Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Langs die pad (Deel III)

Deserthorse

Klik hier en lees Deel I: "Langs die pad"
Klik hier en lees Deel II: "Die kuier"

Die pad terug …

Die teerpad het soos 'n swart slang oor die uitgestrekte vlaktes gelê. Al ugarmoon se vensters was oop, maar dit het geen verligting gebring nie. Dit was agtuur in die oggend en die son het gebrand asof dit elfuur was. Aan die einde van die uitgestrekte vlakte het 'n rooi uithangbord van Caltex my genooi om stil te hou. Ek het spoed verminder en ingedraai.

"Ek hoop net die kleedkamers is darem skoon," het Karlien die stilte verbreek.

"Ja, dis altyd 'n probleem."

Vir die derde Januarie was die dorpie se strate maar verlate en slegs die sonbesies het die somerstilte verbreek.

"Dis mos nog nuwe djaar, Meneer!" het die pompjoggie my met 'n groot glimlag meegedeel. Duidelik het die werksaamhede van die nuwe jaar nog nie vir die plaaslike inwoners ingeskop nie.

Lank nadat die tenk vol was, het die deur van die kleedkamers eers oopgegaan en het Karlien lui-lui aangestap gekom. Haar denimkortbroek en 'n bypassende bloes was kleurvol in vergelyking met die barre landskap rondom ons.

Die sleutel het gedraai en Sugarmoon se wiele het die pad verder verteer.

Gou-gou het die oggendkoelte plek gemaak vir die ongenaakbare warmte. So teen elfuur se kant het ons weer gestop en sommer langs die pad onder 'n boom 'n vroeë middagete genuttig.

"Jammer ons is al by 'ons' boom verby," het Karlien opgemerk.

"Ja, anders kon ons 'n reünie gehou het," het ek geantwoord en die cooler bag op die tafel neergesit.

*

"Poeksie, kom ons slaap vanaand iewers oor," het Karlien gesê-vra nadat ons weer in die pad geval het. Haar hand het ligte sirkels op my binnebeen getrek.

"Waar wil jy slaap?" het ek ewe verbaas gevra.

"By die volgende dorp sal daar gastehuise wees. Dis goedkoper as die hotel. Ag, toe, 'seblief," het sy gesmeek.

"En wat gaan jy vir jou ma laat weet? Sy sal vanaand vir ons wag."

"Ek sal haar bel met 'n verskoning," het sy geglimlag.

"Solank jy net nie sê dat Sugarmoon gebreek het nie."

"Nooit!" het sy uitgelate gelag.

Dit was drie-uur die middag en dit was warm. Die gastehuis was 'n pragtige ou Victoriaanse huis met lang, breë, koel stoepe.

"Aandete is om agtuur en ontbyt word vanaf sesuur bedien," het die eienares ons vriendelik meegedeel. Sy was baie vriendelik en sy en Karlien het sommer van die begin af gesels oor alles en nog wat.

Ons kamer was aan die agterkant van die huis en 'n groot ou kareeboom het vir addisionele koelte gesorg. Ons kamer se deur was op die stoep en nadat ek die deur oopgesluit het, het ek vir Karlien opgetel en haar oor die drumpel gedra.

"Nogal romanties ook, nè?" het sy gespot en haar arms om my nek gegooi en my gesoen.

Die kamer was volgens die Victoriaanse tydperk gemeubileer, maar het oor al die moderne luukshede beskik. 'n Lugversorger was beskikbaar, sowel as 'n TV met 'n satellietskottel. Die badkamer was netjies, met 'n stort sowel as 'n buitengewoon groot bad.

"Kyk die groot bad!"

"Hmmm, ek sien. Ons kan al twee daarin klim," het ek saam gelag.

Alles was in ligte pienk afgewerk.

"O, dis so romanties!" het Karlien gekoer en haar oë het alles waargeneem.

