Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

TLC

Andre van Wouw

Die plekbesprekings was baie druk en ek besluit om twee dae vroeër vir die mediese kongres na Durban te vlieg. 'n Paar dae in die son sal ook 'n welkome wegbreekkans wees van die besige praktyk. Gelukkig kon my afsprake inpas by die skedule van my vennoot. Om sommer die eerste oggend lekker laat te slaap het ek die "Don't Disturb"-hanger die vorige aand aan die buitekant van my kamerdeur aangebring.

Nou is dit reeds elfuur en ek staan lui-lui op, rek en strek behaaglik na die heerlike laatslapie. Ek hoor stemme en die bekende geluide van kamerpersoneel wat nou aan die einde van die gang, waar my kamer geleë is, besig is om aan die kant te maak. Daar ek nie lus is vir 'n deurmekaar bed tot namiddag toe nie, besluit ek om die bordjie buite die deur te verwyder, en los die deur op 'n skrefie oop.

Terwyl ek in die badkamer skeerseep aansmeer, kom 'n vrolike stem van die kamerdeur se kant af: "Knock-knock, may I come in?" en 'n klop aan die deur volg. Ek loer by die badkamerdeur uit en roep terug: "You're welcome, please do", en volg met "May I have clean towels please?" en gaan aan om te skeer. 'n Kloppie aan die badkamerdeur word gevolg deur 'n vriendelike "Here they are, doctor." Ek beduie aan haar om die handdoeke op die reling te sit sonder om na haar te kyk en sy beweeg agter my verby om dit te doen.

Sy kom terug en staan agter my terwyl sy in die spieël na my kyk en vra: "Anything else?"

Toe sien ek dat dit die pragtige Indiërmeisie is wat gisteraand met die toonbankklerk gesels het. Haar vriendelike lag en gesels, pragtige hare, vol lippe en spierwit tande het my opgeval. Terwyl ek die register invul, bekyk ek haar ongemerk en betrap sy my amper toe kyk staar word. Dit is 'n mooie mens. Sy het 'n ligte, geel katoenrokkie aan en die lae V-hals vertoon 'n pragtige klofie wat na twee mooi vol borste lei. Die heldergeel rok kontrasteer treffend teen haar ligbruin vel. Haar spontane gesels gaan gepaard met bewegings van arms en bolyf en die subtiele roering onder die dun materiaal verraai onmiskenbaar dat sy nie 'n bra aan het nie. Na voltooiing van die register neem ek my handbagasie en volg die portier na die hyser. In die verbygaan kyk ek nog 'n keer na haar kant. Sy kyk op en ons oë ontmoet vir 'n oomblik mekaar. In die splitsekonde sien ek twee pragtige amandelvormige bruin oë. Net toe ek wou wegkyk, groet sy vriendelik en op haar gemak: "Good evening to you, doctor, and enjoy your stay and our hospitality." Ek ruk my reg en kry 'n "Thank you very much" uit. Terwyl sy omdraai en ek 5 by die hyser druk, besef ek dat sy my gesprek met die toonbankklerk gevolg het. Effens voorbarig, sou ek andersins reken, maar haar vriendelikheid geval my meer as wat ek wil erken.

Die hyser is op pad ondertoe en terwyl ons wag, vra die portier vir haar: "What shift do you work tomorrow?"

"7 to 1 - on the 5th floor," antwoord sy. Was dit toe bedoel vir my ore? wonder ek nou. Die hyser arriveer en hy groet: "See you, Nushka." Toe sy omdraai en wegstap, sien ek 'n paar slanke enkels en twee volmaakte kuite en die hyserdeur skuif toe.

"Anything else for you, doctor?" herhaal sy beleefd. Ek skrik wakker uit my mymeringe en sien die mooiste glimlag en haar skitterwit tande in die spieël. Die bruin oë terg nou. "Penny for your thoughts?"

"No thank you, nothing else, thank you very much", en ek besef dat ek al weer lomp en onbeholpe voorkom. Sê veel van 'n spesialis wat sy woord moet doen voor 'n uitgelese gehoor op die aanstaande kongres. Sy loop uit en voor ek kan keer, kom dit vinnig van my kant: "By the way, my thoughts are not for sale, but if you want to know, I was wondering whether TLC is part of the hospitality you promised last night."

