Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Just smile and nod

Monnik

Die aand van Lourens (alias Lappies) se rum party was ek nie juis voor die koor om te gaan nie. Die week het oor my geloop en eintlik wou ek net by die huis sit op my rusbank en bier suip. Jy weet. Net rustig wees. Maar jy ken obviously nie Lappies se broer, Johan (alias Hansie) nie. Dié het soos ‘n gatvlieg aanhou neul totdat ek ingestem het om te gaan – jy weet, net vir ’n rukkie. Kak man. Ek weet hoe ontaard ’n “rukkie”! ’n Rukkie word ’n bier. ’n Bier word later twee, twee word later drie, en voor jy kom kry is jy gehoorsaam dronk en besig om te probeer om die huis se sleutel in die donnerse slot te probeer kry wat om een of ander fokken rede vanaand net nie wil pas nie!

So gaan ek toe nou maar langtand na die ding toe met absoluut geen verwagting nie. Komaan, ek was al by genoeg van dié tipe “sosiale geleenthede” om te weet dat dit voorspelbaar gaan wees. Almal is moer dronk, daar is strippers wat uittrek, hulle tiete in jou gesig druk en dié wat hulle dosies teen jou stokstyf piel vryf totdat jy onbeskaamd in jou eie broek kom. Been there my friend. Done that and got the rash! Ek gaan maar net vir Lappies se onthalwe en om Hansie van my nek af te kry. En in elk geval, daar gaan gratis bier wees!

Die aand was toe heel voorspelbaar soos ek voorspel het (verskoon die woordkeuse!): Lappies was moer toe, die strippers het almal skoongeskeerde kwassies gehad en die tiete was ferm en jagswekkend en kronies in iemand se gesig. Een van die dametjies het my oog gevang terwyl sy op die verhoog gedans het met haar slanke, soepel lyfie. Soos hulle in die movies sê: smile and nod. En dis presies wat ek gedoen het elke keer as sy na my kant toe draai en uitlokkend vir my kyk. Net geglimlag ...

*

Toe bier nommer tien sak, toe staan ek op, want nou is dit ek en my blaas. Die badkamer is toevallig leeg (daar is seker alweer ’n stripper op stage). Ook maar goed so, want as ek nog in ‘n tou by die krip moes wag, was daar perde! Na ‘n woeste gesukkel is my piel uiteindelik bevry van sy denimtronk en nou kan ek uiteindelik pis!

Die verligting is so salig dat my oë skoon toegaan. Skielik is daar ‘n sagte hand op my skouer! Ek skrik letterlik my pis weg en wou nog omdraai toe ‘n sexy stem vra: “Kan ek jou help klaarmaak. Of het jy alles onder beheer, hmmmm?” My asem is weg en my woordeskat ook. Al wat ek met welslae uitkry is ’n oorblufte: “Uuuuuuuuhhhmmm.”

Haar hande betas my lyf. Mooi hande met lang, versorgde naels. Haar naels maak slootjies by my T-hemp af en toe sy by maag kom, lig sy die hemp stadig en delikaat op sodat jy my naeltjie kan sien. Haar naels maak grrrrrts soos wat sy in klein sirkeltjies oor die growwe hare krap.

Binnekort is albei haar hande by my halfstyf voël. Versigtig en stadig haal sy my balsak uit en begin my kloppende balle met een hand vertroetel. Met die ander hand neem sy die skag van my voël en sê saggies: “Jy pis en ek mik.” Dit kom so dom-sporadies, maar toe ek eers die sensasie geniet, was dit een sterk straal. Terwyl ek so salig staan en pis met my voël in haar hand, begin sy my ritmies te masturbeer. Die straal verdwyn en toe pluk sy saggies en ritmies aan my nat, geswelde voël.

“If you keep on smiling for me like you did out there, I’ll keep on doing this.”

Ek knik gehipnotiseerd. Die ritme word geleidelik versnel en kort voor lank is sy besig om my voël woes te ruk teen ‘n spoed wat ‘n metronoom sou laat bloos. My hart pomp wild! My longe wil bars en my tril ontplof! Met die laaste pluk van haar nat hand oor my gladde tril voel ek hoe my sinapse kortsluit, my bene dom word en my balsak spasties saamtrek. En so staan sy met my staalharde piel in haar hand – besig om te mik terwyl ek drie sterk, warm en draderige strale kom teen die muur skiet.

“Wel, Lappies. Jy is verseker ’n stout seun. Kyk nou hoe lyk die muur!”

Eensklaps besef ek: die stripper dink ék is Lappies. Lappies wat môre trou.

“Gelukkig vir jou was hierdie maar net die opwarmingsessie, want jou vriende het my laat belowe dat ek jou ‘n goeie aand sal gee. Die héle aand. Is jy opgewasse vir die taak, Lappies?”

Wat kon Lappies nou sê? Wat moes Lappies doen? En toe onthou ek weer wat hulle sê in die movies:

”Just smile and nod ...”


LitNet: 6 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.