Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ontwaking

Grys Klip

Waarskuwing Hierdie verhaal bevat woorde en terme van seksuele aard en beskrywings van seksuele aktiwiteite. Dit is nie geskik vir kinders onder 18 jaar nie en ook nie vir mense wat oor sekere vierletterwoorde aanstoot sal neem nie.


Daar is die klop aan die voordeur. Toe sy oopmaak, staan hy daar met die so bekende skewe glimlaggie om sy mond.

"Goeienaand."

"Welkom," sê sy. "Jy kon toe tog die vlug betyds haal. En die tas? Het jy direk van die lughawe gekom?"

"Nee. Ek was eers by die woonstel aan om te stort, maar Piet het hom oor twee gestrande meisies ontferm en nou het ek nie slaapplek nie. Ek het toe maar 'n tas gepak en hoop jy kan uithelp. Anders weet ek nie waarheen nie. Seker hotel toe."

"Kom binne. Wat staan ons hier in die deur en kuier soos twee vreemdes. Ek sal gou die bed in die ander kamer gaan opmaak. Maak jou tuis. Wil jy solank koffie vir ons aan die gang kry?"

"Goed. Koffie kom eerste. Maar het ek ook vir ons 'n lekker dingetjie of twee van die Kaap af saamgebring."

Die bed opmaak is gou klaar. Sy sien die beweging in die spieël en gaan staan skielik om haarself reg in die oë te kyk. Wat nou? Sy ken hom al etlike maande vandat hulle mekaar by hulle groep koshuismaats se vyfde herdenkingsbraai ontmoet het. Sarie het hom nog daar aangebring. Nadat hy egter van sy rooiwyn oor haar bloese gemors het toe sy skielik omdraai en teen sy arm stamp, was dit Sarie se verlies.

Doodgewone ou - niks uitstaande aan hom nie - altans nie op 'n afstand nie. Vang nie die dwalende oog nie. Maar nadat sy oë joune gevang het - naby genoeg om te sien dat hulle na jou "kyk" op 'n manier wat meer as net 'n bietjie anders is, asof hy verby die vel en die been tot daar binne in jou wil loer, en dit ook regkry - kan jy nie anders as om kort-kort te loer of hy nie dalk ook loer nie.

Hy het aangebied om die bloese goed te laat skoonmaak en het dit ook self laat doen (sy moes maar by iemand 'n trui leen sodat hy die bloese kon saamneem). Baie ander mense sou net aangebied om vir die skoonmaak te betaal of dalk dat sy 'n nuwe kan koop.

Twee dae later die klop aan die deur. Toe sy oopmaak, staan hy daar. Verskoning omdat hy so ongenooid daar aangekom het, maar hier is haar bloese. Hy het haar adres by een van die ander meisies wat by die braai was, gekry.

"Ek is vreeslik jammer, maar ek moes te lank gedraai het voordat ek dit in koue water gesit het. Die rooi skynsel wil nie heeltemaal weg nie en sit nog vaagweg daar. Ek het toe maar vir jou 'n plaasvervanger gekry. Ek hoop jy hou daarvan." Hy oorhandig die ander pakkie aan haar.

Sy maak dit oop en hou die inhoud op.

"Hoe het jy kon raai dat ek by die winkel na net so iets gekyk het, maar die prys was effe te hoog vir wat ek wou bestee? Wat beteken jy het nou 'n klomp geld geblaas en daardie ander bloese was in elk geval 'n oue - een wat 'n mens na 'n braai toe aantrek. Jy weet mos, daar waar iemand dalk wyn daarop kan mors" (met 'n vriendelike glimlag om te wys daar is nie kwade bedoelings nie).

"Hierdie was die een wat vir my die meeste getrek het toe ek die dame by die winkel vra om so 'n verskeidenheid vir my te wys. Dit het vir my na jou styl gelyk. Ek het naastenby beduie hoe groot jy is en die dame wou net lag omdat ek so min van jou geweet het. Dalk moet jy eers seker maak dit is reg, anders kan ek dit gaan omruil."