Die hemelbed was pragtig en die fyn beddegoed het die era waarin dit gemaak is, pragtig gekomplementeer. Die kamer met sy hoë plafon was heerlik koel en ons het die bagasie ingedra. Ek het my hemp uitgetrek en my in een van die gemakstoele tuisgemaak terwyl Karlien haar ma gebel het en 'n fabelagtige storie opgedis van vriende wat sy hier in die kafee gesien het en dat ons hier gaan oorslaap. Sy het die selfoon op die bedkassie neergesit, haar bloes se knope losgemaak en agteroor op die dubbelbed gaan lê. "Dis nou heerlik," het sy so half by haarself geprewel.

Ek het die TV aangeskakel en deur die kanale gerits, maar daardie tyd van die dag was daar niks wat my aandag getrek het nie. Skielik was dit weer stil en die enigste geraas was die sonbesies in die bome.

"Poeksie …"

"Hmmm?" het ek met toe oë geantwoord.

"Ek wil gou na die curio shop toe gaan hier langs die gastehuis. Wil jy saamgaan?"

"Ek dink nie so nie, stap jy maar," het ek lui-lui geantwoord.

Karlien het haar denimkortbroek ook uitgetrek en 'n ligte somersrok aangetrek. Sy het haar hare gekam en op my stoel se leuning kom sit.

"Ek's nou terug," het sy gesê en my gesoen. "Ek wil sommer vir my ma iets koop."

"OK."

Ek moes ingesluimer het, want ek het wakker geword toe die kamer se deur weer oopgaan.

"Is jy al wakker?" het Karlien liefies geglimlag en die deur weer toegemaak.

Sy het haar pakkies op die bed neergesit en na my toe gekom.

"Lekker uitgerus?" wou sy glimlaggend weet en het wydsbeen op my skoot kom sit.

"Ja dankie," het ek luierig van my laat hoor. "Hoe laat is dit nou?"

"Dis al halfvyf! Jy het sowaar amper 'n uur geslaap!"

"En? Wat het jy alles gekoop?" wou ek ewe nuuskierig weet.

Ek het met die knope van haar rok begin speel en hulle een vir een los gemaak.

"Hmmm, baie goed, jy sal sien," het sy skelmpies gelag en haar lippe vir my getuit.

"Ek kan nie wag om dit te sien nie."

Ek het haar pragtige borste omvou en sy het haar rok van haar skouers af geskud.

"Lus vir koffie?" wou sy guitig weet.

"Hmmm, net as jy die koffie is," het ek haar gevlei en nader getrek.

Haar naaktheid was warm teen myne en ek het my lippe oor hare gesluit. Ek het oor haar rug gevryf terwyl haar hand my kortbroek se rek gesoek het. Terwyl haar lippe op myne gebrand het, het ek haar hand om my half erekte manlikheid gevoel. Ek het opgestaan en sy het haar bene om my lyf gevou.

"Wil jy nie eers koffie hê nie?" het sy saggies in my oor gefluister.

Ek het haar op die bed neergelê. Ek het my kortbroek uitgetrek terwyl sy haar bene wyd oopgemaak het. 'n Subtiele glimlag het om haar mond gespeel.

"Nie nou nie," het ek geglimlag en bo-op haar gaan lê.

Sy het haar arms om my nek gevou en my met haar bene toegevou. Haar kreungeluidjies het die vertrek gevul terwyl ek haar stywe nippels met my tong gesirkel het. Ek het haar tot tussen haar bene gesoen. Haar aroma was, soos altyd, verslawend heerlik. Sy het haar onderlyf teen my gesig gedruk en ek het haar opgewondenheid geproe. Nadat sy menige klimakse bereik het, het ek stadig omgerol en sy het wydsbeen op my hardheid kom sit.

"O Poeksie, dis so lekker!" het sy saggies gekreun.

