Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Spookstorie

AJ

Vandat hulle in hul nuwe huis ingetrek het, voel Ansie nie gemaklik nie. Die getroude lewe is nou wel lekker en alles, maar die huis wat hul by die myn huur, staan haar nie aan nie. Veral die een slaapkamer maak haar benoud. Elke slag as sy daar inloop, kry sy die aardige gevoel dat iets haar dophou. Sy wou al vir Freek daarvan vertel, maar weet hy sal met sy diep stem dawerend lag en haar vertel wat hy met enige ou sal maak wat net na haar kant toe kyk. (Freek is 2,1 meter lank, weeg 135 kg en speel slot vir Wes-Transvaal.)

Dae het gou weke geword en alhoewel haar gevoel nie beter geword het nie, kon Ansie die kamer ten minste vermy. Tyd is 'n goeie uitveër, sê die mense. Wel, soms seker is dit ten goede, maar vir Ansie … wel, besluit jy self.

Een oggend vroeg, net na Freek met sy kosblik onder die arm by die agterdeur uit is werk toe, merk Ansie 'n dowwe skynsel onder die toe deur van die slaapkamer wat sy nog nooit raakgesien of opgemerk het nie. Sonder om twee keer te dink maak sy die deur oop om te kyk wat aangaan. Met die intrapslag oorval daar 'n angs haar wat ongekend swart is. Sy mik om by die deur uit weer gang toe te stap, maar haar bene weier om saam te werk. Haar voete is skielik taai teen die vloer; van beweeg is daar nou min sprake.

Met haar hart in die keel loer sy die vertrek van 'n kant af deur. Die klerekas, spieëlkas, bedkatel, … alles lyk in orde … die béd. O hel, flits dit deur haar kop, daar lê iemand op die dêm bed!

Sy skeel haar oë om beter in die swak lig te kan sien en werklikwaar, duidelik sien sy die buitelyne van 'n figuur op die bed. Haar loodvoete begin ligter word - vir boewe sien sy kans, enige tyd en plek, want sy het karate! Haar liggaam span geleidelik saam, bou al die energie om in een beweging die lig aan te kry en die boef sommer in dieselfde asem winduit te loop teen die grond. Ansie beweeg ... vinnig … lig aan ... draai om ... niks. NIKS. Verdwaas staan sy na die leë bed en kyk. Daar is duidelik 'n liggaamspatroon waar iemand gelê het, maar van die persoon is daar nou geen teken nie. Die vrees slaan weer soos 'n slagyster om haar gemoed. Sy draai om om gang toe te loop, maar toe gebeur dit … (Niemand onder 18 mag verder lees nie.)

'n Koel maar stewige hand vat haar skouer van agter af vas en trek haar terug in die vertrek in. Die lig doof met 'n plofgeluid wat die kamer weer in skemerte dompel. Ansie voel haar kuit teen die bed en probeer draai, maar haar momentum druk haar terug en sy val op haar boude bo-op die bed. Die hand op haar skouer druk haar steeds terug. Sy probeer terugbeur, maar voel onmiddellik hoe 'n tweede hand haar ander skouer ook vasvat. Hulpeloos land sy toe op haar rug op die bed, haar dun nagjurkie in 'n bondel opgefrommel op haar maag. Hoewel sy duidelik die hande voel wat haar vasdruk, sien sy niks. Haar hard klop wild in haar bors en keel. Wat de hel het haar beet?

Sy voel iets op haar bobeen. Beangs trek sy haar bene op na haar maag. Niks gebeur nie. Dan voel sy weer iets, hierdie slag op haar boud, wat nou uitsteek. Woes swaai sy haar lyf weg van waar sy mik die streling kom. Skielik is alles om haar stil en die hande weg van haar skouers af. Sy wil opvlieg, maar kry nie haar liggaam om saam te werk nie. Minute word ure. Dan voel sy dit. Duidelik is daar 'n persoon wat met sy knieg langs haar op die bed druk. Hoewel sy nog steeds niks sien nie, weet sy duidelik dat die persoon half agter haar is waar sy intussen op haar sy gedraai het. Duidelik voel sy hoe die hande wat haar so pas kru op die bad vasgedruk het, nou veerlig oor haar sy streel. Ansie ril. Nie die tipe van ril soos in eroties nie - oh no! - dié was van die doodstipe grille.