"TLC?" sê-vra sy en draai om en kom staan weer agter my en kyk vraend na my in die spieël. Dit is nou my beurt om te skerts, maar ek merk op dat sy ten spyte van haar pragtige en kraaknette voorkoms ook tog in 'n mate onskuldig en naïef lyk.

"Yes, TLC, you know," sê ek sonder om te verduidelik.

"I'll call the bar for room service if you want me to," bied sy aan en dit blyk dat sy dink TLC is 'n soort drankie.

"No, no - no, you can't order TLC from the bar," kom dit van my, en sy sien nou dat ek terg. Ek besef dat haar onkunde nou 'n verleentheid word en vervolg vinnig: "TLC means 'tender loving care'."

"Mmmm, I see, tender loving care," sê sy stadig en nadenkend, nou begrypend met een hand op haar ken en wysvinger se punt tussen haar lippe. "The doctor needs some care, t e n d e r loving care," rek sy dit met 'n ondeunde toon in haar stem uit terwyl sy my spieëlbeeld vas in die oë kyk.

My arms en elmboë is nog gelig in die skeeraksie en sy glip onverwags haar hande om my en streel raak-raak oor my kaal borskas en speels oor my tepels en sê gemaak-peinsend asof sy filosofeer oor die uitdrukking: "TLC … I understand: what the doctor orders, is what the doctor needs, hmmm?"

Onwillekeurig laat sak ek my arms en druk haar voorarms vas onder my oksels, maar laat skiet dadelik weer die greep voor sy dink dat ek nou kleinkoppie trek terwyl ek die speletjie begin het.

Sy sit die streling voort en druk nou haar boesem sagkens teen my rug aan. Ek dink aan die belofte van pragtige borste wat ek gisteraand in die voorportaal gesien het en leun effens terug om die drukking te vermeerder. Sy beantwoord my reaksie en ek voel hoe dit roer in my kort slaapbroekie. Sy draai haar kop skuins en leun met haar wang teen my nek aan, en die sensuele streling word afgewissel met sagte drukkies. Die fynste geur van parfuum is waarneembaar. Vir 'n oomblik is haar hande weg en die volgende oomblik is hulle terug met nat vingers op my tepels en sy vryf haar speeksel stadig om hulle in sirkeltjies. Sy konsentreer op die puntjies, wat kliphard staan.

'n Sagte, welbehaaglike sug ontsnap nou oor my lippe en ek besef dat ek etlike oomblikke asem opgehou het.

"You like it, you like my TLC?" kom dit smeulend van haar.

"Mmmm, feels good … very good," sê ek stadig en sug weer hoorbaar. Ek is so jags dat ek myself nie ken nie en hoop sy het nie die ingehoue spanning in my stemtoon gehoor nie.

"You want more TLC?" en sy kyk nou oor my skouer in die spieël. Ek verkyk my weer aan die skoonheid van hierdie nimf. Daar is 'n sweempie van lipstiffie op haar vol lippe, maar verder geen maskara, oogbelyners ens nie. Die natuurlike voorkoms bly 'n wenner mits 'n vel nie gedokter moet word om na iets te lyk nie.

"Something the matter?" vra sy toe ek nie dadelik antwoord nie.

"No … I mean yes, I mean no … nothing is the matter. I mean, yes, more TLC will do … thank you."

Haar hande gly nou af langs my voorarms en sy haal die skeermes en kwas uit my hande wat passief op die rand van die wasbak rus. Sy tel my hande op en strek my arms boontoe sodat ek nou met gestrekte arms vooroor teen die spieël leun. Sy knak haar knieë effens en reik om my en maak haar hande nat in die skeerwater, neem die buisie skeerseep en druk die skeerroom mildelik uit in haar hande, wat sy liggies teen mekaar vryf. Terwyl sy dit doen, is ek weer bewus van die heerlike drukking van haar borste teen my rug. Die nat seepmengsel word in sirkels oor my maag, oor my borskas, in my armholtes, teen die binnekante van my arms, tot bo by my polse versprei en gevryf. Die masserende sensasie wil my rasend maak. Ek voel weerloos terwyl ek vooroor teen die spieël leun en is uitgelewer aan haar op en af streling. My voël het styf geskop in my broek en ek voel dat hy vasgekeer is onder die rand van die wasbak. Ek gee my oor aan hierdie onverwagse bederf wat die potensiaal het om groot bederf te word.

