Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Middernagskof

Balzak

Ek sit rustig met my rug teen die muur sodat ek 'n uitsig oor die res van die ander tafeltjies kan hê en ook ewe gemaklik 'n ogie op die deur kan hou - mens weet nooit watter talent hier kan opduik nie ... Dit is 'n relatief klein middelklas restaurant, maar is heel gesellig en vrolik. Nadat ek lank gewik en weeg het oor wat ek sal drink, het ek uiteindelik besluit op 'n GNT: dit les 'n man se dors en die asempie word nie deur 'n muwwe drank reuk besoedel nie.

Grasieus kom sy binnegestap, 'n jong mooi slanke godin … Nie te maer, nie te vet, nie te lank, nie te kort nie. Mooi boesem, sonbruin, lang blonde hare en liggies gegrimeer. Sy kyk besluiteloos rond vir 'n geskikte tafel en besluit op een so twee meter van waar ek sit. Haar hele houding weerspieël "klas" en spreek van 'n goeie selfbeeld. Sy weet beslis ook dat sy wel genoeg aandag op haarself vestig.

Die terras is stampvol mense en die tafeltjies is dig teen mekaar geskuif. Ek sou eerder verkies om daar te wou gaan sit. Die kelnerinne skarrel soos miere rond om in almal se behoeftes te voorsien.

Ek raak half ongeduldig, omdat ek nou al 'n wyle wag vir my GNT, maar is nie lus om 'n kabaal op te skop daaroor nie. Ek staan op om maar liewers by die kroeg se toonbank geholpe te raak. Ek stap by haar tafeltjie verby en 'n aangename titseltjie van haar parfuum raak skrams aan my neus. Sy kyk op vanaf die spyskaart en glimlag skalks na my. Ek stap verder met 'n glimlag op my gesig en neem 'n plek in by die kroeg se toonbank. "Dit is nou nie juis die tipe van meisie wat in my sal belangstel nie," dink ek. 'n Mens maak net jou naam gat - nie dat ek lelik of onaantreklik is nie, maar ek val nie juis in haar ouderdomsgroep nie.

Ongevraag kom druk 'n mollige, dik vroutjie met 'n slordige voorkoms en ouderwetse rokkie hier teen my aan, en skreeu in my oor vir die kroegman. Sy bestel 'n dubbel brandy en Coke. Sy stink na sweet en ek gril in my siel in. Sy stamp-stamp aan my om aandag te trek en ek kyk af na haar. "En hoe gaan dit …?" vra sy met 'n dom brandewynuitdrukking op haar gesig. Ek vervies my en antwoord haar nie eers nie, kyk weer voor my.

"Fokken dankie," sê dit weer.

Ek bestel my GNT en wurm my uit, verby haar. Die skollie gee nie 'n duit pad nie en ek beteuel my met moeite. Ek stap met 'n rooi nek terug na my tafel. Die skone dame by die tafel skud soos sy lag. "Lyk my jy is in aanvraag, nè?" en buit my ongemak uit.

"Nou nie juis my koppie tee nie," sê ek ongeërg. Ek kyk terug na die kroeg waar die skollie nou 'n ander slagoffer treiter. Dit lyk nogal weird so op 'n afstand.

"Wag jy vir iemand?" vra sy uit die bloute.

"Nee, net my keel kom vertroetel … En jy?" sê-vra ek.

"Nee, ek het opgevlieg van die kus af om by 'n vriendin te kom kuier, maar sy is nog uitstedig tot môre. Dus verwyl ek maar my tyd waar ek welkom voel," skerts sy.

Ek vra haar of sy by my wil kom sit en sy staan gretig op en volg my na my tafel. Ek trek haar stoel uit en sy loop sit oorkant my. "Liz …" stel sy haarself voor. Ek wil eers sê ek is ook "lus", maar bedink my - in elk geval 'n ou vervelige opmerking.

"Rolf …" sê ek en skud haar fyn handjie. Mooi, versorgde hande en vingers, dink ek.

Ons skerts oor al die onsinnighede van die daaglikse lewe. Ek probeer uitvis oor haar herkoms en algemene doen en late, maar sy skram telkens weg sodra dit te veel op haarself betrekking raak. 'n Mens weet nooit wat in hedendaagse mense se koppe aangaan nie, wat hul motiewe of modus operandi is nie. So tussendeur merk ek dat die mense wat op die terras gesit het, begin opstaan en na binne kom of vertrek. Dit lyk of die weer sleg opsteek buite.

"Ek hoop net nie dis erge donderweer nie," sê sy en kyk bekommerd na buite.

"Ja nogal, julle ken dit mos nie daar onder nie," sê ek ingedagte. Dit raak skielik half donker buite en blitse speel-speel tussen die swart wolke.

"Ek hoop nie dis 'n haelstorm nie," dink ek hardop.

