Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Stukkie van ’n stukkie van die hemel


Opgedra aan: Weirdo

3Q

Kristyn skuif sy ronde boudjies totdat dit gemaklik pas in die holte van die ivoorbak wat so half in die water met die spierwit, nat spoelklippies staan. Aan die regterkant van die bak is die grond bedek met ’n welige sagte moskombersie en aan die ander kant kartel 'n helder stroompie water. ’n Piesangboom se welige blare hang laag oor die ivoorbak en bedek dit feitlik heeltemal. Die lig skyn plek-plek deur die blare en die skadukolle lyk soos prentjies van monsters. 'n Minireënboog buig oor die welige tuintjie en vorm ’n halwe raampie vir ’n watervalletjie wat neerplons op die klippies. Elke waterdruppeltjie wat wegspring van die hoofstroompie, verander in 'n glashelder diamantjie. Die diamantjies val dan tussen die plantjies in, of terug in die stroompie, wat verder kronkel tot by die volgende stroomversnellinkie of watervalletjie.

Kristyn sit-lê in die ivoorbak en loer deur die gleuwe in ’n blaar en kyk of iemand hom hier kan sien wegkruip.

Onder een van die blare van ’n pragtige groen wildevaring sit vyf mannetjies met hulle musiekinstrumente. Al die mannetjies is presies dieselfde aangetrek: hulle het spierwit uniformpies aan met silwer knopies. Hulle swart skoentjies het skerp punte wat effe opkrul en hulle het silwer pette op. Die orkessie maak die pragtigste musiek. Sagte, vloeiende note vul die lug, maar oordonder nie die klanke van die watervalletjies nie. Dit vorm eerder ’n eenheid, ’n harmoniese klank wat deur die hele bos vloei.

Die orkessie staan met hulle rug na Kristyn en hy is bly dat hulle hom nie kan sien nie. Privaatheid is nie geredelik beskikbaar nie en dit frustreer hom as hy nie alleen kan wees wanneer hy so voel nie.

Kristyn se helderrooi broekie span styf om sy onderlyf. Hy kan dit nie verhelp nie; telkens as hy na sy onderlyf kyk, dan raak hy bewus van sy opgewondenheid wat beur om uit sy broekie te spring. Sy hande vryf vir ’n oomblik lank stadig oor sy gulpie, dan lê hy weer agtertoe en plaas sy hande agter sy kop. Weer eens loer hy af en hy sien dat sy broekie ’n stywe driehoekie na bo span. Hy staan op en loop ’n draai deur die water, maar die spoelklippies en diamantjies maak sy voetjies seer. Hy stap na ’n rukkie terug na die ivoorbak. Hy trek sy broekie uit en gooi dit eenkant oor ’n grasgroen takkie. Sy boudjies ken al die posisie in die ivoorbak, maar dit is die eerste keer dat hy die koue van die bak direk teen sy ferm boudjies voel. Hy neem weer 'n sit-lê posisie in en sy bene skuif outomaties oop.

Die orkessie onder die wildevaring het hulle klassieke-musiek-making eers gestaak en besluit om rock ’n roll te speel. Hulle doen dit partykeer, maar net as Gabriel aan die ander kant van die bos is. Die harde, polsende musiek kom so op die regte tyd vir Kristyn. Hy neem sy handjies en plaas dit weerskante van sy harde penis. Hy trek die sagte velletjie terug en kyk na die koppie wat uitloer tussen die vellerolletjie. Die blink koppie met die gleufie in lyk vir hom soos ’n bles oompie met ’n tandlose glimlag. Stadig stoot hy weer die velletjie terug oor die blink koppie. Dan neem hy die glibberige olie van die bosplantjie naaste aan hom en smeer met egalige stroke van die olie oor sy penis. Soos ’n swaard wat gereed is om getrek te word en glimmend in die goue glans van die woud, staan sy penis penorent.

Met stadige hale neem hy sy penis weer styf vas en vryf dit op en af, op en af in dieselfde ritme as die polsende musiek. Genoegdoening spoel deur sy hele lyfie. Met ’n forsheid anker hy sy hakskene in die sagte groen mos en gooi hy sy kop agteroor. Die are in sy nek raak styf, maar nie so styf soos dit wat hy in sy hande hou nie. Die hale raak al hoe vinniger, al hoe meer intens, en terwyl hy die totale genot amper nie meer kan hanteer nie, hoor hy ’n geritsel agter hom.

Hy plaas beide sy hande oor sy onderlyf, maar slaag nie daarin om alles te bedek nie. Hy ruk sy kop na skuins agter vanwaar die geluid gekom het en sien verbaas hoe Flo haar rokkie voor oopknoop sonder om 'n woord te uiter. Kristyn merk op dat sy nie ’n bra aan het nie. Sy vryf oor haar kaal borste en Kristyn sien hoe die piepklein nippeltjies stokstyf begin staan en dit lyk soos twee vingerpuntjies wat direk na hom wys. Haar ferm borsies is soos ryp vruggies aan haar skraal lyfie. Sy trek later haar rokkie uit en toe trek sy tydsaam haar broekie af. Steeds sonder om iets te sê stap sy tot reg voor hom. ’n Opgewonde rilling gaan deur Kristyn! Flo gaan staan op haar knieë in die driehoek wat sy oopgesperde bene vorm. Met ’n geoefende beweging maak sy die haarrekkie los en skud haar koppie. Haar goue hare val oor haar skouers en bedek plek-plek haar astrante borsies. Flo kyk Kristyn reg in die oë en ’n vraagteken vorm op haar gladde voorkop. Hy knik woordeloos en verleë laat sak sy haar wimpers.

