Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Memoirs 8: Erika

Neil A Morum

Ek het my garage reggepak en toe, onverwags, op 'n boks vol ou boeke afgekom. Heel bo was een van my varsityjaarboeke … Die herinneringe het my laat plat sit en deurblaai.

Gangfoto's, jool, rugby: ek het gesmile en soms sag geswets. Toe staan ons daar: die stappers. Ek, jy, Dirk, Liesbet, Anchen en nog 'n klomp wie se name ek onder aan die foto moes gaan soek. Jy. Jy en daai lyfie van jou. Hoe kon ek julle vergeet?

*

Die eerste stap van die jaar was gewoonlik maar chaoties: die eerstejaars was altyd lekker windgat of bang of dom of al drie en ons oumanne moes mos ma en pa en dokter speel. Die Berg is ook nie 'n man se maat nie, maar dit was die proefplaas waar ons die regte stappers van die kansvatters geskei het.

Ewenwel, ek onthou dat Die Berg ons dié slag laat sweet het. Twaalf kilo's se klim en klouter (met nog die hele trip se pakkaas) het almal goed moeg gemaak en ons het vroeg die velle gevat. Liesbet het agter my rug gelê, jy voor my en Dirk agter jou. Die res het so op 'n streep in die bungalow af gelê.

Ek was soos gewoonlik eerste wakker, maar ek het doodstil gelê en wag op lewe. (My standaard oggendpaal moes in elk geval ook kans kry om te sak.) Ek het jou gelê en bekyk: jou los t-hemp het sag om een van jou tieties gevou en dit mooi afgeprent; die lae kraag het jou ander een se tepel net-net weggesteek en die belofte van 'n stukkie kaalgeit ingehou. Toe dog ek dat ek net so wel my paal tot vrug kon aanwend: 'n lekker ou oggendplukkie is mos net die ding om 'n dag mee af te skop.

Ek het hom sag beetgekry, my duim was agter die kop en ek het met my wys- en middelvingers die los vel aan die onderkant beweeg. Op dié manier kan mens nie sien ek trek draad nie, want daar is bitter min beweging onder die slaapsak.

Ek was sterk teen die lang afdraande voor die "skerp" draai af op pad toe jy ewe skielik mompel en beweeg. Ek het verstar en my oë toegeknyp, geluister hoe jy sag beweeg. Toe jy stil was, het ek stadig geloer en my tong amper afgebyt: jou gekriewel het jou tietie totaal by jou hemp se kraag laat uithang; ek kon die hele blerrie pragtige ding aanskou. Jy het baie diep asemgehaal en ek het weer aan 't vrywe gegaan, maar die slaapsak het my gepla. Ek het dit oopgevou sodat ek (op 'n manier) kaal voor jou was. Die idee dat ek besig was om voor jou, vir jou, draad te trek, het my lekker wild gemaak en ek het al gevoel hoe die eerste kloppies daar onder begin toe ek besef dat ek kolle gaan maak. Ek sou op my t-hemp moes kom om die bewyse weg te steek. Ek het agteroor geleun (my voël punt-in-die-wind na jou toe) en my hemp nadergehaak, teruggedraai en weer verstar. Jy het oopoë vir my gelê en kyk.

Wat de hel kon ek wegsteek? Dis nie asof jy net skalks gesien het nie; ek meen, ek het omtrent die ding in jou gesig ingedruk. Ek het maar net vir jou gekyk en soos die spreekwoordelike aapgat gevoel (ek is seker ek het gebloos). Jy het my ernstig aangekyk en ek het al die rektor se rooi mat onder my Grashoppers gevoel toe jy jou kraag afhaak en albei jou tiete ontbloot.

"Moenie ophou nie, dit lyk baie lekker," het jy gefluister.

Ek was jags genoeg om Mevrou Rektor te spyker, dus het ek besluit om maar aan te hou. Jy het stip gekyk en nou en dan vir my geglimlag.