"Net nie dit nie; ek wil nie heeldag hier vasgekeer sit nie … Ek het juis met 'n huurmotor tot hier gekom," sê sy met 'n erg bekommerde uitdrukking op haar gesig.

Ek bied haar 'n geleentheid aan en bemerk die huiwering in haar oë. "Is jy seker? Ek meen .. ons ken mekaar skaars. En waar woon jy? Moet jy 'n draai ry. Ek moet Edenvale toe gaan …" kom tien ton vrae oor haar lippe

"Hanou, wag, een ding op 'n slag … Jy gaan nie nou 'n huurmotor kry nie, nie in die storm nie. Ek is 'n ordentlike ou; moet dus nie bekommerd wees dat ek jou gaan ontvoer nie. Ek is geskei en jy hoef jou nie oor 'n jaloerse vroulief te kommer nie. Edenvale is nie vir my 'n onoorbrugbare kwessie nie. As ek sê dis orraait, dan help ek graag," stel ek haar gerus.

Ek vereffen ons rekeninge en beweeg na die voordeur. My motor staan 'n entjie verder geparkeer. Die wind waai sterk en groot druppels begin alreeds val. "Ons sal moet vinniger stap, anders gaan ons sopnat wees teen die tyd dat ons by die motor kom," maan ek. Maar my woorde was skaars koud, toe kom die hemelse fontein af in emmers. Ons is binne sekondes sopnat en deurtrek. "Kom laat ons 'n draffie uitpak …" en neem haar hand. Sy trek eers haar hoëhakskoentjies uit en ons snol … ek voor en sy agterna … hand aan hand. Die water loop alreeds in vore en het plek-plek damme gevorm. Blasend, met bolle wasem voor ons monde, bereik ons die motor en ek maak die deur vir haar oop. Ek vloog om en spring met 'n nat gat agter die stuurwiel in.

"Bliksem," uiter ek 'n kragwoord en kyk na haar. Haar grimering loop strepies van haar oë af oor haar wange en nat haarslierte klou aan haar gesig en nek. Haar gesigsuitdrukking lyk half pateties en ek kan nogal dink dat geen vrou so gesien wil word nie. Haar bloes kleef soos 'n tweede vel aan haar en groot swart tepels druk gemaklik deur die dun nat materiaal.

Dit begin hael en dit knetter en raas op die sportmotor se seildak. "Shit," sê sy, "kyk hoe lyk ek, en beduie met haar hande.

"Ek dink ons moet maar eers by my plek stop … dis heelwat nader as Edenvale … anders gaan jy verkluim," sê ek ingedagte.

Ek ry uit die parkeerarea. Die sig is uiters swak en die veërs werk onverpoos om die oorvloed water weg te vee. Die stoom trek behoorlik uit ons nat liggame en ek moet kort-kort die wasem aan die binnekant van die vensters afvee. Die motors trek oral van die pad af en wag dat die storm moet bedaar. Ek sit byna bo-op die stuurwiel om te kan sien en vind my weg sonder enige voorval.

Namate ons verder beweeg, bedaar die storm en is nou 'n egalige reënbui. Ek loer kort-kort in haar rigting, kyk na die profiel van haar gesig, haar sensuele mond … So 'n bekkie sal darem lekker soen … Sy het 'n mooi slanke nek … My oë wil-wil vashaak op haar borste … hulle staan nog steeds puntig na voor en die swart tepels wat deurskyn, veroorsaak 'n beweging in my koue eikel …

Sy sit stil voor haar en uitstaar.

"Penny for your thoughts?" vra ek met 'n glimlag.

"Uhh … uhhh nee, sommer niks," sê sy verleë, en bewus van die feit dat ek na haar borste loer, kruis sy haar arms om haar tepels te verberg.

"Nie meer ver nie, dan kan jy 'n warm bad geniet en droog aantrek," bied ek aan.

"En wat gaan jy nogal vir gee om aan te trek - 'n rugbytrui en 'n langpyponderbroek?" vra sy laggend.

"Jy sal verbaas wees, ek het 'n hele voorraad klere in die spaarkamer - ek hou mos al die klere van die meisies wat ek oplaai as dit reën," antwoord ek op haar vraag en ons lag hartlik saam.

Ek raak half beangs hoe nader ons aan my huis kom. In my verbeelding sien ek vele dinge wat kan gebeur: sy kan instemmig wees vir pret, of my goed op my plek sit, wie weet? Die beste is, maak geen planne nie, dan is daar geen teleurstellings nie …

Ek draai by my huis se oprit in. Dit reën nog een strook deur. Ek bied aan om 'n sambreel te gaan haal, maar sy wys dit van die hand - ons is mos nou al klaar deurweek … Ek draf nogtans vooruit om solank die voordeur oop te sluit.

Die huis voel warm. Nog voordat ek kan terugkeer om haar by die motor te gaan haal, betree sy alreeds die drumpel en stap bibberend na binne. "Mmmm, dis baie cosy … en goeie smaak," komplimenteer sy opreg.

