Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Memoirs 6: Robyn 2

Neil A Morum

En toe droom ek nou die aand oor jou. Ek droom ek moes jou iewers gaan aflaai, 'n sentrum of 'n lughawe of 'n ding. Ons was net ewe skielik daar; jy het jou kop opgetel na my toe en jou mond gehou vir 'n soen. Jou lippe was eers koud ('n skok het deur my lyf gegaan) en toe word hulle warm en sag en oop en jy het my teruggesoen dat my bene daarvan lam geword het.

En toe, nes drome maar werk, was ons terug by die werk. Ek het agter jou stoel gestaan en jou gehelp met iets op jou rekenaar. Jy het gekla dat jou nek seer is en ek het aangebied om jou te masseer. Jy was hard en gespanne en ek moes my beste trieks uithaal om die toue in jou nek weg te werk.

Jy het ontspan; ek het laer af gebrei en jy het vorentoe geleun en jou rug aangebied. My vingers het teen jou rug afgestap; jy het gesug. Toe brei ek na die kante toe, na jou ribbes toe, en jy het net gesit en gevoel hoe ek onder jou arms in masseer en om jou borskas vorentoe dwing en jy het jou arms opgetel en my toegang gegee.

Ek het my vingers by jou brastreppie laat vassteek en weer laat terugkom. Jy het jou arms hoër opgetel en agtertoe geleun. Ek wou nog iets sê, maar jy het my in die rede geval: "Sjarrap net."

Ek het my hande voor om jou borste geskulp en hulle heerlike gewig in my palms gevoel. My duime het voor oor jou tepels gevee en jy het sag gesug. Ek het alles presies simmetries gedoen: twee hande om twee tieties, twee duime oor twee tepels, twee sagte breie. Jou arms was om my nek en jy het my afgetrek, nie om iets te doen nie, maar eerder om te keer dat ek ophou. Ek het my vingers om jou tepels gesirkel en gedraai, al in die rondte, eers een kant toe en toe na die ander kant.

Toe, tipies droom, was jou bra weg en my hande was onder jou bloes in. (Ek het nie gesien hoe jou bra lyk nie, maar ek het gewéét dis wit met kant aan die bokant.) Ek het jou weer in my hande geskulp (is dit die regte Afrikaanse word vir cup?) en jou tepels voel hard word. Ek het jou sag geknyp: jou tepels het net-net teen die web van my duime gelê en ek het jou so tussen my duime en wysvingers vasgedruk. Daarna het ek weer oor hulle gevryf, heeltemal om en om. My vingerpunte het net-net buite die omtrek van jou areola gebly en ek kon voel hoe dit opkreukel. Toe het ek jou weer geskulp en jou tepels harder gebrei.

Ek het jou tiete teen mekaar gedruk en met my duime in die dieper waai ingevee en jou toe weer gelos dat jy sag hang. Weer het ek met my hande oor jou tepels gevryf: ek het gesorg dat dit die enigste dele van my was wat aan jou raak; ek het absoluut net aan die puntjies van jou tepels geraak. Ek het by my gewrigte begin, jou tepels deur my palms gevee, teen my pinkie af tot by die vingerpunt. Toe draai ek om en kom al die pad terug tot in my palm, waarvandaan die volgende vinger 'n beurt gekry het. Ek het gevoel hoe jy naderhand liggies bewe: jy het geweet hoe dit voel, hoeveel vingers nog oor was … dalk het jy gewonder of die res dalk anders sou wees?

Ek het my vingerpunte oor jou ribbes laat dartel: een vinger (aan elke kant) het afgesak (oor jou hoendervleis) tot teen jou romp se band, omgedraai en opgeskuif tot onder jou tiete en toe bo-oor, 'n reguit lyn oor die tepel tot waar die ronding wegraak onder jou keel. Toe skulp ek een bors en sirkel die tepel met een vinger van my ander hand: om en om en om en anderkant toe om en weer terug. Jy het die ander een opgelig en na my hand toe gebeur vir dieselfde aandag.

Ek het my hande vol om jou tiete gesit, jou tepels was grof in my palms en toe het ek jou gemelk terwyl ek my vingers na mekaar toe gepunt het: hulle het om jou tepels bymekaar gekom, ek het hulle sag getrek asof ek hulle wou langer maak.

Jy het my hande vasgegryp en om jou borste vasgedruk; jy het my gehelp om jou te brei en te knie en te kneus totdat jy vlak begin asem haal het. "Hou net so aan …" Ek hét, tot jou lyf liggies aan die ruk gegaan het en jy onbewustelik gekreun het.

Ek het met 'n ereksie waarmee mens kan glas sny, wakker geword; ek kon nie wag om by die werk te kom nie.

Ek het my droom getik, geprint en anoniem op jou tafel gaan neersit toe jy uit was tydens etenstyd.

Vieruur lui my telefoon: ek moes jou kom help met 'n halsstarrige drukker. Jy het, vanuit jou stoel, gesê ek moet die deur toemaak. Toe draai jy weg van my af en haak jou arms bo om die leuning van jou stoel. "Kom hier en sjarrap net," het jy gesê, "sjarrap net en bring jou hande hier …"



LitNet: 27 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.