Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Leeg

Lucy Furr

Ek het jou eers gesien in die winter
Jy met jou swart leerbaadjie en die poedel in jou arms
Ons het in sneeubedekte strate geloop
Ek wou my verkyk aan die pophuisies
En aan jou
Ek wou jou gesig vir altyd onthou
Omdat ek jou naby my wou hou
Maar ek het nie geweet die beelde van jou
Sal soveel keer by my kom spook nie
Sal my so stukkend sny nie
Hoe sal ek jou ooit kan vergeet
Jy bly nog in my hart en in my drome
Maar nie meer in my arms nie
Soveel vreugdes
Soveel pyn
Soveel soos die myle tussen ons.

Ek onthou jou vel teen myne
Ek onthou jou honger mond in myne
En orals op my lyf
Jou hande om my borste
En jou gesig wat verdrink in my
Ek onthou hoe jy in my gevoel het

En jou woorde in die oggend:
Ek moet wakker word om te besef waar ek ophou en jy begin.




LitNet: 04 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.