Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hou aan voor Hanover

Apollo

Die ontdekking het baie skielik plaasgevind, so 60 km voor Colesberg, op die N1-suid Kaap toe, vir ons eerste Desembervakansie na ons troue. Ek het bestuur en jy was stil langs my, starend voor ons uit. Die wit Golf het van agter af vinnig nader gekom en begin verbykom. Toe hulle langs ons is, het ek regs gekyk en amper die kar omgegooi. Die meisie in die passasierskant het op daardie oomblik regop gekom waar sy oor die man wat bestuur geleun het, en haar mond met haar linkerhand afgevee, en duidelik kon ek sien hoe sy met haar regterhand vinnig in sy skoot pomp. Soos hulle stadig by ons verbybeweeg het, het sy laggend in my groot geskokte oë gekyk en net ondeund geknipoog.

Ek het vinnig na jou gekyk om te sien of jy gesien het, maar jy't nog voor in die pad gekyk. Ek kon nie glo wat ek gesien het nie, maar Apollo se roering in my los kakie kniebroek het my vertel dit was nie verbeel nie. Hoe kan mens só vry teen daardie spoed? Jy kan mos 'n kar omneuk! Ek het die twee voor ons begin dophou en die petrol effens ingetrap om net mooi by hulle spoed te hou. Wragtig, dit was duidelik dat hulle goed besig was met manewales. Elke minuut of twee het die doedie so na regs afgeduik vir omtrent net so lank om dan net weer soos 'n kaartmannetjie (-vroutjie?) regop te kom in haar sitplek en dan met haar regterarm uitgestrek na hom vinnig te skommel.

My eie ereksie was nou volledig en ek het jou dopgehou om te sien of jy sien. Na 'n paar minute het jy wel begin registreer en gevra wat die twee hier voor ons aanvang. "Nee ek weet nie, maar dit lyk baie verdag en lekker," sê ek. Jy't effens vorentoe gesit en hulle nou intens dopgehou. Na 'n rukkie het jou asem begin jaag, veral toe die doedie baie duidelik effens skuins na haar metgesel draai, haar hand voor haar mond hou, daarin spoeg, afreik na sy skoot en toe weer wild begin skommel.

"Ek sweer hulle kafoefel," sê jy. Ek het net instemmend gegrom en dis toe dat jy na my kyk, eers na my gesig en toe af na Apollo. Die tent wat hy opgeslaan het, was baie duidelik, veral met die drukking van die veiligheidsgordel aan die bokant. Jy't net geknik en jou hand op Apollo gesit en hom saggies deur die broek gevryf. So het ons gery tot by Colesberg, terwyl ons net die twee voor ons aandagtig betrag het.

Hulle het afgedraai by die UltraCity in, en soos 'n magneet is ons agterna, tot in die parkeerplek reg links van hulle. Sy't my nonchalant en waterpas in die oë gekyk en toe haar deur oopgemaak om uit te klim. Toe sy regop staan hier langs my deur, sien ek sy't so 'n gelerige gehekelde somersrokkie aan, en haar tepels skyn duidelik amper swart daardeur, hier vlak voor my! Ek het opgekyk in haar gesig en sy't net so 'n meewarige laggie gegee, haar kop en blonde hare so geskud en toe weggestap toilet toe. Jy't dit ook alles gesien en my 'n vinnige soen gegee voor jy jou handsak gegryp het en uitgewip het om ook 'n draai te loop. Ek moes 'n paar minute sit voordat ek tentloos die gents kon besoek. Toe ek terugkom, was jy reeds by die kar, maar die wit Golf was weg. "Kom ons ry, miskien vang ons hulle," sê jy en ons wip in. Ek het laat waai, maar hulle was weg voor. Dalk het hulle reguit aangehou Middelburg toe, en ons moes regs draai Kaap toe, maar dit het nie saak gemaak nie, want ons was nou klaar geleer.

