Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Alles tog

Katman

En ja, hier lê ek met my hand vol nagedagtes, my hand om die een orgaan waaroor daar tog soveel gespog of, andersins, blatant gelieg word.

Aangesien ek van die kleinere het, het ek myself deur my skaars ervarings geleer om sensitief en heerlik ander dele van my liggaam te gebruik ter satisfaksme en orgasme van die een wat saam met my verkeer in die intimiteit van liggame en interaksies: so delikaat dat enige verkeerde beweging die hele proses nutteloos en hewig negatief onthou sal laat word, deur beide die gewer en die nemer.

Dit is dan so, toe ek by die kerk uitstap en Linda my aan die arm gryp. Sy wou nie gryp nie, sy wou net my aandag trek, aangesien ek self relatief ernstig is, met die verlating van die huis van aanbidding. Sy vertel van die braai wat by haar plek gehou word, en wil ek nie ook ’n draai maak nie?

Met haar arm om myne, en my arm teen haar ferm borsie … wie sal teenstribbel?

Ek is vinnig huis toe, gaan alles na: tande, hare, liggaamsreuk, en voila ... op pad na die braai met die borsie-idee geïmprenteer op my arm.

Die gemaklike/ongemaklike gevoel tussen my bene raak pertinent, en ek oorweeg dit om iewers af te draai en verwoed draad te trek … maar die borsie se ferm sagtheid laat my deurgaan sonder hand-aksie.

Daar gekom, heerlik, baie mense, ek kan myself skaars maak, en DAAR KOM SY … Wat nou, my ereksie is nou harder, en sy lyk so heerlik met haar oop mond wat my welkom heet, die heerlike borsies met punte wat haar gelukkig laat lyk, en ja, die bene wat ek in my gedagtes al male sonder tal saggies van mekaar verwyder en rustig met my tong tussen begin speel het, in die sagte teer vel van dit wat al oorloë veroorsaak het …

“Sal ons ’n draai loop?” vra sy terwyl sy weer my arm teen haar aandruk. Dankbaar en vreeslik jags soos wat ek is … Natuurlik.

Parkeerarea is die naaste, en ons skuifel naby elkander, elkeen bewus van die ander se stomende lus … haar hand rustig op my boud, en kruipende; my hand om haar skouer, en sakkende, die skouer so toegewend, die bors so paraat en ontvangend. Met my hand op haar bors draai sy na my, oë na my, mond effens oop, druk haar wese teen my en ek voel my ereksie teen haar druk. Die soen was net ’n heerlike nat introduksie van wat gaan kom. Haar hande vat my boude so vas, myne hare, en nou is materiaal en plek nie meer van toepassing nie.

Haar Indiese rok is so lig, ek tel genoeg ligte materiaal op met my hand om haar vel te voel. Sy dra niks onderaan nie, en sy het al my broek se belt los en worstel met die gulp.

Haar liggaam is so heerlik warm teen myne, en daar is die gulp ook los en bevry ons om te doen wat ons wil.

Parkeerarea, ja, maar ek het gelukkig ’n “fuck truck”, met heerlike akkommodasie. Die deur oop en toe en ons saam in die son-skemerte. Ons trap die denim half af wat ek dra, sy is o so jags en gereed … sy met haar bene oop en rok hoog opgetrek, ek met my ereksie en denim om my knieë.

Ek kom met my oop warm mond af op die sagste krulhaartjies en lekker soutsmaak, met haar bene om my kop gevou. Haar heupe beweeg stadig maar ferm, en vat my wese vas. Met my tong tart ek haar, rondom die kloppende hitte, en my vingers doen dieselfde, om en om, die vel so sag en soekend, delikaat en heerlik. Ek gaan nie nou die rooiwarm klitoris aanspreek of eers lek nie … die area wat ek bewerk met vingers en tong begin erg woel, effens ruk, en dan in ’n ferm ritme op en af beweeg.

Sy begin effens afskei, wat soos manna proe in my mond. Ek lek nog steeds die heerlikste omgewing, maar my vingers is in en op haar labia en vaste boude wat hoog oplig, en ja, die harde klit kry my neus as beloning, sag, tog ferm. Met ’n diep kreun kom sy … die heupe druk my kop agteroor, maar dis heerlik; dan ’n hewige ejakulasie wat loop oor my gesig … en haar kontraksies wat nog plesier gee, en intens ook.

Rukkend ontspan sy … en kyk na my ereksie.

Met haar heupe nog naby my gesig skuif ek half onder haar in en begin om my penis op haar te beweeg terwyl sy haarself weer stimuleer.

Die visuele is so verruklik, sy wat half onder my lê en masturbeer, ek bo haar, hewig en ferm rukkende aan my gewillige penis.

My heupe ruk outomaties met die komslag, en ek vloei oor haar hande terwyl sy met haarself speel. Haar ritme raak verwoed, en met ’n heerlike gil kom sy weer, met my sperm op haar hande.

Die nasorg, so heerlik en nat, sonder verwyt, en heerlik intiem … ons krul in mekaar in om die situasie te bemymer, te bewaar en te beslaap.

Môre … môre sal vir homself sorg.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.