Stadig het sy op en af beweeg terwyl ek oor haar heerlike borste gestreel het. Dit was asof die sonbesies nie meer bestaan het nie. Ons het ons eie wêreld geskep. Twee liggame het een geword.

Later, terwyl ons in die na-gloed van ons passie uitgeput na ons asems gelê en hyg het, het ek haar weer passievol gesoen. "Ek is só lief vir jou."

"En ek vir jóú," het sy gesê.

"Is jy nou lus vir koffie?"

"Ja," het ek geantwoord en haar op die neus gesoen.

"Ons kry vanaand 'n besoeker," het Karlien gesê nadat sy haar teen die kopstuk van die bed tuisgemaak het met haar beker koffie.

"Wie's dit?" wou ek verbaas weet. "Ons ken mos niemand hier nie."

Die geheimsinnigheid was duidelik op haar gesig waarneembaar.

"Jy hou van verrassings, nè?"

Sy het haar lippe vir my getuit. "Altyd. Vertel, laa'k hoor!"

Sy het behaaglik aan haar koffie geproe. Ons het nie eers aangetrek nie en sommer so sonder klere gesit en koffie drink.

"Sy werk in die curio shop en sy kom hierdie jaar Stellenbosch toe."

"Hmmm, nie sleg nie. Hoe lyk sy?" wou ek weet. "Petite gebou met skouerlengte blonde hare."

"En ...? Verder …?"

"Verder, my liewe Poeksie, gaan ek jou nie vertel nie, want vanaand gaan ek jou verras soos nog nooit nie!"

Sy het die beker op die bedkassie neergesit en haar lippe vir my getuit.

"Ek gaan gou stort," het sy aangekondig en van die bed af geklim. "Kom jy saam?"

Nadat ons gestort het, het ons gaan eet. Karlien het 'n verleidelike rooi rok aangehad.

"Hoe laat kom sy?" wou ek weet terwyl ons terug gestap het kamer toe.

"Nou-nou," het Karlien my verder in die duister gehou.

Sy het in haar tas rondgekrap terwyl ek my in die stoel gemaklik gemaak het.

"Wat soek jy?" wou ek weet.

Sy het plat op die vloer gaan sit.

"My swart serp," sê sy.

"Dis in jou klein tassie. Wat wil jy daarmee doen?"

Met die serp in haar hand het sy by my op die leuning kom sit.

"As jy saamspeel, sal dit baie lekkerder wees."

"Ek speel altyd saam!"

"Ja, maar vanaand moet jy doen wat ek sê." "OK!"

Ek het my hand oor haar been gevryf en gevoel dat sy sonder 'n pantie was.

"Poeksie, wat …?"

Daar was 'n sagte klop aan die deur. Sy het my haastig geblinddoek.

"Sjuut! Moenie dit afhaal nie, belowe?"

"Ek sal nie," het ek haar verseker en sy het my op die mond gesoen.

Die deur het oopgegaan en ek het my ore gespits.

"Hi Sandra, kom in," het sy vriendelik genooi.

Ek het aan haar kaal boude gedink en my ereksie het stadig maar seker my broek gevul.

"Hallo Karlien."

Die deur het toegeklap.

"Sandra, dis Arno; en Poeksie, dis Sandra."

"Hi Sandra," het ek gesê en my hand gewaai.

"Hallo Arno," het sy vriendelik gegroet.

Haar stem was verleidelik soet.

"Poeksie was stout en toe moes ek hom blinddoek," het Karlien gelag.

"Hmmm, ek sien," het Sandra se stem my ore bereik. "Dis nogal jammer."

Ek het gewonder hoe sy lyk. Ek het die stem geneem en 'n gesig probeer saamstel.

"Sandra, het jy die tou gebring?"

"Ja," het Sandra weer geantwoord.

Karlien het langs my stoel kom staan.

"Poeksie, sit jou hande op die leunings."

Met my hande op die houtleunings het sy en Sandra dit vasgebind.

"Daar's hy, nou's hy veilig," het Karlien gespot en my gesoen.

