Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Roomkoek en Breezers

Localguy

Ek skrik my byna vrek toe die selfoon onverwags lui terwyl ek een Vrydagoggend agter (of is dit voor?) die rekenaar sit en deur die verskillende erotiese webtuistes rondblaai. Sal ek optel of sal ek nie, wonder ek terwyl ek stadig deur die erotika van die elektroniese media rondblaai.

Aaag wat, dink ek, sê maar hallo, netnou is dit dalk 'n moontlike paartie wat ek deur my onwilligheid om die sel op te tel gaan misloop.

"Hallo" (steeds met my oë vasgenael op 'n skamelgeklede Oosterling êrens op 'n eiland met die blou see en nog blouer lug in die agtergrond).

"Wat maak jy?"

Ek herken die stem onmiddellik en skielik wens ek die Oosterling kon deur die mooi stem se lyfie aan die anderkant van die selfoon vervang word.

"Ek werk," lieg ek. "Is baie besig en weet nie hoe ek deur die dag gaan kom nie," lieg ek verder om die girltjie te beïndruk.

"Jammer om dit te hoor; ek is op pad huis toe, en wou jou nooi vir 'n koppie koffie, maar aangesien …"

"Wag," val ek haar in die rede, "ek sal my baas vir uitstel vra; ek sal hom sê iets onvoorsiens het gebeur en ek moet dringend die kantoor verlaat. Hoe laat?"

"Sommer nou. Ek ry nou van een van my kliënte af en ek gaan solank die water opsit. Ek sal op pad by die winkel aangaan en lekker … is jy lus vir roomkoek of - ?"

"Joune," dink ek hardop.

"'Skuus, wat het jy gesê?"

"Nee, maak nie saak nie, verras my, ek hou van verrassings." Met die Oosterling wat nou besig is om my koerasies lekker aan te hits, sien ek daarna uit om die uitnodiging glad nie mis te loop nie.

Op pad na haar woonstelletjie toe weet ek klaar dis nie net koffie en koekies nie, daar is gewoonlik 'n bonus by.

Toe ek by haar plekkie aankom, staan die afstandbeheerde hekke klaar oop, terwyl haar Italiaanse motortjie reeds onder die skadubome staan. Ek parkeer my Duitse motor reg agter hare, so asof ek bang is sy kry 'n gier en wil skielik ry.

Die woonstel se deur staan oop, en omdat dit nie die eerste keer is wat ek vir koffie genooi word nie, ken ek die roetine in die huis. Klop, stap in en grawe in die yskas vir iets om aan te peusel.

Tot my verbasing is die ketel warm, en op die kas langs die ketel is die pakkie met die koek mooi toegedraai, en 'n briefie op: "Ek is by die swembad. Ek wag vir jou. Kyk in die yskas en bring die breezers saam, die roomkoek en die ander een is ook joune." Ek loer in die pakkie. Watter ander een, wonder ek, hier is dan net een sny roomkoek in?

Met die breezers in my een hand en die roomkoek in die ander stap ek om swembad toe.

Ek hou van wat ek sien. Daar in die koel, blou water is die waternimf, met geen enkele draad klere aan nie; alles lê op haar handdoek langs die sonstoele. Ek stap nader en gaan sit op die rand van die swembad terwyl ek my skoene uittrek en my voete in die water steek. My onderbroek verkeer onder hoogspanning met die toneel voor my, en ek kan beswaarlik my oë - soos oudergewoonte - van haar afhou … en sy weet dit.

"Gee vir my 'n breezer aan, en spring in; die landlord is nie hier nie, hulle is see toe, niemand sal sien as jy in jou adamspak swem nie."

"Sal nou," antwoord ek, "maar ek wil net weet, behalwe die roomkoek wat in die kombuis was, van watter ander een het jy gepraat?"

"O dit!? Klim in, dan vertel ek jou."

Met my vorige ondervinding met die doedie in die vroeë oggendure vars in my agterkop kan ek nie wag om die lyf weer teen my te voel nie, en ek kan klaar die tepels wat so mooi groei, teen my liggaam voel. Sonder om verder te wag vir nog 'n uitnodiging, spring ek net soos ek gebore is in die water.

Ten spyte van die koue water is my potlood besig om teen 'n hewige tempo te groei. Ek swem stadig in haar rigting. Terwyl sy met die breezer in haar een hand "float", trek ek haar met een hand teen my vas. Sy vou haar lang, sexy bene instinkmatig om my middellyf en ek voel haar vrou teen my, sag, warm en so lekker.