"Sekerlik tog nie nou nie! Hierdie is té fyn and waardevol om sommer oor 'n paar jeans aan te trek. Maar baie dankie. Dit was regtig nie nodig nie."

Hulle staan nog daar, sy met die bloeses in die hand.

Hy wil nie loop nie, dink sy. Wat nou? Ek wil glad nie weer in 'n verhouding betrokke raak nie. Een keer was genoeg.

"Wil jy nie inkom vir koffie nie?" Sy kan hom tog nie nadat hy soveel moeite gedoen en onkoste aangegaan het, daar wegjaag nie.

Aanvanklik was die gesprek voel-voel; hulle was beide huiwerig om te veel te sê, te veel weg te gee. Die aanloop tot die kuier het albei verdedigend ingestel en hy was steeds nie seker of dit die regte ding was wat hy gedoen het nie. Nie om die bloese te koop nie - hy het immers die wyn verspil - maar om dit persoonlik te kom afgee. Hy het op die braai al gevoel dat elektrisiteit begin vloei en hy was nie gereed om weer die water te toets nie. Nie na Anita met haar onversadigbare maar eendimensionele lus vir seks nie. Wonderlik vir jou ego en hormone vir 'n week of 'n maand, maar dit is daarna glad nie meer lekker indien jou meisie jou net as 'n warm wandelende plaasvervanger vir haar vibrator sien nie.

Hy het eintlik 'n blaaskans nodig - sommer van alles, sodat hy weer tot verhaal kan kom; dat hy sy waardes kan heroorweeg en weer rangskik nadat Anita sy prioriteite soos ontbytvlokkies in 'n doos deurmekaargeskommel het.

Sy besef ook sake wil nie regtig vlot nie. Die koppies is al koud en hy sit nog. Dan maar die ou resep wat werk. Staan op en sit 'n bietjie musiek aan. Dalk loop hy wanneer dit klaar is - of as hy nie daarvan hou nie. Sy sal hom sommer afskrik; vra nie wat hy wil hoor nie en sit Vangelis se "Heaven and hell" op - die eienaardige kunsmatige musiek wat telkens so wil-wil 'n tema optel en dan net so los soos 'n warm patat die vertrek vul.

"Haai! Hou jy ook hiervan? Party van Vangelis se werke is bietjie lig in die broek, maar hierdie stuk verg drie keer se luister net om te besef waaroor dit gaan. Esoteries en dalk nieteenstaande die tema by tye skoon eroties ook. Daardie Kosmos-tema teen die middel! Wonderlik evokatief."

Vir 'n oomblik huiwer sy. Eroties? Dit het haar nog nie so opgeval nie. Dalk is dit net 'n man-ding. Hulle sien mos vir Eros orals raak, hoe onskuldig die konteks ook al is.

Sy opmerking laat haar met ander oë na hom kyk. Hy is nie opvallend nie, maar lyk eintlik ook nie te sleg nie. Heel goed gebou, nie té groot nie (en sy dink ewe skielik met 'n wrang smaak aan haar verhouding met die groot slot van die provinsiale span), mooi hare en dan daardie skewe glimlag wat nou en dan verskyn. Haar herinnering aan die voorspeler laat egter sy uiterlike vervaag en sy wonder oor sy opmerking oor erotiek en of sy haar enigsins weer in iets wil begewe. Veral so gou weer.

Dan ontspan sy tog onder die invloed van die (erotiese? - kaf!) musiek. Dalk was dit net 'n glips en nie die begin van 'n poging tot toenadering nie. Nou vlot die gesprek baie beter. Met Vangelis wat die ys gebreek het, sprei die onderwerpe veel wyer uit: eers musiek, dan boeke en later flieks. Keer dan terug tot boeke wat hulle gelees het en nog wil lees, en musiek wat hulle geniet. Nog 'n cd. Dié keer is dit Bach se orrelmusiek - steeds by die hemelse tema soos deur Vangelis gestel, maar nou op 'n veel ander trant: intellektueel, meer klinies as Vangelis se emosiebelaaide skepping.

