Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Een aand laat by die ou La Grotto pub

Sanna Voorlaaier

Dit is laataand, seker eintlik al amper nag, en hier sit ek nou vrou-alleen in 'n kroeg. En ek boonop 'n getroude vrou.

Wel, seker nie stoksielalleen nie. En ook nogal darem nie heeltemal vrou-alleen nie. Die skemerdonker raserige kroegie blyk nogal gewild te wees op 'n Donderdagaand. Daar is nog die man wat langs my staan en vroeër 'n lang gesprek met een van my kollegas gevoer het, maar dit maak dit waarskynlik net erger as ek hom as 'n metgesel reken.

Hy het 'n paar minute vroeër aangebied om vir my 'n laaste drankie te koop en ek het die aanbod aanvaar, onder die indruk dat my kollegas, saam met wie ek hierheen gekom het, ook nog 'n rukkie saam gaan kuier.

Hulle het egter almal, tot my teleurstelling, die vent se aanbod van die hand gewys, na hulle horlosies beduie, gevra of ek orraait is, en ná heen-en-weer vermanings oor dronkbestuur, koers gekies deur toe en seker vandaar huis toe. Die kêrel, wat nou langs my staan, lyk egter heel beskaafd (lees nie-te-dronk-vir-dié-tyd-van-die-aand-nie), en aangesien my drankie toe reeds voor my neergeplaas was en ek gevoel het ek het seker maar sorge wat ek kan probeer verdrink, het ek maar besluit om nog 'n paar minute te bly.

My metgesel raak iets kwyt, maar dit word verdoof deur die hoofsanger, wat iewers agter ons oor die luidsprekerstelsel uitblaker dat die orkes nou hulle laaste blaaskans gaan neem. Die luidkeelse besware van 'n groepie dansers, wat twee-twee styf aan mekaar vasklou op die beknopte dansvloer byna reg agter ons rug, veroorsaak dat ek ook nie sy volgende sin kan hoor nie. Die orkesleier steur hom geensins aan die belustige en semibesope dansers se besware nie, en nadat hy sy eie besware gelug het dat geeneen van hulle nog vir hom enige tequila gekoop het vanaand nie, raak dit ewe skielik genadiglik stiller.

"Dis heelwat beter," glimlag my buurman. Hy begin lostrek en kwetter op so 'n vinnige trant oor homself dat ek skaars kan byhou by die gesprek. In die middel van 'n sin vang sy oog iemand by die deur wat vir hom waai. Hy mompel 'n vinnige verskoning, en voor ek self kan opstaan om finaal huiswaarts te keer, druk hy sy vriend wat so effens agter hom verskuil gestaan het, in my rigting, en verkas.

Ek en my nuwe metgesel kyk 'n paar oomblikke ongemaklik na mekaar. Ek let egter op dat hy die mooiste en wonderlikste diep donker oë het wat ek nog ooit gesien het.

"Haai, ek is Adam,'' raak die vriend kwyt. Sy poging tot 'n ysbreker, wat andersins taamlik na mediokriteit sou gestink het, slaag in hierdie geval wonderlik.

"Nee, dit kan nie wees nie," lag ek. "Jy trek seker maar net my been."

"Adam is tog seker nie so 'n vreemde naam nie," kom dit verbaas van hom.

"Dis nie dit nie," glimlag ek. "My naam is Eva. Dis hoekom ek dink jy het netnou dalk my naam gehoor en jy spot nou net met my."

Nadat ek hom oortuig het dat hy nie enige dokumente hoef te produseer om my te oortuig van sy ware identiteit nie, en ons lekker gelag het oor die toevallige naamsooreenkoms, vra hy of ek sal omgee as hy langs my sit terwyl hy sy drankie klaarmaak.

