Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Seks met ’n Marsman

Eva


Appels

Kleintyd het sy ure met die man in die maan gesels. Sy sou nooit kon raai dat sy buurman eendag vir haar sou kom kuier nie!

Die rooi planet

Dit was Augustus 2003 toe Mars regs langs die maan in die lug gehang het. Die aarde en die besoekerplaneet het nog nooit so naby mekaar verbybeweeg nie. Die media kon nie uitgesaai raak oor hiérdie historiese gebeurtenis nie!

Astroloë spekuleer dat ’n soortgelyke verskynsel moontlik 60 000 jaar gelede plaasgevind het. Die volgende datum waarop so ’n geskiedkundige voorval verwag kan word, is blykbaar die jaar 2287. Geen persoon wat hulle tans op Moeder Aarde bevind, sal ooit weer so ’n ondervinding meemaak nie …

***

Van mikroskoop tot teleskoop

Hulle bejeën haar steeds met agterdog en pynig haar daagliks met vrae soos: “Wie was hy?” “Hoe lank was hy hier?”

Sy kan nie met sekerheid antwoord nie, want tyd en plek het haar ingesluk. Die herinneringe wat haar omvou, is nou vriend en die pyn sonder hom vyand.

Sy weet nie meer hoe lank dit sal wees voordat sy onder die druk sal swig nie. Sy voel voos en gedreineerd: ’n wriemelende organisme wat sistematies in die skerp lig van die mikroskoop gedissekteer word. Hulle folter haar met naalde, serums en ’n magdom medikasie terwyl die baba binne teen die prikkels skop en woel, maar sy sal sorg dat niemand hom van haar wegneem nie!

Hy het net so vinnig verdwyn soos hy verskyn het. Maar toe hy daardie eerste nag homself in ’n wit gloed aan haar openbaar, is sy vir ewig verblind. Flitse van ’n mamond wat kleintyd stories kwytgeraak het van ridders op ’n wit perde moes drasties plekmaak vir ’n vreemde vlieënde alternatief.

***

Voelers en saamgestelde oë

Toe sy versigtig-asemloos die ruimtetuig binnesluip, ruk slymerige prentjies van vangarms, meervoudige koppe en saamgestelde oë aan haar hart en die knop in haar keel belemmer haar slukproses.

Sy dink aan vreesaanjaende ruimtewesens uit fantasiekuns soos die van Whelan en Woodroffe. Dit veroorsaak skokgolwe in haar breinpatroon terwyl onlangse Star Trek-episodes in en uit haar verbeelding teleporteer.

’n Koue rilling wedloop teen haar ruggraat toe sy haar naakte liggaam op die kliniese staaltafel visualiseer met pypies, naalde en vreemde voorwerpe in haar vagina, neus en ore ingedruk.

Skielik word sy blind en stom. ’n Engel kon nie mooier gewees het nie! Sy het nie nodig om woorde te uiter nie, want hulle is onmiddellik telepaties verbind. Sy weet dat die volmaakgeskape man met die goue helm en harnas haar gaan bevrug.

***

Voorwaarts Mars!

Hy sien dat sy bang is en wil haar gerusstel: “Ek kom na jou sonder pretensie en verskuilde agendas: ontbloot, naak.” Sy het lomp in die rigting van die bed gaan sit. Sprakeloos-geskok. Hy kliek sy vingers en daar verskyn ’n glas wyn in haar bewerige hand. “Drink, ontspan, my Lief.”

Hy verwyder sy helm in ’n gebaar van vrede en sy goue lokke speel met sy breë skouers. Die harnas is volgende. Daarna val sy lendekleed op die vloer. Hy is ’n reus — twee meter lank, gespierd en welgeskape. Haar vingers en lyf bewe steeds, maar nou is dit anders. Sy wil meer sien, meer hê! Sy wil sy sonbrand met haar vingers streel en sy pronkerige, lang penis diep binne haar voel klop.

***

In stil aanbidding

Die ou krygsgod, Mars, was een van die mees vereerde gode in antieke tye. Hy was oorspronklik die god van die lente, die wasdom van die natuur en vrugbaarheid, maar het mettertyd al hoe meer die karakter van ’n oorlogsgod aangeneem. Die vrugbaarheid- en reinigingsoffers waarmee hy vereer is, was gewoonlik ’n vark (sus), ’n skaap (ovis) of ’n bul (taurus). Hy word ook in Regina, die koningspaleis, geassosieer met Venus.

Dié hemelwese het dus sy oorgretige Venus deur miljoene ligjare en epogte fyn uitgesoek. Taurus-tipies storm die wellustige skoonheid in sy arms om sy goddelike brons lyf te aanbid.

***

Stêrekunde en Bevrugting

Soveel verkenningstogte wink. Die verskille tussen hulle smeek om bespied te word en haar tong word ’n reisiger in ’n wentelbaan om vel en semen. Haar hande kneus sy ferm boude en sy soekende lippe suig haar tepels — woestyndors en karnivoors! Hulle probeer desperaat om ’n leeftyd se sinlike begeertes sintuiglik te stimuleer en versmelt vurig.

Sy is onseker of sy ’n sterredag, sterrejaar, of leeftyd in sy biseps gelê het, maar sy wou nooit weer geaard word nie.

Hulle het haar die volgende oggend — kaal en gedisoriënteerd — op die nat gras gevind. Haar spraak was onsamehangend en sinloos.

“Hoe het die versteurde pasiënt in haar toestand uit saal 6 ontsnap?”, het die vrou met die wit jas en die swartraambril gevra.

“Ons sal moet aborteer,” sê die psigiater met die blonde poniestert terwyl hy met die dwangbaadjie aangemars kom  …

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.