Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verbode vrugte

Miquette Redelinghuys

Hy het verbygeloop soos enigiemand anders. Sonder dat sy geweet het wie hy is, het sy gevoel hoe haar liggaam smag na syne.

Hulle was soos kruit en vuur. Die vonke het behoorlik gespat.

"I want you and I want you to want me too"

Hy het haar gesoen, saggies en lank soos dit altyd in flieks gebeur. Hy het haar sag op die bed neergelê en oor haar hare gestreel. Sy het hom afgetrek op haar en haar hand agter teen sy nek laat rus. Hy was sterk. Hy kon haar domineer, maar hy het nie.

Sy het sy hemp oor sy kop getrek en oor sy bolyf gestreel. Hy was mooi. Sy het van hom gehou. Hy het haar hemp opgetrek net tot haar maag oop was. Hy het haar naeltjie gesoen en sy het gevoel hoe sy stadig week word.

Hy het haar stukkie vir stukkie verower en hy het geweet dat hy elke oomblik nader en nader aan haar heel diepste wese kom. Die kern van al haar onskuld en passie.
Sy het sy broek oopgeknoop en haar hande oor sy gespierde heupe laat gly. Hy het haar in haar nek gesoen en met sy vinger oor haar bolyf gekruip. Sy het haarself teen hom opgetrek en sy skouer gebyt.

Met elke asemhaling het sy nader en nader aan hom gevoel en het geweet dat dit binne sekondes alles oor sou wees. Dit waaroor elke vrou wonder, sou binne sekondes oor wees.

Met elke sentimeter wat hy nader aan haar hart gekom het, het sy besef dat sy hom nooit sou vergeet nie.

Sy het na haar asem gesnak en hy het gesnik toe hulle albei amper gelyk kom. Hulle het aan die slaap geraak. Hande verstrengel, asof bang. Om net môre wakker te word deur die herinnering van hul verbode vrugte van die vorige nag. Met die soet smaak van liefde nog op hul lippe.



LitNet: 04 Augustus 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.