Vir my in my effens aangeklamde toestand lyk my vriend Adam se gesig, met die sielvolle donker oë as fokuspunt, ewe skielik vir my baie simpatiek. Ek begin met hom praat asof hy 'n ou vriend is wat ek in my vertroue kan neem. Van my moeilike week by die werk waar ons die hele week voorraadopname gedoen het tot wie weet watter tyd van die aand, en dat ons nou uiteindelik klaar is en ek en my kollegas dit toe kom vier het met 'n paar drankies. Ook van my kollegas wat so 'n paar minute vantevore almal huis toe is, en ek wat besluit het om my drankie klaar te maak voor ek die pad huis toe aanpak. Van my man wat al die heel week uitstedig is omdat hy die een of ander seminaar moet bywoon, terwyl ek so hard werk en sy ondersteuning nodig het. Van my wat boonop die heel week alleen by die huis was oor my dogter uit my eerste huwelik by haar pa kuier vir die skoolvakansie. Oor my naderende sewe-en-dertigste verjaarsdag wat ek waarskynlik op my eie sal moet deurbring oor my man weer op een of ander sakereis sal moet gaan.

Ek laat egter maar na om hom te vertel van my hartseer oor my man wat my die hele week skaars gebel het, en ek wat seker is dat hy 'n verhouding met sy sekretaresse het.

Die orkes het so skuins agter ons intussen weer hulle instrumente opgeneem en begin wegval met 'n vinnige nommertjie. Ons gesprek droog ewe skielik op, want die lawaai maak enige verdere sinvolle gesprekvoering onmoontlik.

"Wil jy dalk dans?" skree-vra Adam in my rigting.

Ek trek my skouers op en staan op, en begin tussen die wriemelende liggame in op die oorvol dansvloer inbeweeg, met hom agterna. Ek draai om in sy rigting en begin effe selfbewus my liggaam ritmies heen en weer swaai op die maat van die musiek. Adam se groot, vriendelike glimlag, asook die alkohol wat ek vroeër ingeneem het, veroorsaak dat ek egter gou my inhibisies opsy skuif en my begin geniet.

Die musieknommertjie maak skielik klaar, en soos die meeste van die ander paartjies bly ons op die dansvloer staan, nie heeltemal seker wat ons nou te doen staan nie.

'n Stadiger nommer begin speel en Adam beweeg nader, en beduie-vra of ek wil langarm dans. Na 'n paar passies kom ons egter agter dat die dansvloer eintlik te vol is om werklik enige gekoördineerde danspassies uit te haal. Hy los my hand en sit albei sy sterk arms om my skouers. Ek laat hom begaan, en ons begin ritmies saamwieg op die maat van die musiek.

Ek ervaar skielik 'n vertroostende gewaarwording in die feit dat sy lyf so naby myne is, en vly myself styf teen hom aan.

Ons intieme gewiegery op die maat van die musiek gaan vir nog 'n paar nommers aan, en seker weens die feit dat dit nou laataand is, het die orkes besluit dat elkeen se ritme nou stadiger sal wees as die vorige een.

Ek voel hoe Adam sy heupe teen myne skuur, en begin selfs die sensasie geniet en dit te beantwoord deur spontaan dieselfde te doen. Dit is al asof ek my verbeel dat ek ook 'n harde knop in sy broek begin voel wat nou ook 'n prominente deel word van die interaksie. Weer eens weet ek nie of dit is oor ek dalk gevlei voel daardeur nie, en of ek myself probeer wysmaak dat dit maar net my verbeelding is nie, maar ek laat hom tog weer begaan sonder om ook enige van my eie geesdrif in te boet.

Die laaste musieknommer kom ook tot 'n einde, en terwyl die orkesleier oor die luidspreker uitbasuin dat hulle nou klaar gespeel is vir die aand, kom ek agter dat Adam my nog steeds styf vashou. Ek leun met my wang teen sy bors en bly vir eers so staan saam met hom, bewus van sy manlike liggaam so naby aan my, en ook deeglik bewus dat sy manlikheid die teenwoordigheid van my liggaam nogal intens ervaar.

