Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koebaai

Annie Alsdoen


Baai Pax.

Baai geurige valleie waar die lug na sampioene ruik, die wind klapper tussen leerbaadjie en valhelm en ek stywe dye teen jou vasdu tot jou knaters rooi duike in die petroltenk word.

Baai vir jou hare wat soggens gehoorsaam gaan lê vir corporate life, saans rebels en skeef soos die lettas in die kroeg op Rooi Els wag vir die bevryding van vingers. Vroegoggend maak jy die badkamerdeur toe teen islam, keer jy geheime gedagtes agter jou ooglede vas; jou wimpers rustig vasgespoel teen die voorvelletjies (klein kommetjies) waar jou neus begin.

Baai vir die herkenning van jou mond en die plooitjies om jou oë in die vreemdelinge by winkelsentrums. Spookasem in my hartslag oor jou windgatstap, ek kan die kurwes van jou heupe op my tong proe my kieste volgeprop van glans … oor en oor en oor.

Ek snuif jou lieste (’n toe vertrek langs die see) vol van die dag waar ek nie was nie se sappige reuke. Ek snuif uit jou handkuile weerbarstige fragmente, pre-orgasmiese kleure van Sogno en Cocaine. Ek snuif die onmoontlike van ’n nuwe dag met ’n ou begin.

Baai Pax.

Ek vat my liefde saam. Elke bietjie liefde vol hakkerigheid, ’n kaal tolbos wat hoop om vas te klou teen wind en doringdraad. Orion bly - alleen en rougekneus onder ’n nagdak vol verskietende drome.

Ek vat alles saam voor ek weet hoe jy kwaad word of klere koop of kinders klap - ek vat tot jou semenreuk aan broekiekant saam.

Ek los jou niks
ek los jou
ek los
jou
niks

net die wolke wat milddadig kom wanneer die poue en die kiewiete en tarentale skree
net die son laataand oor Gordonsbaai en die see

ek vat my liefde saam want my kop het so gesê.

Baai Pax.

En dankie.
29/1/2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.