"Kom ek neem jou sommer reguit na die slaapkamer, sodat jy kan verklee terwyl ek vir jou 'n warm bad voorberei … Jy't nie 'n probleem met badsout en dié tipe goeters nie … ek weet sommige vrouens vermy dit liewers," skerts ek terwyl ons aanstap na die hoofslaapkamer toe.

Ek bied haar 'n japon en 'n handdoek aan en beweeg solank deur na die badkamer toe. Ek het die badkamer onlangs opgegradeer en elke sent gespandeer was die moeite werd. Dit is 'n vrou se droom en 'n man se "tool" om 'n vrou te verlei … Die versonke driehoekige borrelbad en die spieëls doen beslis die nodige … Ek draai die krane oop en sprinkel geurige soute in die water. Die aroma lag skuimend en vul die vertrek.

Toe ek terug in die kamer kom, is sy nog besig om haar hare in 'n staande posisie droog te vryf, die japon nog losgeknoop en fladder-fladder om haar bene … Ek kan nie help om die slanke, mooigevormde bene raak te sien nie … 'n Beweging in my stingel vertel my dat my voorgevoelens daarmee saamstem.

"Kan ek vir jou 'n sjerrie of 'n port opskep … of enige ander voorkeur?" vra ek beleefd.

"n Port sal gaaf wees, dankie," kom die antwoord.

Dit tref my dat ek nog self druipnat staan en verander so bietjie van roete. "Ek dink jy moet eers in die bad kom, sodat ek ook gou in iets droog kan spring."

"Ag sorry man, nou vat ek sommer oor … 'Skuus hoor …," en sy beweeg deur na die badkamer.

Ek stroop my nat klere van my af, onderbroek en al. My balle is teen my lyf opgetrek van die koue en Karools lyk half bekrompe … Niks lekkerder om 'n man se balsak 'n bietjie te vertroetel as jy so natgereën het nie … Ek trek vinnig 'n PT-broekie aan en droog myself sommer vinnig met dieselfde handdoek af, trek my vingers deur my hare en stap na my kroeg om die port te loop skink.

Ek weet ek moet nou my kaarte reg speel om nie te oorywerig te wees nie, maar ek wil graag daai lyfie in die badkamer vastrap …

By die badkamer se ingang huiwer ek. "Maak gou toe jou oë … ek wil jou port vir jou bring," gooi ek my troef. 'n Borrelende laggie is goeie teken nommer een …

"En wat van jou oë, meneer … of het jy ook nie klere aan nie?" Teken nommer twee, onderhandelbaar … en ek huiwer of ek my PT-broekie gaan uittrek al dan nie … En ek doen dit …

"Raait, hier kom ek, maar ek gaan net op skrefies kyk, anders mors ek die port, OK?"

Nou of nooit … Skop sy teen dié een, sal ek 'n plan B bedink …

"Jaaa, OK jong, kom maar in," sê sy met 'n gewillige giggel.

Sy lê toe oë, uitgestrek in die bad, skuim bedek haar omtrent heeltemal. Net haar slanke nek, kop steek uit .. en 'n paar swart tepels wat lek-lek veg om suurstof bokant die skuimlaag. My hande bewe liggies en my balsak kry 'n kriewel. Met moeite beteuel ek my om nie nou al 'n horing te skop nie …

Sy glimlag ondeund en maak haar oë stadig oop … Ek voel erg selfbewus en verleë … Sy merk dit en bars uit van die lag. "Ag kom nou, ou grote, ons is mos alles gewoond. Kan ek vir jou plek maak?" en skuif regop in die bad. Haar borste is groot en ferm … twee regte Bazooka Hooters. Ek voel hoe Karools lewe kry …

Ek plaas die portglasies op die rand en klim in die borrelende skuimbad. Sy spat skuim na my kant toe … "En laat ek net sien dat jou oë dwaal, nè …" grap sy.

Ons klink glasies en teug aan die warmmakertjies. Ek voel hoe die warm water my onderlyf streel en die koue my liggaam verlaat. Ek verskuif my been en my voet skuur aan haar dy … dit voel sag en glad … Haar liggaam reageer en haar tepels word hard …. Fyn knoppies vorm om haar tepels …

"Ek is ook maar net 'n mens …" antwoord sy blosend toe sy sien dat ek dit merk.

"Dit is hemels mooi hoor," is al wat ek kan uitkry.

