moes opgesoek het nie. Een ding was seker: my verlange na haar het oorgeloop en nêrens heen gegaan nie. Ek het egter nooit die guts gehad om haar op te soek nie. Ek was nie lus om arm te druk met die involvement nie. Honderd persent myne en vir my of niks was nog altyd my leuse en ek het daarby gebly.

Die tafel was gedek. Sy uninvolved en ek so voëlvry as kan kom. Ons het gesels oor alles en nog wat. Ons kon nie genoeg kry nie. Die oogkontak die heeltyd tussen ons het die res van die party uitgesluit. Ons het net oë vir mekaar gehad en toe Karel ons op ’n slag onderbreek met: “Toe julle twee, julle moet ’n bietjie met die ander ook kuier,” kon ons beide voel hoe onvanpas sy opmerking was. Ons het ons net eenvoudig nie daaraan gesteur nie en aangehou chat — nog nie gekoer nie — net lekker gechat en baie gehad om op te vang. Ons was duidelik nog baie beïndruk met mekaar. Nog meer as voorheen.

Ons het later op die stoep gaan sit met twee stoele teen mekaar. Ons het ons kele nat gehou — die baie praat het dit vereis. Ons het op die stoep teen sononder geëet en aanhou praat. Haar knie het van sononder permanent aan my knie geraak. Sy was baie grafies met haar hande en het dit gereeld op my knie geplaas om haar punt te maak. Ek het ’n paar keer aan haar hand, arm en skouer gevat om my punt tuis te bring. (Ek het kliphard gewonder of ek my punt vanaand gaan tuisbring!)

Op ’n keer het ek ’n muggie liggies van haar wang gevee. Ek het op daardie oomblik gewens die ding moet ’n bietjie vasbyt sodat ek kan aanhou vee en meer van haar voel. Maar nee, die muggie was oningelig en het nie geweet waarop hy sit nie.

Sy het vroeër die agtermiddag opgemerk hoe groot en pragtig Karel se tuin was. Ek het nie juis veel notisie van die tuin geneem nie. Net “Ja, baie” geantwoord en my belangstelling net by haar gehou. In die donker het die tuin my egter begin interesseer en ek het gesê: “Kom ons stap ’n draai en rek bietjie bene.” Sy het ingestem en ek het haar aan die arm die donker tuin ingeneem.

“Dis ’n bietjie scary,” het sy opgemerk toe die donkerte ons omhul en sy nie meer mooi geweet het waar om te trap nie.

“Toemaar, dit is darem nie heel onbekende terrein nie,” het ek gepaai. “Hier is vir seker nie slange nie,” het ek onoortuigend probeer, met die besef dat ’n pofadder skelm lê en loer en sy beurt afwag om te pik.

Agter ’n struikbedding naby die grensmuur het ek haar nader getrek. Haar mond het soos dié van ’n klein voëltjie wat gevoer word, oop na my gekom en ons het gesoen. Die goeie smaak van drie jaar gelede het teruggekom. Eers sag en strelend. Ondersoekend. Toe meer ernstig en dringend met die raak van tonge speels tussenin. Ons het asem geskep en ek het gesê: “Ek het jou so gemis. Ek kan nie glo ek staan met jou in my arms nie.”

“Ek het jou net so gemis, Johan," het sy geantwoord en dit met ’n vuurwarm soen beaam.

Die staan het sy tol begin eis en ons moes lêplek vind. Ek het ’n voorstel gemaak en dit het byval by haar gevind. Sy het net gefluister: “Maak gou.”

Ek het soos ’n wafferse Raffles van ouds in die donker skadu’s van die nag na my motor gesluip om ’n kombers en twee kussings wat ek, vir die wis en die onwis, in my motor se bagasiebak gehou het, te gaan haal. Ek het so in die loop gewonder of die “Maak gou” bedoel was omdat sy bang was om alleen in die donker agter te bly en of sy bang was ons koel af.

By my terugkeer het ek gevra of sy bang was en sy het gesê: “Nee.” Toe weet ek dit was omdat sy nie wou afkoel nie, maar ek het nie gevra of dít so was nie. Die gedagte het my in elk geval so warm gemaak dat ek haar dadelik op die kombers lê gemaak het.

Ons het gesoen en gestreel en ek het haar nek en ore en oë gesoen en gehoop my eight o’clock shadow rig nie te veel skade aan nie. Ek het alle weerstand by haar bolyf uit die weg geruim en my verlustig in haar pragtig-gevormde borste. Ek kon die donker kolletjies in die aandlig sien en die hardheid daarvan was nie van koue nie. Dit was ’n heerlike warm somersaand. Ek het met my een been half op haar gelê en sy het die gewapende magte hoog tussen haar bene hard teen my bobeen gedruk.

Dit het gevoel asof drie jaar se spesifieke opgekropte begeerte begin uiting vind. Ek kon nie glo ek doen dit weer met haar nie. My suig- en byt- en lekinstinkte het die oorhand oor my gekry en ek het haar baie gou tot by die drumpel gebring. Sy het gekreun en wou die inevitable so lank as moontlik uitstel, maar die plesier was te groot en sy het my kop vasgegryp en druk-doenend uiting aan haar ekstase gegee. Ek het in daardie ritme haar binnegedring en met kreune die remme tevergeefs gebrand. Sy het onmiddellik die nuwe thrust geniet en haar hakskene teen my rug gestamp en saam met my ’n tweede keer die drumpel oorgesteek.

Ons het lank so bly lê en dit wat binne was, binne gehou. Ek het haar gesoen en gestreel. Sy het gesê sy is lief vir my. Ek het gesê ek ook. Vir haar. My woorde was min en my emosie baie. Ek was nog altyd net lief vir haar. Hoekom het ek die afgelope drie jaar so opstandig alleen bly rondloop? Ek het altyd gevoel ek wil nie regtig êrens heen gaan tensy ek saam met haar kon gaan nie.

Sy het gesê: “Kom ons gaan na my plek toe en doen dit weer op my Queen Size Sealy na ’n lekker warm skuimbad.” Ons het so gemaak en dit weer gedoen. Daarna het ons dit weer en weer en weer gedoen. Baiekeer. Ek was sedertdien nie weer by ’n party van enige aard sonder haar nie. Nie in die laaste twintig jaar nie.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.