Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spoorweë

Putu

Hier sit ons nou weer oorkant mekaar — nie in die trein soos agt jaar gelede nie, maar hierdie keer in die Bassline in Melville.

“Nie gedink ek sou jou ooit hier raakloop nie,” probeer ek ontspanne voorkom. Sy het steeds dieselfde effek op my — haar lewendige groen oë, haar jeugdige bottelrooi hare. My hart sal seker altyd ’n paar beats mis as ek aan haar dink of, soos nou, in haar geselskap verkeer.

“Ek bly nou hier naby — het ’n plek gesoek om bietjie uit te mellow. My roommate dryf my teen die mure uit.”

Watse mag het sy oor my? Net die oeroue toorkunsies wat vroue om hulpelose mans kan weef. Sy straal seksualiteit uit — vanaf haar vol, donkerpienk lippe wat slinks kan glimlag, tot haar effe hees stem wat reguit in die holte in my buik vasslaan — asof om my te waarsku. Daar gaan bekende trillings deur my liggaam. Agt jaar verander nie baie nie. Haar skouers steeds sterk, en daai parmantige borsies wat rustig saam haar asemhaling roer. Die stywerige toppie komplementeer dit. Ek sien sy het ’n bra aan — iets waarvoor sy agt jaar terug nie te lief was nie.

Sy moes my oë gevolg het. Glimlag ondeund en skerts: “Dis nog steeds te klein, nè?” Haar ou insecurities is nog steeds met haar. Gelukkig kan sy my nie sien bloos nie.

“Dis nog net so sexy soos altyd,” probeer ek haar gerusstel. Sy wil dit seker hoor. Haar tepels swel vlugtig ’n knoppie op elke bors uit — ek smile terug. Sy lê terug in die stoel sodat haar bors ietwat uitgestoot is. Daai houding is bekend. Die outjie tussen my bene word wakker.

Dis hoe sy die eerste keer my oog gevang het. Ons kon nog daai tyd met die trein van Johannesburg af ry terug na Centurion. Ek moes hardloop om die vroeë trein te maak. Sak uitasem in die bank neer net toe die trein met rukke vertrek. Ek het by die venster uitgestaar en toe meeste mense om my by Germiston uitklim, sien ek haar. Die spiky rooi hare en die ondeunde groen oë. Sy het skuins oorkant my gesit, anderkant die paadjie. Sy probeer die laatmiddagson uit haar oë hou terwyl sy lees. Ek trek die blinding af aan my kant. “Help dit?” vra ek. ’n Glimlag uit haar rigting sê dankie. Sy buig haar rug terug in ’n boog om uit te rek. Haar jong borste druk ferm teen haar bloes. Later klim sy ook op Centurionstasie af. Haar pa laai haar op en sy is weg.

“Waaraan dink jy?” betrap sy my weer. Sy sit regop en bestel nog wyn.

“Aan lank terug — op die trein.”

Weet sy van die effek wat sy op my gehad het? Ek ’n heeltemal onskuldige 23 en sy ’n tergende 19.

“Dit was great tye — jy’ t net verdwyn.”

Ek wou nie. “Het Johannesburg toe getrek,” antwoord ek.

Na daai eerste woorde het ons mekaar eers ’n week later weer gesien. Ek het weer die vroeë trein gemaak en glimlaggend oorkant haar plaasgeneem. Daarna het ek my moer suur gehardloop om elke middag die vroeë trein te haal. Ons geselsies het gegaan oor rugby, kuns en seks. Sy was baie selfversekerd en prontuit oor wat sy like en hoeveel daarvan. Haar kêrel het ’n lae seksdrang, beken sy. “Seker die stres van die polisie,” probeer sy verduidelik.

Later weet ek elke keer watse g-string sy aan het. Sy sê my nie — sy wys sommer. Trek altyd haar ski-pants agter af en wys. Exciting kantbroekies, katoennommertjies, en haar gunsteling — smiling Mickey Mouse cartoons. Ek sou seker ook gesmile het. OK — ek het. Sy laat my aan die materiaal voel, haar naak wang streel.

“Het jy toe met die polisieman getrou?” Ek merk sy dra nie ’n ring nie.

“Dit het nie lank gehou nie — hy’s geskiet terwyl hy aan diens was. Dis al ses jaar terug.”

“Ek’s jammer,” en vat ’n groot sluk wyn. “Jy sal steeds goed lyk in ski-pants,” probeer ek die spanning breek. Het gesien haar hipster verraai nog dieselfde stywe boudjies van die trein toe sy toilet toe gestap het.

“Ek kan nie glo dis al wat ek daai tyd gedra het nie. Dit was so revealing,” lag sy. Het ek dit nie geweet nie.