Sy sit haar hande op my bobene en beweeg dit stadig na bo … In my lieste huiwer sy en kyk my reguit in die oë. "Ek was baie lanklaas saam met 'n man in die bad … en … saam in die bed, for that matter …"

Sy sluit haar oë en begin weer met haar hande beweeg. Nader en nader aan my stywe knuppel en my sakke … Ek plaas my hande op haar skouers en masseer haar spiere saggies. Sy stoot haar borste na vore … hul nooi my uit om te kom vertroetel. Stadig gly my hande van haar skouers af na haar ferm borste. Sy begin liggies bewe toe my vingers om haar tepels begin sirkel … Ek leun vooroor en plaas my lippe oor haar tepels en suig-byt liggies daaraan. Sy kreun saggies. Haar een hand streel my oorvol sakke wyl die ander hand my stingel en kop vertroetel … Sy lig haar op en staan op haar knieë tussen my bene … My kop tussen haar borste beweeg van linker-boob na regter-boob … My tong speel lekkend en suigend. Ek plaas albei my hande op haar boude en trek haar onderlyf teen my aan. My stingel druk tussen haar gladde bene in … Stadig bevry ek my kop van haar borste en lig myself sodat ek ook op my knieë staan teenoor haar. Terwyl my een hand haar bolyf teen my aandruk, gly my ander hand oor haar soepel maag na onder … 'n Gladde bultjie en fyn lippies kom lê lepel in my hand. Haar asem jaag saggies in my nek en sy knibbel fyntjies aan my oor. My vinger beweeg behendig in haar spleet en sy kreun hard. My knuppel staan kloppend teen haar maag. Met sagte passie vroetel en verken my vingers … dit voel die gladde wande van haar opening … Sy gooi haar kop agteroor en 'n klimaks oorheers haar rukkend en kreunend … Sy gaan sit wydsbeen op die rand en leun agteroor. Haar stem is sag, half pleitend: "Eet my … druk jou tong in my … lek my klit … drink my sap … maak my mal …" hyg sy … Sy drup heuning soos 'n mampoerketel wat net reg kook.

Die aanskouing van haar halfoopgerekte paradys maak dat ek my tril so twee jagse plukke gee voordat ek haar met tong en lippe betrek. Haar klit staan kliphard en penorent aan die bopunt van haar spleet. Blinkend pleit hy vir toenadering en ek gee vrylik. Ek werk sagkens met my vinger in haar glibberige tonnel en soek-soek na haar g-spot … Skielik gryp sy my met albei hande agter my kop en versmoor my in haar bewende genot-pot ... Ek beweeg my vinger met klein sirkelbeweginkies op haar magic spot en haar klit tussen my lippe, kielie-kielie met my tong … Die ekstase herhaal hom weer en weer en weer … My eie genot stoot op in my eikel en ek weet ek moet hom diep-diep loop bêre voordat dit te laat is … Ek lig my sodat ek my staaf in haar spleet op en af vryf ... Sy gryp hom met albei hande en druk hom in die glimmende rooipienk opening … Hy gly in sonder teëstribbeling en ek plant hom tot by haar kleintongetjie … Sy gil gedemp toe my volle swingel haar binnedring en oopsper … haar binnekant maak knypbewegings en my knaters trek saam. Ek stamp haar 'n paar keer hard … My sakke klots teen haar boude en my sinne verdof … Met rukke en spasmas van 'n hemelse lekker spuit ek my leeg in haar trillende koekie … Ons paaie kruis iewers in die wolke …

Ons sak albei moeg en jags terug in die borrelende water … Die ergste lus is geblus en saam met die kwynende skuim kom die salige oorweldigende rustigheid van die na-plesier … sy kom lê teen my aan en ek vryf haar borste saggies …

Dit is al straks sesuur en dit reën nog rustig buite. Ons sit in die sitkamer en teug aan 'n eksotiese drankie. Die musiek is rustig en speel vrylik met ons emosies. Elkeen met sy eie gedagtegang. Ek herleef die pas afgelope ekskursie in die badkamer … Na die hemelse sessie het ons nog vir 'n wyle in die bad vertoef totdat ons vingers en tone soos marsmannetjies s'n verrimpel. Ons het saam uitgeklim en sy het my begin afdroog. Daarna was dit my beurt om haar af te droog en met room te smeer … en weer van vooraf opgewek te raak. Ons het albei 'n kamerjapon aangetrek en voorhuis toe beweeg. Haar nat klere is nog in die tuimeldroër (Ek het die verstelling op "COLD" geselekteer, sodat dit lekker lank kan vat om droog te word.)

"Wou jy nie dalk uitgaan of enige ander reëlings gehad nie?" verbreek sy die stilte. Die enigste ding wat ek in my kop het, is om haar so lank as moontlik hier te hou en 'n herhaling van vroeër te beleef.

"Uhhh, nee wat, dit reën in elk geval nog buite en ek sou veel eerder die aand met jou deurbring … As jy nie omgee nie, bygesê. Het jy dalk planne gehad?" gooi ek 'n klip in die bos. Sy bevestig my wens dat sy loshotnot is en kom en gaan soos dit haar pas. Sy is in elk geval sonder vervoer totdat haar vriendin terugkeer.

"Opgewonde" is 'n onderskatting van my emosies. "Nou maar bakgat, waarvoor is jy lus om te eet … Sal ons sommer Mr Delivery bel om iets te bring," sê-vra ek en sy neem genoeë met so 'n reëling. Ons besluit op 'n Chinese konkoksie en bestel.

