Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rugby-fees

Spykerman

Al die ouens was bly. So twintig ouens in die groep, lekker getrek, het ons buite die Millennium Stadium in Cardiff gestaan. Dit was November 1999, en die Springbokke het darem die All Blacks gewen. Nog teleurgesteld oor ons teen die Aussies verloor het, maar die wen het dit darem so 'n bietjie opgemaak.

Op 'n groot parkeerarea het ons almal buite die bus gewag. Ou André, die ou van die Kaap, het missing geraak, en 'n paar ouens het hom gaan soek. Agterna het ons uitgevind hy het teruggesluip na 'n kroeg toe en 'n paar kappe gaan maak. Net voor ons besluit om hom daar te los, toe kom daar 'n meisie verby ons bus gestap.

Sy was jonk - het haar so 25 jaar oud geskat - met kort swart haartjies en redelik kort en fris in haar denimbroek. Borste wat skrik vir niks het teen haar t-shirt uitgebult. Tipies van 'n klomp gekletterde mans, het hulle haar probeer op-chat. Sy was baie vriendelik, en ons het duidelik aan haar aksent gehoor sy moes van hierdie wêreld gewees het. Met omtrent tien ouens om haar, verduidelik sy dat sy verlore geraak het en nie die groepie saam wie sy kom rugby kyk het, kon opspoor nie. Sy het amper naby paniek geklink, veral omdat al die ouens gelyk met haar probeer praat het. Ek het maar eenkant gestaan en die spul toe deurgekyk, en net daar, kon ek onthou, het ek by myself gedink: vir haar wil ek vanaand spyker. Of ek gaan regkom, het ek gedink, weet ek nie, maar haar moes ek die aand help na haar blyplek toe.

Darem 'n klein bietjie nugterder (het ek gesê "'n klein bietjie"?) as die ander het ek toe nadergestap en die ouens eenkant toe gestoot, en vir hulle gesê om haar uit te los. Hulle wou nog keer, toe het ek haar aan die hand en stap saam haar die pad af. Ek het net oor my skouer vir hulle geskreeu dat hulle maar moet ry, ek sal regkom terug hotel toe. Toe moes jy gehoor het hoe het daai klomp my gekoggel.

Ons het in die rigting van die stadion gestap, en net vir haar gesê sy moenie bang wees nie, ek sal haar help om vanaand by haar blyplek uit te kom. Sy was maar bra huiwerig gewees, maar ek dink sy was meer bang gewees om alleen te wees. Ons twee het toe tussen al die honderde mense nog steeds op straat deurgeloop, terwyl sy nog na haar mense gesoek het. Naderhand het ons in 'n kroeg beland, en tussen die geraas probeer gesels. Net ons twee se bier klaar gedrink, toe sê sy vir my: "Please take me home."

Na 'n lang gesoek gelukkig 'n taxi gekry, en dié het ons twee, na sy haar adres vir hom gegee het, na haar woonstel toe gevat. Waar dit was, weet ek tot vandag nie. Geweet hier gaan 'n groot toets kom - gaan sy my in nooi of nie? En wragtig, die geluk was aan my kant. Sy het gevra of ek 'n bier wil drink by haar. Ek het my nie twee maal laat nooi nie, en agter haar aangestap, al met die trappe op tot voor haar woonstel se deur. Dis toe sy vir my sê ek moet baie stil wees, want sy deel die woonstel met 'n vriendin, en hulle slaap in dieselfde kamer. Wel, het ek gedink, as dit nie in die kamer gaan wees nie, dan in die kombuis of in die badkamer.

Sy het skaars ingeloop na sy die deur oopgesluit het, of ek het haar aan die skouers gevat, haar omgedraai en haar begin soen. Sy was kort, en ek moes 'n ent afbuk. Sy het my soen teruggeantwoord, en toe het ek haar styf in my arms vasgedruk. Na 'n rukkie mekaar toe gelos, en toe het ons na hulle kombuis(ie) gestap. Met elkeen 'n bier in die hand, toe in die sitkamer gaan sit, op die bank, styf teen mekaar. Later die bierbottel toe uit haar hand gevat, dit saam myne op die tafeltjie gesit, en haar toe agteroor op die bank gestoot, sodat sy onder my kan lê oor die lengte.

