Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die laaste dag in Tokio

Michelle

Die mis waai in slierte voor die venster verby. Tokio verdwyn onder 'n kombers van reën en mis. Ek staan en staar na die nat wat oneindig aanhou. Ek het vyf dae gelede hier aangekom vir 'n konferensie. Die konferensie was weer eens soos die voriges - 'n vervelige herhaling van wat elke jaar gepraat word. Ek is die enigste van die groep wat nog hier is. Ek wou so graag meer van Tokio sien, maar die storms het my planne verwoes. Nou kyk ek maar na die reën deur die venster. Ek vertrek oor 'n dag terug na my sonnige land, Suid-Afrika.

'n Sagte klop laat my wegdraai van die venster. Ek maak die deur oop. Die kamermeisie buig beleefd. Ek wys met my hand dat sy maar kan voortgaan met opruim. Sy kom die kamer binne en begin werskaf met die bed en snippermandjie. Ek gaan sit op die rusbank in die sithoekie en begin blaai deur 'n tydskrif.

Die kamermeisie maak die bed op. Afgetrokke hou ek haar bewegings dop. Nogal nie sleg nie. Haar lang swart hare is netjies vasgebind. Sy buig oor die bed om die duvet reg te trek. Haar uniform skuif op om 'n goeie skoot been te wys. Haar hand glip tussen die beddens in en sy val vooroor. Ek kry 'n vinnige blik op 'n paar slanke dye wat netjies eindig in 'n ligpienk broekie. Sy kom orent. Haar wange is rooi. Sy weet dat ek alles gesien het. Sy vee oor haar hare.

    "I am sorry," koer sy met 'n Japannese aksent.

    "You speak English?" vra ek verras.

    "A bit; I understand better," antwoord sy.

    "I can come later to clean up, Sir," gaan sy voort en loop na die deur.

    "Don't worry about me. I am fine. You can do your work. In the meantime I will tell you about my country," roep ek haar terug.

Vir die volgende uur maak sy kamer skoon en ek gesels met haar oor alles. Ek vertel haar van Suid-Afrika. Van die alleen nadat Magda uit my lewe is. Ek vertel van die drome om Tokio te ervaar en van die reën wat my in die kamer vashou. Ek gaan staan later op en loop al pratend na die venster. Later kom ek agter dat dit doodstil agter my is. Ek draai om. Sy sit op die bankie en luister aandagtig na my. Ek bly stil en staar na haar.

    "Sorry, but I got carried away. Thank you for listening," sê ek sag.

Sy staan op en kom staan voor my. Nou eers sien ek al die kwaliteite van hierdie meisie. Sy is bleddie beeldskoon. Haar donker oë soek myne en hou hulle dan vas.

    "It was nice for me listen you. Your voice is strong. Your heart is sad. I have story too I want tell you. You want listen? I am sorry," fluister sy.

    "Don't be sorry. Please tell me your story," keer ek. Skielik is ek traag om haar te sien loop.

    "Not now, Sir. I come later to tell, okay?" antwoord sy en stap na die deur.

    "It is okay. Please don't call me Sir. My name is Ben," sê ek.

    "See you then later, Ben. My name is Reina," glimlag sy en maak die deur agter haar toe.

Die reuk van jasmyn hang steeds in die lug. Ek draai om na die venster. Skielik voel haar "later" verskriklik ver.

Die druppels jaag mekaar oor die ruit. Ek kies een en hou hom dop. My druppel wen met 'n kortkop die ander en bereik die vensterraam eerste. Skielik voel ek ligter as voorheen. Ek het iets om na uit te sien. Reina kom kuier …

Die skemer sak toe oor die stad. Naby my in die mis flikker twee ligbakens spookagtig op 'n gebou se dak. Ek het later aan die slaap geraak op die rusbank voor die venster, en skrik 'n uur later deurmekaar en erg verkreukel wakker. Ek was omtrent 'n uur onder die stort om weer mens te voel. Ek voel nou stukke beter en staan met 'n glas wyn voor die venster en kyk na die nag om my. Ek wonder of die kamermeisie ooit gaan kom inloer … Wat is haar naam nou weer? O ja, Rina of iets.

