Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oorgawe van 'n vrou …

Katryn

Onthou jy nog die aand?
toe ek my deure vir jou oopmaak …
Die aand het skaars begin,
Of jy't my tepels in jou mond.
Jy speel met issues van die lewe
en smokkel met my brein,
Jy vertel vir my 'n magdom stront!
Jy beïndruk my met jou intellek
en jou mediese graad …
Laat my voel ek ken iemand vernaam!

Jy belowe om my saam te vat
Na 'n nuwe lewe iewers in die buiteland
Daar's selfs plek vir my bagasie
Op Lufthansa of die SAL,
Solank ons eers die menu
vir dié aand vooraf bepaal.

Ek laat mislei my deur jou hartseer,
die lewe was tog so unfair!
Ek hou jou glas met rooiwyn vol,
jy praat jou hart leeg en ek bloei vir jou …
Ek bied my skouer vir jou pyn
maar jy gryp gulsig na my borste!

Jy soen my oordadig
en lek my met jou tong.
Ek vertel jou van die crush
wat ek op skool op jou gehad het
en ek sing vir jou 'n Griekse song.
Tot twee-uur daardie môre
raak ons nostalgies oor ons eerste date,
ons begeertes en ons drome
en die dertig jaar daar tussenin.

Ek gee myself met hartstog
aan jou omhelsing oor …
Ons luister na Andrea Bocelli
en ek dans styf teenaan jou.

Dank God ek het my cool gehou
Is dit hoe dit dan gaan?
Ek gee met oorgawe, maar wat voel jy?
Solank jy net my sagte lyf kan voel …
Daar's geen verpligting teenoor my
Ek het die keuse mos gemaak
om jou in te laat
en jou met my hartstog toe te gooi

Ek SMS vir jou, maar skielik is jy weg
Net een keer antwoord jy
"ek is 'n biekie besig"
Wat de fok het ek verwag?




LitNet: 02 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie stuk? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.