Haar toe weer op die mond gesoen. Haar lippe was ongelooflik sag gewees, en my tong het met hare gespeel. Haar asem was toe by daai tyd so gejaag gewees, ek het toe geweet sy moes verskriklik lus gewees het. Haar toe oor die gesig gesoen, en met my tong in haar nek en ore gespeel. Dit het haar laat rillings kry, en dis toe ek al lêende haar begin uittrek het. Haar denim eerste met haar pienkerige kleur broekie, en toe haar t-shirt. Afgekyk na haar, en was verslae gewees hoe mooi sy gebou was. Al die rondings was op die regte plek, haar borste groot en styf, en dan natuurlik haar koekie, wat kaalgeskeer was, bultend en aanloklik.

Dis toe ek amper buite weste gegaan het en toe haar lyf begin soen het. Sy was so sag gewees, en haar vel was glad gewees. Haar orals gesoen, in die nek, haar borste, haar magie, toe teen haar bene af, en uiteindelik het ek gebukkend tussen haar bene gaan lê en haar pragtige koekie in my mond geneem en begin soen. Sy was nat gewees, en haar nattigheid was warm teen my lippe gewees. Ek het met my tong in en uit haar koekie gespeel, toe haar lippe orals gelek, en gesuig. Sy het hemels geproe.

Toe ek voel ek was te lus gewees, myself met een hand self begin uittrek. Dit het gesukkel, want ek wou nie my mond van haar lyf wegvat nie. Na 'n lang ruk was ek toe uiteindelik ook kaal, en my soene het weer met haar lyf opgeklim, tot by haar mond. Ek het heeltemal bo-op haar gelê, en toe sy haar bene wyd oopmaak op die bank, het my meneer, wat eintlik seer van styfheid was, haar koekie se gleufie bereik, en ek het skaars afgedruk, toe het ek binne-in haar ingegly. Seepglad het ek in haar weggesink, en die heerlikste sensasie het deur my lyf getrek toe haar koekielippe my stywe meneer heeltemal styf en saggies omvou het.

So 'n rukkie gelê, en toe het ek nog steeds soenende op haar mond, myself op en af beweeg, en haar begin naai. Sy kon skaars stil lê onder my, en kort-kort sulke gilletjies van plesier gegee. Dit was hemels gewees om myself heeltemal uit haar te trek, dan weer af te sak tot ek weer diep binne haar was. Haar hande was agter my rug, en kon voel hoe haar naels my rug (amper) seer gekrap het. Ek het toe vinniger haar begin te naai, en dit was nie lank nie, toe voel ek hoe haar koekie my meneer styf begin vasdruk, toe weet ek sy gaan kom. Toe het ek myself oorgegee aan haar, en gevoel hoe my meneer binne haar begin swel toe ek nie meer kon terughou nie, en saam haar gekom. Rillings en rillings van plesier het deur my lyf getrek soos ek my komsous in haar ingeskiet het.

Na dit seker 'n minuut lank gevoel het, kon ek nog steeds voel hoe die lekkerte in my onderlyf ronddryf. Toe stil gaan lê, en gewag dat ek slap binne haar moet word. Ek was uitasem, en sy nog tien keer erger.

Dis toe ons 'n geluidjie hoor by die deur, en ons al twee het verskrik opgekyk, en het gesien haar kamermaat het die heeltyd vir ons gestaan en kyk.

Wat deur haar gedagtes gegaan het, sal ek seker nooit weet nie. Myself haastig aangetrek, en nog steeds lam in die bene vir al twee goeie nag gesê, en was toe by die deur uit. Heeltemal te haastig en skaam gewees.

Tot vandag toe weet ek nie wat is haar naam nie, en ek het nooit 'n telefoonnommer of iets by haar gekry nie. Weet waar sy bly, en sal as ek eendag weer terugkom na dié wêreld, hoop dat sy nog daar sal bly ...



LitNet: 26 November 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.