Sy het weer, soos haar gewoonte was, haar bene op die treinbank langs my gesit en so gesit-lê op haar bank. Dié keer betrap sy my staar na haar bultende vroulikheid.

“Wat is mans se fassinering met die Volksie-bonnet?”

Dit maak ons jags … “Ons dink aan die belofte wat dit inhou,” probeer ek ’n decent antwoord gee.

Moedswillig lig sy haar onderlyf bietjie op. Die ski-pants vorm haar lippe en my mond word droog. Het sy die roering in my broek gewaar? Sy sit terug en trek haar bra uit. “Die ding pla net.” Sy het dit ook amper elke dag gedoen. “Lyk dit beter?” het sy altyd tergend gevra terwyl haar tepels deur haar hemde wil druk.

“Natuurlik,” moes ek hees antwoord.

“Jy was baie moedswillig op die trein,” beskuldig ek. “Ek was nog heeltemal te onskuldig.”

Weer daai ondeunde glimlag. “Jy was in my mag. Ek het nie baie mans geken wat nog nie seks gehad het op 23 nie. Dit was lekker om jou te terg.” Nie so lekker vir my as ek aand na aand nie kon slaap voor ek gekom het nie. “Ek loop steeds sonder bra wanneer dit my pas.” Haar tepels staan weer duidelik uit. Sy het sowaar weer die stukkie lap gaan uittrek. My broek roer dié keer ’n bietjie meer. Sy lê vorentoe op die tafel en die rondings wink my by haar hals in. Skadu’s keer dat ek meer sien — sluk nog wyn.

Ek’s depro. Dis my laaste dag wat ek trein ry. Vir gerief trek ek die naweek Johannesburg toe. Gaan ek my rooikop ooit weer sien? Ek het nog nie eers — behalwe vir die clumsy drukkies en teen die borste verbyskuur — nog nie eers aan haar gevat nie. Sy maak my spuls en ook verbouereerd. Terg sy net, of wil sy hê ek moet ’n move maak? Sy sê dan altyd hoe lief sy is vir die polisieman. Frustrerend. Gisteraand lê ek en rondrol en try uitfigure hoe ek haar ten minste gaan soen. Wat gaan ek doen? Was heeldag lusteloos op kantoor — kon nie konsentreer nie. Images van haar g-strings, borste en Volksie-bonnet het my mal gehad. Gaan ek my hande daarop kry? Ek wil net een maal daai borste streel en haar asem hoor hyg as ek tussen haar bene ... Dit gaan my nog mal maak!

Hardloop weer my gat af — ek moet die vroeë trein maak. Sy sit nie op haar gewone plek nie. Ek stap na die volgende wa — daar sit sy. Is dit net ek, of is sy sexier as gewoonlik? Ek skuif langs ’n ou man oorkant haar in. Hy wil seker ook perv. Idle chatter tot meeste mense afklim.

Na Germiston is ons alleen. Nog ’n halfuur op die trein. Sy’t vandag ’n vest aan wat losserig sit en wys haar sexy bene uit ’n wyerige kortbroek. As sy beweeg sien ek amper, amper vir Mickey Mouse wat smile. Sy glimlag asof sy my mind kan lees. Sy het ’n goeie tan. Ek kan nie help om te wonder of dit ’n all-over tan is nie. Ek moet guts hê vandag.

Ek trek speels haar vest en brastrappies van haar skouer af. Herhaal dit toe sy dit ewe ongeërg terugtrek. Kom nou, trek uit die bra. Asof sy my gedagtes lees: “Ek wil jou die nuwe bra van my wys. Dis lacey en sag. My nippels skyn deur, so ek sal dit moet uittrek.” Van wanneer af het jy ’n verskoning nodig? dink ek. Sy was reg. Dis sexy en deursigtig. Maar dis nie wat my voël laat roer nie. Haar borste lyk soveel sexier vandag — los en vry in die vest. Haar tepels druk weer punte vorentoe — raak-raak net so aan die materiaal — dis asof hulle my nooi om vandag daaraan te vat. Sy sit terug en ontkruis haar bene. Mickey wink amper weer. Die skouerstrap hang nou sommer self af van haar skouer. Die ronding van haar een bors wys skaam aan die kant waar die bandjie afhang. Verbeel ek my, of jaag haar asem ook bietjie meer? Het sy die knop in my broek gesien? Ek versit effe. Haar glimlag verraai sy’t gesien.

“Hoekom skuif jy so ongemaklik rond?” As sy maar geweet het. Ek besef ek kan nie nou opstaan nie. Shit, ek moet toilet toe gaan. Dis donkerig en miskien notice sy nie.

“Bestel nog wyn, ek is nou hier.”