Toe jy aan jou tepels vat en hulle sag brei, wou ek vrek. Jy het skielik diep in jou slaapsak begin woel en ek het gewonder wat jy maak. Jy het jou hand na my toe uitgehou, jou palm en vingers nat en taai. Dit was duidelik dat jy aan jouself gevat het en my daarvan wou "vertel".

Ek het jou hand nader getrek en daaraan geruik - 'n skoon aardse reuk het my bek laat droog word - en ek moes aan jou proe. Ek het jou vingers in my mond geneem en die nat afgesuig, jou oë het glasig geword toe ek deur jou palm lek. Jy het jou slaapsak oopgevou en jou bene oopgehou, jou jogger se binnebroekie oopgehaak en my jou kwassie gewys - nie in baie goeie detail nie, maar dit was genoeg - en ek wou mal word. Jy het jou vingers op jou knoppie gekonsentreer en gesirkel terwyl jy reg in my oë gekyk het. Ek het nie geweet waar om te kyk nie - tieties, oë, kwassie.

My orgasme het in strepe oor my hemp deur my balle ontplof. Jy het 'n lang vinger uitgesteek en 'n klein druppeltjie van my kom opgetel en toe van jou vinger afgelek. Jy het jou doos bewerk totdat jy - met groot oë en 'n wilde trek op jou gesig - gekom het.

Die ander het begin roer en ons het ook opgestaan. Ons kon nie gesels oor wat gebeur het nie, maar daar was 'n spanning tussen ons wat mens kon proe. Ek het die eerstejaars soos diere tot by die volgende hut gedryf om hulle moeg te kry sodat hulle weer goed sou slaap.

Tot my bittere frustrasie het ons oefening hom nie weer die naweek afgespeel nie - daar was elke keer iemand by. Jy het die laaste aand - terug op die kampus by die klubhuis - vir my 'n briefie gegee: "Kom kuier môre-aand."

Jy het die deur oopgemaak in die bekende t-hemp en 'n sagte broekie. Ons was al twee vir omtrent tien sekondes ongemaklik, maar toe glimlag jy jou mooiste een en nooi my in.

"Ek het vir jou gewag. Ons moet praat. Sit."

Jy het voor my gesit, bene opgetrek. Ek was vies omdat ek in die kort tydjie vergeet het hoe mooi hulle was.

"Ek hou van jou en ek weet jy hou van my, maar ek kan nie nou 'n ding bekostig of hanteer nie. Ek is mal oor jou lyf, dis duidelik dat jy myne laaik, maar ek is nie 'n wilde meisie nie. Ons kan vry en jol en mekaar se lywe geniet, maar daar is nie stertjies aan nie en ook nie verpligtinge nie. As die een wil en die ander een is beskikbaar, fine. As nie, ook fine. Wat sê jy?"

Ek het gehakkel en gestotter: "Nee … um … great … ja … nee …" Jy het gesmile.

"Miskien moet ek my bek hou voor ek jou die idee gee ek wil nie," het ek my brein weer in rat gekry.

"Okei. Maar ek is tegnies nog 'n maagd en wil so bly. Daar is geen manier van all-the-way nie. Geen. Niks. Boggerôl. Nie eers al dreig ek jou met die rektor nie."

Ek het net my kop geknik soos 'n ou wat nekslapte opgedoen het. Toe het jy iets gedoen wat my wil by my ore laat uitloop het: jy het jou vinger vir my gekrul en my nader gelok: "Kom hier. Vry my tot my ore tuit en maak my wild genoeg dat ek my lyf vir jou wil wys …"

Ek was maar eers skrikkerig, maar die herinnering aan jou mooi tieties het my gou van my bang laat vergeet. Ek het jou nader getrek en my beste trieks uitgehaal en, weet jy, hulle net nogal gewerk.