"It's rather warm in your room," kom dit van nou haar, maar ek besef dat dit haar aktiwiteit is wat haar laat warm kry, want ek is besig om hoendervleis te raak, óf van die aircon óf van jagsgeid.

"Do you mind if I take off my uniform?" Die manier hoe en die feit dat sy toestemming vra, maak dit soveel sexier as wat sy net summier sou ontklee.

"No … I mean I don't mind, yes … go on and make yourself comfortable."

Sy maak die paar knope stadig los en terwyl ons mekaar in die spieël dophou, is daar weer daardie stunning glimlag. Sy draai om om die uniform op te hang en ek merk op dat sy haar bra se hakie ook losmaak, die bandjies gly van haar skouers en sy gooi dit oor die uniform.

Met haar rug steeds na die spieël reik sy met albei hande na die netjiese rol waarin haar hare vasgevang is, haal 'n paar lang haarnaalde uit, en skud haar kop vinnig heen en weer, en 'n pragtige vag swart maanhaar tuimel oor haar skouers. Sy kom staan nou teen my en ek voel haar naakte borste warm teen my koel rug.

"You like it?" vra sy amper kinderlik.

"Hmmm, that feels wonderful," kom dit van my.

Sy beweeg effens weg en skuur haar tepels liggies teen my rug terwyl sy haar knieë knak en op en af beweeg. Sy staan nou regop en neem my hande weg van die spieël en laat sak albei haar hande oor my naeltjie en na onder. Ek leun effens terug om my stywe voël, wat nog steeds onder die wasbak se rand is, te bevry, en haar hande gaan dadelik soontoe. Sy hou hom 'n rukkie vas, gee hom 'n goeie druk en sê: "It feels very nice, very nice and hard and strong." Sy streel my kop deur die gladde materiaal van die broekie en vervolg met: "Nice and strong and wet, very wet, very, very wet."

Die vrae, kommentaar en gepraat van hierdie prinses uit die Ooste maak my jagser as ooit en ek dink onwillekeurig aan my vrou wat voorspel, seksdaad en naspel altyd alles gelate en stilswyend passief aanvaar (of was dit verduur? het.

Sy haak nou albei haar duime weerskante van my broekie se rek in en druk dit af ondertoe, oor my knieë, en laat dit val. Terwyl ek onseremonieel uit my broek klim, is haar hande reeds terug en besig. Ek kom agter dat sy om my in die spieël my voël betrag terwyl sy die voorvel wegtrek met 'n afwaartse beweging. Sy sien dat ek sien dat sy sien en laat hoor 'n ewe onskuldige "May I look? I would like to look. It's magnificent. I like to look while I give you TLC." Toe sy vorentoe beweeg, met albei hande wat 'n heerlike skede om my voël gevorm het, kom daar 'n ruim dosis voëlsap saam, wat sy behendig met duim en voorvinger versprei. Sy melk nog 'n slag en weer en weer en versprei dit elke keer langs my volle lengte.

Sy druk nou weer van agter teen my aan en toe voel ek dit … haar skaamhare teen my kaal boude. Sy het nooit 'n broekie aangehad nie. "You are surprised, are you? You feel my naked fanny? You like to feel it?" volg die vrae op mekaar. Sy moes my reaksie gevoel het toe ek terugdruk teen haar harige dosie. "It's too hot en humid working and wearing a pantie in Durban, you understand?" gee sy 'n verduideliking wat my min skeel, behalwe dat die wete van hierdie naakte pragmens my wildste drome vir hierdie dag te bowe gaan.

'n Nuwe golf van jagsgeid rimpel van my tepels tot in my balsak, wat sy nou in die holte van haar linkerhand nestel. Sy trek dit versigtig en sagkens afwaarts, wat die spanning op my voorvel en kop verhoog, en begin terselfdertyd met haar regterhand stadig op en af te gly langs my tot barstens toe erekte skag. Telkens wanneer haar hand voor by die ontblote kop kom, word daar 'n draai-aksie gegee met die palm van haar hand en dan is dit weer op pad ondertoe.