'n Soenery het gevolg met sagte kreune en sugte tussen-in.

Dit het my ereksie weer my broek laat vul. Ek het 'n zip gehoor. Sy dra natuurlik 'n langbroek. Ek het my probeer loswikkel, maar die knope het gehou.

"O …!" het Karlien gesug.

Volgens die geluide was hulle nou al twee kaal en Sandra het saggies gelag. Hulle het na die bed se kant toe beweeg terwyl ek ongemaklik op die stoel rondgeskuif het met 'n ereksie wat soos 'n telefoonpaal teen my broek gebult het.

"Geniet jy dit, Poeksie?" het Karlien gevra.

"Uhmmm, ja!" het ek geglimlag.

Ek het probeer om die serp voor my oë weg te skuif, maar ek kon nie.

Hulle het mekaar tydsaam plesier en ek kon later hoor hoe Karlien se asem hyg, en haar gedempte gil het haar klimaks aangekondig. Sandra was kort op haar hakke en het dit nie juis sag aangekondig nie. Hulle asems het gejaag.

Die bed het gekraak en iemand het aan my knie gevat en haar hand al teen my been opgetrek. Sy het oor my pynlike ereksie gevryf.

"Lekker nè?" het Karlien skielik van die bed af opgemerk.

Ek het doodstil gesit terwyl Sandra my gestreel het. Sy het my kortbroek losgemaak en haar hand het om my ereksie gevou. Haar hand was heerlik koel. Sy het my kortbroek losgewikkel en ek het my effens opgelig sodat sy dit kon uittrek.

"Wow!" het sy van haar laat hoor en my op my borskas gesoen.

"Was ek reg?" wou Karlien weer hoor.

Sandra het haar warm lippe om my ereksie gevou en ek het agteroor teen die stoel gelê. Sy was nie so goed soos Karlien nie, maar dit was lekker. Ek het gehoor hoe 'n gilletjie uit Karlien se mond ontsnap en geweet dat sy met haarself lê en speel terwyl sy ons dopgehou het. My onderlyf het verstyf en ek het gekom. Salig en heerlik terwyl Sandra se tong en lippe nog steeds oortyd gewerk het. Ek het myself amper uit die stoel gelig van lekkerte. Sandra het opgestaan en my op die mond gesoen. Haar tong was nat en warm in my mond.

"Moet ons hom losmaak?" het Karlien gevra.

"Ja," het Sandra geantwoord.

Ek het oor my droë lippe gelek. Nou sal 'n Coke darem lekker smaak, het ek gedink. Die bed het gekraak en Karlien het nader gekom.

"Jy mag nog nie loer nie, hoor!"

"Ek sal nie."

Hulle het my losgemaak en na die bed toe gelei. Ek het gaan lê met hulle aan weerskante van my. Karlien het my op die mond gesoen terwyl sy met my half erekte manlikheid gespeel het.

"Wil jy al sien, Poeksie?"

"Ja!" het ek ongeduldig van my laat hoor.

Sy het my weer gesoen.

"Nou-nou, hoor."

Sy het my hand geneem en dit op haar nippel gedruk. Sandra het dieselfde gedoen. Haar borsies was klein en styf. Terwyl Sandra my weer gesoen het, het Karlien haar aandag aan my ereksie gewy. Met haar bekende tong het sy daarin geslaag om dit weer op volle sterkte te bring.

Hulle het altwee opgestaan.

"Sandra, sit jy daar," het Karlien gesê.

Sandra het op die bed geklim en wydsbeen op my gesig kom sit. Haar aroma was skerper as dié van Karlien en ek het haar liggaamsbou gevoel. Sy was baie kleiner as Karlien. Karlien het opgeklim en wydsbeen oor my ereksie afgesak. "O! dis heerlik," het sy gesê en stadig op en af beweeg. Ek het Sandra se bene vasgevat en met mening my tong in haar sagte warmte ingestuur. Sy het soos 'n vice om my gesig geklem en haar onderlyf teen my gesig geskuur. In die proses het my blinddoek afgeskuif. Maar ek het voort gelek. Haar opgewondenheid het oor my gesig geloop en my asem het gejaag. Later het sy stadig opgestaan en langs my kom lê. Ek was nie gereed vir dit wat ek gesien het nie!