Jy het eenkeer iemand (Jim Morrison?) aangehaal: "Let us honour nature with our bodies, let us celebrate our youth in our beauty …"

Soene. Ons kon vir ure net soen. Soms het ons gestaan: ek het jou kop tussen my hande gehou en jou hele gesig gesoen, ligte pikkies oral op jou wange, jou voorkop, jou neus, om tot by jou oorbelle, tot jy my kop vasgryp en my diep terugsoen. Jou ore was supersensiteif: jy het al begin bewe as ek net naderkom. So staande kon ek my hande vryelik oor jou rug laat dartel; jy kon my nadertrek teen jou onderlyf om my stywe voël teen jou te voel opstaan; ek het dan my hande onder jou klere ingesak en jou kaal boude gebrei. Soms het ons gelê: dit was 'n rustiger gevry. Dan was ons soene lank en diep, gekonsentreer op lippe en tonge en tande. Ek het jou onderlip sag gesuig, my tongpunt in die hoek van jou mond laat speel. Wanneer ek dan ombeweeg het na jou ore toe, het ek met 'n hele warm, nat tong in jou oorskulp ingedryf en nie genade getoon nie.

Jou borste. Ek was mal daaroor om jou te laat ontspan, op jou rug, borste ontbloot. Jou tepels was (is seker nog steeds) glad en donker. Selfs op jou wildste was net die puntjies hard; jy het nooit heel opgekreukel soos ander vroumense nie. So kon ek hulle suig en byt en lek en brei totdat hulle later rooi en gekneus was, maar jy het nooit gekla dat ek te rof was nie. Wanneer jy jou maandelikse besoeker gehad het (jy weet, die-tannie-met-die-rooi-Volksie), het ek op my rug gelê, jy half oor my met jou tieties naby my gesig. Hulle ekstra swaarheid het my mal gemaak, hulle ekstra sensitiwiteit was vir jou lekker (maar ek moes maar saggies …) Ons het beurte gemaak om my draad rustig te trek tot ek in strepe oor my maag gekom het.

Die res van jou lyf was jonk, ferm en soepel. Daar was nie een plekkie wat ek nie intens bestudeer, gesoen, gelek of gesuig het nie. Ek onthou dat jou voetsole veral sensitief was vir 'n ligte streling.

Jou kwassie. Ure se genot was in die driehoek tussen jou (ferm) dye opgesluit. Ek het soms op my elmboë tussen jou wyd oop bene gelê terwyl ek elke voutjie, velletjie en gaatjie met my mond ondersoek het. Jy het daarvan gehou as ek jou buite om jou buitelippe lek, al in die rondte, tot jy jou heupe ongeduldig in frustrasie ruk.

Ontspanne, was jou dosie pragtig: jou buitelippe het sag jou "geheimpie" weggesteek; wanneer jy wild was, het jou binnelippe dik geswel totdat hulle heel uitgehang het. Ek (of jy) kon hulle weerskante toe oopvou sodat hulle jou doos amper heeltemal "weggesteek" het.

Ek het jou eenkeer vir lank net lig geëet. Jy het gekerm dat ek moet aanhou en gekreun; ek het jou aanhou terg. Toe buig jy orent en kyk my gemaak-vies aan: "Eet my, jou dôner, ek wil kom!" Ek het, en jy het.

Penetrasie. Ons ooreenkoms was dat ek jou nooit sou "vat" nie, selfs nie al smeek jy my in 'n oombilk van pure jagsheid nie. Maar ek het jou tog op 'n manier gepenetreer: ek kon, terwyl ek jou goed geëet het en jy wou, my middelvinger in jou ingly. My palm was bo, my wys- en ringvingers het weerskante van jou lippe opgewys en hulle teen mekaar gedruk; my duim kon jou klit perfek bykom om dit sag te sirkelvryf. Dan het ek my middelvinger gekrul en die growwe knoppie net binne jou skede raakgehaak. So kon jy aanhou kom en kom en kom …

Anders het ek (in beheer) - met my hande in die waai van jou bene - jou knieë opgestoot teen jou bors sodat jou doos oopgeblom het vir my mond. Ek was dan gewoonlik baie jags en het die frustrasie wat jy in my wakker gehou het, op jou uitgehaal.