"Dankie dat jy my genooi het," sê ek, "ek het so breek nodig gehad", maar dis nie die breek wat ek soseer nodig gehad het nie, dit was die Oosterling op die website wat my reeds al teen die dak uitgejaag het.

Met haar een hand om my nek en die ander om haar breezer, en haar bene om my gevou asof sy bang is sy sink, begin sy stadig sulke op en af bewegings maak, terwyl die water die bewegings meer sensueel maak. Ek probeer hard om te konsentreer om nie alles nou te bederf nie, alhoewel ek elke keer as sy teen my skuur, voel hoe die liefdesous besig om te vermeerder en die smering onder al beter raak.

Terwyl ons so aan mekaar hang en van die een kant van die swembad na die ander kant beweeg, raak dié soort van voorspel al lekkerder. Elke keer as ek voel ek gaan haar penetreer, dan beweeg sy haar mooi boude net so entjie terug en dit maak my meer en meer jags.

Met die sonnetjie wat nou lekker teen ons velle bak (nie dat sy son nodig het nie; haar vel is reeds blas, terwyl haar donkerbruin hare op haar skouers lê), beweeg ons steeds ritmies met sulke liefdesbewegings van die een kant na die ander kant van die swembad. Haar strategie verander skielik, en met so stadige beweging sak sy oor my reeds goed gesmeerde orgaan. Met haar bene steeds om my gevleg, was die penetrasie soos 'n droom. Ek kon voel hoe ek tot 'n klimaks opbou, terwyl sy sulke stadige op en af bewegings doen.

"Moenie nou kom nie, hou uit," koer sy saggies, "ons het die heeldag om mekaar te liefkoos en liefde te maak."

Hoe de moer moet ek inhou as die Oosterling reeds op die rekenaarskerm my begin opcharge het, en nou sê sy hou in!

Ter wille van die tyd en met die aanraking van haar met my binne-in haar kan ek nie anderster as om net met die ritme van liefde stadig deur die water te beweeg en haar liggaamskontoere met my hande te lees nie. Die breezer-botteltjie lê lankal op die bodem, en ek vermoed die roomkoek is gesmelt - as die miere nie dit reeds weggedra het nie, want die ander een waarvan sy gepraat het, is reeds waar dit hoort - om my gevou.

Hoe lank ons so in mekaar in die swembad was, weet ek nie, maar die rooigebrande skouers het aangedui dat dit te lank was. Sy het weer eens soos die eerste aand die inisiatief geneem en uit die swembad geklim. Ek kon nie anders as om na haar perfekgeskape liggaam te staar nie, die boude, die borste, die heupe, alles so perfek en in verhouding met mekaar. Die skoongeskeerde liefdeslippies, nog nat van die water en liefdesous, het half oop gehang toe sy teen die leertjie uitklouter en die tepels het beaam dat sy reg is vir 'n pomp wat nie maklik vergeet sal word nie. Ek kan nie terugdink in my hele lewe dat ek seks soveel geniet het soos met dié vrou nie. Sy is eenvoudig 'n seksgodin uit die gode se eie harem uit.

Sy het nie eens moeite gemaak om haar met enige kledingstukke te bedek nie; so 'n lyf behoort glad nie in die teenwoordigheid van haar man bedek te word nie.

Sy het my mooi laat verstaan dat ek moet uitklim want die son is besig om my te verniel, en sy wil my darem so sonbrand-olietjie of wat smeer. Met groot moeite en 'n meneer wat daar staan klim ek uit en gaan sit op dieselfde sonstoel waarop sy sit.

"Sit met jou rug na my sodat ek eers jou skouers kan insmeer." Sy het steeds sonder enige iets, behalwe haar enkelketting, wydsbeen oor die stoel agter my gaan staan en die olie begin invryf. Ek kon voel hoe haar tepels en haar skoongeskeerde vrou teen my rug skuur, en met elke aanraking het my koerasievlakke steeds gestyg dat dit gevoel het ek raak lighoofdig soos die bloed in my meneer saampers. Hou uit en wag, het ek heeltyd gedink, terwyl my klein brein teen die besluit bly protesteer.

Nadat sy klaar agter gesmeer het, het sy op dieselfde manier voor my kom staan, en ek kon nie anders nie as om, terwyl sy my skouers voor invryf, my tong vir so toer deur haar vrouedele te vat nie. Die reuk van vrou, sonbrandolie en die liefdesappe wat nou vrylik tussen haar lippies uitloop en blink strepies agterlaat, is besig om my nou heel van my kop af te maak.

