Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Soel skemer

Usma Afrika

Die sonvuur sink in ’n soel skemeraand
ons lus vlam op die houtvloer demp ons val
smagtend, dringend, alle vals skille aflê
buite broei ’n afrika-storm, die wind omvorm

Lyflik lieflik mekaar betas bevoel verrinneweer
teer  …..
hande om borste vou, tepels tussen vingers bot
elke sentimeter van jou blote rug belees
besoen langsaam af tot toon-vir-toon

Ons hande verstrengel mekaar opwek
die laaste rooi oor jou skouers straal
jy byt my vinger as ek jou naeltjie lek
mond-aan-mond niks sê, my arms op jou dye lê

Soos ’n swaard in sy skede smelt ons inmekaar
as die eerste blitse die huis verlig
en skadu’s teen die mure speel
is ons s’n een, oneindig wil ons wens ons

Estrum adem alles
die bome en die nat warm grond
jy jou ek my ons  ….. se
seks, skansloos en skaamteloos

Die donderweer was ons voorspel, die blitse ons genot
adrenalien, endorfien ’n verslawende lyfsmorfien
bewussyn is ’n sielsekstase
op ’n soel skemer  ..... soel skemeraand

Toksienloos, swetend oor my gedrapeer
’n bries wat gloeiende liggame laaf
druppels op die vensterbank knal
spat stomend op ons bene, spuit uit die afvoerpyp op stene

Diesel jeans in die hoek, koue espresso’s langs die
stoof
skoon taranangi, ongerol vergete
die wierook brand steeds, spelend met die windvlae
spelend met ons vlees
op ’n koel skemer  ..... koel skemeraand

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.