Toe hy vra of sy al geëet het en hoor dat hy daar aangekom het pas voordat sy sou begin het om iets aanmekaar te slaan, stel hy voor dat hulle sommer 'n eetplekkie gaan opsoek. Dan kan sy gou verklee en die bloese aantrek om te sien hoe dit pas. Hy moes 'n goeie prentjie van haar in sy gedagte gehad het, dink sy na sy verklee het en in die spieël kyk. Want dit pas orals.

Die ete was by die pizzeria net om die hoek en die wyn wat hulle daarmee saam geniet het was volgens albei se mening so-so; maar soos die aand gevorder het, het dinge net beter gegaan. Hy het by haar gewag dat sy haar woonstel oopsluit, gegroet en toe geloop eers nadat sy die deur gesluit het, wat sy nogtans met 'n mate van verligting gedoen het.

Daarna het hulle gereeld elke naweek êrens saam gaan eet - darem by restaurante van beter gehalte, waar 'n deel van die aand se plesier die soek was na wyne wat hulle nie reeds geken het nie. Terug by haar woonstel het die kuier net uit 'n koffie en 'n "Totsiens tot later" bestaan.

Dit was seker eers met die derde of vierde saamkuier dat hy so staan-staan by die deur 'n vinnige kus teen haar wang geplaas het. Teen daardie tyd het hy gedurende die week ook so een of twee keer in die aand kom kuier. Dit is nou tydens die weke wanneer hy nie vir sake na die Kaapse tak van die firma moes gaan nie. Hulle het musiek geluister en gesels en indien daar iets goed op die TV was, saam op die bank gesit en kyk. Haar keuse in flieks het meer na suiwer vermaak geneig - aksie, humor en cowboys. Sy het niks van liefdestonele in flieks gehou nie, wat vele van die beter dramas en kunsfilms waarvan hy gehou het, uitgesluit het. Wanneer hulle flieks uitgeneem het, was dit dan ook met geen of net 'n ligte ouderdomsbeperking.

Later was daar die omhelsings - eers by die oop voordeur en toe binne die voorportaaltjie waar hulle so 'n rukkie in mekaar se arms vertoef het. Die keer toe sy ewe onskuldig té styf teen hom gestaan en die knop hier voorlangs al groter voel word het, wou sy eers padgee. Gedagtes aan die voorspeler en wat hy met haar aangevang het, het haar skoon kopsku gemaak - baie letterlik. Maar hy het so stil gestaan, sy het geweet hy sal agterkom indien sy wegtrek van hom af en dan skaam voel. (Kán mans daaroor skaam voel?) Toe bly sy maar teen hom staan. Na 'n rukkie het hy sy arms effens van haar blaaie laat sak en haar ligweg stywer teen hom aangetrek; weer het sy gehuiwer, maar tog net so bly staan. En begin wonder of dit doelbewus was en of dit beteken die geskiedenis gaan homself herhaal. Gelukkig, voordat sy kon besluit hoe sy moet reageer, het hy haar vinnig vol op die mond gesoen, gegroet en na die deur gestap.

Daarna het sy altyd gesorg dat sy nie té teenaan hom staan nie. Of dan net nie "dáár" teen hom raak nie.

So die vyfde of sesde keer wat hy daar was en hulle besig was om iets op die TV te kyk, het hy sy arm, wat soos gewoonlik al oor haar skouers gelê het, laat afsak sodat sy hand teen die kant van haar bors gelê het. Sy het dadelik weggedraai sodat sy hand teen haar arm te lande gekom het. Hy het dit so aanvaar, maar met die volgende besoek het sy hand saam beweeg toe sy wegdraai.

Toe het sy geweet dat hy bewus was van haar ontwyking, en het gesit en wag vir sy verdere reaksie. Toe die hand niks verder doen nie, het sy dit so aanvaar, maar seker gemaak dat sy baie stil sit.