Net om die liefdespel onder die son, met die voëltjies in die bome en die motors wat voor in die straat verby ry, nog meer passievol te maak, beweeg ek weg van die beste gedeelte en speel met my tong in haar naeltjie, terwyl my een vinger saggies haar klit stimuleer en die ander een haar tepels tussen my vingers brei.

Dit moes 'n moerse impak op haar gemaak het, want sy lig haar een been op en sit dit op die stoel langs my sodat ek makliker orals kan bykom. Elke keer as ek naby haar "brownie" kom, kon ek voel hoe die impulse vinniger raak en tot nuwe hoogtes gevat word. Die sonstoel het later begin kreun namate die liefdespel intenser raak. Ek kon hoor hoe sy liefdesgeluidjies maak elke keer as ek aan die regte spots raak, en dit het my aangemoedig om uit te hou, al voel dit of ek nou tot uitbarsting gaan kom en die wêreld met my lading gaan natspuit.

Die aanraking van haar skoongeskeerde lippies is iets wat nie beskryf kan word nie. Haar boude is so sag in my hande en haar tepels in my mond is eenvoudig hemels.

Terwyl ek so in die son met die vrou liefde maak, kon ek nie anders as om te wonder hoe vervelig was die lewe met my eerste vrou en haar koue seks nie. Hier is 'n vrou wat weet hoe om elke gedeelte van haar liggaam te gebruik tot voordeel van haar lover en haarself.

Beide van ons kon voel hoe die drange groei om intiemer met mekaar te verkeer, en met 'n geoefende hand neem sy my en gaan sit wydsbeen oor my en beweeg ritmies terwyl ons tonge vurig mekaar raak, op en af.

Ek onthou van die vorige keer dat sy nie enige voorbehoedmiddels gebruik nie, en dus was ek voorbereid om voordat ek binne haar kom, haar van my af te lig en die lading te skiet waar dit ook al mag val.

Haar liefdesgeluidjies het meer geraak en ek kon voel hoe sy saamtrek en ontspan terwyl haar tepels teen dié tyd kiertsregop gestaan het en ek hulle liggies tussen my tande en mond geliefkoos het. My hele liggaam het 'n hele metamorfose ondergaan van die seks in die son se lekkerkry. Die volgende oomblik kon ek voel: as ek nie nou keer nie, dan is dit te laat. Haar binnekante het gevoel dat ek binne oomblikke 'n lading binne-in haar gaan afvuur, en met een beweging het sy haarself opgelig sodat ek my wit liefdesous oor haar maag en borste uitskiet met sulke sarsies wat nie ophou nie.

Dié wat ek op haar kom, moes vir haar elke keer 'n seksuele hoogtepunt gewees het, want net daarna het sy my nat riem gevat en dit teen haar gevryf totdat ek letterlik en figuurlik droog was.

Sy het haar lyf teen my vasgedruk dat die taaierigheid van die wit lading ons gebind het. Sy het steeds wydsbeen oor my gesit en terwyl my semistyf tussen ons vasgedruk was, het ons mekaar vurig begin soen asof ons bang is dit is dalk die laaste keer. Sy het haar arm tussen ons lywe ingewikkel en my plesierkierie weer begin vryf sodat hy stadig maar seker weer lewe begin kry het.

Ek het vir die ergste begin vrees, dat die ou nie sal opkom nie en dalk haar vreugde sal bederf, maar bo alle verbasing het hy vinniger as verwag weer volle ereksie gekry terwyl sy met haar tong in my mond rondgespeel het, en met die ander hand kon ek voel hoe sy my deur haar lippies vryf en alles weer van voor af begin nat word vir die tweede sessie.

Die tweede sessie het weer in die swembad begin. Dié keer met meer intense liefde en langer gestotery, want die eerste lading het my sakke goed geledig.

Later die middag, en na 'n intense liefdemakery in en om die swembad, is ons met rooigebrande lywe deur die stort om die chloor en die seksreuk af te was. Ek het poedelnakend op haar dubbelbed vol kussings aan die slaap geraak soos 'n atleet wat pas 'n marathon klaar gehardloop het; die enigste verskil is, ek het 'n marathon-seksavontuur agter die blad en het daarna uitgesien om in haar arms met my kop op haar bors aan die slaap te raak. Later, weet ek, sal daar weer 'n avontuur wees - sy is my seksgodinnetjie en ons is al byna vier jaar getroud en geen seks met haar was nog ooit "boring" nie.



LitNet: 13 April 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.