Na 'n heerlike ete sit ons rustig en ontspan. Half verveeld blaai ons deur die TV-programme. Daar is egter niks spesifiek waarna ons wil kyk nie. Ek stel 'n drankie voor en sy wil eers kyk watter tipe likeurs en holbyters ek in my arsenaal het. My vriend is 'n verteenwoordiger van een van die verspreiders en my voorraad word dus gereeld gratis aangevul. Nadat ons op 'n rêrige astrante holbyter besluit het, skep ek vir ons elk 'n dubbelporsie en sluk weg. Die goed slaan amper haar asem weg … Ek lag vir die uitdrukking op haar gesig. Daarna besluit sy liewers op 'n tequila, en na dié ritueel is daar 'n vreemde vonkel in haar oog.

Sy begin deur my CD-versameling loer en skuif opgewonde 'n paar eenkant. Al is daar 'n redelike ouderdomsverskil, blyk dit dat ons musieksmaak baie ooreenkom. Die ligte in die kroegarea is dof gestel en ek het intussen 'n paar kerse brand gemaak. Ons sit reg teenoor mekaar op redelike hoë kroegstoeltjies. Die wit kamerjapon is liggies met 'n gordel om haar middel geknoop en die kante het van haar bene afgegly … haar gladde, slanke bruingebrande bene is ontbloot tot hoog by haar bobene. Die bokant van die japon val oop vanaf haar naeltjie en maak net-net haar tepels toe. Haar hare is bokant haar kop vasgesteek en sy lyk betowerend in die flikkering van die kerslig en die gedempte gekleurde ligte.

"Jy lyk absoluut stunning," sê ek met 'n heserige stem.

"Jy is self nie te versmaai nie hoor; jy tiekel my van kop tot tone. Ek kan nie verstaan hoe 'n man soos jy 'n alleenloper is nie. G'n wonder daai vroumens in die restaurant het jou sommer dadelik "getarget" nie. Ek sien nou nog jou verontwaardiging …" sê sy en ons lag saam oor die mollie se manewales.

Ek moet sê, my ego het so pas 'n hupstoot gekry en dit gee my 'n nuwe huppel in my knuppel …

Ek sit my hande op haar bobene … maar sy sit hare bo-op myne en trek my hande stadig weg … oor haar maag en ribbes, en trek dit verder op en plaas dit op haar borste … Sy leun vooroor en begin haar oop mond oor myne vryf … haar tong gly glad en grasieus in my mond en soek na my tong. Dit duur 'n wyle en onttrek toe stadig … Sy gee my 'n ligte knypie op die wang en lig haar van die stoel af. My oog vang 'n vinnige flits van heilsame lippies tussen haar bene …

Sy neem een van die CD's wat sy eenkant gesit het en plaas dit in die speler. Die Spaanse treffer begin met 'n erotiese ritme en sy beweeg weg 'n meter of twee van my af. Op maat van die musiek begin sy wikkel en passies maak … die vroumens weet duidelik wat sy doen. Ek sit verstar en toekyk, heeltemal oorstelp oor haar volmaakte kundigheid. Die gordel word losgemaak en die japon fladder heeltemal oop met sommige bewegings ... vir sekondes is haar hele naakte liggaam sigbaar … en dan meteens weer verskuil agter die lappe van die japon. Sy is besig om die japon grasieus op die ritme van die musiek oor haar skouers te trek toe haar selfoon skril langs my lui … Sy verstar met haar beweging en kom vinnig na die kroegtoonbank waar ek sit.

"Hallooo …" (haar gesigsuitdrukking verhelder) … Maar dis 'n verrassing … Wanneer het jy terug gekom? Nee man, ek's hier by 'n sexy vriend van my … Ja man, sopnat gereën vanmiddag en toe hier na sy plek gekom … Nee dolla, nie wat jy dink nie … sies vir jou … Ag ek is nou sorry dat jy spesiaal vroeër terug gekom het … maar hoekom kom jy nie hiernatoe nie … Agge nee man, die aand is nog 'n babatjie … Ja kom, en dan slaap jy ook sommer hier … Ja, hy het 'n groot dubbelbed … Ja man, sommer ons al drie … Wat sê jy daarvan …?" Sy druk die gehoorbuis toe en vra my of ek sal omgee … Ek skud verslae my kop … Sy praat weer met die vriendin en druk die foon in my hand. "Verduidelik haar gou om hier uit te kom … asseblief …"

Ek is so in 'n waan dat die vriendin 'n paar keer "Hallo-hallo … halloooo …" sê.

"Yes … Ja … Hallo … Sorry … Uhhh … Rolf wat praat…" kom dit heeltemal verongeluk uit.