Omdat hy gesien het hoe sy reageer, en die flieks en alles, het hy sake stadig gevat. Meer onlangs het die hand egter lewe gekry en stadigaan sekere dinge begin doen wat haar bevrees gemaak het dat sy binnekort weer daai ding wat die voorspeler se gedagtes heeltyd oorheers het, sal moet toelaat. Tog, wanneer sy hand so sag aan die kant van haar bors gestreel het en net af en toe oor die punt skaars geraak het - nie net vasgegryp en hard begin knie het nie - het sy terwyl hy dit doen, eienaardige gevoelens begin ervaar waarmee sy nie eintlik bekend was nie. Daar was iets soos 'n vlindertjie wat hier laag in haar maag begin fladder. Nie 'n té onaangename gevoel nie. Net 'n bietjie vreemd.

Sy hand het met verloop van tyd al slimmer geraak en sy het niks gedoen om dit te keer nie, want sy het sy geselskap geniet en wou dit nie op risiko plaas nie. Toe sy aan sy hand gewoond geraak het, het sy elke keer meer en meer daarna uitgesien, omdat dit so beskaafd was. Soos haar vrese minder geword het, sien sy ook al meer na die vlinder uit. Sou die vlinder ooit kon vlieg? En dan waarheen? was 'n gedagte wat haar laat glimlag het.

En hier verander alles so vinnig. Hy gaan oorslaap en sy weet nie mooi hoe om haar daarvolgens in te stel nie. Nie eers die voorspeler het by haar in die woonstel oornag nie. Sodra hy sy plesiertjie gehad het, was dit 'n geval van: "Die coach het gesê ons moet vroeg in die bed kom anders maak ons nie die eerste team nie. Cheers en lekker slaap hoor. Onthou om op jou rug te slaap en van my te droom." Gaan dit van nou af weer die gereelde storie word?

Terug in die sitkamer.

"Ek hoop nie jy was van plan om te gaan uiteet nie. Ek het 'n dol week gehad en is van plan om vroeg te gaan inkruip."

"Dit pas my ook. Ek het iets op die vliegtuig geëet - soos gewoonlik niks watwonders nie, maar dit word voor jou neergesit en dan eet jy maar. Ek is dus nie baie honger nie. Net wat jy aan kan dink, maar nie te veel nie."

Dan …

"Ek sien eintlik uit na 'n stil aand. Ek weet jy is nie veel betrokke by flieks nie en stel nie veel in kunsflieks belang nie, maar op pad hierheen het ek een by die winkel uitgeneem wat ek al lankal wil sien en wat jy dalk net interessant mag vind."

"O. Wat is dit?"

"The Incredible Lightness of Being. 'n Storie van 'n verlamde ou wat net met sy voet kan skryf om te kommunikeer. 'n Daniel iemand in die hoofrol."

"Goed, kom ons kyk later daarna. Ek wil net eers gaan uittrek dat ek vroeg in die bed kan kom. Maar nou moet ons eers iets maak om te eet. Sit vir ons iets ligs op die musiek solank - wat van Carmina Burana? 'n Mens kan daarna luister terwyl jy besig is." Sy hoop hy vang die skimp dat sy nie lus is vir laat opsit met dié dat hy hier gaan slaap nie. En dat hy sy afstand moet hou vanaand.

Na die ligte maar smaakvolle peuselete, en elkeen 'n glas witwyn wat sy nog in die yskas gehad het: "Verskoon my. Ek gaan gou bad. Sal jy jouself kan besig hou?"

"Sekerlik. Ek gaan my paar goedjies uitpak en dinge reg kry vir die bed en dan sal ek hier solank kyk wat op die TV aangaan."

Sy besluit om nie, soos sy dikwels op 'n Vrydagaand doen, haarself te koester met haar kosbare Oosterse badolies nie. Sommer maar net die gewone. Nou voel dit nie meer soos 'n Vrydagaand nie. Sy gebruik altyd net bietjies-bietjies van die drie olies wat tant Marie vir haar as present van oorsee saamgebring het. Ook net een van hulle op 'n slag, volgens haar bui. En nou bederf sy teenwoordigheid die aand.