"Was dit lekker, Poeksie?" wou Karlien al laggende weet.

"Maar, ek …"

Sy het vorentoe gekom en my op die mond gesoen. Sandra het my ook gesoen.

"En dis June, my tweelingsussie," het sy gekoer.

Dit was haar ewebeeld wat so gemaklik op my ereksie gesit en ry het.

"Hi, Arno," het June vir my geglimlag. Sy het vooroor gebuk en my op die mond gesoen. Hulle was absoluut identies en al twee was baie sexy gebou.

"En jy dink die heeltyd dis ek, nè?" het Karlien weer gelag.

Ek was heeltemal oorbluf.

"J-ja …"

"En toe was dit al die tyd June!"

"Hallo, June," het ek geglimlag.

Karlien het op die bed geklim en op my gesig kom sit.

Terwyl sy en June mekaar gesoen het, het ek my tong in haar sagtheid ingedruk.

*

"Was gisteraand baie lekker gewees?" wou Karlien weet toe ons die volgende oggend by die dorp uitry.

Sy het oor my been gevryf terwyl ek na derde rat oorgeskakel het en die brandstofpedaal dieper ingetrap het. Sugarmoon se enjin het gebrul en die swart teerpad het weer eens soos die oneindigheid voor ons uitgestrek.

"Dit was uit die boeke uit!" het ek gesê en haar amper hardhandig in die binneboud geknyp, "Ek wens ons kan weer so maak."

"Hulle kom mos hierdie jaar Stellenbosch toe." "Hmmm, dis oor 'n paar weke! Dink net daaraan!"

"O, ek is nog so moeg," het sy gegaap en teen my skouer aangelê.

"Slaap maar so 'n bietjie as jy wil," het ek voorgestel.

Sy het haar gemaklik gemaak en teen die regop sitplekke probeer slaap. Ek het die CD se volume sagter gedraai en na die pad voor my gestaar. Ekself het baie moeg gevoel, want tussen hulle drie het hulle my amper klaar gemaak!

Sandra en June was klein gebou, maar onversadigbaar. Omdat hulle so klein gebou was, het hulle heeltemal jonger voorgekom. Nadat Karlien ook haar share van my tong gehad het, het hulle een vir een op my ereksie kom ry.

Na elke klimaks het hulle my weer op sterkte gebring om maar net weer voor te begin. Hulle uithouvermoë was onbeperk en so teen halftwee het ons almal op die bed gelê en na ons asems gelê en hyg. June het omgerol totdat sy bo-op Karlien gelê het en Sandra het my tot bo-op haar gerol. Met haar bene oor my rug het ek haar sagte warmte opgesoek.

Ek kon voel hoe my ereksie in my broek weer groei terwyl ek die nag se gebeure weer herleef het. 'n Paar beeslorries het verbygekom en die pad het al hoe besiger geword. Ek het oor Karlien se bobeen gevryf en gewonder wat die tweeling nou doen. Hulle het eers na drie vanoggend geloop. Ek het in die spieëltjie gekyk en geglimlag. Wie sou nou kon dink dat 'n vakansie so opwindend kan wees!

"Waar's ons nou?", wou Karlien half deur die slaap weet.

"So 'n uur en 'n half se ry tot by die huis."

"Poeksie …"

"Hmmm …"

Sy het haar hand om my ereksie gevou.

"Dankie vir 'n fantastiese vakansie."

"Solank jy dit net geniet het," het ek geglimlag en die volume harder gedraai.



LitNet: 24 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.