Die streling vorder stadig maar seker in 'n rigting wat sy niks van hou nie. Dan is haar lyf weer skielik haar eie en sy vlieg met die spoed van witlig op uit die kooi. Selfs die koel hande was verras deur haar spoed. Sy is in die gang sonder dat sy kan onthou dat sy die vloer onder haar voete gevoel het. Van gil is daar nie sprake nie, die geluid wat sy daai oggend gegooi het, sal net sy en niemand ooit weer kan uitkry nie. Toe sy daai geluid die derde maal so vasvat en in die hoek bo die kaggel in die sitkamer vasdruk, was die oomblik toe Freek by die agterdeur inkom. Sy gesig rooi soos 'n beet en met nekare wat na aan ontplof staan wou hy net weet waar ... waar ... waar is die bliksem?!

Wel, nodeloos om te sê, hy kon niks in die kamer kry wat snaaks was nie. Die bed was wel omgedolwe, maar Ansie se gerits daarop kon dit verklaar. Die gloeilamp was geblaas, maar sulke dinge gebeur ook mos maar van tyd tot tyd. Ansie het geen merke aan haar gehad nie, en die vensters van die kamer was toe. Dit het Freek 'n hele paar minute geneem om Ansie weer rustig te kry, maar al afleiding wat hy by kon uitkom, was dat sy nie wou hê hy moet werk toe gaan dié dag nie en van daar die storie.

Toe sy behoorlik rustig was, het hy gou ingebel, siek - hy het immers 30 dae siekverlof per jaar wat mors as jy dit nie gebruik nie - en haar toe liefderyk in 'n bad warm water gedompel. Freek mag wel groot en hard wees, maar daar diep binne waar dit saak maak is die ou nogal 'n gentleman ook. Die borrels en heerlike vars reuk van jasmyn het bo die bad uitgestyg terwyl hy haar stadig van haar voete af begin was en spoel het. By haar borste het hy so bietjie meer tyd as wat nodig was, spandeer en hulle ordentlik gespons. Oor haar plat magie, by haar venusbrug verby, deur die sloot van verdoemenis voor die grot van genot verby en oor die knop van plesier tot by die twaksak-opening is die sponsie liefderyk soos 'n stootkarretjie gedryf. Teen dié tyd was Ansie so mak soos 'n lammetjie van al die aandag en sorg. En so jags as kan kom ook - hulle is hoeka nog vars getroud en in die stadium waar hy haar wil opeet - later jare wens mens mos jy het … Ieder geval.

Uit die bad terug in die bed waar hulle tweetjies sowat 'n uur of wat gelede opgestaan het om die komende dag aan te vat met vuur en passie. Nou is daar net passie oor en glo my, min daarvan is vir die dag bedoel. Freek se bek water eintlik teen dié tyd al. Hy het immers nie 'n spook gesien nie en glo nog vas dis 'n liegstorie om hom by die huis te hou. Toe Ansie wou in klere in het hy gekeer en sommer syne ook so in die ry uitgetrek. Nou kon hy haar styf teen hom vastrek en saggies in haar nek blaas en haar ore lek terwyl sy voël haar boude pot en blou karnuffel.

Tyd het vir hulle nou stilgestaan. Toe Freek eindelik op sy rug draai en haar bo-op hom trek, was selfs haar drooggeskrikte koek so soppig soos tant Mollie se basaarkoeksusters. Seepglad gly sy hom binne haar genotgrot in en voel hoe sy hande haar borste saggies omvou en streel. Vinniger en vinniger werk sy hom, haar liggaam gespanne soos 'n snaar van seksuele passie. Met toe oë kla sy sagkens dat hy moet sagter.

Dan eers besef sy dat wat sy voel, nie waar kan wees nie.

Duidelik is daar twee hande op haar twee borste, máár dan is daar ook 'n vinger wat ritmies pas hou met haar beweging in haar slymsloot én nog een wat haar twaksakgaatjie saggies vryf ook nog. Sy pluk haar geslote oë oop en ja werklik, daar lê Freek onder haar met sy arms soos normaal agter sy kop gevou. "Wat de f …?!" is al wat sy kon uitkry voor haar passie haar omvou en meesleur. Kyk, dis nou maar wors, as mens kom dan kom jy - fok die spoke. Toe die laaste stuiptrekking (van lekker kry) deur haar ruggraat skiet, was dit ook sommer die laaste strooi vir Freek. Sy vulkaan gevul met die lawa van die liefde reik op, beur na hoër hoogtes. Dit is toe nou net mooi die tyd dat Ansie besluit sy staan op om plek te maak vir al die menigtes wat blyk saam met hulle twee op die bed te wees.

Wat sy na neergekyk het op die bed daai oggend sal sy nie maklik vergeet nie. Sal jy?



LitNet: 23 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.