Die paartjies om ons begin nou uiteindelik te besef dat daar nie meer enige verdere musiek van die orkes se kant af gaan kom nie, en begin die dansvloer stadig en onwillig te verlaat. Ek besef dat ek sekerlik ook nou sal moet begin huis se kant toe staan, en kyk op in Adam se oë.

Hy laat sak sy kop, sy lippe ewe skielik soekend na myne. Sy lippe sluit oor myne, en ek maak my lippe effens oop en beantwoord sy soen met 'n dringendheid wat my verbaas. Hy is definitief iemand wat weet hoe om te soen, en ek is eintlik half teleurgesteld as hy uiteindelik sy mond wegneem en ons soen tot 'n einde kom.

Dan kyk hy met sy donker oë diep in myne, sonder om sy omhelsing te verslap. "Wil jy dalk saam met my huis toe kom?" vra hy.

Die vraag vang my onkant, maar as ek ooit gewonder het hoe dit voel om te swymel, kry ek 'n vae gevoel dat dit is wat ek nou besig is om te doen. Ek voel hoe my hele lyf effe lam word, en besef dat ek nie sal kan regop staan as hy my nie vashou nie. Dit is vir my onmoontlik om net 'n ja of 'n nee uit te kry, en selfs nog moeiliker om my oë weg te draai van sy indringende blik. Dit is duidelik dat nee eintlik die regte antwoord hier is en dit is ook wat ek wil sê, maar sonder om my oë af te wend van syne, knik ek my kop instemmend. Ek raak bewus van 'n natterige gevoel in my broekie as hy my weer styf teen hom vasdruk.

Dit is asof 'n dringendheid ons nou beetgepak het, en dit neem ons nie lank om die kroegie te verlaat nie. Dit is 'n warm aand buite, maar ek voel hoe my nippels nogtans kliphard word en duidelik sigbare punte voor teen my bloes veroorsaak.

Adam beduie dat hy slegs drie huise van die kroegie af woon, en maar soheentoe kom op aande wat die orkes speel, aangesien die musiek hom in elk geval uit die slaap uit hou.

As hy my verby my motor lei, wonder ek of dit nie eerder veel beter sal wees as ek nou van die geleentheid gebruik maak om te groet en huis toe te gaan nie. Ek het in my hele lewe nog net saam met twee mans geslaap, en ek was met beide getroud. Ek is inderdaad nog met een van hulle getroud!

Ek besef egter ook dat ek nou effe kortasem is van opgewondenheid, en my gewaarwording veroorsaak 'n nuwe klam sensasie in my broekie en 'n hunkerende gevoel in my bekken-area. Voor ek nog enige verdere oorweging aan die saak kan skenk, is ons ook sommer reeds al voor die deur van sy netjiese skakelhuisie.

Hy sluit die deur oop en lei my na binne, waar ek effens huiwerend en onseker in sy eetkamer staan terwyl hy weer die veiligheidshek grendel. Ek is onseker oor wat om te verwag en die situasie raak vir my selfs nou amper absurd, maar ek is ook met 'n ongekende gevoel van opgewondenheid en afwagting gevul.

Hy kom saggies nader en omhels my van agter, en begin my nek en keel teer soen en saggies sinnelose woordjies in my oor fluister. Sy hande is soekend onder my bloes, en dan het hy die knippies van my bra los. Hy bevry my borste uit die bra, neem hulle in sy hande en terg my uiters sensitiewe nippels met sy vingerpunte. Rillings van plesier hardloop teen my ruggraat af.

Sy hande soek verder en laer en ek voel hoe hulle nou onder my romp in beweeg. Sy een hand vind 'n weg na my skaamheuwel en vryf die oor die klam materiaal van my broekie. Hy wikkel sy vingers tot binne in die broekie, en dan een van die vingers verder tot binne in my goedgeoliede spleet.