Sagte kreungeluidjies ontsnap nou agter uit my keel saam met die ritme van haar hand.

"Is it okay like this? Not too fast, or maybe a bit faster? … Tell me, please," vervolg sy toe ek nie dadelik antwoord nie.

"It's 110 percent like that, Nushka, just fine - I mean, just wonderful."

"Let's make it even better for you, okay?" en ek wonder wat nou gaan kom.

Sy neem my linkerhand en plaas dit agter my rug op haar regterbors. Sy verskuif sodat haar bors geriefliker binne my bereik is. My regterhand word agter my rug na haar venusheuwel gelei. Sy verplaas haar voete sodat sy effens wydsbeen staan. My oop plathand streel liggies oor haar haartjies. Na 'n rukkie kan ek dit nie langer weerhou om my middelvinger in haar gladde slootjie te laat ingly nie. Wysvinger en ringvinger rus weerskante op haar lippies. Ek strek 'n bietjie laer en maak op die drie vingerpunte van die oordadige nattigheid bymekaar en lubriseer die slootjie en haar reeds wakker plesierknoppie ruimskoots. My linkerhand knie haar vol bors en die vingers van my regterhand bly besig tussen haar opening en klittie beurtelings. Nog nooit in dié posisie gevry nie, maar wat lekker is, bly lekker, al is dit effens ongemaklik. 'n Sagte, verwelkomende "Mmmmm, that also feels about 110 percent" kom koerend in my oor. "You like to give TLC to Nushka as well?" Weer een van daardie naïewe vrae.

"Yes, very, very much." My brein wil nie lang, vloeiende sinne vorm nie.

"Let's give TLC together, shall we?" En sy vorm weer 'n heerlike skede om my skag, hierdie keer met al twee haar hande nadat sy weer voëldou gemelk en versprei het.

Sy neem haar regterhand weg en toe die hand weer voor kom, voel ek die verskil. Haar speeksel meng met my sap, en sy laat hoor: "That's better … Are you ready? Let's go."

Haar heupe kom nou ritmies in aksie terwyl sy my van agter teen die wasbak stoot en my lekkerte in en uit beweeg tussen haar betowerende hande. My voël, wat tot nou toe meer vertikaal gestaan het, word afgedruk na 'n horisontale posisie, met gepaardgaande spanning op weefsels en alle senupunte. Ek volg die ritme van haar stotende heupe terwyl ek steeds konsentreer op die nat, warm, kloppende liefdesinhoud van my regterhand. Sy stoot en beur teen my hand en vingers en ek stoot deur die gladde, ferm tonnel wat haar hande vorm.

Haar wang rus nou weer agter teen my nek. "I'm ready, I'm ready, I'm nearly there," kom dit sag-hortend. "I'm nearly there … yes ... yes … mmm …. yes ... yes," kom dit saggies en dan al sagter. Die nat oorvloed in my hand bevestig wat sy so pas ervaar het. Onderwyl sy so praat, voel ek my ballas optrek en saamtrek. Die kom-sensasie is nie net in die geswolle kop voelbaar nie, maar langs die hele skag af tot by my kringspier. Met elke vorentoe in-beweging spuit daar 'n warm straal skoot wat in straaltjies teen die spieël afloop.

Asof afgespreek, raak ons heupe gelyktydig stil. Sy kyk om my en sien die resultaat van my klimaks. Ons staan so vir oomblikke wat soos 'n ewigheid voel - sy met my tevrede voël in haar hande en ek met haar nat heerlikheid in my druppende regterhand. Ons albei haal steeds vinnig asem.

"The doctor knows about MFO?" vra sy onverwags.

Ek weet natuurlik goed wat "multiple female orgasm" beteken, maar hou my dom.

"I explained TLC to you, now you can tell me about MFO, okay?" sê ek.

"My sister says that women can climax more than once during intercourse; can that be possible?"

Intussen het ek haar klittie weer stadig en versigtig begin masseer. "I really don't know," lieg ek, "but let's try and find out," stel ek voor terwyl ek voel dat haar plesierstingeltjie weer sterk staan.