'n Sagte klop onderbreek my gedagtes. Ek stap deur toe en maak dit oop. Reina staan in die dowwe ganglig. Eers herken ek haar nie. Die uniform is weg en het plek gemaak vir 'n nousluitende wit langbroek en 'n kort bloesie wat haar naeltjie wys. Haar hare is los en sy is liggies gegrimeer. Die reuk van jasmyn tref my saam met haar skaam glimlag.

    "May I come in, Ben?" vra sy as ek steeds soos 'n soutpilaar staan. Ek staan terug en beduie stom dat sy moet binnekom.

    "I am sorry," stamel ek; "I was surprised … er … I mean you look very beautiful."

    "Thank you, Ben," antwoord sy en gaan staan voor die venster.

Ek begin weer lewe kry en my opvoeding skop in. Ek offer 'n drankie wat met 'n glimlag aanvaar word. Later staan ons met glase wyn voor die venster. Sy wys sekere landmerke aan my uit en vertel verhaaltjies oor Tokio en die hotel se geskiedenis. Ek verluister my aan haar sagte stem en aksent. Ons staan en gesels seker maklik 'n uur so voor die venster. Skielik raak Tokio weg in die donker nag, want die reën sak weer swaar uit. Reina ril en trek die gordyne toe. Ek draai om en gaan sit op die rusbank. Sy kom sit oorkant my op 'n stoel en skop haar skoene uit. Ons oë vang mekaar vir 'n oomblik vas.

    "Tell me about your life …" vra ek.

Reina se blik trek grondwaarts. Sy dink 'n oomblik na en staan dan op en kom sit langs my. In 'n sagte stem begin sy haar verhaal, wat begin toe sy 16 jaar oud was.

Japan het baie vaste tradisies. Reina was die enigste kind van 'n Japannese egpaar uit die middelklas in Osaka. Die klasseverskil in Japan is baie sterk. Reina se vader was 'n bestuurder in 'n groot fabriek wat aan 'n baie invloedryke man behoort het. Haar vader het één swakheid gehad: dobbel! Hy het geweldig baie gedobbel en sy dobbelskuld het opgehoop tot 'n punt waar die skuldeisers gedreig het om hom te vernietig.

Een aand het sy werkgewer by hulle huis opgedaag. Hy wou Reina se vader spreek. Agter geslote deure het hy bekend gemaak dat hy deur die skuldeisers gekontak is. Hy was woedend en het gedreig om haar vader te ontslaan. Ontslag en die gepaardgaande skande is in Japan rede tot selfmoord. Haar vader het gepleit om genade. Die invloedryke man het toe sy troefkaart gespeel. Hy sal Reina se vader se dobbelskuld delg en hom bevorder tot direkteur, op twee voorwaardes: haar vader moet instem om behandel te word vir sy dobbelneigings, en hy moet toestem tot 'n huwelik tussen hom en die bloedjong Reina. Haar vader moes kies - sy dogter of totale vernietiging. Hy het toegestem tot die troue. Reina is met die man getroud en is na sy reuselandgoed naby Osaka. Sy was vreesbevange en het probeer ontsnap. Daarna is sy bewaak. Haar man was omtrent nooit tuis nie, maar daag een nag onverwags op en eis die reg op om by sy vrou te slaap. Sy het al vegtend ondergegaan en is verkrag. Die jong meisie het dieselfde nag deur 'n venster ontsnap en verdwyn. Sy het uitgewyk na Tokio en voer sedertdien 'n sukkelbestaan. Sy werk onder die skuilnaam Reina. Haar regte naam is Yuko. Sy het nooit weer kontak met haar familie gehad nie. Sy is 'n vlugteling wat nooit rus en vrede sal kry nie.

    "So Ben, I will never see happiness or feel love," sluit sy af terwyl sy duidelik veg om die trane te keer