Toe sy salig in die warm water insak en kop terug teen die bad lê, verlief sy haarself in die warm water en verlang na die heerlike geur wat sy andersins sou geniet het. Maar met hom hier wil sy dit nie waag nie. Die laaste keer toe sy daardie badolie met 'n afspraak gebruik het, was een aand toe die voorspeler onverwags daar opgedaag het terwyl sy in haar japon ná die bad vir Leon Schuster op TV sit en kyk. "Dis OK. Ek speel nie meer môre nie. My voet is gekneus," was sy enigste verskoning. Toe hulle saam op die bank gaan sit om verder na Leon Schuster se jongste TV-fliek te kyk en hy sy arm om haar sit om soos tevore haar bors te begin knie - hierdie keer net deur haar japon en slaaptop - was dit nie lank nie of hy wurm met sy kop hier tussen haar borste in en ril skoon van die onbekende geur.

"Jy weet, jy ruik net soos 'n meisie wat reg is vir seks. Ek ken dit goed. Jy sit seker al lank hier en wens da ek kon kom kuier."

Van daar af het sake vinnig verloop. Af is die japon en oopgeknoop is die top en voordat sy mooi weet wat aangaan, lê sy skoon oorbluf wydsbeen op die mat en is daar 'n snorkende en blasende voorryman tussen haar bene. "Fokkit man. Hoekom moet julle vrouens dan ook slaapbroeke en panties dra. My ouma en my ma het sulke gowns gedra wat ek dink my oupa en my pa baie tyd gespaar het. Net gou die FL aansit … OK. Daar's hy aan. Woeps, in is hy. Nou gaan ons jol."

En later: "Hoekom het jy nie vir my gesê jy's 'n virgin nie? Nou's dit te laat … Was dit darem lekker? … Hoeveel keer het jy gekom? … Hulle sê 'n ou met 'n groot voël soos myne is eintlik beter vir die eerste keer - dan is daar soveel meer lekkerkry na die eerste bietjie pyn … O fok, kyk al die bloed. Is jy OK? Sorry, hoor. Jy sal môre beter voel. Dis darem nou naweek … naaiweek …" En hy lag … En "Cheers. Sien jou volgende Woensdag na die oefening."

Stom. Stomgeslaan. Pyn. Baie plekke maar veral "dáár". Lamgeslaan deur wat so vinnig gebeur het.

Kon ek dit gekeer het? wonder sy. Eintlik nee. Wat kan ek teen 'n groot voorspeler doen? Veral ene wat so anders lyk as die prentjies wat ek al gesien het. Die prentjies vertel van potlode, of ten minste vulpenne; hierdie ou het 'n dik wortel. 'n Stam - of so het dit gevoel terwyl hy my oopskeur. Geen wonder dis nie lekker nie. Net soos my Ma my altyd gewaarsku het. ("'n Man is nodig op die lande, want hulle kan die werk doen en die volk beheer. Maar snags raak hulle vuilgoed. Hoe langer jy kan wag om te trou, hoe beter vir jou, my kind.") Enigste dogter, en wat sal sy nou vir haar ma sê? Ver van troue en nog nie eers sprake van verloof nie. Ken hom skaars drie weke - eintlik nog net saam gaan fliek, en hy was net so drie, vier keer hier; een aand om by my te kom eet. Maar moes vroeg loop - "Die game, jy weet." En daarna die paar kere wat my bors dit moes ontgeld. Darem toe klere en 'n bra aangehad. Tot vanaand. Net die japon en slaapklere. Ook net vir 'n rukkie. Maar hoe sê 'n mens nee vir 'n man wat gedetermineerd is? En gewillig is om jou te oorweldig?

"Ek is nie meer 'n maagd nie, Ma … En Ma was reg - as dit donker word, raak mans vuilgoed … Ek is jammer, Ma … Maar Ma moet ook weet hoe eensaam is die groot stad wanneer al jou vriendinne kêrels het … Ma, hier in die stad is 'n kêrel soos 'n motor. 'n Meisie móét een hê, al is hy befoeterd en vol nonsens en nie die mooiste model uit nie … Ja, Ma, selfs al is hy seksmal …"

  • Klik hier vir "Ontwaking - Deel 2"


    © 2004 Alle regte voorbehou


      LitNet: 15 December 2004

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

     

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.