Toe het jy skuins gedraai na my, jou linkervoet op die dashboard gesit en jou regtervoet agter my rug ingewoel. Ek het met my boude effens vorentoe geskuif om vir jou ruimte te skep. Jy't jou rok (so 'n knielengte geblomde een) opgetrek en ek het amper weer die kar gerol. Jy't intussen (by die toilets) jou pantie uitgetrek, en in die gesperde posisie waarin jy was, was Fluweeltjie klaar lekker oopgerek en ek kon sien goed geslym. Jy't vorentoe geleun, my oopgezip om vir Apollo uit te haal en weer teruggeleun. Eers het jy net met jouself gespeel - op, af , rondom, in, uit, rondom, rondom, slurp, slurp, slurp … Met twee vingers van die een hand jouself oopgetrek vir my kykplesier en vir jou ander hand se vingers se maklike toegang.

Apollo het rooipers en stokstyf geklop-klop hier teen die veiligheidsgordel, en toe die helder slym begin uitloop, het jy jou regtervoet agter my rug uitgehaal en in my skoot gesit. So het jy met jou tone en voet my begin stimuleer, terwyl jou hande onophoudend vir Fluweeltjie omtower na 'n intense maroen slymblom. Nou en dan was jy bitter naby, dan het jy eers gestop. Jy't jouself ook probeer sien, gerek met jou nek vorentoe, en toe jou sonskerm so gestel dat jy vir Fluweeltjie en jou hande duidelik in die spieëltjie kon sien. So kon jy dus luilekker skuins in jou sitplek teruglê en jouself dophou terwyl jy ons albei stimuleer - eers jouself tot net voor die afgrond en weer vir my totdat ek sê stop.

Lorries en kombi's was ons probleem. Hul insittendes kon inkyk en sien wat aangaan, maar jy het dit verhoed deur net telkens wanneer ons so 'n voertuig verbysteek, jou regterbeen reguit te maak sodat Apollo verberg is onder jou kuit, en jou rok af te trek tot ons weer verby is.

Met die loer vir jouself in die spieëltjie, asook die oormaat helder voorslym wat jou voet en tone by Apollo laat uitstroom het (meer as wat ons nog ooit ervaar het), het jy al hoe warmer geword. Die meeste vingers wat ek of jy al in Fluweeltjie gehad het was drie, maar op daardie stadium het jy vier van jou linkerhand se vingers tot by hul laaste kneukels in jouself gehad. Ek moes hard konsentreer op die pad. Die kar het na intense seks geruik en 'n hele paar keer moes ek hard vra dat jy jou voet wegvat of ek gaan kom.

Hoe lank dit aangehou het, weet ek nie, maar by die bordjie wat aandui dat Hanover nog net 20 km ver is, het jy jou regtervoet stewig op my bobene geplant, jou linkervoet teen die voorruit geanker, jou boude so ver moontlik van die sitplek gelig en Fluweeltjieblom se buitelippies so diep as moontlik langs die roosknoppie ingedruk met jou twee wysvingers sodat die knoppie erg beneuk uitgestulp het. Jy't net beveel dat ek moet vryf en dit het ek met oorgawe met my linkerhand gedoen, terwyl my regterhand die stuurwiel vasklem en ek stip op die pad konsentreer. "Hier kom 'n kar van voor af!" het ek gegil maar jy het net gesê: "Hou aan!" en begin ruk en jou onderlyf nog verder opgedruk. Wat hulle gesien of gedink het, weet ek nie, maar toe worry ons nie meer nie. Toe jou laaste golf oorspoel, het jy met jou kop oor my skoot kom lê en jou lippe oor Apollo sluit, het ek laat waai.

Toe ons by Hanover se petrolstasie indraai om brandstof in te gooi was ons weer respektabel, maar daai reuk het swaar in die lug gehang - en ek is seker aan ons gekleef. Jy't weer jou handsak gevat en uitgeklim. Toe jy wegstap toilet toe, tussen 'n gesin deur wat langs hul karavaan koffie drink, het die man se kop opgeruk om jou agterna te staar. Jy't net meewarig gelag en jou kop en bruin hare so wild geskud en aangestap.

Met die terugklimslag het jy my 'n innige soen ten aanskoue van die man en sy siedende vrou gegee en toe ry ons.

So dertig kilo's verder het ek diep gesug en gesê: "Jy't seker jou pantie weer in die toilet aangetrek?" Jy't net gelag en skuins gedraai, linkervoet op die dashboard en regtervoet agter my rug ingedruk …



LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.