Met die terugkom sien ek sy het ietwat nader aan my stoel geskuif. Sluk stadig aan haar wyn. Gelukkig het my ongemak bietjie bedaar. “Jy bloos weer soos die laaste dag op die trein.” Sy onthou. Ek sluk.

Sy druk haar elmboë bymekaar op haar skoot en leun vorentoe. Die twee kleinerige borste vorm ’n aanloklike klofie waar hulle bymekaar gedruk word. My asem begin my spanning weggee. Ek dink nie meer nie. My hand streel stadig oor haar hals se soom. Haar oë is skielik meer vol lewe. Die trein gee ’n ruk en my vinger haak haar vest bietjie verder oop. Net vir ’n oomblik loer die donkerroos tepel vir my. Die knoppie staan paraat gepunt. Die trein skud haar terug en weer vorentoe. Sy val vorentoe — ek voel die borste teen my. Ek hou haar vas sodat sy nie kan terugsit op haar bank nie. My gedagtes reflekteer in haar oë — sy druk bietjie stywer teen my vas. Met my hand op haar stywe boudjies kom sit sy op my skoot — of liewer, skuur haarself wydsbeen oor my een been. Haar asem begin ligweg jaag toe haar hand verby my knop vryf. Sy knoop haar bene om my toe ek tot op die punt van die bank skuif — nou skuur sy teen die knop. My asem jaag terwyl my hand van haar boude teen haar rugstring op beweeg — onder die vest. Haar bandjielose sleutelbeen invite my tong en lippe. Ek plant soene op haar skouer en streel haar sleutelbeen met my tong. Warm, klam lippe ontmoet, eers ondersoekend dan met meer intense passie — haar tong woeker fluks in my mond in. Sy sit kersregop om beter kontak met my jagsheid te maak. Voor my is die klein puntjie plesier wat hygend teen die toppie druk — net onder die hals. My tong begin afsak oor die ronding van die mooiste borsie — soen en knyp met die lippe. Met dié dat ek my harde voël bietjie gemakliker maak, streel die agterkant van my hand teen haar knopdosie — die hitte van passie voel ek deur haar broek. My hand talm daar voor dit oor haar magie beweeg en hoër — ek voel die ronding van haar ander bors. My tong beur verby die hals van haar vest en vind die tepel dieselfde tyd wat my hand die ander een raak. Sy snak ’n kreuntjie en ek voel my kom is naby — uithou! Suig en streel hou haar borsies al my aandag.

Met ’n bietjie versit sien ek oor haar skouer hoe die kondukteur net kopskuddend omdraai. Ek dink ons is nou heeltemal alleen — ek hoop so. Eintlik gee ek ook nie meer om nie. Ons soen weer en haar onderlyf woeker my voël. Meer intens toe sy agterkom ek steun en kreun meer. My voël gee ’n stuiptrekking, die klam en warm kol in my broek pla nie nou nie. Ek draai haar skuins dat my hand gemaklik by die wye broekspype kan in. Ek vryf teen Mickey Mouse se nat en warm smile — skuif die broekie eenkant toe en voel gladde lippe — heeltemal glad. My vinger glip deur die nat slootjie — vroetel rond. Skielik sluk sy ’n benoude gilletjie weg. Daai knoppie moet die klit wees. My vinger retrace sy spoor en weer snak sy. Dan beweeg my vinger weer af tussen kale lippies en gaan dieper in. My duim terg die knoppie. Haar soene word hygend en sy wikkel die onderlyf ritmies. Haar liefdeshitte vloei oor my hand in ’n finale, nie so onderdrukte gilletjie.

Ons leun teen mekaar en soen vir oulaas — klere weer in plek — asem steeds gespanne. ’n Heserige kondukteurstem sê dis ons stop (was hy die heeltyd naby?). Blosend en traag staan ons op om deur toe te beweeg. Briewetas verbloem die nattigheid vir die wetende oë van die kondukteur. Met ’n ongeërgde klop op die skouer maak hy die deur vir ons oop. Die vars koel aandlug is salf vir my oorverhitte liggaam.

My glas wyn boender amper om toe haar hand skielik teen my binnebeen op beweeg. “’n Pennie vir jou stoute gedagtes,” glimlag sy. Voor ek kon dink, uiter ek: “Wat van ’n soen?” Sy plant haar amper oop lippe op myne. Dis sag en sappig soos ek vermoed het.

“Jy’t ’n ou draadtrekfantasie teruggeroep vanaand. Wat sou gebeur het as ek jou daai laaste dag op die trein nie skaam teruggehelp het in jou sitplek nie?”

Haar tepels fight weer met die dun hempie. Sy neem my hand en sê: “Kom ek gaan wys jou.”

Ek betaal die rekening en volg haar hygend by die deur uit. Drome word waar.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.