Dit raak stil tussen ons. Ek weet nie wat om te sê nie. Ek staan op. Reina, of liewer Yuko, staan ook op. Sy kyk op na my. Woordeloos trek ek haar nader. Ons staar vir etlike sekondes na mekaar. Ek beweeg nader na haar. Sy maak haar oë toe. Ek soen haar liggies. Haar mond gaan oop onder myne. Ek kreun hardop as ek haar teen my vasdruk. Dis so lank gelede dat ek 'n vrou vasgehou het. Ons soen mekaar vir etlike minute voordat ons 'n slag asem skep. Weer soek ek die sagtheid van haar mond op. Sy sak stadig agteroor op die bank. Haar bene gly oop onder my en ek kan haar skaamheuwel voel druk teen my ribbes. Ek beur regop en trek haar saam na die bed. Ek val agteroor op die bed en trek haar saam oor my. Haar mond sak nat oor myne. Weer en weer dring haar tong my mond binne. My hand sak af en skulp om haar boude. Die wit langbroek voel syagtig. Sy beweeg haar heupe in 'n stadige rolaksie. Haar skaamheuwel skuur teen my heupbeen. Skielik lig sy haar onderlyf effens op en vroetel met haar een hand teen haar maag. Ek hoor die knoop losglip en die ritssluiter se oopmaak. Sy sak weer op my neer en kreun in my nek. My hande skuif onder haar broek in en streel oor haar boude. Sy het 'n piepklein g-string aan. My hande sak laer af en ek volg die bandjie van haar broekie waar dit tussen haar boude verdwyn. My vingers streel oor haar broekie, wat alreeds sopnat is. Sy maak nou sagte steungeluidjies, maar snak skielik na haar asem as my vingers verby die broekie se rek glip en haar binnedring. My ander hand druk teen haar maag af en ontmoet my regterhand tussen haar bene. Herhaaldelik dring my vingers haar binne. Soms net 'n ligte streling, wat skielik afgewissel word met my duim wat diep in haar glip. Sy ruk en kreun luid as die orgasme deur haar spoel. Dit hou vir etlike minute aan. Ons bly net so lê. Sy is steeds bo-op my en my vingers is steeds vasgevang tussen haar nat dye.

Stadig lig sy haar op. Sy sit regop langs my. Haar eens netjiese hare is nou 'n haargordyn wat haar gesig bedek. Sy maak woordeloos my gordel los en trek my ritssluiter af. My penis bars uit aanhouding as sy my onderbroek met een beweging aftrek. 'n Blink druppel loop teen die punt af. Yuko omsirkel my penis met haar hand. Stadig druk sy na benede. Die voorhuid trek heeltemal terug. Haar ander hand streel liggies oor die ontblote kop. Ek snak na my asem en voel hoe maande se onthouding deur my liggaam pomp. Die eerste straal tref haar teen haar voorarm. Sy hou aan totdat ek leeg en uitgeput lê en hyg.

Yuko staan op en stroop haar klere met een beweging van haar af. Sy het klein maar stewige borste, met massiewe tepels wat soos moerbeie staan. Sy is skoongeskeer onder. My blik gly oor die mooiste liggaam wat ek nog ooit gesien het. Sy kom staan langs my waar ek steeds op die bed lê. My blik gly tussen haar bene op. Haar nat skaamlippe skulp oop. Ek trek haar nader. Woordeloos klim sy oor my. Ek neem haar aan haar heupe en trek haar nader na my mond. Sy kniel met haar bene weerskante van my kop en sak dan af oor my gesig. Haar kneukels klem die bedstyl vas as my tong haar binnedring. Sy beweeg haar heupe in 'n rolbeweging. Yuko klem skielik haar bene stywer om my kop. Haar heupe ruk krampagtig terwyl sy haar genot hardop uiter. Haar orgasme duur etlike minute. Dan raak sy stil. Sy skuif stadig afwaarts oor my liggaam. Haar hande reik na my gesig en streel oor my nat lippe. Haar vingers dring my mond binne. Haar nat vingers glip uit my mond en masseer my tepels. Stadig sak sy vooroor. Haar mond sluit oor myne.

My penis is weer gereed. Yuko skuif 'n bietjie laer. Haar bene is nou weerskante van my lyf. Sy druk haar onderlyf nader. My peniskop druk ferm tussen haar boude. Ek kreun as ek haar nat skaamlippe teen my warm vel voel. Stadig begin gly sy op en af teen die onderkant van my penis, wat hard en warm teen my maag gedruk word. Die wrywing is onuithoudbaar lekker. Elke keer as ek op die rand van 'n orgasme is, stop sy alle bewegings en sit roerloos oor my, om na 'n paar minute weer die aksie te herhaal. Ek bewe soos 'n riet van ingehoue spanning.