"How shall we find out, doctor? Oh yes … I know … how we can …" Sy ervaar die nuwe sensasie terwyl sy praat en leun weer sterk met haar heupe na vore. My middelvinger gly nou beurtelings in haar slootjie af, dan binne in haar in, uit en weer op met die slootjie tot by die lekkerkry-knoppie. Diep kreun- en kort steungeluidjies verraai dat sy weer op 'n volgende afdraande is en ek hou my vinger stil op die lekkerste van plekkies terwyl sy teen haar eie pas en ritme die fyn draai op 'n galop vat.

"Oh yes, I'm coming again," kom dit opgewonde-bly-verbaas. "Yes … yes … yes" … al sagter soos vantevore. Haar swetende liggaam leun teen my aan en sy is kortasem en in sigbare ekstase terwyl sy met blink oë oor my skouer in die spieël na my kyk. Ek knipoog vinnig en sy koes agter my rug en lag 'n skelm laggie.

Ondertussen het haar opgewondenheid nuwe vonk in my stronk geblaas en ek merk dat sy dit ook agtergekom het. Sy bewerk nuwe lewe en 'n stewige ereksie met haar hande, wat steeds om my voël gesluit is.

"Want to try one more time?" vra ek haar toe haar asemhaling na normaal teruggekeer het.

"You or me?" Sy klink onseker.

"Both of us," kom dit van my terwyl my regterhand sy ritueel hervat. Haar heupe kom weer in aksie terwyl ek, nou sonder enige inhibisies, wild in en uit in haar hande pomp. Ons wag nou nie op mekaar nie en versnel die pas dadelik.

Sy begin saggies te lag tussen kort steungeluidjies deur terwyl sy haar warm asem in my linkeroor blaas. "It's … really … happening … again," sê sy opgewonde saam met elke vorentoe stoot van haar bekken. Die pas versnel nou verder. Saam storm ons die hoogte uit en tuimel anderkant oor 'n diep afgrond in 'n poel van heerlike plesier. Ek vind uit dat haar lekkerkry-laggie aansteeklik is.

Sy gee 'n laaste ferm druk en laat hom los. Ek draai op swikkende, moeë bene na haar toe en neem haar in my arms. Ons lippe vind mekaar in lang hartstogtelike soene. Ons geniet nou mekaar se lippe en tonge. My nat hand word geleidelik droog terwyl ek die kloof tussen haar boude verken en die stewige boude 'n ruk lank streel.

Die vingers van my oop hande druk nou van agter in haar bos welige hare en ek ruik die geur van jasmyn. Ek masseer haar kopvel liggies met my vingerpunte.

"Some more TLC," laat sy hoor. Uiteindelik stoot ek haar 'n armlengte van my weg terwyl my hande op haar skouers rus, en kyk na wat ek in die spieël nie kon sien nie. My oë drink die pragtige gesig in van die twee mees volmaakte borste wat ek in my loopbaan as huisarts en later as ginekoloog ooit aanskou het. Twee groot areolas word gekroon deur regop en steeds wakker tepels. Haar borste, in perfekte simmetrie, is amper reguit na vore gepunt. Haar hande, wat op my heupe gerus het, word stadig opgetel om twee komme te vorm waarin elke bors sagkens lê. Sy kyk nou af na hulle en ek weet instinktief daar gaan weer een van daardie vrae kom wat my bloed opnuut wil laat bruis. Albei haar borste word effens gelig en sy kyk op na my met 'n "The doctor likes them?" Soos gewoonlik wag sy nie vir 'n antwoord nie. "How are they? Too small or maybe too big? What do you think? Tell me please."

I'm your lover, not your doctor, dink ek by myself. Ek besluit om weer te terg en antwoord met 'n kortaf "No" terwyl ek my kop ontkennend skud.

"No? Why no?" vra sy skielik ernstig met 'n vraagteken tussen haar oë. "Too big or too small?"

"No, they are just fine, the perfect size and the perfect shape and so firm, firm indeed."

"How can you be so sure that they are so perfect?"

"I'm a gynie, remember? I should know"; en ek vervolg beterweterig met 'n knipoog: "Come and lie on the bed. I want to do a proper and full examination to see whether everything is perfect and in good order."