"Haai, lyk my ons het jou nou heeltemal deurmekaar met hierdie vinnige verwikkelinge … 'Skuus man, my naam is Rynet … Is dit rêrig orraait met jou? Wat kan ek saambring … en hoe kom ek daar uit? Ek kom sommer nes ek is, ok ..." 'n Vlaag van woorde en vrae tref my. Ek verduidelik die pad en lui af.

Liz is intussen die gang af en keer terug net toe ek besig is om 'n stywe Captain Morgan te gooi.

"Jou karnallie, jy kom charge my op en nou kom Rynet hiernatoe … Om alles te kroon …" blaas ek half gekrenk stoom af.

Sy glimlag egter breed en kom soen my vol op die mond. "Gooi vir my ook 'n drankie, dan vertel jou iets," sê sy met 'n pruil mondjie

"Ag 'skuus man …" Verskonend skink ek vir haar ook 'n stywe Cappie. "Ys en suurlemoentjie?" en voeg outomaties by. Heel nuuskierig sê-vra ek … "Ek wag vir die iets …"

"Jong," begin sy, "ek en Rynet het lank saam 'n dansskool bedryf. Hoofsaaklik Spaanse en Oosterse danse. Alles het goed gegaan totdat haar gewese man by my begin aanlê het. My eks het daarvan te hore gekom en die dinges het gespat. My eks het my beskuldig dat ek die ou aanleiding gee en sy het haar man summier in sy moer gestuur. Met die egskeidings en al die vuil wasgoed wat uitgekom het, het ons besluit om die besigheid toe te maak. Ek het probeer huise verkoop, ge-rep vir 'n kopieermasjienfirma … ag, omtrent alles probeer. Uiteindelik by 'n Mens Exclusive Club geëindig … Aanvanklik net danse en strip shows gedoen, later lap-dancing en wel … uiteindelik die hele pad geloop. Ek het Rynet raakgeloop en haar vertel van my belowende loopbaan … Goeie geld, weer 'n huis gekoop en 'n stywe bankrekening. Sy het by my aangesluit en meestal saam met ryk sakemanne partytjie gehou vir 'n week lank … natuurlik vir 'n aardige bedraggie … Hulle was tevrede en ons het sakke vol geld gebank. Maar genoeg is genoeg en ons het besluit om 'n sesmaande-breek te vat en weer 'n dansskool te begin. Die ses maande is so pas verby en dit is die rede vir my besoek aan haar, om alles te finaliseer. Geskok?"

My bek het behoorlik oopgehang. "Vreemd, ja, maar so het elke mens maar sy geraamtes in sy hok," sê ek nadenkend. Sy glimlag vir my en maan dat ons nie morbied raak nie …

Die voordeurklokkie kondig aan dat daar besoekers is. Ek staan op en stap na die voorportaal. Dit tref my opslag dat ek nog die wit japon aan het, maar watwou …

Ek maak die deur oop en nog 'n bom ontplof in my are … 'n Hemelse wese staan in vlees hier in my voordeur … 'n Mens sien sulke goed net in die laatnag R18 movies … Geklee in 'n klein, uitgerafelde denimbroekie wat heel bo aan haar bene vasklou en 'n boob-tube gevul met 'n paar kanne wat Dolly Parton sal laat skaam kry, 'n bos donkerbruin hare wat tuimel oor haar skouers tot in die helfte van haar rug … Gesig, lyf, bene, boobs, die hele werke is perfek …

"Jitte, kom binne jong. Ek neem aan jy is Rynet," sê ek skielik moerse vriendelik.

"Hi Rolf, bly te kenne. Jy sal ook dink ek en Liz is van ons trollie af …" koer sy. "Waar kan ek my goedjies sit?" en ek merk nou eers dat sy 'n klein reistassie by haar het.

"'Skuus tog, gee sommer hier, dan vat ek dit later agtertoe. Maar kom ons stap deur kroeg toe …" en ek stap voor met die godin kort op my hakke.

Die twee is duidelik oorstelp om mekaar te sien. Dit druk, omhels, soen, en wie weet wat alles.

"Dit lyk vir my ons moet maar 'n vonkelwyn oopmaak om die herontmoeting te vier," sê ek en lag hartlik saam. Die borreltjies styg opgewonde en onophoudend na die bokant van die glas, waar dit liggies, ongemerk plof sodra dit die oppervlak bereik. Ons doen 'n speelse heildronk en ledig ons glase. Ek skink nog een. Die twee gesels een strook deur en ek voel half uitgesluit. Ek wil half moedeloos voel. My oë dwaal telkens oor Rynet en kan nie genoeg van haar inneem nie. 'n Borrelende stukkie mens, sonder tierlantyntjies, psigies gesproke natuurlik … fisies, in oormaat …

"Lyk vir my ek het iets hier onderbreek … veral as ek so na die japonne kyk," merk Rynet met 'n skelm glimlag op.

"Nee jong … ja, eintlik, weet jy … maar jy is mos 'n bok vir sports … so jy sal maar moet inval ou girl," sê Liz en die twee skaterlag weer.