Yuko reik na onder en trek my penis regop. Ek snak na my asem as ek haar binnedring. Sy gaan sit op my en ek sak in haar weg. Sy begin om my te ry. Sy lig haar op totdat ek amper uit haar glip voordat sy weer met mening op my gaan sit en ek haar diep binnedring. Ek gryp haar heupe vas as die eerste warm straal semen in haar dieptes uitskiet. Sy snak na haar asem en kom terwyl sy vooroor oor my leun. Ek proe die sout van haar trane. My hande streel oor haar gesig. Ek voel hoe die laaste sarsie van my orgasme uit my sypel. Sy is steeds besig om kreunend oor my te lê terwyl haar orgasme besig is om uit te woed. Na 'n paar minute lig sy haar op en ek glip uit haar uit. Sy kom lê langs my op haar rug met haar bene opgetrek.

    "Yuko …" fluister ek hees.

    "Shhh …" sê sy en vee met haar vinger oor my mond.

Buite sak die reën weer uit. 'n Windvlaag ruk aan die toringblok. Yuko kreun liggies en kom lê in my arm. Haar linkerhand streel liggies oor my penis en skrotum. Ek streel haar rug en boude. Ek weet nie hoe lank ons so gelê en streel het nie. Miskien het ons tussendeur geslaap. My hande beweeg later laer tussen haar boude in. Al die liefdesvog het uit haar geloop en alles is glad en nat. My vingers masseer die nat vog in die klofie tussen haar boude. Steeds gaan ek laer af. Sy druk stadig met haar boude na bo. My vingers raak aan haar kringspier. Stadig dring ek haar van agter binne met my middelvinger. Terselfdertyd begin my penis verhard en staan regop. Haar vingers sak ook laer tussen my bene in. 'n Vinger druk verby my kringspier en glip dieper in. Dit voel asof ek gaan ontplof. Sy rol haar vinger liggies oor my prostaat. Ek kreun en snak na asem. 'n Blink, waterige straal vog loop onwillekeurig uit my klipharde penis. Die voorhuid trek verder terug. Ek was nog nooit in my lewe so hard nie. Yuko se vingers glip stadig uit my uit. Die beweging veroorsaak 'n tweede straal wat stadig uitloop en op my maag drup.

Yuko trek my oor haar en druk my stywe penis in haar in. Ek sak diep weg en sy snak na haar asem as ek haar volkome vul. Ek leun op my arm en begin haar met mening te stoot. Sy lig haar bene op totdat hulle oor my skouers rus. Vir etlike minute hou sy dit so totdat sy skielik haar bene oopsper. Haar naels krap oor my rug. Sy byt my in my nek. Haar liggaam ruk nou onwillekeurig onder my. Dan kom sy. Ek voel hoe sy in 'n nat orgasme ontplof. Verder kon ek nie … ek kom diep in haar. Dit is amper pynlik, so intens is die gevoel. Na 'n paar minute trek ek stadig uit haar uit. 'n Poel van ons liefdesvog bevlek die laken. Ek val uitgeput langs haar neer. Ons raak aan die slaap. Buite reën dit opnuut.

Dis die storie van Ben en Yuka se eerste nag saam. Ben is die volgende oggend terug na Suid-Afrika. Yuka het agtergebly. Ben het sy werk bedank en die land verlaat. Yuka het soos 'n groot speld verdwyn. Net betyds, want vier dae na haar verdwyning het haar man se lyfwagte toegeslaan op die hotel se werkerskwartiere. Haar kamer was leeg, behalwe vir 'n reuk van jasmyn wat nog daar was. Ek het gehoor dat daar in Singapoer 'n baie suksesvolle Suid-Afrikaner woon. Hy is glo betrokke met invoer en uitvoer na en van Suid-Afrika. Daar was 'n ruk gelede 'n artikel en 'n foto van mnr Ben Malherbe, sy eggenoot en twee kinders, in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. Sy is Oosters, Japannees om meer spesifiek te wees.

  • (Name en stede is fiktief om werklike persone en situasies te beskerm. Soos oorvertel deur Ben aan sy suster, wat haar eie weergawe van die nag in Tokio aangelas het ter wille van passie en die liefde. MP)



    LitNet: 15 September 2004

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hystories.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.