Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Irma ennie motorbike

Niel

Dit was ’n warm Vrydagmiddag toe ek ná my drafsessie by die woonstel aankom. Ek het besluit om te gaan stort. Terwyl ek voor die stort aan die uittrek was, het ek agtergekom dat ek nogal baie jags voel – dit was ’n hele paar dae laas dat ek en my kanon iets aangevang het: seks gehad of draadgetrek of foonseks beoefen het. Kaal uitgetrek en net reg om in die stort te klim en die kraan oop te draai toe die deurklokkie lui. Ek trek gou my oefenbroekie aan en stap met my harde kaalvoete voordeur toe.

Dis Irma wat die klokkie gelui het. Die rooikop nooi wat haar woonstel op die grondvloer het. Ek het haar so af en toe op ’n afstand gesien en gegroet, maar nog nooit van naby (soos nou) nie. Haar lang rooi hare glinster in die sonlig. Sy is kaalvoet en het net ’n baie eina rokkie aan – dit pas haar skaars, want aan die bokant druk dit af op haar borste sodat dié duidelik prominent staan, en aan die onderkant maak dit skaars haar boude toe. Sy is ook (soos ek) lank en skraal gebou. Skamerig vra sy of ek haar nie kan help om haar motorfiets aan die gang te kry nie.

Saam stap ons die trappe af. Onder by haar motorfiets aangekom gaan sit ek toe op die sitplek. Die leer van die sitplek het ’n onrusbarende uitwerking op my kanon. Ek plaas my regtervoet op die pedaal om die ding te kickstart. Net voor ek skop, besef ek my ereksie is sterk. Ek laat los ’n skop; die enjin rumoer, maar skakel nie aan nie. Nog ’n skop – die ding wil-wil aanskakel – en my ereksie word sterker. Met die derde skop vat die enjin byna. Intussen het my penis begin opstyg en bokant die rand van die oefenbroekie begin uitsteek. Ek plaas my voet vasberade op die pedaal, maak my oë toe en skop met alle mag. Uiteindelik vat die motorfiets! Tussen my bene vibreer die leer van die sitplek. En dis toe dat my kanon begin bulder: vyf skote afgevuur op my maagvel! Ek byt my lippe af om nie te skree nie. Ek uiter ’n groot sug en dis toe dat ek Irma se giggelende stem hoor. Sy het natuurlik alles aanskou en gedink dis fantasties. Sy storm op my af en beveel dat ons dam toe ry. Toe sy haar bene spalk om oor die sitplek te klim, kyk ek na haar – verbeel ek my of kort daar ’n pantie tussen daardie skraal bene?

Wel, so is ons twee op die motorfiets op die pad uit dam toe – dis maar so drie minute se ry van die woonstelblok af. Gelukkig bly ons in die Karoo en is daar niemand op die pad nie. Irma vryf oor my maag terwyl ons ry en streel die komsel oor my maagvel.

Ons is die enigste mense by die dam. Ek hou tussen die bome stil, klim af en help Irma afklim. Die sitplek waar sy gesit het, is sopnat van slym! Ons hou mekaar styf vas. Ek kyk diep in haar groot groen oë. Haar mond is driehoekig gespalk van spanning. Ons lippe ontmoet mekaar – eers sag en dan harder. Dan raak dit natter soos wat sy begin tongwerk doen. Albei van ons kreun saggies terwyl ons mekaar soen en tegelykertyd mekaar se klere uittrek. En eensklaps staan my rooikop nooi poedelnakend voor my. Net ’n rokkie aangehad – die pantie was lank voor die vertrek vanaf die woonstel nie op sy plek nie. Wou sê dit lyk soos pienk poeslippies wat uitgesteek het toe sy op die motorfiets geklim het!

Ek soen haar oorlobbe en dan af na haar 32B-borste. Haar tepels is hard van aandoening. Op daardie oomblik begin sy te val en ek saam met haar – ons is beslis verby “the point of no return”. Met haar lyfie onder my begin ons die dinge doen. Dit is sag en warm toe ek my kanon in die grot van genot inrol. Saam begin ons ritmies te beweeg – aan die bokant soen ons dat die spoeg spat, aan die onderkant spat die spoeg in elk geval soos ons rock ’n roll. Dit moes skaars ’n minuut gewees het toe ek agterkom sy gaan klimaks. Net toe haar poesie begin nies, gaan my kanon tot die aanval oor en bulder ’n hele paar skote komsel diep, diep, diep in haar ingewande.

Uiteindelik raak ons stil en lê in mekaar se arms. Bekyk mekaar nogal heel liefdevol. Soen so nou en dan en praat tussendeur van hierdie mal en wonderlike oomblik.

Na omtrent tien minute se lê en koer vertrek haar gesig. Sy raak opgewonde en gespanne en gryp met haar linkerhand na haar maag. Haar vraag is waarom haar maag skielik so seer is. En na ’n oomblik of wat kom sy tot die besef wat aan die gang is. Haar period het gekom! Daar lê ons tussen die bome in mekaar se gate opgekruip met skaars ’n draad klere byderhand en haar vagina het besluit om haar terug te kry. Ek onttrek my kanon en ja, daar is bloed aan sy punt. Wow! Dis die eerste keer wat so iets met my gebeur! Nog altyd gehoor van meisies wat maandstondes kry, maar nog nooit het dit voor my eie oë gebeur nie! Ons trek aan. Al wat ek Irma kon gee, was my sakdoek, wat sy in ’n tydelike sanitêre doekie kon bind en dit tussen haar bene maak staan.

Hierdie keer het ons nie probleme met die motorfiets gehad nie. Ons trek daar weg en kom by die woonstel aan. Nog ’n verrassing tref Irma: haar voorraad tampons is opgebruik! Ek gaan trek toe vinnig aan en laat spaander winkel toe met al die nodige instruksies van “applicator” en al die dinge. Kry toe darem die regte goed betyds. Nadat sy haarself reg gekry het, het ons omhels en gesoen en tata gesê.

Wow, wat ’n Vrydag! Ek sal dié een met al sy seksavonture nooit vergeet nie.




LitNet: 4 April 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.