"Yes please, I need some attention down there; I think the hand of the doctor was a bit heavy today," terg sy terug.

Sy staan nader, lig haar kop op en bied haar heuningsoet lippe weer gewillig aan. Met my oop mond op hare skuif ek haar hande sagkens opsy en maak my hande vol met daardie twee kampioene. My duime vind haar tepels saggies en ek voel hoe hulle verder verhard onder my ligte streling. Sy plaas haar hande op myne, druk en verstewig my sagte aanraking en laat tevrede hoor: "Hmmm, that's better; just hold me like that, doctor."

Haar hande gly nou af oor my bors, maag, vrywend teen my lieste af, en sy neem my ontspanne penis en skrotum saam in haar bak hande wat 'n warm nessie vir voël en eiers vorm. Sy gee 'n ligte drukkie en ontspan, gevolg deur nog sensitiewe drukkies. Aanstons begin die bloed terugvloei in die sponsagtige weefsel van my orgaan en sy bemerk die vergroting daarvan terwyl sy opgewonde in my oë kyk asof sy wil sê: "Ek het iets reggekry wat ek nie probeer het nie."

"Do you like it?"

"Yes, I like it; I enjoy your TLC and …" Ek voel soos 'n hoërskoolseun wat vir sy eerste date wil sê dat hy van haar hou.

Ek maak haar hande stadig en onwillig los. Die behoefte om van my moeë bene af te kom is nou groter as aan verdere TLC, as dit staande gegee of ontvang moet word.

"And in what position should I lie for a proper and full examination?" vra sy laggend terwyl ons ons op die bed neervly. Sy gaan lê hoog teen die kussings, trek haar knieë op en maak haar gladde, soepel bene wyd oop. Soos die blare van 'n oop ligpienk roos lê haar buite- en binnelippies oopgevou en ek kyk openlik bewonderend daarna. Ek onderdruk 'n skielike begeerte om vol op haar te gaan lê en haar warmte te penetreer; bedink my en gaan lê op my regtersy tussen haar bene en laat my wang saggies op die roosblare rus. Ek teug diep en besnuif die unieke geure van haar liggaam. My linkerhand met palm na bo vind sy pad na haar skede en my middelvinger gly na binne, sirkelend soek-soek na haar G-kol. Sy trek haar asem hoorbaar in en bring haar bene stadig na mekaar en druk my stewig tussen hulle vas.

Ek neem die inisiatief en laat hoor: "A very interesting and relaxing examination … do you like it?"

"You are a very, very naughty doctor, you know!" Die toonhoogte en intensiteit van haar stem, wat styg terwyl sy dit sê, dui aan dat my soekende middelvinger die stoute kolletjie gevind het. Ek skuif my kop effens eenkant toe en sy sug instemmend-behaaglik toe my duim die gladde paadjie volg wat na die enkele stuifmeeldraadjie van haar blom lei. Middelvinger wat met duim sinchroniseer, bly steeds binne-in saggies-sirkelend-strelend.

Die greep van haar bene verslap en sy maak hulle weer wyd oop terwyl sy eers diep asem intrek en toe steunend baie diep asem uitblaas. Haar vingers, wat tussen my hare gevroetel het, kramp saam; haar bene word weer effens opgetrek met voete wat plat druk op die duvet om haar heupe en boude, wat ritmies opwaarts beur, te ondersteun. Ek lig my kop effens om die gewig op haar pelvis te verminder, my vingers steeds besig terwyl ek skuins opkyk na oë wat reeds op myne wag - dit is hierdie keer nie 'n spieëlbeeld nie.

Woorde kan die salige uitdrukking op haar gesig nie beskryf nie. Wat sy voel, laat haar wel woorde vind. "I'm coming now … now … it's even better this time, it's won … derful." Weer die spontane stygende toonhoogte. Ek geniet haar onverbloemde ekstase.

My wang kom rus weer op haar hittige geslag toe haar heupe tot bedaring kom. Vars lou nektar vloei uit die roos; my vingers, soos besige bye, verlekker hulle in die oorvloed. My reuksintuig, ontdekkend met elke asemteug, stuur impulse met nuwe boodskappe na my onderbewussyn.



LitNet: 01 November 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.