"Mmmmm, maar jy is darem lekker nat," fluister hy teen my oor. Die vel oor my hele lyf slaan uit in hoendervleis, en my nippels is nou so sensitief dat dit byna pynlik is.

My knieë voel heeltemal lam, en ek leun vorentoe teen die eetkamertafel en druk my boude terug tot teen sy heupe, terwyl ek onwillekeurig my bene wyer oopsprei. Hy gebruik sy hande vir 'n oomblik om sy harde ereksie uit sy broek te bevry, en dan weer om my romp, wat weer afgeskuif het, tot bokant my heupe te verplaas.

Sy klipharde missiel druk nou soekend teen my sagte vel en skuif tergend stadig op teen die kante van my binnebene, en dan voel ek hoe hy my nat broekie eenkant toe wegtrek met sy vingers. Die kloppende kop van sy erekte voël skuur teen my klam lippe en die afwagting raak amper vir my te veel, wat veroorsaak dat ek my heupe verder probeer oplig sodat my nat poesie heeltemal aan hom blootgestel is.

Ek slaak 'n diep sug as sy hardheid diep binne-in my in gly. Hy is groot en ek voel myself rek om hom te akkommodeer as hy selfs nog dieper ingly in in my nat poesie in. Ek druk my heupe so ver terug as wat sy voorwaartse druk my toelaat, om hom so diep moontlik binne my te voel.

Hy begin eers om stadig, en dan al hoe vinniger, sy horing ritmies in en uit my gleuf te beweeg, en dit is asof hy sensitiewe punte diep binne-in my raak wat ek seker is ek nie eers voorheen geweet het bestaan het nie.

Sy een hand volg nou die kontoer van my heupe voor om my lyf en ondertoe, totdat hy my blootgestelde klit aan die bokant van my goedgevulde spleet vind. Sy vingers kielie my opgeswelde klit liggies, terwyl sy heupe nie 'n enkele keer hulle ritme verloor nie.

Ek begin sagte kermgeluidjies uiter as die ekstase byna te veel begin raak, en die sensasie veroorsaak dat my heupe harder teen hom terugstu met elke stoot waarmee hy sy wonderlike harde spier diep in my indruk.

Dit voel asof ek heeltemal beheer verloor, en dan tref die golwe van 'n orgasme my met 'n ongekende intensiteit. Ek laat my bolyf vooroor op die tafel val, en my kermgeluide verander in kort gilgeluidjies.

Ek voel hy, aangevuur deur my orgasme, homself harder en dieper binne-in my in forseer, en dit is asof sy voël nog groter swel binne-in my poesie. My poesiewande trek nou onwillekeurig en sporadies saam, amper asof ek sy voël probeer melk, en tussen my newels van plesier deur voel ek hoe hy ook nou beheer verloor. Sy ritmiese stootbewegings verander in wilde, onbeheerste sametrekkings, tot hy homself binne-in my verloor met hees kreungeluide wat uit sy lippe ontsnap.

Sy laaste instinktiewe sametrekkings waarmee hy homself heeltemal leegmaak binne-in my, gebeur net as die finale golwe van my eie orgasme oor my spoel en my dan met 'n sensasie van lamheid en vervuldheid laat. Hy hou my nog 'n rukkie so teen die tafel vas sonder om te onttrek en fluister saggies hoe wonderlik dit was, totdat hy heeltemal binne my opkrimp.

Dit vat 'n rukkie voor ons albei genoeg tot verhaal kan kom om weer op ons eie regop te staan, en dan draai hy my om, sit sy hande op my skouers en kyk weer sielvol met daardie donker oë in myne. Hy kus my passievol, en voordat my bene weer te lam kan word, druk ek hom saggies van my af weg.

Op pad huis toe in die motor verlang ek na sy sterk lyf en dink ek ek moes dalk eerder nog gebly het. Maar miskien ook nie.



LitNet: 12 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.