Sy laat rus haar koppie stadig in sy harige onderlyf. Sy maak sagte draaibewegings met haar kop en knie sy onderlyf met haar gesig. Die draai- en kniebewegings raak later al hoe meer intens. Sy voel hoe vog drup uit haar wellustige vagina. Sy lig haar koppie effens en met ’n vlymskerp tongetjie lek sy al om sy penis. Sy lek met stadige hale sy bobene, sy heupies; sy vertoef ’n wyle in sy naeltjie en dan, asof terloops, raak sy met haar tongetjie aan die bleskoppie. Sy kyk verward op om te sien wat Kristyn se reaksie is. Sy sien op sy gesiggie die totale genoegdoening, en asof dit haar aanspoor tot hoër hoogtes, neem sy die vrymoedigheid en begin sy penis met haar tongetjie te lek. Sy trek haar vingertjie deur haar druipnat lippies en plaas van die voggies op Kristyn se voëlkoppie. Dan blaas sy haar asem oor die vogtigheid en geniet dit as sy sien hoe die velletjie om sy penis hoendervleis raak.

Skielik voel sy hoe sy hande haar koppie vasgryp en met ongekende krag druk hy haar gesig styf teen sy onderlyf vas. Hy neem sy penis in sy een hand en druk haar kop met sy ander hand sodat haar sagte lippies outomaties oopgaan en hy sy uiters katoolse penis laat nes maak in haar mond. Soos ’n wilde perd wat vasgevang is in ’n te klein stal beweeg hy sy onderlyf met rowwe ritme sodat sy penis in en uit, in en uit haar mondjie beweeg. Dan neem sy oor: sy neem hom in haar mondjie en ruk haar koppie op en af oor die klipharde papnat swaard. Oomblikke voordat sy liggaam verstyf en hy sy saad stort, stop sy.

Die orkes speel weer klassieke musiek. Saggies vul die klanke die woud. Flo gaan sit rustig met haar onderlyf op Kristyn. Sy neem sy penis en skuur dit stadig deur die gleuf in haar eie lyf. Hulle liggaamsvloeistof meng met mekaar. Sy neem haar dun vingertjies en sleep dit weer deur haar binnelippe en kom met ’n heerlike swaar aromatiese smeersel te voorskyn. Sy smeer dit al om sy lippe. Die swaar reuk maak hom totaal horny. Hy neem haar vinger en druk dit in sy mond. Die effe bitter smaak en die tipiese reuk van ’n orgasme prikkel elke enkele sintuig in hom. Hy pomp haar vinger in en uit sy mond terwyl haar liggaam dieselfde ritme aanneem waar sy stokstywe penis haar deurboor.

Die sensasie is ongekend vir haar, sy beur agtertoe in ’n poging om sy penis nog dieper in haar te forseer. Sy slaag daarin. Hy vul haar totale binnekant en sy voel hoe hy teen haar baarmoedermond druk en stamp en stoot. Sy hyg na asem en ewe skielik skreeu sy ten hemele. Trane vloei oor haar wange en sy val moeg af van sy steeds viriele penis. Sy gaan lê op die koel grassies. Kristyn kom orent en met 'n vaart pen hy haar vas waar sy op haar rug lê. Teen ’n wilde tempo naai hy elke stukkie uit haar uit. Sy kom weer en weer en weer.

Dit voel vir Flo of sy glad nie meer kan aangaan nie. Dan trek hy sy penis uit haar uit. Hy draai haar op haar maag en trek haar op sodat sy hande en knieë voor hom staan. Met sy een hand ondersteun hy homself en met sy ander hand frommel hy haar borste ru. Hy wurm sy penis ten diepste in haar in. Haar onderlyf maak growwe geluide soos wat elke bietjie lug met mening uitgeforseer word. Die liefdesklanke en -reuke maak dat Kristyn haar met dierlike lus naai. Sy kry seer en lekker en dan kom hy! Dit voel vir haar of hy haar gaan vernietig. Hy stort sy saad diep binne-in haar op presies dieselfde tyd dat sy finaal ’n klimaks bereik. Toe hy sy penis vir die laaste keer uit haar uittrek, drup die deursigtige wit vloeistof teen haar boude af. Hy neem dit en smeer eers haar en daarna sy hele lyf daarmee. Sy protesteer nie. Sy is te moeg.

Flo val weer neer op die grassies en sy neem haar feitlik deursigtige vlerkies en vou dit skaam oor haar lyfie in ’n poging om haar naaktheid te verberg. Kristyn neem haar in sy arms en haar koppie rus in sy armholte. Die son wil-wil net deur die piesangblaargleuwe breek en op haar gloeiende gesiggie skyn. Hy neem sy linkervlerkie en verberg haar gesiggie. Hy skep ’n koeltetjie vir haar sodat hulle kan slaap.

Die woudorkes het stil geraak.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.