Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ryperd!

Monnik

Toe ek in Amerika gewerk het, was dit net vir een rede: studieskuld. Ek sou graag in Suid-Afrika wou gebly het, maar daardie tyd was die rand maar power gewees. 'n Man vat mos wat hy kan kry en wat ek gekry het, was 'n werk op 'n perdeplaas in Colorado …

Die eienaars van die plaas was baie welgesteld. Invloedryk. Nice mense, maar bietjie snobby na my smaak. Jy weet: jy mag nie aan tafel saam met hulle eet nie en sulke ou goetertjies, want jy is mos nou die "hired help". Dit was darem nie alles so erg nie, want die snobs het 'n bleddie mooi dogter gehad. Beeldskone ou dingetjie: gitswart hare soos 'n raaf, blas vel soos 'n Mediterreense godin en kristalblou oë wat herinner aan die water van 'n tropiese eiland. En haar lyf! Ek kry sulke rillings by my ruggraat af …

Maar moenie 'n fout maak nie - sy was 'n superfeeks. Nee man, 'n superbitch! En dít is net hoe ek van hulle hou. Hardegat. Moeilik. En met hope opgehoopte aggressie en skop! Alhoewel ek die meisiemens vele kere goed geraps het, is daar een spesifieke "voorval" wat tot vandag toe nog my broekslang laat lewe kry ...

*

Dis donners warm. Al wat ek aan het, is my Levi's en boots. Ek skep hooi vir die perde. Het ek genoem dat dit donners warm is. Fokkit! My blonde hare is al plat gesweet teen my kop en ek moet na elke vierde skep eers stop om die gepêrelde sweet af te vee. Amber maak gewoonlik hierdie tyd van die dag 'n draai as sy klaar op Destiny gery het. En dan … kom ry sy my natuurlik.

Toe ek opkyk na die stalmuur, is daar twee lang skaduwees. Twee? Amber kom dan altyd alleen …

"Hi, Steven!" (Dis eintlik Stefan, maar ek laat dit maar altyd gaan …) "This is Kimberley. We share a dorm together in Boulder." (Die universiteit van Colorado is daar.) "I've told her all about you and that you're from South Africa. And of course she just had to come and see for herself!"

"Afternoon. I'm Steven." (Ek gee toe nog ewe my hand om haar te groet.)

Sy het nou nie eintlik my blad geskud nie en al wat sy geuiter het (in 'n half beïndrukte stemtoon) was: "Yeah … I can see. Do all the guys in South Africa work without their shirts?"

"Not all the guys. Just the ones that have to feed horses." (Ek lag selfbewus vir my flou grappie). "What can I help you ladies with today?"

Die antwoord op my vraag was heel voor die hand liggend toe Amber nader stap en hard oor die knop in my Levi's vryf.

"Kimberley has never had South African cock. Do you mind fucking us both today, mmmmmm?"

Nou wat kon ek doen? Hier was twee witwarm vroue - witwarm en jags! God bless America!

Siende dat Destiny nog nie in sy stal was nie, het ek besluit om die twee sommer daar te vat. In 'n japtrap was die girls kaal en reg vir die storie. Ek maak nog broek los toe Amber my keer en sê dat ek die denim moet aanhou.

"Just unzip, Steve. And take out your dick."

Kimberley was eerste aan die beurt. Tipiese country girl. Blou ogies met lang blonde hare en 'n onskuldige gesiggie wat enige skoonma se hart sou laat smelt. Toe ek die Levi ooprits, het my wit jockey soos 'n Moskou-sirkus-tent gestaan. Kimberley is dadelik op haar knieë in die hooi. Ek haal vir Stefaans uit sodat Kimberley hom kan bekyk. Sy het bietjie verward gelyk toe sy my tril vasvat (ek dink nie sy het al 'n onbesnyde voël gesien nie). Toe sy eers die voorvel wegtrek en my volgeswelde, reuse, pienk pielkop ontbloot het sy meer gerus en beïndruk gelyk. Sy het vir Stefaans met albei hande gemelk en op 'n stadium het sy hom tussen haar ferm tiete vasgeknyp en hom warm gevryf sodat die taai merke op haar borste geblink het. Sy het 'n fyn mondjie gehad, maar moenie fout maak nie, daai lippe van haar sluit dig om 'n man se piel. Stefaans was gesuig en gelek van die balsak af tot by die voëlkop. Fokkit, dit was so lekker dat my hele liggaam op 'n stadium begin bewe het! Ek het gedog ek sak net daar inmekaar van die plesier! Ek het regtig hard probeer om selfbeheersing aan die dag te lê, maar toe Kimberley weer 'n harde suig gee, toe oorweldig die fel spasmas my. My kom-kanon het drie sarsies afgevuur en Kimberley was (uit eie keuse) in die spervuur …