"Laat ek ook eers gemaklik gaan raak; ek dink ek het darem my japonnetjie ingepak. Kom loop saam en wys my waar ek kan verklee," sê Rynet vir Liz, en die twee loop laggend en geselsend kamer toe. Ek hoop hier kom 'n ding of drie met die twee engele hier onder my dak ...

Ek het intussen twee doppe vinnig gekielie en hoor hoe hulle stemme nader beweeg. Ek dog my knieë swik toe hulle by my by die kroeg kom staan. Rynet het 'n ligte satynagtige japonnetjie aan; dit reik net tot hoog by haar bobene. Maar dis nie die lengte wat my pla nie, die ding is half deurskynend en in die kerslig en gedoofte ligte is net duidelike kontoere sigbaar. Haar borste speel los-los daarin rond … dit is ongelooflik ferm, in ag genome die omvang daarvan. Soos met Liz is haar hele lyf ook bruingebrand en soepel. 'n Klein deurtrekkertjie is sigbaar en lyk ongelooflik sexy …

Ek kry skielik warm, en ledig my glas met een sluk. Die ys val knetterend terug in die leë glas …

"Ek hoor Liz sê sy het vir jou 'n dansie gedoen. Sy is goed, nè? Een van die bestes, as sy nie dié beste is nie," sê Rynet en gee haar vriendin 'n drukkie aan die skouers.

"Aaag man, jy is die erotiese danser wat al wat 'n man is se knieë lam maak," sê Liz half selfbewus.

Terwyl ek vir hulle 'n dop skink, sit Liz 'n CD in die speler en lewe vul die vertrek. Liz trek Rynet nader en die twee begin passies maak. Dit is asof ek droom wyl ek na die twee te kyk …

Die eerste song was heel rustig en matig. Met die tweede treffer is daar meer van 'n definitiewe Spaanse inslag en die dansers lewe hulle self daarin. Liz knoop weer haar japon oop en haar soepel lyf wil-wil net daar uit. Rynet lyk asemrowend en wanneer sy agteroor of vorentoe buig, druk die syagtige stof teen haar naakte liggaam, wat elke kurwe en lyn beklemtoon. Ek knoop my japon ook los en voel hoe my knuppel van posisie verander. Hy loop lê so skuins met sy kop so op die bar-stoel se rand … in afwagting soos 'n boer-boel wat wag vir sy kosbak.

Ek klap hande toe die song klaar is. Hulle kom staan weerskante van my om 'n sluk of drie van hul drankies te neem. Ek plaas 'n arm om elk en gee hulle 'n druk.

"Manjifiek," komplimenteer ek die twee.

Liz ruil die CD met 'n ander en wag dat dit moet begin. Die song is duidelik 'n perd van 'n ander kleur: lewendig, ritmies, belowend. Hulle begin met erotiese heupbewegings. Liz se japon is 'n merkbare hindernis vir haar bewegings en sy raak ritmies daarvan ontslae en skiet dit in die hoek …

Die boerboel begin dadelik ernstig lewe en lig sy kop lui-lui … Liz vryf stadig met haar hande oor haar borste en haar tepels staan hard en gepunt. Rynet doen mee soos 'n skaduwee en begin haar syagtige japonnetjie uit trek. Dit wapper grond toe en sy skep dit eenkant toe met haar voet. Dit is twee wriemelende lywe wat sensueel streel, voel en betas … Dit raak wulps en gewaag … die een buig agteroor en die ander leun met swaaiende tepels 'n duim bokant die ander … hulle bewegende mikke loer vir mekaar … Posisies verander en die een gaan staan bene wyd gesper … die ander buig elasties na agter en seil onder deur die gesperde bene … Haar tepels skuur teen die bobene en huiwer instinktief toe dit aan die ander se gladde klam lippe skuur …

My lul is nou barstend hard en ek gee hom 'n druk met my hand. 'n Taai druppel val op die stoel se rand … die boerboel se bek kwyl … Na nog so paar absoluut jags-maak-ekskursies sterf die musiek … net begeerte wat in die vertrek hang …

Ek klap met dom hande … Iewers in my voël klop daar 'n afwagtende sening. "Hul lywe lyk blink en eksoties in die dowwe lig … sensueel en ryp om genaai te word," dink ek byna hardop.

Liz draai die volume af en 'n rustiger melodie volg. Hulle trek elk 'n kroegstoeltjie nader en kom sit reg teenoor my. Met my oë streel ek elke lyn, bult en knop op die twee engellywe voor my … Rynet se oë is op my paling en haar bene gaan effentjies oop. Liz merk dit en sy kom staan teen my. Sy trek my japon van my skouers af en laat val dit op die grond. Haar warm borste druk teen my lyf en haar mik raak aan my been … Sy plaas haar halfoop mond op myne en haar tong volg bewend … Rynet het opgestaan en buk af sodat sy haar vol mond oor my blink kop plaas … sirkelbeweginkies al om die rif laat my begin bewe. Ek reik af met my hand en voel Liz se gladde spleet. My ander hand soek na Rynet se enorme tiete … haar tepels is kleiner as Liz s'n, maar is hard en puntig … Beide van die meisies se asems is sag-hortend en my balle maak krampe …

"Bring julle dop dan gaan ons kamer toe," sê Liz in 'n fluisterstem en begin solank beweeg. Rynet wil nog so laaste suig inkry en 'n "Mmmmm" ontsnap oor haar lippe. Ek laat hulle voor stap en betrag die twee van agter. "Fokkol fout met daai lywe," flits dit deur my brein.

