Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My lover

Tana Heler

Jou hart is gebreek en jy huil op my skouer. "Sy verdiende loon. Hy wil mos vir 'n ander man se vrou lief wees en haar liggaam begeer," eggo my man se woorde in my ore. Liefde. Ek dink dit is bietjie te groot. Lus eerder.

Wat sal jy tog sonder my doen? het ek al soveel keer vir jou gevra. Toe die derde vrou jou in 'n ry laat staan het, was ek daar om jou te troos en jou luste te bevredig. Ek het vir jou 'n woonstel gesoek terwyl jy jou hartseer in 'n kroeg uitgedrink het. Ek het in my man se arms gelê en aan jou gedink. Gedink hoe ek jou woonstel moet mooi en gemaklik maak sodat jou hart weer kan lewe. Lewe. Lewe om weer nog 'n vrou te bed. In my selfsugtigheid herinner jy my daaraan dat ek nie my man vir jou wil los nie, maar ook nie wil hê dat jy nader vrouens moet bed nie.

O, ek het vir jou 'n plek gekry naby my huis sodat jy nie te veel moeite is nie. Ek sorg elke dag vir jou. Staan vroeg op en maak jou woonstel aan die kant en sorg dat daar kos is om te eet vanaand as jy by die huis is. Ek doen jou inkopies en vat jou wasgoed na my huis toe en was dit met my man se elektrisiteit en wasmasjien en seep. My nanny stryk dit en ek bring dit terug en pak dit met liefde terug in jou kas. Jy sê altyd jy weet nie waar ek die krag vandaan kry om twee huise te run en nog 'n voltydse werk te hê nie. En dan weet my man van geen sout of water nie.

Ek dink aan jou woonstel as ons liefdesnessie. Ongeag of jy ander vrouens soontoe bring vir 'n quickie. My man sê altyd agter elke man is 'n suksesvolle vrou. Wel dan moet ek bleddie suksesvol wees. Ek staan agter twee mans.

Jy is so verslawend. Jy is soos coke. As jy eers die wit poeier gesnuif het, kan jy nie ophou nie. Die eerste keer toe ek jou geproe het, het ek aan jou verslaaf geraak. Ek kan nie met jou saamlewe nie, maar ek kan ook nie sonder jou in my lewe nie. Ek wonder darem maar waar gaan ons wees as ons oud is. Nog net so verslaaf aan die adrenalien van mekaar se asems en lyf? Of gaan jy tevrede wees met jouself lekker gesettel? Ek het klaar besluit dat ek eendag wil ouma wees en sien uit daarna. Saam met my man en nie saam met jou nie. Jy is die sonde in my lewe. Die brand tussen my bene en die hard word van my nippels. Ek is soos jellie in jou hande en jy soos klei in my hande. Vinkel en koljander.

Ek dink jy is in my lewe omdat ek eendag stilweg wil glimlag terwyl ek op die stoep sit en brei vir die kleinkinders en aan jou wil dink. Ons warm nagte. Jou tong wat soekend in my mond beweeg en jou vingers op my klit en in my passiesloot. My hand op jou skag werkend en die hele tyd vergeet ek my naam.

Jy is die verbeelding van sonde vir my en jy is tog my sielsmaat, my seksmaat, en miskien tog die groot liefde van my lewe. Maar soos alle dinge in my lewe het ek gaan nadink en besluit my hart is 'n slegte denker en ek kies eerder 'n man met my kop. En daarom, my lover, is jy net dit. My lover.



LitNet: 04 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.