Die naaste wat ons aan regtig steek gekom het, was as ek agter jou staan, my voël tussen jou bene deur tot by jou klit. Jy het ver vorentoe gebuig sodat ons geslagsdele goed teen mekaar kon skuur. Jou lippe was teen dié tyd al oopgevou en het die perfekte wrywing veroorsaak. Ek kon stadig deur hulle gly, tergend naby jou opening, tot voor, waar jy die los vel aan my onderkant gevryf het. Dit was vir my heerlik om so deur jou bene deur te spuit: jy het altyd gesê dat die klopping en die warm nat jou verskriklik jags maak. Ek het jou klit of jou tieties gewoonlik goed beetgehad en jou gou laat kom.

'n Ander lekker was om jou bo op my te hê. Met die Volksie-tannie in die omgewing het jy jou broekie aangehou terwyl jy my penispunt in die V van jou lippies ingewoel het. Jy was dan in beheer: jy het besluit hoe om te beweeg en te vryf sodat jy die beste van jou krampe kon ontslae raak.

Ek het jou 'n paar keer van agter af met my hand "gesteek": my duim was 'n dikker "penis", jy was heerlik styf daarom. Ek kon jou kolletjie (nie een van ons het geweet wat dit was nie, maar ons het geweet jy's mal oor wrywing daar) ook maklik so bykom, en die res van my vingers het jou kwassie soos in 'n bakkie toegehou. Vuurwerke!

Beheer was die groot kick. Ons het al twee die perke geken en verstaan; ek dink die feit dat alles tot by die grens geoorloof was, deel van die erotiek was.

Ons het baie keer boodskappe per briefie gestuur: "Kom eet by my" was kode vir "Kom eet my"; "Masjientek sucks!" was = "Ek wil jou tieties kom opsuig!"

Instruksies was ook pret: "Leen my jou sweetpaktop" het gesê dat jy vir my moes wag met net 'n toppie aan.

Jy het twee hotelkennisgewings op jou deur gehad: "Please clean room" was my teken om in te kom en jou liggaam te kom ontdek. "Do not disturb" se boodskap was net so duidelik.

Ek het baie by jou gesit terwyl jy gebad het. Ek kon my verkyk aan die vroulikheid waarmee jy jou bene, jou tone glad skeer, maar wanneer jy jou bobene en jou driehoekie geskeer het, het ek gestik van jagsheid. Jy moes jou heupe bo die water uitlig om te kon bykom en het jou kwassie so vir my "aangebied". Jy het eenkeer gelag vir my ongemak: "Hoe werk dit? Hoe kry jy so gou 'n horing?"

"Maklik. Kaal tieties, horing; mooi stertjie, horing; so 'n kaal kwassie, horing. Dis nie moeilik om te verstaan nie, aanvaar dit net."

Jy het na die knop in my broek gekyk. "Wys my."

Ek het my voël kaalgemaak en vir jou begin draadtrek. Jy het in die bad gelê en jou kittelaar heen en weer gewoel sodat die water naderhand saam met jou vingers getjommel het. Ons het saam gekreun in ons onderskeie orgasmes …

Jy het my nooit heeltemal geëet nie; die naaste wat jy daaraan gekom het, was om hom in jou vuis te vat en sag, met sulke half-oop lippe, op die kop te soen; jy het dit soms gedoen net na ek kaal en hy nog nie heel styf was nie, soms nadat ek gekom het en hy dan nog dik en swaar was.

*

Ek het geglimlag met die onthou, en skielik iets besef: ek het jou nie vergeet nie. Elke keer wat ek 'n vrou (op watter manier ook al) bevredig het, het ek goed gedoen wat ek by jou geleer het. Elke keer wat ek saam met 'n vrou haar liggaam ontdek het, het ek jou daarin ervaar.

"We celebrated our youth, I [still] honour you with my body …"



LitNet: 08 Augustus 2005

  • Lees Neil A Morum se vorige "Memoirs"


    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.