Amber het intussen (kaalgat) gerieflik op 'n hopie hooi haarself bevredig terwyl sy toegekyk het hoe Kimberley diplomatiese bande smee met my Suid-Afrikaanse tril. Haar vingers het stadig by haar dosie in- en uitgegly en elke nou en dan het sy haar opgehewe klit rooiwarm gevroetel met haar wysvinger terwyl sy lekker diep gekreun het van ekstase.

"My turn, Steven. Come over here and fuck me hard!"

Ek loop oor na Amber met my halfstywe piel wat by my Levi's uitsteek. Amber se bene skêr oop en haar lieflike vytjie word in alle glorie vertoon. 'n Mooi versorgde dosie - glad geskeer met ferm lippies. Ek hurk af, lê en druk haar lieste verder van mekaar af. Voordat ek haar penetreer, tref die skerp reuk van "perd" en die veilige reuk van "hooi" my. Stefaans het Amber se ferm lippies oopgesper en tot diep in haar genotgrot gepenetreer. Die gespyker begin toe in alle erns. Die stote is diep, hard en aggressief en ek druk Amber se voete amper tot by haar ore terug terwyl ek haar demonies naai. Hierdie girl hou van dit rof en genadeloos - dit het ek met die tyd geleer. Daar is "make love" girls en dan is daar "fuck" girls. Amber is, wel - you do the math. Sy gee klein, kort kreuntjies - langes was nie moontlik gewees nie, want ek het basies die asem uit die girl gespyker.

Ek besluit dis tyd vir 'n verandering van posisie (die girls in die VSA sal ook amper enige iets in die bed doen). Amber bly lê op haar rug en ek hurk bokant haar gesig. Sy sien my plan en vat my yster met albei hande vas. Stadig en versigtig trek sy my harde paal af totdat dit vertikaal met die grond is. En toe sak ek af totdat Stefaans in haar honger, warm mond inglip. Sy begin hom rof te suig en ek moet net keer of ek kantel om. Vir meer beheer gaan rus ek toe op een knie en sit my hande vol op haar ferm tiete - sodoende het ek die diepte en die spoed lekker beheer.

My balle staan op 'n knop, want Amber trek my hele vleispaal af. Elke keer as ek lekker laag afhurk, klits my balle Amber se neus en dan wil ek ontplof in haar mond! Kimberley het intussen moeg geword om hoog en droog (excuse the pun) te sit en besluit dis tyd vir 'n behoorlike ménage á trios. Ek moet sê, sy was nogal heel kreatief gewees - het Amber beveel om haar bene te lig sodat ek hulle agter die knieë kon vashou en terug trek sodat haar gatjie gelig het en haar skoongeskeerde vytjie oopgetrek het. Kimberley het só Amber se hele nat dosie skaamteloos uitgeëet soos 'n uitgehongerde DBV-straatbrak 'n bakkie kos sou verslind. Dit was nogal 'n ingewikkelde storie. Ek trek Amber se bene terug terwyl Kimberley haar uitlek, en terselfdertyd boor ek vir Amber so sit-staan in haar warm, honger mond.

Amber se orgasme was onverwags en gewelddadig. Toe sy kom, het sy 'n handvol van Kimberley se blonde hare vasgegryp en haar hard teen haar dosie vasgedruk. En toe my nat, stywe piel uit haar mond uitspring, gee sy 'n harde, hees gil - kompleet asof jy 'n drukkoker skielik oopgemaak het. Die warm golwe van die orgasme het nog oor haar gespoel toe sy my tril met mening terug trek en dit met oorgawe suig.

Dit was nie lank nie, toe dwing my eie verlammende orgasme my grond toe. My blinknat lyf ruk en ek skiet drie sterk strale skoot in die hooi in, en voordat ek uitsny van jagse uitputting, onthou ek die oorweldigende reuke van perde, hooi en seks …



LitNet: 31 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.