Die lig in die slaapkamer is verdof en Liz het rustige, erotiese musiek in die speler geplaas. Ek sit-lê op die bed en staar na die twee godinne wat nakend en sensueel dans voor mekaar … hul lywe, vol, ferm borste en harde tepels, slanke bruin bene, perfekte boudjies is in 'n warboel van jagsgeit … Die subtiele fisiese kontak wat hulle met mekaar maak, werk hulle (en vir my) ekstaties op … Ek maak my bene wyd oop en begin met my knaap te speel. Hulle merk hoe ek my voël bewerk en my knaters bevoel. Ek vryf met sirkelbeweginkies met my vinger oor my swingel se kop en smeer die druppeltjies vog wat uitkom, oor die gladde membraan …

Die aansporing is fenomenaal … Rynet is die eerste wat op die bed spring en my plat op my rug druk. Sy kom in 'n sixty-nine posisie oor my en wyl sy my eikel tussen haar enorme pramme vryf, druk sy haar oorryp vy in my gesig … My tong werk met haar trip-switch … ek voel hoe haar vog uit haar doos drup en taai teen my nek afloop … Sy sit nou regop met haar dierbare kardoes nog steeds in my gesig …

Skielik is daar 'n tong en lippe besig om in my stingel te belê … Liz is 'n blowjob-spesialis … dit weet ek alreeds … haar tegniek is die beste wat ek nog ooit ondervind het … Dit voel of ek bietjies-bietjies kom … Ek druk my tong diep in Rynet se grot. Haar spiere trek saam en sy kreun. Ek voel hoe sy begin kom en haar bene om my kop vasklem … Dit is genoeg vir Liz om wydsbeen oor my te klim en my klipharde kloppende spier in haar paradys te laat ingly. Die twee meisies sit teenoor mekaar, lekkend aan mekaar se borste … Rynet vryf Liz se klit terwyl sy my ry asof dit die laaste naai van haar lewe is. Liz begin hyg en 'n gil ontsnap hees uit haar keel … "Oh fuck me, I'm coming!" skreeu sy. Ek voel hoe my eie hol saamtrek om te spuit, maar hou terug … ek wil binne-in die grot hier bokant my gesig my lading laat ontplof …

Liz klim van my af en hulle ruil posisies. Ek het nou Liz se geswelde dooslippe oor my gesig en Rynet sak af oor my boomstomp … Ek voel hoe ek haar hemelpoort binnegaan … Alhoewel sy nat en taai is, voel ek hoe my massiewe eikel haar oopsper en begin verken aan die binnepoorte van die hemel. Haar vytjie voel anders as Liz s'n en sy werk met oorgawe met haar binnespiere … Sy gee 'n snik elke keer as my agt-en-'n-half-duim ten volle verdwyn … Rynet ruk haar kop agteroor en Liz byt saggies aan haar harde tepels. Ek het Liz se hardgeswolle klit tussen my lippe … haar anussie begin ligte stuiptrekkings maak. Rynet begin al harder stamp … Hulle kreun in 'n koor en werk saam daaraan om gelyktydig die wolke te bestyg, wie weet die ewigheid in … Dit spoor my aan om ook my lading te laat ontplof … Dit is kettingbotsing toe Rynet eerste lostrek en haar wande peristaltiese bewegings om peester maak … Ek trek krom en my kanon vuur. Aangespoor deur ons intense genot, ontplof Liz se doos in my gesig … Ek lek, slurp, suig aan haar nektar … die hele uitspansel, son maan en sterre, verskiet in my oë. Ek kom keer op keer … elke keer as ek 'n rukking of rilling gee, verplaas ek my genot in Rynet se doos, haar genot spoor weer vir Liz aan … 'n bose kringloop van intense genot …

Ons al drie lê uitgeput langs mekaar … ek in die middel, elke hand op 'n genotgevulde doos … My grootste droom en fantasie het waar geword …

Ons het so aan die slaap geraak …

Diep die nag in word ek wakker. 'n Hand vroetel by my stingel. Hy is half hard en lus … Rynet druk haar vinger oor my mond en sê saggies: "Sjjjjjt, ek is mos een agter … ek soek jou dik, lang, sening in my …" Ek rol om en lê bo-op haar. Haar bene kruis my rug in afwagting … ons naai middernagskof …



LitNet: 10 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.